• No results found

In Hoofstuk drie is daarop gewys dat wanpersepsies belemmerende faktore vir ‘n transformasieproses is. Volgens Dipico in [Botha 1995: 4] is wanpersepsies dat die betekenis van die Masakhane- veldtog hoofsaaklik ‘n betaal- veldtog is. Die doel daarvan is om ‘n kultuur van nie-betaling deur ‘n kultuur van betaling te vervang. Die gevo lg is dat alternatiewe toepassingsmoontlikhede deur die benutting van die Masakhane konsep nie oorweeg word nie. Hierdie belemmerende faktor vorm deel van twee hoof leemtes, wat tydens ‘n Masakhane-beraad gedurende 1996 geïdentifiseer is, te wete:

- “in the first place, the sequencing was wrong. Priority should have been given to getting legitimate, democratic local government in place, and to effective local level delivery, only then would more focused attention on a payment campaign have been appropriate.”

- “...Secondly, and perhaps more importantly, Masakhane’s key concept, that of building together was narrowed down to a notion that the government would deliver, while the role of the people was simply to consume and pay” [Masakhane

Campaign 1996: 1].

Daarom was een van die resolusies wat tydens die beraad aanvaar is, “...to redefine

Masakhane as an overall campaign for a people-driven transformation, not narrowly as a payments campaign [Masakhane Campaign 1996: 1]. In die lig hiervan behoort vanaf

‘n eng beskouing van die Masakhane-veldtog as betaal-veldtog, ook na die betekenis van die Masakhane- veldtog in ‘n breër konteks beweeg te word [Cronin 1997: 1].“Masakhane is part of a broad strategy aimed at stabilising the socio, political and

socio-economic conditions necessary for sustainable development” [Mashabane 1998:

a strategy that promotes people-centred development, nation building, transforms government institutions into centres of service delivery, educates citizens about their rights and responsibilities and changes the mindset to suit the goals of nation building.”

Volgens Naude in [Van Zyl 1995: 30] was sommige ingesetenes van mening dat daar nie vir dienste betaal kan word, wat nog nie gelewer is of verbeter het nie. Daarom vermeld Nthuping in [Pauw 1999: 1] dat die bedoeling met Masakhane terselfdertyd ‘n bewusmakingsveldtog is, sodat agtergeblewe gemeenskappe vir dienste betaal, nadat dienste gelewer is. Volgens Mbeki in [Van der Westhuizen 2002: 1] behoort die openbare,- private sektore en die gemeenskap vennootskappe te vorm sodat dienslewering verbeter kan word. Die verbetering van dienslewering impliseer ‘n kwantitatiewe en kwalitatiewe verbetering van die bestaande toestand in die rigting van die gewenste toestand [Witthoft 1982: 7].

Daarom is daar vir die verbetering van die bestaande toestand in die rigting van die gewenste toestand byvoorbeeld plaaslike ontwikkelingskomitees op plaaslike owerheidsvlak gestig. Die doel van die komitees is om wisselwerking tussen die gemeenskap en plaaslike owerhede te bevorder. Werksessies is onder meer gehou om leiers van komitees byvoorbeeld oor die begroting in te lig en te vergewis watter bydrae hulle tot Masakhane in die gemeenskap kan lewer [Nthuping in (Pauw 1999: 1)].

In hierdie opsig wys ‘n transendentale benadering op die noodsaaklikheid dat munisipaliteite en die gemeenskap wedersyds na mekaar behoort uit te reik. Die doel daarvan is om raadslede en munisipale funksionarisse in te lig waarom daar nie vir onaanvaarbare en ontoereikende dienslewering betaal wil word nie. Aan die anderkant kan raadslede by wyse van insae in die begroting daarop wys dat indien die nie-betaling van dienstegelde sou voortduur, kan ‘n tekort aan fondse veroorsaak dat die standaarde van dienslewering daal. Indien dit die geval sou wees, kan ’n verlaging van standaarde tot die moontlike verdere nie-betaling van dienstegelde aanleiding gee. ‘n Plaaslike Owerheid, wat sonder ‘n inkomste ononderbroke dienste verskaf kan ook moontlik bankrot speel [Hilliard 1995: 7]. Daarom is die Masakhane-veldtog in die gees van

wedersydse samewerking van waarde sodat ingesetenes aangemoedig kan word om vir dienste te betaal, waartoe hulle finansieël instaat is.

Volgens Nthuping in [Pauw 1999: 1] is die bedoeling van munisipaliteite met Masakhane nie om onbillik teenoor diegene te wees, wat geen inkomste het nie. Daarom was die Mangaung Munisipaliteit in Bloemfontein op daardie tydstip (1999) in ‘n proses om ‘n databasis op te stel sodat bepaal kon word watter mense in die regsgebied, werkloos is of pensioentrekkers is. Die doel van hierdie databasis is om te bepaal wie vir dienste moet betaal en hoeveel van elkeen verhaal kan word.

Met ‘n transendentale benadering, word ‘n verdere belemmerende faktor, uitgelug, te wete dat die Masakhane-veldtog kan faal, indien die wyse van dienslewering nie inaggeneem sou word nie. Dienste is dikwels ontoeganklik weens die geografiese uitgestrektheid van ‘n gebied omdat strukture van munisipaliteite, byvoorbeeld in 1997 nie deurgaans in veral agtergeblewe gebiede in plek was nie. Die gevolg hiervan was dat die betaling van dienstegelde belemmer is omdat betaalpunte vir die invordering van dienstegelde buite bereik van sommige ingesetenes in veral agtergeblewe en geografiese uitgestrekte gebiede was [RSA1 1997: 10].

‘n Verdere belemmerende faktor, wat deur ‘n transendentale benadering uitgelug word, is dat dienslewering nie deurgaans volgens die wil en wense van ingesetenes geskied nie. ‘n Voorbeeld hiervan is wanneer sommige ingesetenes bereid is om vir watervoorsiening te betaal, maar slegs oor gemeenskaplike staankrane beskik. Volgens Naude in [Van Zyl 1995: 30] is ‘n dilemma vir munisipaliteite dat dit nie altyd prakties moontlik is om afsonderlike krane in plakkerskampe per woning op te rig nie. Indien gemeenskaplike staankrane vir sommige ingesetenes vanuit hulle onmiddellike ervaringsveld, moeilik bereikbaar sou wees, kan weerstand vir die betaling van water opgebou word. Daarom behoort die wyse waarop dienste daargestel en gelewer word in die lig van Masakhane sover prakties moontlik volgens die wil en wense van ingesetenes in berekening gebring te word.

‘n Transendentale benadering wys ook op ‘n onderliggende en belemmerende faktor vir die Masakhane- veldtog, te wete diefstal, korrupsie en bedrog. “Masakhane can only

succeed in an environment where there is social stability. It cannot co-exist with and cannot flourish where there is high level of crime” [Masakhane Campaign 2000: 1]. In

Hoofstuk twee word na morele transformasie asook na die verband tussen Masakhane en die beweging vir morele heropbou verwys [Kyk Hoofstuk twee].

Weens die gerigtheid van ‘n transendentale benadering op die oorbrugging van belemmerende grense, kan “grense” tussen groepe weens partypolitieke verskille, moontlik nie oorbrug word, as wedersydse uitreiking vir samewerking tussen partye ontbreek nie. Die gevolg hiervan kan wees dat die doelwitte van Masakhane nie bereik word nie. “Experience has shown that where there is infighting between parties and

amongst parties, the objectices of Masakhane are never realised [Masakhane Campaign

2000: 1].

‘n Transendentale benadering lig ook uit dat die Masakhane-veldtog deur bymotiewe belemmer kan word. Volgens Hlongwane in [Volksblad 1997: 5] wil sommige mense Masakhane laat misluk om die regering in ‘n swak lig te stel. In Hoofstuk drie word daarop gewys dat die vorming van persepsies op slegs negatiewe aspekte tot wanpersepsies soos byvoorbeeld die doel van die Masakhane-veldtog aanleiding kan gee [Kyk Hoofstuk drie].

‘n Belemmerende faktor vir die veldtog was dat die nie-betaling van dienstegelde aan plaaslike owerhede na die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika sedert 27 April 1994 in ‘n mindere of meerdere mate voortgeduur het. Aan die een kant was die nie- betaling van dienstegelde ‘n rede waarom die Masakkhane-veldtog geloods was. Terselfdertyd was die voortgesette nie-betaling van dienste in sommige gebiede een van die belemmerende faktore vir die Masakhane- veldtog [Gous 1995: 1].

In Hoofstuk vier word met die bewegingselement van die anastatiese benadering daarop gewys dat momentum met ‘n transformasieproses kan afneem totdat die proses nie meer

nagestreef word nie. Gevolglik kan ook die Masakhane-veldtog met verloop van tyd stagneer omdat nie daarmee volhard word nie. Daarom is ‘n anastatiese benadering ‘n vernuwingsproses om onder meer ‘n konsep soos Masakhane in die gestalte van die Masakhane-veldtog te vernuwe. ‘n Voorbeeld hiervan is: “3 September 2000...the day as

the great revival of the Masakhane Campaigne. A campaign which to a large extent had ground to a standstill...in the entire country” [Masakhane Campaign 2000: 1].

Afgesien van bogenoemde belemmerende faktore, behoort Masakhane nie slegs tot die Masakhane-veldtog, as ‘n betaalveldtog beperk te word nie. Daarom kan daar volgens ‘n anastatiese benadering na die betekenis van Masakhane teruggekeer word met die doel om toepaslik vernuwe te word. “Masakhane must be returned to its original meaning,-a

people driven process of building together” “Not only must we redefine it in this way, we must popularise this kind of understanding” [Masakhane Campaign 1996: 1].

Vervolgens word die noodsaaklikheid van Masakhane onder die loep geneem, om opnuut te besin waarom Masakhane vir die realisering van transformasie as noodsaaklik beskou kan word.

6.5 NOODSAAKLIKHEID VAN MASAKHANE VIR DIE REALISERING VAN