• No results found

HOOFSTUK 3: NARRATOLOGIESE ANALISE VAN SWARTSKAAP DEUR ODETTE

3.6 Temas in die verhale

In enige verhaal is daar sekere temas wat deur die verhaal oorgedra word. Die skrywer het wel 'n bepaalde intensie, maar of die werklike lesers die bedoelde boodskap kry, bly altyd 'n vraag.

3.6.1 Temas in Swartskaap

In Swartskaap val die klem daarop dat Claudie ten spyte van die negatiewe omstandighede van haar kleintyd die uitdagings in haar lewe aanvaar, haar toekoms in haar eie hande neem en daarvan iets maak. Die verhaal is gemoeid met die idee van die swartskaap, die moeilikheidmaker van die familie. Al is Claudie nie die tradisionele swartskaap nie, ag sy haarself as die swartskaap. Dit belemmer haar selfbeeld vir 'n lang tyd. Objektief beskou is dit egter eerder die ouers wat die swartskape is, omdat hul die oorsaak is van die moeilikheid in die familie; hulle steek die familie in die skande, nie die kinders nie. Tog moet Claudie hierdie beeld van haarself verwerk en hanteer.

'n Ander tema gaan oor hoe mense mekaar gebruik. Dit gaan in die verhaal nie net oor seksuele misbruik nie, maar ook oor emosionele uitbuiting. Claudie se ma maak foute in haar lewe, maar gee haar kinders die skuld daarvoor. Sy manipuleer haar kinders deur hulle die skuld te gee vir haar eie foute, sodat sy nie verantwoordelikheid daarvoor hoef te aanvaar nie. Die kinders word ook later in hul lewe steeds deur hul ma gebruik, wanneer sy verwag dat hulle vir haar moet sorg, ten spyte van die feit dat sy haar kinders herhaaldelik weggestoot het. Die ma gebruik verder die mans wat haar liefkry hoofsaaklik om in haar eie behoefte aan geborgenheid te voorsien, maar ook vir finansiële ondersteuning en oorlewing.

Die roman gee ook 'n goeie uitbeelding van empatie. Die verhaal sal beslis empatie ontlok vir Claudie en haar broers, maar ook teenoor haar ma en pa wat so aan hulle eie swakhede uitgelewer is. Die verhaal toon dat geen mens net goed of net sleg is nie, hoewel mense se keuses mekaar se lewens erg beïnvloed.

Die tema van die impak wat mense op ander se lewens het, kom baie duidelik na vore. Die verhaal toon dat niemand die vingerafdrukke van ander se lewens op hul eie lewe kan uitvee

5

Die bewerings onder die opskrif 6.3 word nie as absolute en geldige stellings voorgehou nie, maar word geformuleer soos dit uit die studie kom en wil nie enige aanstoot gee nie.

Hoofstuk 3 Verhaalanalise

60

nie. Die karakters beïnvloed mekaar positief of negatief, maar die suggestie is wel dat mense ʼn keuse kan maak oor wat hulle met hulle lewens wil doen en nog meer belangrik, watter impak jy wil uitoefen op ander mense se lewens. Die invloed wat gesinslede op mekaar het, beïnvloed die geslagte wat na hulle kom.

3.6.2 Temas in 30 Nagte in Amsterdam

Net soos in Swartskaap is daar in 30 Nagte in Amsterdam bepaalde temas wat na vore kom. In die eerste plek is daar die bekende motiewe van Van Heerden se oeuvre in 30 Nagte in Amsterdam: die kleindorpse lewe, ʼn vader wat afwesig is en ʼn moeder wat daardie rol moet oorneem, die Suid-Afrikaanse situasie, skuld, identiteitsproblematiek, rassekonflik en die plaasomgewing.

Die belangrikste temas kan egter soos volg opgesom word:

Daar is verskeie karakters wat 'n identiteitsprobleem het. Henk in besonder beleef deurlopend 'n identiteitskrisis al ondersoek hy homself in die verhaal en al ontwikkel hy as persoon. Dit word egter aan die leser oorgelaat om te besluit of hy die identiteit wat hy ontwikkel deur die loop van die verhaal daadwerklik deel van sy lewe sal maak en sy lewensuitkyk grondig sal kan verander. Henk en selfs Tante Zan is ontneem van hulle eie identiteit deur Ma Olivier. Haar strewe om altyd die beste kant bo te hou, onderdruk haar kinders en ook haar kleinkind en weerhou hulle daarvan om hulle eie identiteit te vorm en daarom sukkel hulle om deel te wees van die wêreld.

Die politieke uitgangspunte van die tyd en rassekonflik kan ook as ʼn tema in die roman gesien word. Daar word gefokus op ʼn aspek van die Suid-Afrikaanse politiek wat liefs doodgepraat word, naamlik 'n Afrikaner wat nie met die politiek van die tyd saamgestem het nie, en met die "vyand" saam probeer veg het om ontslae te raak van die Apartheidsisteem. Die kwessie van rassekonflik en die problematiek daaromheen word uit verskillende hoeke ondersoek. Is alle blankes rassiste, is alle swartes gewelddadig of is die rasseverskille bloot die produk van politieke omstandighede?

Die tema van skuld en die vergifnis kom baie sterk in die verhaal na vore. Die twee hoofkarakters moet hul skuld erken in sekere gebeure. Die onderskeie gebeure het ʼn direkte impak gehad op beide se lewens. Die vergifenis word aan die einde van die boek gesimboliseer deur die naakte dans om die beendere van Wehmeyer.

Hoofstuk 3 Verhaalanalise

61

Die familiedinamika en die invloed van die bloed wat in jou are vloei op jou toekoms is 'n belangrike faktor in die verhaal. Die afwesige vaderfigure in die verhaal, die dominerende Ma Olivier, Henk se ma wat onderdruk word in die familie en die eksentrieke tante maak Henk wie hy is. Hy wil nie hierdie eienskappe deel maak van sy bestaan nie, en kruip daarom eerder van alles en almal in die lewe weg. So ook is Tante Zan die produk van haar familiedinamika. Juis omdat sy onderdruk word deur haar ma, is sy losbandig, praat sy met haar lyf, en meng sy met swartmense, alles dinge wat Ma Olivier ten sterkste afkeur.