• No results found

Aangepaste transformasiemodel van [Black & Gregersen 2002: 11].

SKEMATIESE VOORSTELLING VAN DIE SIKLUS VAN ‘N TRANSFORMASIEPROSES

BESTAANDE OMGEWING TRANSFORMEERDE OMGEWING

Uitvoering van bestaande werksaamhede Uitvoering van werksaamhede volgens die vereiste norme en standaarde

GRENS TUSSEN DIE WERKLIKHEID

EN DIE VISUALIEERDE TRANSFORMEERDE WERKLIKHEID

Uitvoering van getransformeerde werksaamhede Uitvoering van getransformeerd ewerksaamhede volgens die vereiste norme en standaarde

“Do the right thing poorly at first”

“Do the new right thing poorly at first”

“Do the right thing and do it well”

“Do the new right thing and do it well”

Transendeer grens van “failure to see” and

“Failure to move”

“Discover that the right thing is now the wrong thing”

WERKLIKHEID GETRANSFORMEERDE

WERKLIKHEID

“Failure to see that the right thing is now the

Bogenoemde voorstelling is vir die doeleindes van ‘n transendentale benadering op die uitlugting van belemmerende grense in ‘n transformasie proses gerig. Dit is ‘n vereenvoudigde weergawe van ‘n transformasieproses. Volgens [Stoker 1961: 290] is die vorming van ‘n teoretiese geheelbeeld, ‘n vereenvoudiging van die werklikheid. Die doel daarvan is om die fundamentele aspekte, waarop die benadering van toepassing is, uit te lig en ‘n geheelbeeld daarvan te vorm.

Soos waargeneem kan word, bestaan hierdie proses uit twee hoofkomponente, te wete die werklikheid en getransformeerde werklikheid. Die werklikheid verwys na ‘n bestaande omgewing, waar transformasie bewustelik geverg kan word. Die getransformeerde werklikheid verwys na die werklikheid waar ‘n gedaanteveranderig realiseer het of in die proses is om bewustelik nagestreef te word. Dit het betrekking op ‘n visie van die getransformeerde werklikheid, wat verwesenlik wil word. Daarom is daar ‘n verskil tussen die werklikheid en ‘n visie van ‘n transformeerde werklikheid [Zbar 1995: 18].

Indien ‘n visie vir transformasie sou ontbreek of vir sommige staatsamptenare onbekend is, kan die getransformeerde werklikheid die onmiddellike ervaring van die individu transendeer. Daarom bestaan daar skematies gesproke ‘n grens tussen die werklikheid en die gevisualiseerde transformeerde werklikheid. Met ‘n transendentale benadering word daar op die oorskryding van die grens tussen die werklikheid en gevisualiseerde werklikheid gefokus om transformasie vir die verwesenliking daarvan binne die onmiddelike denk en ervaringsveld te bring.

Die werklikheid en die getransformeerde werklikheid is skematies onderverdeel en bestaan uit die omgewing en die getransformeerde omgewing. Die omgewing het betrekking op verskillende openbare instellings waarop ‘n gedaanteverandering in die werklikheid betrekking het. Die transformeerde omgewing verwys na transformasie wat in ‘n spesifieke konteks in die proses is om te geskied of waarvolgens openbare instellings in verhouding tot die gemeenskap, transformeer behoort te word.

Die omgewing en getransformeerde omgewing is elk in twee komponente onderverdeel en bestaan gesamentlik uit vyf fases. Hierdie fases is aangepas vanuit die model van Black & Gregersen [2002: 13]. Hierdie model verwys na die volgende fases:

- Fase 1 “Do the right thing poorly at first.”

- Fase 2 “Do the right thing and do it well.”

- Fase 3 “Discover that the right thing is now the wrong thing.”

- Fase 4 “Do the new right thing, but do it poorly at first.”

- Fase 5 “Eventually do the new right thing and do it well.”

Fase 1 en fase 2 is die roetine werksaamhede van ‘n openbare instelling in ‘n bestaande omgewing van ‘n gemeenskap. Met fase 1 behoort openbare funksionarisse, wat deeglik met die bestaande werksaamhede en beleidsvoorskrifte van ‘n openbare instelling vertroud is, ingedagte te hou dat hulle waarskynlik net soos nuwe personeel, aanvanklik nie daarmee vertroud was nie. Gevolglik het hulle ook nie noodwendig die vereiste norme en standaarde in alle opsigte uit die staanspoor bereik nie.

Daarom behoort byvoorbeeld leiding en opleiding vanaf fase 1 in die gewenste rigting van fase 2 te geskied. By die bereiking van fase 2 word die gewenste toestand volgens die neergelegde norme en standaarde binne die raamwerk van regeringsbeleid bereik. In die praktyk kan beide fases 1 en fase 2 in dieselfde openbare instelling bestaan, omdat sommige werksaamhede moontlik aan die neergelegde vereistes voldoen, terwyl ander werksaamhede steeds tot die gewenste vlak nagestreef behoort te word. Daarom is daar in ‘n bestaande omgewing deurgaans ruimte vir verandering en verbetering vanaf fase 1 na fase 2.

Fase 3 is die fase waar openbare funksionarisse behoort te begryp dat fase 2 ‘n ongewenste toestand geword het. Dit is die fase waar ‘n transendentale benadering daarop wys dat belemmerende grense in die denkraamwerke van rolspelers die oorgangsfase vanaf fase 2 na fase 3 kan vertraag [Kyk paragraaf 5.5].

Indien hierdie belemmerende grense oorbrug word, kan die oorgangsfase tot fase 4 bespoedig word. Fase 4 is nuwe fase in ‘n tydvak van transformasie. Dit is ‘n nuwe fase waar dit vir openbare funksionarisse moontlik is om in die rigting van fase 5 te transformeer.

Die moontlikheid bestaan dat hierdie werksaamhede in fase 4 soos in fase 1, aanvanklik nie volgens die vereiste norme en standaarde uitgevoer word nie. Redes hiervoor is eerstens omdat vorige kennis en praktykervaring van openbare funksionarisse in ‘n veranderde omgewing verouderd is. Tweedens omdat dit nie noodwendig op ‘n veranderde omgewing van toepassing is nie. Derdens word opleiding vir nuwe kennis en vaardighede benodig [Beach 1980: 246].

Tussen fase 4 en fase 5 is daar ruimte vir verandering en verbetering totdat die gewenste resultate by fase 5 bereik kon word. By fase 5 is die ideale vlak met transformasie bereik. Nadat transformasie ingetree het, is die siklus van ‘n transformasieproses voltooi. Indien transformasie in die toekoms weer noodsaaklik sou wees, word fase 5 weer fase 1 waar die siklus aanvanklik begin het.

Met ‘n transendentale benadering word die aandag by wyse van die skematiese voorstelling op die belemmerende grense gevestig, wat in die denkraamwerke van individue en groepe in ‘n transformasieproses kan voorkom.