• No results found

Transformasie is op die verlede, hede en toekoms van toepassing. Die verlede, hede en toekoms kan oor verskillende politieke eras soos onder meer die apartheidsera van die verlede (voor 1994) en die na-apartheidsera (na 1994) onder ANC- bewind tot sedertdien (2004) strek. Daarom word die hede volgende bespreek, sodat aangetoon kan word, wat die bedoeling met die hede vir transformasie kan wees.

2.5.1 HEDE

Transformasie kan hoop en wanhoop in ‘n gemeenskap meebring. ‘n Mening in Suid- Afrika is dat misdaad, werkloosheid, ekonomiese agteruitgang so oorweldigend in die hede geskied, dat demokrasie, nasiebou, reg en orde slegs in geskiedenisboeke voorkom. Daarom emigreer Suid-Afrikaners vir ‘n veranderde toekoms dikwels na die buiteland. [Volksblad, 23 Februarie 2001: 6]. Vir diegene dui transformasie wat reeds in die proses is om te geskied, op geen rooskleurige en hoop vir ‘n toekoms in Suid-Afrika nie. Die fokus is op die realiteit in die hede sonder om noodwendig die blaam op die regering van die dag te plaas, want regeringsinstellings gaan onder dieselfde vlaag van diefstalle gebuk. Gevolglik bring hierdie aspekte vraagstukke vir die regering mee en nie net die gemeenskap nie.

Ander meen Suid-Afrikaners deins egter te maklik terug van wat transformasie bied, weens argumente van wat kan individue aan omstandighede doen, wat volgens hulle mening, reeds hand- uit geruk het [Volksblad, 23 Februarie 2001: 6]. Volgens Coetzee in [Horn 1997: 8] bied die hede vir instellings ‘n gulde geleentheid om vanuit die hede vir die toekoms te posisioneer. Posisionering vir die toekoms, impliseer nie dat die verlede nie vir transformasie noodsaaklik geag kan word nie.

2.5.2 VERLEDE

Daar is verskillende sienings oor transformasie in terme van die verlede. Volgens Van Loggenberg in [Volksblad, 23 Februarie 2001: 6] sal va n die verlede afskeid geneem moet word. Dit geld vir diegene wat dink aan die goeie ou dae toe hulle nog in beheer was asook diegene wat nou aan bewind is en ewe krampagtig probeer om die apartheidsverlede vir politieke gewin lewend te hou. Inagneming van die verlede is vir transformasie noodsaaklik, want volgens Fourie in [O’Connor 2003: 5] behoort instellings nie eeue oue tradisies en werkwyses ten koste van vooruitgang te handhaaf nie.

Sommige het ‘n oordrewe siening dat alles wat in die verlede plaasgevind het, verkeerd was. Met so ‘n benadering tot transformasie gaan die spreekwoordelike wiel herontwerp word [Schlemmer 1995: 21]. Ander fokus slegs op die verlede, met die blaam op apartheid, sonder om ‘n visie vir ‘n veranderde toekoms daar te stel [De Villiers 1995: 20]. Daarom behoort die klem vanaf die verlede en hede ook na die toekoms verskuif te word.

2.5.3 TOEKOMS

Volgens Rilke in [Giliomee 1997: 15] transformeer die toekoms in die mens lank voor dit gebeur. Die interpretasie hiervan is dat oor die toekoms te besin, kan iemand die aard daarvan verander. Dit is soos ‘n verkleurmannetjie wat van omgewing verander en in die proses bekend is vir verandering, waar innerlike verandering uiterlik waarneembaar word, soos wat daar met ‘n veranderde omgewing geharmonieer word [Rapport, 29 Maart 1998: 29]. Daarom verg suksesvolle verandering/transformasie ook om proaktief te dink, sodat daar oor ‘n veranderde toekoms besin kan word.

Met terugverwysing na [par. 2.5.1] was ‘n mening oor die hede, dat daar enersyd s nie hoop vir die toekoms is nie, omdat die bestaande feite in die hede daarop dui dat die situasie in die land, sodanig is dat individue nie veel daaromtrent kan doen nie. Daar is

egter diegene, wat oortuig is dat ‘n veranderde toekoms in Suid-Afrika geskep kan word, terwyl ander glo dat dit hier nie moontlik is nie, maar dat ‘n veranderde toekoms wel in die buiteland geskep kan word. In hierdie verband handel dit nie om wie reg is nie, maar dat ‘n veranderde toekoms wel deur transformasie moontlik geskep kan word.

Volgens Van Loggenberg in [Volksblad, 23 Februarie 2001: 6] het Suid Afrika toekomsskeppers nodig. Die skep van ‘n veranderde toekoms vir alle Suid-Afrikaners, behoort konstruktief en nie afbrekend benader te word nie. Daarom behoort respek vir erfenisse van die verlede gehandhaaf te word. Die skep van ‘n toekoms, vereis die skep van ‘n nuwe positiewe ingesteldheid jeens die owerheid en die samelewing. Indien openbare funksionarisse dienslewering in die owerheid wil transformeer, behoort hulle aktief aan ‘n veranderde toekoms in terme daarvan mee te werk. Hierdie toekomsskepping vereis ‘n spanpoging om opbouend toekomsgerig te begin dink en doen.

Toekomsskeppers behoort sekere eienskappe te openbaar, sodat transformasie te weeg gebring kan word. Direko in [Volksblad, 23 Februarie 2001: 6] verwys na die voortreflike eienskappe van ‘n toekomsskepper van formaat. Dit is hoë morele standaarde, wetsgehoorsaamheid, betroubaarheid, pligsgetrouheid, verdraagsaamheid, opgevoed, geleerd, gedissiplineerd en die strewe na uitnemendheid. Elkeen behoort hulle te meet aan eienskappe van ‘n toekomsskepper, om te bepaal waar hulle te kort skiet. Openbare funksionarisse behoort ook te besin of hulle die weg van die minste weerstand wil volg deur drentelende navolgers te wees of om inisiatief aan die dag te lê, sodat owerheidsinstellings op ‘n verbeterde toekomspad gelei kan word.

Volgens Lekota in [Nieman 1995: 1] is die waarde van ‘n bewustelike strewe vir die skep van ‘n veranderde toekoms dat die gemeenskap ‘n aandeel in die skep van ‘n eie veranderde toekoms kan hê. Daarom beteken werkskepping, nie net dat buitelanders hier fabrieke kom bou nie, maar dat Suid-Afrikaners ook hul eie, unieke produkte produseer. Indien die gemeenskap nie self ingryp om ‘n beter toekoms te skep nie, kan iemand

anders dit vir hulle doen, wat nie noodwendig die toekoms is, wat die gemeenskap in gedagte gehad het nie.

Deur ‘n eie toekoms deur transformasie te skep is daar dus ‘n verskil tussen “...controlling your own destiny or given that control to someone else” [K iyosaki 1998: 7]. Dit vereis aktiewe deelname aan die formeer van ‘n eie karakter, skepper van toestande en ‘n persoonlike of gemeenskaplike bestemming of respektiewelik dié van ‘n instelling [Neethling 1996: 67]. Bengu in [Vosloo 1997: 6] is van mening dat elke instelling ter wille van oorlewing en vooruitgang, self deur die troebel waters van transformasie behoort te stuur. Hierdie doelgerigte strewe na transformasie vir ‘n veranderde toekoms kan met ‘n Afrika-Renaissance in verband gebring word.

2.5.4 VERBAND TUSSEN ‘N AFRIKA-RENAISSANCE EN TRANSFORMASIE

In April 1997 het Mbeki in [Khumalo 2000: 2], voor die [... (c)orporate Council on

Africa in Amerika aangekondig: “Hulle wat oë het om te sien, laat hulle sien, Die Afrika –renaissance is met ons...” Alhoewel die begrip Afrika-renaissance na Afrika verwys, is

hierdie begrip vanuit Europa ontleen. ’n Renaissance beteken, herlewing, vernuwing of wedergeboorte. Hierdie woord is reeds in 1835 na verwys weens herlewing van antieke lettere wat begin het in Italië. Die oorsprong van die renaissance kan tot die Middeleeue asook weens tegnologiese ontwikkeling in Europa weens onder meer die uitvinding van die drukpers, teruggevoer word. Die renaissance was ‘n minderheidsbeweging van intellektuele en kunstenaars wie se sienings gerugsteun was deur politici en landhere [Green 1975: 29].

‘n Afrika–Renaissance se uitdaging is ‘n gesindheid- en morele transformasie oor die kontinent [Ramogale 1998: 9]. Daarom kan transformasie in ‘n oorkoepelende verband ‘n renaissance insluit. Suid-Afrika is een van die sleutelspelers vir ‘n renaissance vir Afrika. Werkskeppingsberade, beleggings in onderwys, algemene ekonomiese opbloei gaan nie op ‘n eie ‘n grondslag ‘n veranderde toekoms skep nie, want ‘n suksesvolle renaissance behoort ook ‘n morele renaissance (transformasie) in te sluit [Van Wyk 1998: 17]. Die

idee van ‘n Afrika-Renaissance is ‘n uitdrukking van ‘n behoefte na die strewe na uitnemendheid. Daarom impliseer die begrip Afrika Renaissance ‘n strewe na uitnemendheid op morele, opvoedkundige, politieke en ekonomiese vlak [Ramogale 1998: 9]

Volgens Direko in [Botha 2001: 9] behoort leierskap deur inagneming van bogenoemde renaissance, wat ‘n morele en gesindheidstransformasie insluit, gepaard te gaan met onder meer verantwoordelikheid, eerlikheid en harde werk, sodat doeltreffende finansiële administrasie verseker kan word. Politici en staatsamptenare behoort dienaars van die gemeenskap te wees, omdat ‘n leier nie verhewe bokant die gemeenskap behoort te wees nie. Daarom is ‘n fundamentele waardebasis vir transformasie in die gees van ‘n renaissance van kardinale belang, want die aanvaarding van verantwoordelikheid en die uitleef van toewyding is belangrik vir morele opbou en ‘n werksetiek [Botha 2001: 9].