• No results found

Tema 1: Akademiese motivering deur akademiese betrokkenheid

HOOFSTUK 4 BESPREKING VAN RESULTATE

4.2 BESPREKING VAN DATA

4.2.2 Semigestruktureerde individuele onderhoude: gedokumenteerde

4.2.2.1. Tema 1: Akademiese motivering deur akademiese betrokkenheid

Die geïdentifiseerde tema, akademiese motivering deur akademiese betrokkenheid, word as eerste bydraende onderrig-leerfaktor voorgestel wat moontlik tot studenteslytasie by Taletso VOO-Kollege kan bydra.

Akademiese motivering (student) word deur die deelnemers van hierdie studie as belangrik geag, soos een deelnemer dit verwoord:

Yes, they motivate us to continue and finish. Actually we are one big family now (IND 2 – 48)

In die klaskamer behoort daar opbouende motivering met elke akademiese aktiwiteit teenwoordig te wees, en hierdie motivering binne die klaskamer bring onder andere mee dat studente meer positief ingestel is teenoor die module en dus ook meer positief betrokke is by dit wat in die klaskamer gebeur. Twee ander deelnemers verwoord dit só:

If ever you attend your classes, it’s always good, but if ever you don’t attend you’re gonna start losing focus and then you gonna lose, umm a lot of work, yes. (IND 5 – 10, 11)

For more understanding because when we are face to face umm the lecturer will understand if if ever I don’t understand umm maybe verbally or facial expression then she’ll know what to do and what not to do. (IND 5 – 39, 40, 41)

Binne hierdie ontmoetingsgeleentheid behoort akademiese motivering deur akademiese betrokkenheid verdiep te word tot ʼn eenheid wat deur wedersydse aanvaarding en beskerming gekenmerk word:

Yes, they motivate us to continue and finish. Actually we are one big family now (IND 2 – 48)

Dit blyk verder dat, indien akademiese motivering binne die klaskamer teenwoordig is, daar ʼn groter mate van wedersydse betrokkenheid, openheid en vertroue behoort te wees wat van deurslaggewende belang is vir suksesvolle deurvloei van studente, van die groepslede te wees, soos blyk uit die volgende opmerkinge deur drie ander deelnemers wat hierdie aangeleentheid soos volg verwoord:

...eee as for me, I like agriculture and it has something that I want from it. It has fruitful things that I deserve to have on the …. That will lead me to into something that I want in future. (IND 1 – 22, 23)

Sometimes you can refer to the textbooks and even, if you don’t understand what is inside the textbook, you take it to the lecturer so that he can explain it furthermore. (IND 1 – 29, 30)

Umm, the commu, commitment of each student that they have to their work will influence them to attend their classes and that commitment will lead to a better attendancee which will influence you that I must attend and I need to, to take my work serious which will lead to a better performance in terms of my subject. (IND 8 – 9, 10, 11, 12)

Uit bostaande aanhalings (wat alle semigestruktureerde individuele onderhoude verteenwoordig) asook die totale getranskribeerde teks waaruit hierdie aanhalings onttrek is, bevestig dat akademiese motivering ʼn belangrike rol speel onder die deelnemers aan hierdie studie. Indien die akademiese aktiwiteite doelgerig, interessant en relevant is rakende die vestiging van verlangde module-uitkoms-vaardighede, sal dit ook dienooreenkomstig aanleiding gee tot akademiese betrokkenheid van die student, wat die behoud van studente tot gevolg kan hê:

Because I want to achieve my goals (IND 3 – 13)

Deurdat leeraktiwiteite studente ook motiveer om deel te neem aan onderrig-leeraktiwiteite, voel studente dat hulle “toegerus” word met vaardighede en kennis wat van nut is – bedoelende dat die vaardighede en kennis wat by die kollege aangeleer word, wel tot die student se persoonlike welsyn kan bydra. Indien die student dus voel dat hy waarde vir sy geld ontvang deur doelgerigte leeraktiwiteite, sal hy/sy dus ook gemotiveerd voel om sy/haar studie te voltooi (Bullock-Yowell et al., 2011; Walsh, 2013). Indien die student as gevolg van motivering ook akademies betrokke is by die module, sal die student sy/haar akademiese verpligtinge nakom wat dan op sy beurt weer aanleiding gee tot ʼn groter akademiese belangstelling in die module. Deurdat studente gemotiveerd is tot akademiese sukses, kan onderrig en leer meer doeltreffend plaasvind, wat dan die verbetering van akademiese vaardighede van die student tot gevolg sal hê (Boston et al., 2014; Booth et al., 2013). Indien al bogenoemde plaasvind sal dit ʼn positiewe uitwerking op die akademiese dissipline van die student hê, aangesien die student deur goeie, doelgerigte aktiwiteite gemotiveer word:

Umm... I’d say yes because we are taught and we did some good activities, we we are doing some of the practicals which which made us meet our our course halfway and some of them are better un, better explained to us so this is how we get to understand the work better IND 8 – 24, 25, 26, 27

Die teenoorgestelde is ook moontlik. Indien die akademiese aktiwiteite nie doelgerig, interessant en relevant is nie, mag die student dalk op akademiese gebied, binne die klaskamer, nie betrokke wees nie en daardeur nie sy/haar akademiese verpligtinge nakom nie. Hierdie tipe student sal dus nie oor ʼn positiewe akademiese dissipline beskik nie, en die gevaar kan ontstaan dat hy/sy aan studenteslytasie blootgestel word. ʼn Gebrek aan akademiese belangstelling kan tot gevolg hê dat die student nie verlangde en nodige akademiese vaardighede en kennis opdoen nie, en dan kan dit as ʼn bydraende onderrig- leerfaktor beskou word, wat tot slytasie kan lei:

...feel that, ee, the college is not important because there is no better interaction between the, between them and the lecturers. (IND 8 – 1, 2, 3)

ʼn Dieper betekenis van akademiese motivering is die begeerte om akademiese inhoud te bemeester (Meece et al., 2006; Wigfield et al., 1998). Hierdie begeerte (akademiese motivering) word deur ʼn doelgerigte student en dosent se inisiatiewe, akademiese betrokkenheid, deursettingsvermoë en kwaliteitonderrig gekenmerk (Meece et al., 2006; Wigfield et al., 1998). Wanneer ʼn student by akademiese aktiwiteite binne die klaskamer betrokke is, en deur die bepaalde aktiwiteite tot deelname gemotiveer word, kan akademiese betrokkenheid geïdentifiseer word as ʼn belangrike aspek wat by studenteslytasie in ag geneem behoort te word (Chen et al., 2007; Meece et al., 2006). Akademiese motivering deur akademiese betrokkenheid kan ook onder andere as interaksie met die inhoud, dosent en medestudente beskou word. Deur interaksie met al hierdie belangrike partye behoort hierdie studente ook meer akademies gemotiveerd te wees om hulle studies te voltooi as die student wat in ʼn klaskamer sit waar daar min tot geen interaksie met die inhoud, medestudente en/of dosente is nie (Tinto, 1975). Daar behoort ʼn dinamiese interaksie tussen student, dosent en onderrig- en leerinhoude te bestaan (Bryson & Hand 2007); daarom die tweede tema, te wete dosenttoeganklikheid: student-dosentinteraksie.