• No results found

LITERATUURSTUDIE RAKENDE DIE UITDAGINGS VAN MIGRASIE AAN DIE BESTUUR VAN ONDERWYSINSTELLINGS

2.7 Migrasieteorie 1 Inleiding

2.7.4 Sosiale selektiwiteit van migrasie

’n Bevolking is nie ’n homogene groep mense met dieselfde kenmerke, smake en behoeftes nie. Mense verskil op grond van kenmerke soos geslag, ouderdom, ras, opvoeding, huwelikstaat, beroep en inkomste. Dit lei tot selektiwiteit, sodat migrante van nie-migrante verskil op grond van sekere bevolkingskenmerke. Whiteside (1985:13) stel dit so:

“It has been suggested that movement between stages in the life-cycle is an important cause of migration, and it can be argued that within each stage there may be less migration since fewer alterations are likely to take place to the composition of the list variables considered.”

In die volgende afdeling word selektiwiteit van migrasie ten opsigte van ouderdom, geslag, opvoeding, beroep, lewensiklus, huwelikstatus en kulturele bydraes nagegaan.

Ouderdom

Van al die bevolkingskenmerke wat met differensiële migrasiekoerse geassosieer word, is die invloed van ouderdom die stabielste en moontlik selfs die belangrikste (Lewis, 1977). Migrasiekoerse styg met ’n toename in ouderdom en bereik ’n hoogtepunt in die laat tienerjare, die twintigerjare en vroeë dertigerjare, waarna die koerse geleidelik met ’n toename in ouderdom daal. Sjaastad (1962) se teorie van mensekapitaal postuleer dat die kastevooroordeel van migrasie afneem met ’n toename in ouderdom, omdat die oorblywende ekonomies-aktiewe tydperk vir ouer persone ná migrasie korter is as vir jonger persone en derhalwe is die kastevooroordeel ook kleiner.

Huwelikstatus

Volgens Raubenheimer (1987:28) is daar ’n moontlike toename in migrasie indien persone trou. “People whose marital status changed between two consecutive interviews

Opvoeding

Teoreties gesproke behoort opvoeding en migrasie positief te korreleer. Raubenheimer (1987:22-23) noem dat grootskaalse immigrasie vanaf plattelandse na stedelike gebiede in die meeste lande voorkom tussen migrante met die hoogste kwalifikasies. Soos bevestig deur Whiteside (1985), is die doel met migrering die verbetering van kwalifikasies, en dit word nie altyd nagestreef nie:

“It has generally been found that those who spend a longer time in education are more migratory than those who spent fewer years in school. Those who went on to higher education are even more migratory, although there are problems because in many cases individuals wishing to obtain higher education must first make a residential move from their home.”

Die persepsie dat migrasie na Suid-Afrika die skaars hulpbronne uitput, kan nie bevestig word nie vanweë ’n gebrek aan betroubare empiriese data. Weinig inligting is beskikbaar oor die vaardighede en opvoedingsvlak van immigrante, en hoe hulle die tekort aan vaardighede in Suid-Afrika kan help oorkom.

Beroep

As die verwantskap tussen opvoeding en migrasie geldig is, kan verwag word dat beroep ook op ’n soortgelyke wyse met migrasiekoerse sal korreleer. Diegene in hoër beroepskategorieë behoort hoër migrasiekoerse te openbaar as individue in laer beroepsklasse, dit wil sê as aangeneem kan word dat hoër opvoedkundige kwalifikasies nodig is om werk te bekom in hoër beroepskategorieë. Raubenheimer (1987:43) handhaaf die siening dat sekere beroepsklasse meer migreer as ander, veral professionele en semi-professionele persone, ’n siening wat deur Whiteside (1985:15-16) onderskryf word:

“Migrant selectivity according to occupation has often been shown to be present among migratory flows. Selectivity operates in favour of the professional or white-collar element in the employed population and

consequently, these sectors are over-represented among migrants, while in developing countries migration is more common among those of low economic status. Nevertheless, there are distinct exceptions to these generalisations. Some apparent occupational differentiation in migration may be caused by the fact that different socio-economic groups migrate in response to different stimuli, with manual and unskilled workers moving for higher wages and the professional classes moving in anticipation of future promotion opportunities which carry with them higher social status as well as higher remuneration.”

Kulturele bydraes

“The distinction between social and cultural attributes is a difficult one to

make with any clarity, but it has been found in certain studies that such factors as religion or language use may single out migrants from non- migrants. However, the cultural attributes of a population appear to have been more important in the past than at the present time” (Whiteside,

1985:17).

2.8 Samevatting

In hoofstuk 2 is die migrasieproses teen ’n teoretiese agtergrond uiteengesit. Hierdie kontekstualisering het primêr ten doel om konseptuele opheldering te bied en ’n definisie of klassifikasie op te stel. Tipologieë van migrasie, redes vir migrasie, migrasietendense, persepsies en perspektiewe oor migrasie is breedvoerig beskryf om die leser vertroud te maak met hierdie komplekse fenomeen en die uitdagings wat dit by implikasie aan onderwysbestuur stel. Die navorser gaan van die veronderstelling uit dat die kwessie van kulturele diversiteit in skoolverband slegs begryp en geïnterpreteer kan word indien dit binne die breër holistiese en globale domein van migrasie figureer.

In hoofstuk 3 word die universum na Suid-Afrika, die Wes-Kaap en uiteindelik na Worcester (Breedevallei Munisipaliteit), die eintlike fokus van die navorsing, afgeskaal.

Die topografie, lokalisering, geografie, sosiale, ekonomiese en onderwysprofiel van die gebied word beskryf en statisties beduidende gegewens word aangewend om bepaalde aannames en afleidings te rugsteun en te staaf.

HOOFSTUK 3

KONTEKSTUALISERING VAN IMMIGRASIE NA SUID-AFRIKA VIR SKOLE