• No results found

PERSPEKTIEF OP DIE ONTWIKKELING EN DOEL VAN

HOOFSTUK 2 AARD EN REDES VIR STUDENTESLYTASIE

2.2 PERSPEKTIEF OP DIE ONTWIKKELING EN DOEL VAN

KOLLEGES IN SUID-AFRIKA

Die behoefte aan goed opgeleide vakmanne het toegeneem namate tegnologie ontwikkel het. Om die teoretiese kennis van vakleerlinge en vakmanne aan te vul is daar van tegniese kolleges gebruik gemaak. Namate politiek in Suid-Afrika verander het, het daar ook veranderinge in die onderwysvoorsiening ingetree. Tegniese kolleges het dan ook verander na verdere Onderwys- en Opleidingskolleges. Met die naamverandering het ook die doel van die instansie verander. Daar word dus nie meer slegs aanvullende teoretiese opleiding by tegniese kolleges gegee nie, maar die klem het verskuif na holistiese opleiding. Die opleiding van vakmanne in die geheel geskied by VOO-kolleges.

Volgens die Groenskrif vir Onderwys en Opleiding (SA 1998c) word onderwys en opleiding in Suid-Afrika in drie bande ingedeel, naamlik 1) die Algemene Onderwys- en Opleidingsband (AOOB), 2) die Verdere Onderwys- en Opleidingsband (VOOB) en (3) die Hoër Onderwys- en Opleidingsband (HOOB). Die HOOB sluit skoolopleiding in tot en met Graad 9, asook Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding (VBOO). In hierdie band verwerf leerders ʼn sertifikaat vir Algemene Onderwys en Opleiding wat gelykstaande is aan vlak een van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR). Die VOOB sluit vlak 2 tot vlak 4 van die NKR (Nasionale Kwalifikasie Raamwerk) in, asook Graad 10 tot Graad 12 van skoolopleiding. Verdere Onderwys- en Opleidingskolleges (VOO-kolleges) val onder hierdie band, en sluit vlakke N1 tot N3 in (SA 1998a).

Die HOOB sluit vlak 5 tot vlak 8 van die NKR in, asook tersiêre kwalifikasies tot doktorsgrade. Die VOO-kolleges strek ook tot in hierdie band met die Nasionale Tegniese Diploma (N4 tot N6) (SA 1998a). Die vorming van die Onderwys- en Opleidingsbande het ʼn samesmelting tussen tegniese kolleges, onderwyskolleges, mannekragsentrums, vaardigheidsentrums en sommige gemeenskapskolleges tot gevolg gehad. Hierdie inrigtings staan nou oorkoepelend bekend as VOO-kolleges (SA, 1998a). Riglyne vir programme wat by kolleges aangebied word, word deur die regering voorgeskryf; dus was dit nie nodig om die behoeftes van die omgewing te bepaal of in ag te neem nie (Jaff et al,, 2004). VOO- kolleges moes verander om aan te pas by nuwe eise wat aan die opleiding van vakmanne gestel word (Van der Merwe, 2005:35). Roberts (2005) beaam die feit dat toerusting en metodes wat in die nywerhede gebruik word in die laaste dekade aansienlik ontwikkel en verander het.

Volgens Johnson (2005) is daar ʼn afname in opgeleide vakmanne tot ʼn punt waar die gevaar bestaan dat die land sy vermoë kan verloor om die bestaande infrastruktuur en produksiekapasiteit vol te hou. Vennootskappe met nywerhede tree na vore, en volgens Roberts (2005) kan hierdie vennootskappe tussen kolleges en industrieë vir beide instansies voordele inhou. Die nywerheid kan dus die kollege op hoogte hou van nuwe ontwikkeling wat in die nywerheid plaasvind, en die kollege kan op sy beurt die opleiding aanpas sodat dit van waarde kan wees vir die nywerheid. Viljoen (1992) wys daarop dat opleiding van kolleges hoofsaaklik daarop gemik is om aan die behoeftes van nywerhede te voldoen, en juis om dié rede behoort nywerhede by te dra tot die koste van sodanige opleiding. Hierdie heffing skep dus ʼn meganisme om opleiding aan kolleges in die VOO-sektor te befonds (Jaff

Vaardigheidsontwikkelingsheffing is ʼn belasting wat deur alle maatskappye betaal word, en ʼn maatskappy kan tot soveel as 50% van die heffing terugeis indien hy sy werkers oplei (Mather 2005). Volgens Pandor (2005a) is jeugwerkloosheid die regering se grootste uitdaging. Die meerderheid werkloses is tussen die ouderdomme 18 en 35 jaar. Roberts (2005) meen dat swak of geen opleiding nie ʼn bydraende faktor is tot werkloosheid.

Aangesien die doel van VOO is om lewenslange leer en onderrig in die werksplek aan te moedig is die VOO-sektor die mees komplekse en die grootste van die drie opleidingsbande. Om die probleem van onvoldoende opleiding die hoof te bied het die regering besluit om die verandering in die VOO-sektor aan te bring. Volgens Asmal (2000) moes ʼn stelsel in werking gestel word om die arbeidsmag in die land te verander – van onopgeleide na opgeleide werkers. Die herstruktureringsproses van tegniese onderrig bestaan uit drie vlakke, naamlik 1) om die getal kolleges in die land deur ʼn proses van samesmelting van 152 na 50 kolleges te verminder (Brink, 2003); 2) om prinsipale vir die nuwe kolleges aan te stel; en 3) om ʼn strategiese plan vir die kolleges te ontwikkel (Pandor, 2004). Die nuwe mega- instansie sal meer outonoom wees ten opsigte van sy bestuur, en beskik oor groter buigsaamheid ten opsigte van sy programaanbieding soos gelei deur die behoeftes van die plaaslike gemeenskap (Kraak & Young, 2001). Die verantwoordelikheid van VOO berus grootliks by die Nasionale en Provinsiale Onderwysdepartemente, maar die Departement van Arbeid, ander staatsdepartemente en privaatmaatskappye is ook belangrike rolspelers (SA, 1998a).

2.2.1 Taletso VOO-Kollege

2.2.1.1 Uiteensetting van die naam TALETSO

TA – kom van die Setswana woord ‘teamane’ wat diamant beteken. Dit het betrekking op diamante wat in die Lichtenburg-omgewing gedelf word. Die diamant word dan ook op die embleem uitgebeeld. LE – kom van die Setswana woord ‘lengau’ wat luiperd beteken en verteenwoordig tourisme in die Lehurutshe-distrik net buite Zeerust. Die luiperd word ook op die embleem uitgebeeld. TSO – kom van die Setswana woord ‘setso’ wat gekoppel word aan die kulturele en Landbou-hoofstad van die Noord Wes Provinsie in Mafikeng/Mmabatho. Taletso VOO-Kollege bestaan uit drie kampusse, naamlik Mafikeng, Lehurutshe en Lichtenburg. Lichtenburg is die kleinste kampus (met net meer as twee duisend studente (tans) en bied Kantooradministrasie, Bestuur en Primêre Landbou aan op NCV-vlak asook Bestuursassistent (N4 – N6), Ondernemingsbestuur (N4 – N6), Menslike Hulpbronbestuur (N4 – N5) en Ingenieurstudies (N1 – N3), as aandklasse. Die korporatiewe hoofkantoor van

Taletso VOO-Kollege is in Mafikeng. Die Visie van Taletso VOO-Kollege kan ook soos volg uitgebeeld word: “A dynamic institution committed to growing skilled people.” Vanuit hierdie vissie is die missie van Taletso VOO-kollege ook saamgestel naamlik “[t]o utilize College resources to deliver with excellence demand-led vocational programmes consistently at standards measurable by ISO tools.”