• No results found

Tema 8: Akademiese ondersteuning en advies binne die

HOOFSTUK 4 BESPREKING VAN RESULTATE

4.2 BESPREKING VAN DATA

4.2.2 Semigestruktureerde individuele onderhoude: gedokumenteerde

4.2.2.8 Tema 8: Akademiese ondersteuning en advies binne die

Vervolgens dan die agste tema, as synde die tweede verklaringsgrond, te wete akademiese

ondersteuning en advies.

Uit die data maak die navorser die afleiding dat, as daar doelgerigte en effektiewe sosiale interaksie tussen alle partye tydens klasse plaasvind, ʼn volgehoue, kritiese en akademiese diskoers kan ontwikkel en in stand gehou word, en akademiese ondersteuning en advies op ʼn deurlopende basis sodoende aan studente verskaf kan word (Gordon et al., 2015; Freeman et al., 2007). As gevolg van dosent-studentinteraksie, student-inhoudinteraksie, dosent-student-inhoudinteraksie, die tot stand bring van `ʼn positiewe klaskamerklimaat met `ʼn doeltreffende dosent onder meer teenwoordig, behoort leergemeenskappe in die betrokke VOO-kollege gevestig te word. Soos gesien in vroeër temas (§4.2.2.4 eb 4.2.2.6) behoort daar gesonde klaskameromgewings gevestig te word waarbinne ʼn bepaalde leerkultuur gevestig word. In hierdie leergemeenskappe behoort die klem dus op die onmisbaarheid van akademiese ondersteuning en advies geplaas te word en behoort dit ook deel van elke dosent se sienswyse asook werkswyse te wees. Hierdie akademiese ondersteuning en advies kan dan ook uit die belangrikheid van die tydruimtelike teenwoordigheid van ’n dosent en interaksie tydens kontakgeleenthede waargeneem word:

Umm, there is academic support but not enough. For the rest of, for the rest of the college and there are some things that we need academically for, for our qualifications. (IND 8 – 16, 17)

I think it is better if the lecturer is in class helping you if you don’t understand, helps you, teach you, explain everything that you don’t understand. I think that’s why it’s best. (IND 2 – 43, 44)

Dit is die navorser se mening dat akademiese ondersteuning en advies tydens die lewering van programme aan die spesifieke VOO-kollege, ’n belangrike aangeleentheid vorm in die

student se akademiese sukses – iets waarsonder ʼn student nie suksesvol in sy/haar studies kan wees nie. Een deelnemer stel dit soos volg:

As well don’t really consider to believe that, believe that student to drop out, cause everything that you’ll be in need of is in the textbook and the lecture. (IND 1 – 56, 57)

Akademiese ondersteuning en advies wat deur die dosent tydens kontakgeleenthede aan studente verskaf word, kan as’t ware as ’n “sekuriteitsnet” vir die VOO-kollegestudent beskou word deurdat hy of sy dus “veilig” in sy/haar “nuwe” leeromgewing voel. Dit was opvallend deur die een deelnemer se uitlating dat:

ah, it’s important because when a lecturer is explaining something to you in person, you can understand more, why and how is that problem you are going to face, how can you tackle it because it will be face to face information that, you don’t have, you don’t need to to, ee, read or to what, you just have to listen and observe what the information is giving and you’r safe. How it is given to you. (IND 1 – 62, 63, 64, 65, 66)

Namate daar deur die onderhoude gewerk is, het dit opvallend dat, deur middel van effektiewe akademiese ondersteuning, wat ook gekenmerk kan word deur gereelde en doeltreffende kommunikasie, interaksie en doelgerigte onderrig-leer wat plaasvind, ’n aantal studente se bekommernisse uit die weg geruim word. Dit kan ook dienooreenkomstig daartoe lei dat hierdie studente nie aan studenteslytasie blootgestel word nie. Die navorser is die mening toegedaan dat akademiese ondersteuning deur dosente tydens en na klasaanbiedings ’n belangrike aangeleentheid in die student se sukses is. Die navorser het tydens die voer van die semigestruktureerde individuele onderhoude agtergekom dat studente ’n groterwordende behoefte het aan sosiale leer, kommunikasie, interaksie en omgee tydens kontakgeleenthede. Hierdie kontakgeleenthede behoort egter, vir die student om akademiese sukses te behaal, van ʼn relevante en uitgebreide akademiese ondersteuningsnetwerk gebruik te maak deurdat daar op ʼn daaglikse basis akademiese ondersteuning en advies deur die dosent aan die student verskaf word. Die skep van ʼn positiewe klaskamerklimaat wat daarop gerig behoort te wees om individuele leerbehoeftes beter te bevredig, sowel as lewenslange leer by studente te vestig, buigsame onderwysvoorsiening te verseker, vorige leerervarings te erken (EVL) en akademiese ondersteuning en advies aan alle studente te voorsien kan alles aanleiding gee daartoe dat studente vakinhoude wel beter bemeester. Binne die betrokke VOO-kollege se klaskamers behoort dosente interaktiewe, studentgesentreerde onderrigmateriaal te ontwikkel sodat

hierdie onderrigmateriale studente ook kan ondersteun met die uitvoering van hul studies (Walsh, 2013):

I think it is important because there are students who do not have all the resources such as textbooks and I think that lecturers should at least make copies for the learners who do not have textbooks. According to that I also think a study guides will be helpful for both the student and the lecturers, lecturers may have a certain study guides from them to use in regard for to help students because some of us may ask questions where lecturers are not aware a knowing about the family, about the students, so, it will help. (IND 9 – 25, 26, 27, 28, 29, 30)

ʼn Uitgebreide akademiese ondersteuningsnetwerk binne Taletso VOO-Kollege se klaskamers kan ook gekenmerk word deur gereguleerde tweerigtingkommunikasie tussen die student en die dosent, wat waarop gerig is dat die student sukses in sy/haar akademiese aktiwiteite sal behaal. Dit is essensieel om studenteslytasie te voorkom. Akademiese ondersteuning en advies behels ook dat die dosent geskrewe, gerekordeerde materiaal behoort te ontwerp wat daarop gemik is om studente te motiveer, praktiese aanbiedings te maak, toepassing te fasiliteer, te evalueer en selfs om affektiewe ondersteuning aan die student te bied. Een deelnemer is van mening dat:

Basically is gonna be textbooks and more basically the equipment and everything and the internet gives us the interest about the stats, about Agric and to follow all the projects and everything about farmers and what’s happening around the country and everything cause it’s gonna give us more influence on our work to know what certain things to do and not to do to achieve other things. (IND 6 -24,25,26,27,28)

Die sukses van studente, veral by VOO-kolleges, kan grootliks deur die effektiwiteit van ondersteuningstelsels BINNE die klaskamer bepaal word. Indien daar nie effektiewe akademiese ondersteuning en advies aan studente binne die klaskamers voorsien word nie, kan dit beskou word as ʼn onderrig-leerfaktor wat tot studenteslytasie kan bydra. Twee deelnemers is van mening dat:

Aa, we have textbooks, we have support from other lecturers, but some lecturers they don’t have time for their students, they shout. (IND 2 – 14, 15)

Amm, the lecturers always give, gives notes to us, always, also the textbooks that are given. (IND 3 – 23)

...umm, it the the lecturer doesn’t want to explain to me or maybe I ask and she loses her temper, it’s gonna affect my work because I’ll be asking for help and then she won’t be that interested. So I’ll end up just wanting to go home and stay home, because she won’t be that interested in me. Yes. (IND 5 – 35, 36, 37)

Uit die data is dit verder ook duidelik dat dosente doelgerigte en opbouende raad, akademiese ondersteuning en aanmoediging aan elke student behoort te verskaf. Deur die voorsiening van doelgerigte en opbouende advies, akademiese ondersteuning, raad en aanmoediging, kan studente motivering en inspirasie ontvang wat positief tot die onderrig- leerproses, asmede studente se akademiese prestasies, kan bydra. Indien daar nie doelgerigte en opbouende akademiese ondersteuning en advies tussen dosent en student teenwoordig is nie, kan dit as ’n belangrike leemte in die onderwys by die betrokke VOO- kollege beskou word. Soos afgelei uit die onderhoude bestaan daar ’n groot behoefte onder studente aan die voortdurende, betekenisvolle akademiese ondersteuning en advies deur dosente. Hierdie akademiese ondersteuning, advies en aanmoediging word deur die navorser as fundamentele meganismes beskou om leergemeenskappe binne die betrokke VOO-kollege te bou en om sodoende dosente, inhoud en studente saam te snoer. Interaktiewe onderwysomgewings is dus noodsaaklik, aangesien akademiese ondersteuning en advies volgens die respondente ook die kwaliteit van onderwys by die kollege kan verbeter (Brown et al., 2008; Gordon, 1987).

Twee deelnemers is van mening dat:

I think that lack of communication between students contribute to student dropout because there are students who are not comfortable with asking help from their fellow students and this is due to having poor self-confidence and feeling infuriate amongst others. I can also add that bullying is the first thing and the common action that can lead the student to drop out. If you are bullied by your class mate you must report that person as soon as possible as if there are no action taken as for that matter that the victim will drop out because of that bullying, I think so, mam. (IND 9 – 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57)

Umm, some content are typical and you find that the lecturer not explaining them properly and they become rude again when you asking for clarity or sometimes you are given an assignment where you need to use internet and you find it not working. Students get relationship to content subject due to understanding and sometimes it’s the content itself make like you want to change the course, so, you have to drop out this year so that you can know what you want to do next year. (IND 9 – 66, 67, 68, 69, 70.

Uit die geanaliseerde data van die semigestruktureerde onderhoude blyk dit dat akademiese ondersteuning, begeleiding deur die dosent tydens geskeduleerde kontakgeleenthede, as ’n “sekuriteitsnet” deur die student ervaar word deurdat hierdie studente “veilig” voel in hierdie leeromgewing, soos vroeër ook gestel. Deurdat die studente (akademies) veilig voel, behoort die student dienooreenkomstig toegewyd tot sy/haar studie te wees en sodoende dan ook die studie met sukses te voltooi:

A learner will lose focus if a lecturer is not prepared. This may cause the student to drop out from this course. Student will lose hope or he/she won’t have that interest, won’t have that motivation. Yes mam. As we are students we need a good support from teacher to our studies. (IND 9 – 6, 7, 8)

umm, if the lecturer doesn’t want to explain to me or maybe I ask and she loses her temper, it’s gonna affect my work because I’ll be asking for help and then she won’t be that interested. So I’ll end up just wanting to go home and stay home, because she won’t be that interested in me, yes. (IND 5 – 35, 36, 37, 38)

On academic support that is necessary for completion, umm, having, having academic centre, libraries and internet cafes in the community may, may you get more assistant to improve our writing assignment and such things to improve our academic skills. (IND 9 – 22, 23, 24)

Laastens, deur effektiewe akademiese ondersteuning en advies binne die klaskamer, kan studente hul akademiese standaarde ontwikkel en verbeter. In die volgende tema word akademiese standaarde van studente toegelig.