• No results found

‘N ANALISE VAN DIE PROFIEL VAN DIE RESPONDENTE EN DIE SKOLE

5.3 Die hoofondersoek

5.3.5 Veranderinge in die skole

Om onderwysers en leerders se persepsie oor die veranderinge wat in hulle skole plaasgevind het, te bepaal, is verskillende stellings wat die proses van migrasie en rassevermenging beskryf afsonderlik voorsien. Dit word in die onderstaande tabel aangedui. Daar is massiewe veranderinge in leerderinskrywings wat betref die

rassesamestelling en residensiële agtergrond. Daar is ook ’n toename in leerders uit die swart en kleurlinggroepe, aangesien skole wat voorheen net vir wit leerders bestem was, nou ander ras- en residensiële agtergronde aanvaar en dus in ooreenstemming met die Grondwet (Republiek van Suid-Afrika, 1996) en die Suid-Afrikaanse Skolewet (Republiek van Suid-Afrika, 1996) optree. Die syfers vir wit en Indiërleerders bly stabiel.

Tabel 5.3 Watter van die onderstaande veranderinge is sigbaar by die skool ná die toelating van leerders uit die verskillende bevolkingsgroepe?

Stellings Response (%)

1. Inskrywing van leerders het verander wat betref rassesamestelling 90

2. Inskrywings van leerders het verander wat betref geslag 83

3. Die skool se toelatingsbeleid het verander om leerders van verskillende residensiële

gebiede te akkommodeer

89

4. Die aantal leerders wat uit ander gebiede as die onmiddellike skoolomgewing kom,

het verander

60

5. Die skool het die medium van onderrig verander om leerders met verskillende

agtergronde te akkommodeer

20

6. Daar is ’n verskil in buitemuurse aktiwiteite om leerders van verskillende

agtergronde te akkommodeer 30

7. Die samestelling van onderwysers wat betref geslag, het verander 09 8. Die samestelling van onderwysers wat betref kleur, het verander 06 9. Die samestelling van die skool se beheerliggaam wat betref geslag, het

verander 06

10. Die samestelling van die skool se beheerliggaam wat betref kleur, het

verander 01

11. Die gedragskode van die skool het verander om die Handves van

Rassesamestelling van onderwysers

Geen noemenswaardige veranderinge wat betref rassesamestelling van die personeellede sedert die skole leerders van verskillende agtergronde aanvaar het, is opgemerk nie. Die personeellede is oorwegend wit. Die doelbewuste versuim om veranderinge in personeel aan te bring, is duidelik in kontras met die veranderinge wat in die leerdersamestelling plaasvind. Die disjunksie tussen ongelyk en onveranderde personeelsamestellings en veranderinge ten opsigte van leerders is duidelik merkbaar. Die grootste kommer wat hierdie bevinding wek, is dat die meerderheid respondente, met inbegrip van leerders, ouers en onderwysers, nie die aanstellings van onderwysers uit verskillende rassegroepe, veral swartes, ondersteun nie. Dit was opsigtelik gedurende die onderhoude. Hierdie persepsie oor “swart is sleg” of “swart is arm” moet deur alle rolspelers in die onderwys daadwerklik uitgeroei word sodat regstelling ook daar tot sy reg kan kom.

Onderrigmedium

Daar is minimale veranderinge in die onderrigmedium sedert die Suid-Afrikaanse Skolewet gepromulgeer is. Hierdie veranderinge het hoofsaaklik in die voormalige Afrikaansmediumskole plaasgevind waar dubbel- en parallelmediumonderrig ingestel is om leerders te akkommodeer wat nie met Afrikaans as onderrigmedium gemaklik is nie. Afrikaansmediumskole is egter in die meerderheid, wat daartoe lei dat baie leerders uitgesluit word van registrasie by ’n skool van hulle keuse en baie word die geleentheid ontneem om “beter onderwys” te ontvang weens oorvol Engelsmediumskole. Op Worcester is daar konflik oor die beleid ten opsigte van die onderrigtaal in skole, aangesien sommige skole net voortgaan met die uitsluiting van sekere leerders deur ’n spesifieke taalbeleid te implementeer ten einde die status quo van die verlede te handhaaf. Die bepalinge in die Suid-Afrikaanse Skolewet waarvolgens beheerliggame die outonomie het om te besluit oor die taal wat vir onderrig gebruik word, is nou ’n fundamentele probleem. Wat die probleem vererger, is die feit dat baie van die voormalige eksklusiewe Afrikaansmediumskole se interne beleidstukke, veral dié met betrekking tot taalbeleid, nie die demografiese verandering in die land weerspieël nie.

Die skoolkurrikulum

Leerders is veronderstel om toegang te verkry tot vakke of leerareas van hulle keuse, soos gemeld in die nasionale kurrikulum, maar in die meeste gevalle word hulle beperk tot dit wat deur die skool aangebied word. Volgens die respons op die vraelys is daar minimale tot geen veranderinge nie ten opsigte van vakke of leerareas wat aangebied word, veral in die geval van tale, byvoorbeeld Xhosa as eerste taal. Ten spyte van die toename in leerders van ander taalgroepe, veral swartes, is daar ’n aanduiding dat inheemse tale slegs as eksamenvakke en in ’n beperkte mate aangebied word.

Buitemuurse aktiwiteite

Minimale tot geen veranderinge nie is gerapporteer wat betref die verskillende buitemuurse aktiwiteite wat voorsien word om leerders met verskillende belange of kulturele agtergronde te akkommodeer. Dit is interessant om daarop te let dat sokker die gunstelingsport onder swart en kleurlingleerders is, teenoor krieket vir asiate en rugby vir die wittes. In die geval van kulturele aktiwiteite, is musiek en dans die gunstelingaktiwiteit vir swartes en kleurlinge, met drama vir blankes en debatvoering vir asiate die gunstelinge. Ten spyte van die algemene bewustheid van leerdervoorkeure, het minimale veranderinge plaasgevind om hierdie behoeftes te akkommodeer. In een so ’n geval is die voorbeeld gegee van ’n rugbyveld, waarop daar geen sokker gespeel kan word nie, omdat geen personeellid sokker kan afrig nie. Die ander groot leemte is die gebrek aan belangstelling by die meerderheid leerders, veral swartes, in debatvoering. Volgens ’n voorstel in die Waardes, Demokrasie en Onderwys Verslag (2000) moet voorkeur gegee word aan debatvoering in skole, aangesien dit kritiese denke en openheid aanwakker. Hierdie bevinding is bevestig deur my observasie asook skrywes aan beheerliggame om veral sokker by hulle skole aan te bied.

Skoolbeheer

In die geval van skoolbeheer is daar is aanduidings van minimale veranderinge. Die rassesamestelling van skole se beheerliggame (SBL) het in sommige gevalle minimaal verander. Daar is enkele lede van ander rassegroepe wat in die beheerstrukture deelneem, byvoorbeeld die skoonmakers wat deur hulle kollegas verkies is.

Daar is ook veranderinge ten opsigte van hoe skole deur die SBL beheer moet word ten opsigte van opleiding wat verskaf is. Daar bestaan egter verskillende opinies oor die vlakke van leerderdeelname in die Verteenwoordigende Raad van Leerders en die ou prefektestelsel alhoewel wetgewing die prefektestelsel ondergeskik stel aan die Verteenwoordigende Raad van Leerders. Daar is baie aktiwiteite om ’n skool se gedragskodes in ooreenstemming te bring met die Suid-Afrikaanse Skolewet. Die gebruik van lyfstraf is afgeskaf en vervat in beleidstukke, maar diep ongelukkighede het na vore gekom in die onderhoude. Daar is blykbaar ook ’n onbereidwilligheid om skole se beleidsbepalings te verander om diversiteit te akkommodeer, en verder kompliseer die beperkte buigsaamheid wat personeelwerwing, taalgebruik by vergaderings en tye van vergaderings betref, die situasie.

Skole se reaksie ten opsigte van veranderinge

Om te assesseer hoe skole gereageer het op die veranderinge wat betref die toename in leerder-diversiteit, is leerders en onderwysers versoek om te reageer op ’n aantal stellings wat verband hou met ontwikkeling van beleid, gelykheidskwessies en algemene opmerkings. Hulle is gevra om deur middel van ’n persentasie aan te dui watter vlak van veranderinge reeds bewerkstellig is. Die resultate word in die tabel hieronder aangedui.

Daar is verskille opgemerk in die reaksie van skole ten opsigte van verandering ten opsigte van die institusionele beleidsontwikkeling en gelykheid. Dié verskille (Tabel 5.3) word breedvoerig bespreek.

Institusionele beleidsontwikkeling

Skole het verskillend gereageer oor die veranderingsproses. Die geskiedenis (met verwysing na die voormalige onderwysdepartemente), soort skole (openbaar of onafhanklik), die ligging (dorp, landelike gebied, township) sowel die bestuurstyl het ’n invloed uitgeoefen op die reaksie van die rolspelers. Dis was duidelik dat die vorige Model C-skole bevoordeel was wat betref die hantering van byvoorbeeld diversiteit deurdat leerders van ander bevolkingsgroepe vroeg reeds aanvaar is teenoor ander skole

wat daartoe beweeg moes word deur die Skolewet en ander beleidsbepalings wat diskriminasie uitgeskakel het. Dis ook insiggewend om te merk dat private skole, wat rasse-integrasie betref, Model C skole ver voor was en dié skole het sigbare veranderinge teweeg gebring.

Tabel 5.4 Die vlak van vordering reeds deur die skool behaal

Stellings Response (%)

1. Inskrywing van leerders het verander wat betref

rassesamestelling 30

2. Inskrywings van leerders het verander wat betref geslag 25 3. Die skool se toelatingsbeleid het verander om leerders van

verskillende residensiële gebiede te akkommodeer 32

4. Die aantal leerders wat uit ander gebiede as die onmiddellike

skoolomgewing kom, het verander 31

5. Die skool het die medium van onderrig verander om leerders

met verskillende agtergronde te akkommodeer 06

6. Daar is ’n verskil in buitemuurse aktiwiteite om leerders van

verskillende agtergronde te akkommodeer 16

7. Die samestelling van onderwysers wat betref geslag, het

verander 79

8. Die samestelling van onderwysers wat betref kleur, het verander 66 9. Die samestelling van die skool se beheerliggaam wat betref

geslag, het verander 87

10. Die samestelling van die skool se beheerliggaam wat betref

kleur, het verander 71

11. Die gedragskode van die skool het verander om die Handves

van Menseregte te akkommodeer 66

Gelykheid

Volgens die kwantitatiewe respons is daar massiewe veranderinge waargeneem in die bevordering van gelyke geleenthede vir leerders. Die skoolhoofde was, soos verwag,

meer positief as die onderwysers oor die transformasie wat skole ondergaan het om gelyke geleenthede te skep en diversiteit te akkommodeer. Ouers en leerders, daarenteen, was versigtig om te erken of te ontken wat aan die gebeur is. Die algemene afleiding van die kwalitatiewe respons dui daarop dat die veranderinge nie positief was nie.

Invloed op die leeromgewing

Respondente is gevra om aan te dui of die leeromgewing geaffekteer is deur die veranderinge wat plaasvind deur die onderstaande vrae te beantwoord deur middel van ’n persentasietoekenning (Tabel 5.4).

Die kwantitatiewe data dui daarop dat daar ’n probleemvrye omgewing vir leerders en onderwysers in die skole ter sprake bestaan. Die respons dui daarop dat:

• leerders vry is om prosedures in die klaskamer te bevraagteken;

• onderwysers hulle onderrigbenaderings aangepas het om diversiteit in die klas te akkommodeer;

• dissipline hoegenaamd nie deur nie rassesamestelling geaffekteer word nie; en • daar minimale konflik tussen leerders en onderwysers bestaan oor geloof, tradisie

en gewoontes. Die kwalitatiewe data bring verskillende response na vore wat daarop dui dat baie skole steeds sukkel om begrip en aanvaarding tussen leerders en onderwysers van verskillende rasse, residensiële gebiede en kulturele agtergronde te skep.

Tabel 5.5 Invloed op die leeromgewing

Stelling Verander

(%)

Onseker

(%) O n v erand erd ( % ) Onderwysers het hulle onderrigbenadering

verander sodat leerders van verskillende agtergronde kon aanpas

77,8 8,2 14,1

Leerders is vry om die inligting, prosedure of aktiwiteite, in die leeromgewing waarmee hulle nie saamstem, te bevraagteken

85,0 4,6 13,3

Leerders word ondersteun om hulle individuele

bevooroordeeldheid te herken 52,2 25,3 22,6

Leerders wat ver afstande reis,se werk word

ontwrig 26,7 19,4 54,0

Daar is gevalle van misverstande tussen die

tradisies en gelowe van leerders en onderwysers 79,0 12,6 8,3

Daar is geen misverstand tussen leerders en onderwysers ten opsigte van verskille in opinie met betrekking tot leerders se religieuse oriëntering

79,7 14,5 5,8

Dissipline in die klaskamer is nie deur die

veranderinge beïnvloed nie 62,5 4,83 2,6