• No results found

Verklarende perspektiewe op godsdiens as gemeenskaplike orde en

HOOFSTUK 3: VERKLARENDE STUDIE OOR DIE KERK AS

3.3 Verklarende perspektiewe vanuit die sosiologie op die plaaslike

3.3.3 Verklarende sosiologiese perspektiewe volgens Durkheim (1858–

3.3.3.4 Verklarende perspektiewe op godsdiens as gemeenskaplike orde en

Durkheim is van oortuiging dat godsdiens die oorsaak van die heel eerste klassifiserende stelsels in die heelal was in die vorm van godsdienstige mites. Godsdiens was dus die eerste ruimte waar mense kon probeer om rasioneel te dink en die wêreld rondom hulle te verstaan (Fieser & Dowden, 2013:20). Durkheim

(Fieser & Dowden, 2013:21) se filosofie oor godsdiens het heeltemal verander vanaf

sy siening dat ʼn gemeenskap sonder godsdiens kan funksioneer, tot sy aangepaste

20 www.iep.utm.edu/durkheim 21 www.iep.utm.edu/durkheim

siening dat godsdiens ʼn fundamentele element van ʼn gemeenskap is. Ten spyte van teenstand, toon Durkheim aan dat godsdienstige groeperinge die mees fundamentele sosiale instelling is van waaruit byna alle ander sosiale instellings op ʼn sekere punt in die mens se geskiedenis gebore is.

Beckford en Demerath (2007:38) voeg by dat Durkheim en sy aanhangers

godsdiens beskou as die kern van sosiale lewe. Durkheim definieer drie

fundamentele elemente van elke godsdiens, naamlik: heilige voorwerpe, ʼn stel

oortuigings, en praktyke in die bestaan van ʼn morele gemeenskap. Van dié drie

elemente sien hy die idee van die heilige voorwerpe as die belangrikste en die wentelpunt waarom enige godsdienstige stelsel draai. Dit inspireer en dwing die respek en bewondering van die samelewing af. Hy verduidelik verder dat, soos families dieselfde morele beginsels as basis het, dieselfde gesien kan word in stede. As gevolg van mense se funksionele interafhanklikheid in arbeid, beïnvloed lede van die gemeenskap mekaar in die skep van nuwe morele waardes (Fieser & Dowden, 2013:22

). Hierdie beïnvloeding van mekaar kan gesien word in onder andere godsdiensgroepe.

Die samekoms van ʼn godsdiensgroep word, volgens Durkheim, as kollektiewe oomblikke van passie beskryf. “Kollektiewe opbruising” verwys na oomblikke in die sosiale lewe wanneer ʼn groep individue vanuit ʼn gemeenskap bymekaar kom om ʼn godsdienstige ritueel uit te voer. Tydens hierdie oomblikke van groepsbyeenkoms word dieselfde denke gekommunikeer en dieselfde aksies uitgevoer tot vereniging van die groep. Hierdie kontak skep ʼn sekere “elektrisiteit” wat vrygestel word en gevolglik ʼn hoë graad van kollektiewe emosionele opwinding veroorsaak. Dié onpersoonlike, individuele krag wat ʼn kernelement van godsdiens is, neem mense op in ʼn nuwe, ideale gebied buite hulself en laat hulle met buitengewone energie kontak ervaar. Hierdie belewenis word dan met ʼn gewyde voorwerp uitgebeeld sodat die samelewing ook daarvan bewus gemaak kan word. Die gewyde voorwerp is eintlik betekenisloos, maar die kollektiewe krag van die groep gee aan dit substansie (Beckford & Demerath, 2007:26).

Durkheim maak gevolglik die stelling dat ʼn gemeenskap self bepaal hoe belangrik sy godsdiens is en daardeur word bepaal hoe waardevol dit sal wees in die oë van die individu. Hy waarsku dat indien ʼn gemeenskap sy godsdienstige oortuigings wil behou, die rituele gereeld toegepas moet word. Deur middel van hierdie rituele handhaaf die samelewing sy oortuigings en word individue in die sosiale drukgang geïntegreer om dieselfde te dink en op te tree (Beckford & Demerath, 2007:26). Die

gemeenskap vestig ’n morele krag wat mense oortuig van reg en verkeerd (Beckford

& Demerath, 2007:25).

Durkheim verbind moraliteit aan godsdiens. Morele gesag kom voort vanuit ʼn

godsdienstige lewe en word vanuit die krag van godsdiens gebou. Godsdienstige

beelde neem dus ʼn morele kleur aan en kan ʼn belangrike bron van fisiese morele gesag in ʼn gemeenskap wees. Gevolglik inspireer godsdienstige beelde dieselfde emosies van vrees, gehoorsaamheid en respek wat ʼn individu in die aangesig van morele imperatiewe voel. Op hierdie manier word morele gesag saamgestel deur ʼn krag wat groter is as die individu, nie slegs van buite die individu nie, maar ook as ʼn krag wat die individu dring en persoonlikheid vorm. Elke gemeenskap skep vir homself morele beginsels wat min of meer sy eksistensiële behoeftes vervul.

Moraliteit kan gevolglik in twee dele verdeel word: eerstens die moraliteit van die

groep en tweedens die moraliteit van ʼn individu. Die groep se morele standaarde

kan die individu beïnvloed, maar die individu het steeds ʼn eie gewete waarmee hy of sy moet saamleef. In die ontwikkeling van ʼn gemeenskap kan die morele wette van individue oortree word en in so ʼn geval moet mense hul opinies daaroor lig en sodoende die gemeenskap ten goede beïnvloed. Indien ʼn individu hom- of haarself van die samelewing distansieer, word die persoon egter nog steeds deur die samelewing se morele wette gebind. Mense oordeel meer geredelik in ʼn eerlike kultuur in terme van moraliteit as mense wat nie in ʼn eerlike kultuur leef nie. Interkulturele verskille veroorsaak dat ʼn eerlike kultuur ʼn oortreding van ʼn eerlike waarde as meer diepgaande ervaar en dit het ʼn ernstiger impak op genoemde kultuur se sin van moraliteit as wat die geval met ʼn kultuur sal wees waar eerlikheid nie as ʼn waarde beskou word nie (Shafa et al., 2014:54).

Indien daar na die beginsel van godsdienstige beelde as ’n boodskap van moraliteit gekyk word en die samelewing se gebrokenheid geweeg word teen die hoeveelheid kerke in elke plaaslike gemeenskap, word daar afgelei dat daar ’n appèl gemaak word op die morele waardes wat die kerke uitbeeld. Die vrae wat onwillekeurig beklemtoon word, is: Waarom word die boodskap vanuit die godsbeelde nie gehoor of verstaan nie?, Het die taal onverstaanbaar geword in die sosiale mileu?, Is die boodskap relevant? en Wat word benodig om weer verstaanbaar te word?.

3.3.3.5 Verklarende perspektiewe op sosiale verandering binne die gemeenskap

Durkheim (Fieser & Dowden, 2013:23) verduidelik dat die twee belangrikste faktore

wat sosiale interaksie beïnvloed die verhoging in bevolkingsdigtheid en die vooruitgang in tegnologie is. Die vooruitgang in tegnologie behels beter kommunikasiestelsels en beter vervoermiddels. Hierdie vooruitgang het gevolglik die effek dat daar groter blootstelling aan andersdenkende idees, waardes en selfs godsdienste is, sowel as die vervreemding van ou familiewaardes, denke en strukture.

Bevolkingsgroei en tegnologiese vooruitgang verhoog sosiale verbinding. Stede is die fokus van sosiale verandering en groei as gevolg van die veranderings in die bevolking en tegnologie. Mense raak soos organe van ʼn liggaam interafhanklik van mekaar en ’n nuwe samehorigheid ontstaan. Verhoudings verskil egter in hoeveelheid, intimiteit, frekwensie, tipes en inhoud (Fieser & Dowden, 2013:24

).

Een van die belangrikste gevolge van die blootstelling aan en verandering na stede is die opkoms van individualisme en die belangrikheid van die individu binne ʼn samelewing. Die industriële staat met tegnologie en die konsentrasie van die bevolkingsdigtheid het ʼn enorme verandering in die samelewing se manier van lewe tot gevolg gehad. Dit het ook die manier waarop mense aansluiting met mekaar vind, verander – daar is minder en swakker intieme verhoudings, groter anonimiteit, maar ook groter persoonlike vryheid. Nuwe geslagte verwerp vorige tradisies, veral

23 www.iep.utm.edu/durkheim 24 www.iep.utm.edu/durkheim/

godsdienstige tradisies, en die samelewing is blootgestel aan ʼn gevolglike verswakking in die gesag van godsdienstige waardes.

Verklarende perspektiewe op die funksionering van sosiale interaksie kan op die volgende manier verduidelik word, naamlik:

 Individue sukkel om betekenisvolle verhoudings in sosiale groepe te vorm en die gemeenskap verloor sodoende sy kohesie. Die sosiale milieu wat Christenskap ondersteun het, verdwyn en mense verlaat die kerk, asook die Christelike geloof en waardes. Durkheim (Fieser & Dowden, 2013:25

) verduidelik verder dat die samelewing nie gereed was vir die breek met Christenskap nie. Die eerbied vir die God wat Christene verkondig het, is in hierdie emigrasieproses nie deur iets anders vervang nie. Verbintenis tot die samelewing en groepsbelang is nou vervang met eie belang. Pligte wat fokus op ’n samelewing se welsyn word nie meer aanvaar nie en morele reëls is nie meer bindend nie. Kenmerkend van hierdie verandering is die onstuitbare golf van individualisme en ʼn gevolglik dalende tendens in moraliteit wat tot nadeel van die samelewing se welsyn (sjalom) strek.

 Die tweede groot faktor is selfdood, hetsy dit is as gevolg van ʼn onvermoë om die sin van die lewe te sien, of as gevolg van onrealistiese verwagtinge omdat die samelewing nie meer leiding verskaf in wat geldige aspirasies in die lewe is met betrekking tot rykdom, materiële goedere of enige ander soort plesier nie. Die persoon ervaar gevolglik swaarmoedigheid en ʼn uitsigloosheid. Hiermee word die belangrike saak binne praktiese teologie, naamlik die poging om te verstaan wat gebeur, asook die teleiologiese dimensie, aangesny.

 ʼn Finale gevolg hiervan is dat die samelewing geen sentrale maatstaf vir die waarheid het nie en geen gesaghebbende manier om sin te maak van die wêreld nie.

Volgens Durkheim (Fieser & Dowden, 2013:26) is die dood van die gode ʼn simptoom

van ʼn siek samelewing. ’n Siek samelewing het sy interne struktuur verloor. ’n Siek

25 www.iep.utm.edu/durkheim/ 26 www.iep.utm.edu/durkheim/check

samelewing het geen gesag en geen definitiewe beginsels – moreel of andersins – om homself op te bou nie.

Verskeie navorsers in die sosiologie waarsku dat die wêreld besig is om op ʼn onbekende manier te verander en dat dit verreikende gevolge vir enige sosiale organisasie gaan inhou. Dit word algemeen aanvaar dat die bestaande sosiale orde ontwrigting en fragmentasie sal ondergaan. Hierdie veranderings kan skeiding van gevestigde sosiale beginsels veroorsaak. Ander opinies behels weer dat die veranderings bloot sienswyses versterk wat reeds ʼn lang tyd aanwesig is (Day, 2006:182).

Day (2006:186-189) waarsku dat hierdie veranderings tot gevolg het dat daar ʼn bevryding van die gemeenskap is. Gevolglik word afgelei dat hierdie bevryding van die gemeenskap beskou word as ’n bevryding van tradisionele godsdienstige waardes en norme. Hierdie veranderings as gevolg van die bevryding sluit in dat heersende deskriptiewe bande van klas, ras, etnisiteit en geslag wat gevorm is nou vrygemaak word. Beperkings en dissiplines wat verband hou met gevestigde woonbuurte en nedersettings vertoon swakker en mense kry die vryheid om nuwe “eie keuses” te maak. Gevolglik vermeng mense met verskillende agtergronde en kulture. ’n Direkte gevolg vanuit dié vermenging is dat mense meer individualisties en minder tradisioneel leef. Met “minder tradisioneel leef” word bedoel dat waardes vanuit die familie en ouerhuis makliker verwerp word en dat mense geϊsoleerd leef as individualiste. Die grootste effek wat dié ontworteling egter tot gevolg het, is dat mense ʼn steeds groeiende behoefte aan waarde en betekenis ervaar. Die ontwrigting van die gemeenskap is ʼn groot bydraende faktor tot die toestand van ontologiese onsekerheid.

Volgens Day (2006:186-189) is die sekerheid van hierdie argumente dat die hele wêreld na ʼn toestand van eenvormigheid slinger. Hierdie eenvormigheid behels verbruiking van dieselfde produkte en eenvormige waardes. ’n Gevolglike reaksie daarop is dat mense aan die genade van regerings en globale korporasies oorgelaat word. Soos grense verskuif en weggeneem word, word homogene samelewings gevorm en verskille erodeer.

Volgens Durkheim is dit gedeelde norme en waardes wat ’n gemeenskap in eenheid bind. ’n Gemeenskap bestaan uit die gesamentlike bereiking van doelwitte tot skepping van ’n lewe as eenheid en die viering van gesamentlike prestasies. Durkheim verklaar dat om die besluitnemingsprosesse van mense te verstaan, ’n mens die samelewing waarvandaan mense kom, moet verstaan (Gabler, 2010:113).

Killen en Rizzo (2013:337,338) bevestig dat kwessies van insluiting en uitsluiting sentraal tot die sosiale lewe en nou verwant aan die sosiale welstand is. Sosiale welstand word bepaal deur die gesonde funksionering van sosiale groeperinge soos die skool, werk en die gemeenskap. Begrip vir die komplekse verhoudings tussen groepsidentiteit, groepsnorme en moraliteit gee ʼn basiese kennis wat lei tot die vermindering van vooroordeel en die verbetering van sosiale geregtigheid in die samelewing.