• No results found

6.5 NOODSAAKLIKHEID VAN MASAKHANE VIR DIE REALISERING

6.5.2 NOODSAAKLIKHEID VAN DIE UITREIKING-ELEMENT VAN MASAKHANE

Die uitreiking-element manifesteer in die betekenis van Masakhane, te wete “kom, laat

ons saam bou of saamwerk” [Kyk par. 6.2]. Vo lgens Motsumi in [van der Merwe 1995:

4] kan samewerking in ‘n transformasieproses nie geskied, as gemeenskappe nie in die gees van Masakhane wedersyds na mekaar uitreik nie. Daarom is die uitreiking-element van Masakhane van waarde om rolspele rs daarby te betrek.

‘n Transendentale benadering beklemtoon dat met die uitreiking-element van Masakhane, die grense tussen die spreekwoordelike “ons” en “hulle” oorbrug behoort te word. Met die uitreiking-element van Masakhane behoort wedersydse uitreiking tussen groepe, ongeag herkoms of historiese verskille te bowe gekom of transendeer te word [Mandela 1997: 1].

In hierdie verband vestig ‘n anastatiese benadering die fokuspunt van die benadering op die inhoudelike aard en omvang van transformasie. Hierdie benadering beklemtoon dat die inhoudelike aard van ‘n gedaanteverandering verander verander en vernuwe behoort te word. Met ‘n transendentale benadering word benadruk dat die denkraamwerke van individue behoort te verander, omdat die inhoudelike aard en omvang van die begrip in toepassingsverband verander. Daarom behoort die begrip in ‘n toepaslike konteks herdefinieer te word. Weens die veranderlike inhoud van transformasie behoort die samestelling van rolspelers te verander. Volgens Gerwel [2000: 4] is die inhoud van die versame lterm “ons” nie ‘n vaste of statiese gegewenheid is nie. Dit beteken dat die inhoudelike aard en samestelling daarvan kan verander en behoort te verander om die groepsamestelling te herdefinieer.

Volgens Fraser-Moleketi [2004: 19] beteken die verwysing na “ons” vir sommige mense ‘n verwysing na voor die demokratiese verkiesing in Suid-Afrika en “hulle” impliseer die

regering. Die vraag moet nie wees wat “hulle” doen nie, maar wat “ons” doen. Met

“ons” word elke landsburger en staatsamptenaar bedoel, wat transformasie vir

vooruitgang en welvaart wil bevorder. Daarom behoort die versamelterm, “ons” ook

“hulle” in te sluit, waarop transformasie betrekking het. Die doel daarvan is om ‘n “ons- hulle” benadering vir die gesamentlike nastrewing van ‘n gedaanteverandering te vermy.

Laasgenoemde benadering behoort volgens Belasco [1991: 247] vermy te word, omdat verdeeldheid tussen rolspelers, samewerking in ‘n transformasieproses belemmer.

Met ‘n transendentale benadering word die aandag gevestig dat ‘n grens tussen groepe met ‘n ons-hulle benadering kan ontstaan. Dit ontmoedig persoonlike skakeling tussen bestuurders/toesighouers en ondergeskiktes. Die onwilligheid tot persoonlike betrokkenheid by beide ondersgeskiktes en toesighouers kan daartoe lei dat ‘n bestuurder nie toeganklik vir innoverende voorstelle en opbouende kritiek van ondergeskiktes vir transformasie is nie [Smit 1990: 9]. Volgens Van Rensburg in [Levitz 1992: 16] “(y)ou

should really involve all the people who are influenced by your decision. Once they are strongly behind you, you no longer have to worry about the result of your decision. They have become part of your decision-making strategy and you are all in it together.”

Die noodsaaklikheid van die uitreiking-element van Masakhane word deur ‘n transendentale benadering beklemtoon omdat werksaamhede vir die realisering van transformasie tussen rolspelers op verskillende vlakke van ‘n instelling, verdeel word. Indien hierdie element nie toegepas sou word nie, bestaan die vraag volgens Oncken in [Fourie 1992: 13], te wete: “(w)hy is it that some managers are typically running out of

time while their staff are typically running out of work?”

Ondergeskiktes behoort deur die toepassing van die uitreiking-element van Masakhane na bestuur vir leiding en advies in ‘n transformasieproses uit te reik. Bestuur behoort ook na ondergeskiktes uit te reik, indien sommige ondergeskiktes in ‘n beter posisie sou wees om oor die praktiese uitvoerbaarheid vir die realisering van transformasie te besluit [Brynard 1989: 20].

Die uitreiking-element van Masakhane is ook noodsaaklik om oor nasionale en internasionale grense na ander regerings of die private sektor uit te uitreik. Dit is van waarde, waar ander moondhede reeds oor kennis en kundigheid beskik van die realisering van transformasie in ‘n spesifieke konteks of arbeidsveld [Seale 2002: 7]. In hierdie verband benadruk Guest & Hersey [1997: 21] dat transformasie teen die agtergrond van ‘n globale veranderende wêreld behoort te geskied Volgens Zbar [1995: 66]

“(m)anagers should look outwards, accept responsibility for managing their units in relationships with other groups and individuals.”

Met ‘n transendentale benadering word uitgelug dat die uitreiking-element van Masakhane ook van waarde is vir die verandering van geslote en rigiede denkraamwerke van openbare funksionarisse. Dit is denkraamwerke, wat weens ‘n vrees vir verandering/transformasie en onsekerheid vir die onbekende toekoms daartoe kan bydra dat slegs in ‘n bekende omgewing gefunksioneer word [Olivier 1987: 17]. “Leaders

cannot express fear, uncertainty or resistance to change and expect their subordinates to remain motivated and enthusiastic. They cannot be part of a culture of resistance to change and expect of their subordinates not to become part of that culture” [van der

Merwe 1992: 6]. In hierdie opsig word met ‘n anastatiese benadering daarop gewys dat indien die uitreiking-element van Masakhane sou ontbreek, behoort daar nie tot aksie oorgegaan te word om ‘n ideale toestand na te streef nie. Gevolglik kan werksaamhede uitgediend en staties word. Die gevolg hiervan kan wees dat: “(e)ven the simplest systems

soon fail when treated as static” [Kaufman 1997: 378].

Die uitreiking na ‘n eksterne onbekende omgewing impliseer ‘n moontlike onsekere toestand, ongestruktureerde situasie met moontlike risikos, aangesien personeel op eie diskressie vir besluitneming binne die raamwerk van regeringsbeleid aangewese is [Van Loggenberg 1999: 7]. Hierdie besluite kan ook as kreatiewe besluite beskou word, want dit is ongestruktureerd, kompleks en gaan gewoonlik met onsekerhede en verandering/transformasie gepaard [Murphy 1981: 17]. Daarom bied die uitreiking- element van Masakhane vir rolspelers die uitdaging om hulle kreatiwiteit by besluitneming vir die realisering van transformasie te betrek.