• No results found

Tema 13: Karaktereienskappe van dosente

HOOFSTUK 4 BESPREKING VAN RESULTATE

4.2 BESPREKING VAN DATA

4.2.2 Semigestruktureerde individuele onderhoude: gedokumenteerde

4.2.2.13 Tema 13: Karaktereienskappe van dosente

Die geïdentifiseerde tema, karaktereienskappe van dosente, is die dertiende bydraende onderrig- en leerfaktor wat moontlik aanleiding kan gee tot studenteslytasie by Taletso VOO- Kollege. Volgens literatuur kan ʼn goeie dosent beskryf word as ʼn persoon wat nie slegs na ʼn afgelegde eksamen bevoeg verklaar is om te onderrig nie, maar as iemand wat die student se potensiaal kan raaksien en dit ten volle kan benut (Mulkeen, 2005; Masinire, Maringe & Nkambule, 2014). Wanneer daar na ʼn goeie dosent verwys word, verwys dit na ʼn een wat geïnspireerd optree, wat ʼn goeie sin vir humor het, wat sy/haar leerstof helder en duidelik en doelgerig aanbied, in sy/haar studente se vordering belangstel en hulle help om hul probleme op te los. Die voorafgaande is slegs enkele eienskappe wat opgenoem kan word. ʼn Dosent kan ook nog ander elemente/karakterpilare toon, soos die skep van ʼn toeganklike klasatmosfeer vir onderrig, deeglike voorbereiding doen vir klasse, die stel van hoë dog billike standaarde, die beginsel van resultaatgeoriënteerde onderwys handhaaf, konsekwente en verstaanbare evalueringsprosesse handhaaf, respekvol teenoor studente

optree, vertroue by studente inboesem, die goeie en positiewe beklemtoon eerder as die slegte en negatiewe, en nog vele meer.

ʼn Goeie dosent kan verder ook beskou word as iemand wie se onderrighandelinge bruikbaar moet wees; iemand wat bekwaam is, asook bevredigend en deeglik in die aanbieding van sy/haar werk (Masinire et al., 2014). Persoonlikheidseienskappe van so ʼn dosent sou getrouheid en vriendelikheid insluit. Daarbenewens moet hy/sy ook in sy/haar werksaamhede kragtig, flink en tegemoetkomend optree. ʼn Goeie dosent behoort ook die volgende karakterpilare te openbaar, en sal:

 die studente kan ondersteun met die verwydering van akademiese grense en beperkinge;

 bemoeienis maak met die student in sy totaliteit;  selfopbouend in plaas van selfverborgend wees;  by studente betrokke wees;

 aanvarend teenoor studente wees en nie beledigend nie;  positiewe kritiek op akademiese werk lewer;

 ʼn positiewe lewensuitkyk handhaaf en nie negatief teenoor die lewe en/of studente staan nie; en

 verdraagsaam teenoor studente wees.

Bovermelde karakterpilare bevestig die data waarin studente dit as ʼn vereiste stel dat dosente voorbereid moet wees vir elke klasaanbieding, en in sy/haar aanbieding moet poog om deurlopend die belangstelling van studente te behou, asook om goeie kwaliteitonderrig te gee. Dit is ook noodsaaklik dat dosente pligsgetrou teenoor die module, onderrig-leer en student moet wees, soos gelees word in die aanhalings van die betrokke deelnemers:

Aaa... if a lecturer is not prepared a learner will lose focus and he or she will lose interest in the applicable courses. (IND 2 – 1, 2).

Aa..., I’m committed, but if a lecture doesn’t come to class or have good communication with the student, nothing will benefit the student. (IND 2 – 8, 9).

ʼn Afleiding wat uit die beskikbare data gemaak is, is dat indien studente belangstelling in die vakinhoude verloor, dit aanleiding kan gee tot studenteslytasie. Dis ook die studente se gevoel dat dosente vriendelik en ook hulpvaardig behoort te wees:

If the lecturer is not friendly and helpful, you can drop out. (IND 9 – 72)

Umm, it does contribute to student dropout because, umm, we have other lecturers who don’t give us, the student, the attention that we need, like for instance if you want any help with something they will say they are too busy or we are wasting their time, so that can lead to student dropout also. (IND 9 – 58, 59, 60,61)

sodat hulle (die studente) nie aan studenteslytasie blootgestel word nie. Soos verduidelik in paragrawe 4.2.2.5 – 4.2.2.8, behoort dosente se handelinge van so ʼn aard te wees dat vanuit hul behulpsaamheid, verdraagsaamheid, positiewe ingesteldheid teenoor studente, regverdigheid en nog soveel meer, hulle doelgerigte begeleiding aan die studente kan verskaf ten einde studente ʼn goeie geleentheid te kan gee ter bereiking van hul akademiese sukses (Boston et al., 2014; Nock et al., 2010; Walsh, 2013; Manik, 2014).

Dit blyk verder ook uit die geanaliseerde data dat studente verwag dat ʼn dosent toegewyd moet wees, en in staat moet wees daartoe om die vakinhoudelike so te kan verduidelik dat die inhoud verstaanbaar vir studente is, wat meebring dat hul kanse op studenteslytasie kan afneem:

Others are prepared but others they just come to class without pre being prepared because they will just read what is written in the textbook without explaining it further. (IND 1 – 3, 4)

Van die deelnemers het sterk menings gelug rakende die feit dat dosente beheer behoort uit te oefen oor hul emosies, sodat wanneer daar van dosente verwag word om oor en oor die vakinhoud te verduidelik, hulle nie hul humeur verloor en studente beledig of neerhalende kommentaar lewer en verkleinerend teenoor die studente optree nie. Die navorser huldig die mening dat dosente te alle tye geduldig teenoor studente behoort op te tree, en ook geduldig behoort te wees tydens klasaanbiedings:

umm, if the lecturer doesn’t want to explain to me or maybe I ask and she loses her temper, it’s gonna affect my work because I’ll be asking for help and then she won’t be that interested. So I’ll end up just wanting to go home and stay home, because she won’t be that interested in me, yes. (IND 5 – 35, 36, 37, 38).

ʼn Ander deelnemer stel hierdie aangeleentheid soos volg:

Well, basically in that cases would be starting with the attitude towards the lecturer or the student cause mostly there would be a student, the other students wouln’t like the teach ahh the lecturers because he or she doesn’t treat them the same as the others in classes and then they would be like they are feeling unwelcome in the class, that’s how it started, they would feel “why should I be in a place where someone doesn’t like me, doesn’t teach me properly” then you start thinking it’s better if I should just stay out of his way, just move out and drop out of school. (IND 6 – 44, 45, 46, 47, 48, 49)

Uit die aanhalings blyk dit duidelik dat negatiewe gedrag of ʼn negatiewe karakter van die dosent kan meebring dat studente nie meer aan die spesifieke klas of dosent wil behoort nie, en dus word die student aan studenteslytasie blootgestel en voltooi hy/sy nie die module(s) nie. Die uiteinde is dat die student sy studie staak en sy kanse op ʼn nuwe toekoms verspeel. Wat ook interessant was met die deurwerk van die data was dat die dosent se karakter, sy optrede, sy houding, in ʼn groot mate bepaal hoeveel sukses ʼn student in sy/haar akademie bereik (Manik, 2014). Wat verder ook interessant was, is die feit dat die dosent in sy totaliteit die klaskameratmosfeer en die verhouding tussen student en dosent, beïnvloed. Die volgende drie deelnemers stel dit soos volg:

Yes it, you can drop out ’cause you don’t have that teacher-student relationship in the class. (IND 2 – 30, 31)

Aaa.., some lectures makes you feel stupid when you ask questions because he or she would shout at you in front of the whole class. (IND 2 – 34, 35)

...amm, if you are afraid of the lecturer obviously you cannot ask him or her questions because you cannot face her, if you cannot face her, you’ll just stay there without doing anything or asking anything. (IND 3 – 40, 41, 42)

Wat ook ontstellend was met die analisering van die data, was die feit dat dosente toelaat dat hul emosies studente se weg tot akademiese sukses belemmer. Die gevolg hiervan is dat studente nie welkom en/of vrymoedig voel om binne klaskamers aan onderrig- leeraktiwiteite deel te neem nie, wat hulle gevolglik aan studenteslytasie blootstel:

...ee, but in this case not all of them does, cause some of them will be moody so others will be friendly and open, so that they can assist you in whatever problem that you have concerning that subject. (IND 1 – 59, 60, 61)

..uumm.. actually lecturers sometimes come to class and they are moody so you won’t feel free as a learner, or as a student to ee umm to talk to the lecturer freely. (IND 1 – 1, 2)

Uhh, other lecturers, eish, they sometimes come to the class when they are moody, so, the way that they respond to us learners, it’s like they’re giving us some punch lines, they’ll be cutting you if maybe you wanted to ask something and they’ll be like, no, consult your textbook, don’t ask me. (IND 1 – 51, 52, 53, 54)

..aaa.., we have textbooks, we have support from other lectures but some lectures they don’t have time for their students, they shout. (IND 2 – 14)

Nog ander deelnemers stel dit soos volg:

Umm.., it the the lecturer doesn’t want to explain to me or maybe I ask and she loses her temper, it’s gonna affect my work because I’ll be asking for help and then she won’t be that interested. So I’ll end up just wanting to go home and stay home, because she won’t be that interested in me. Yes. (IND 5 – 35, 36, 37)

We as students we make the selection of subjects that we are interested in. If we don’t have that lecturer who is not lazy, who does its work and who, umm, try to make us understand the subject even better, yah. (IND 9 – 1, 2, 3)

Die student behoort deur die dosent in staat gestel te word om binne sy/haar klaskamer so vrymoedig as moontlik te kan optree, ook as ʼn selfgerigte student ten opsigte van leer. Die dosent moet studente in staat stel daartoe om hul eie akademiese doelwitte te stel en ook so die studente op ʼn dieper vlak akademies betrokke te kry, en sodoende ook hul verantwoordelikheid vir hul eie leer meer te vestig. Indien ʼn student dus ook meer betrokke is op ʼn dieper vlak en dus meer selfgerigte leer toepas, in belang van die stel van sy/haar eie leerdoelwitte, die soek van leerhulpbronne en die aanvaarding van verantwoordelikheid vir sy/haar eie vordering, kan dit ook ʼn invloed op studenteslytasie uitoefen (Gordon, 1987; Knowles, 1975; Guglielmino, 2013; Moeketsi et al., 2014).

Studente wat by hoëronderwys-instellings ingeskryf is, sal dikwels onduidelike en onrealistiese akademiese doelwitte vir hulle stel, en dit bring mee dat hierdie studente se

kanse om tot studenteslytasie by te dra groter is (Guglielmino, 2013). Volgens Knowles (1975) en Pintrich en Schunk (1996) help die stel van akademiese doelstellings en doelwitte om die student gefokus te hou tydens sy akademiese reis, wat dan ook die studenteslytasiesyfer kan laat afneem. Daarom is dit dan ook nodig dat dosente studente ten opsigte van hierdie aangeleentheid moet bystaan.

4.4

SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is die ontleding van die empiriese data aangebied. Verskeie onderrig- leerfaktore wat tot studenteslytasie aan Taletso VOO-Kollege bydra, is aangetoon. Hierdie data fokus op dertien (13) temas, te wete: (a) akademiese motivering deur akademiese betrokkenheid, (b) dosenttoeganklikheid: student-dosentinteraksie, (c) student- inhoudinteraksie, (d) positiewe klaskamerklimaat en -omgewing, (e) akademiese vaardighede van studente, (f) die skep van ʼn leerkultuur, (g) akademiese doeltreffendheid van dosente, (h) akademiese ondersteuning en advies deur die dosent, (i) akademiese standaarde van studente (j) sosio-ekonomiese agtergrond van studente, (k) familie- en gemeenskapsondersteuning, (l) karaktereienskappe van studente en (m) karaktereienskappe van dosente.

In Figuur 4.1 word die bydraende onderrig-leerfaktore wat studenteslytasie beïnvloed, skematies voorgestel.

Die navorser is bewus daarvan dat daar nog talle ander onderrig-leerfaktore binne klaskamers teenwoordig kan wees wat studenteslytasie beïnvloed, maar bogenoemde dertien bydraende onderrig-leerfaktore tot studenteslytasie is wat in hierdie gekose studie uitgekom het. Aangesien daar in Taletso VOO-klaskamergemeenskappe ʼn intieme, interaktiewe ruimte vir studente gebied word, waarin hulle onbevange aan die gebeure kan deelneem, behoort studente in staat gestel te wees om 'n gevoel van “behoort aan” en toebehorenheid te ervaar én te kan openbaar. Die navorser maak die stelling dat die Taletso VOO-Kollgestudente in Landbou binne hierdie onderrig-leergemeenskap sy/haar "bestaansreg" met vrymoedigheid behoort te kan opneem. Dus, deurdat hulle met vrymoedigheid binne die klaskamer kan optree, kan die studenteslytasiesyfer afneem.

In Hoofstuk 5 word interpretatiewe kommentaar gelewer op die moontlike betekenisvolheid en implikasie van hierdie ondersoek.