• No results found

In die onderhawige navorsingsartikel is gepoog om ‘n metateorie te ontwikkel op grond waarvan die kwessie oor vroulike ampsdraers beskou kan word. ‘n Aantal empiriese studies volg hierna, waar daar deur middel van ‘n gestruktureerde kwantitatiewe en kwalitatiewe vraelys data ingesamel is wat met behulp van statistiese tegnieke ontleed is ter wille van metateoretiese verwerking. In Artikel 2 en 3 word die invloed van persoonlike en sosio- ekonomiese veranderlikes onderskeidelik op kerklidmate se houdings teenoor vroue ampsdraers ondersoek, waarna daar in Artikel 4 empiriese ondersoek na die rol van verskillende kruis-kulturele veranderlikes ingestel sal word. Artikel 5 ondersoek al die demografiese veranderlikes, ten einde vas te stel watter veranderlikes die grootste invloed op lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers uitoefen.

8. GEVOLGTREKKING

In hierdie afdeling is daar gepoog om die kwessie van vroulike ampsdraers vanuit die literatuur te belig deur die eerstens aandag te skenk aan die Skriftuurlike fundering rakende hierdie aangeleentheid. Daar is gelet op Skrifgegewens soos dit van toepassing is op die huidige stand sake verbandhoudend met vroulike ampsdraers. Aandag is geskenk aan Ou- en Nuwe-Testamentiese gegewens, asook Skrifgedeeltes wat spesifiek verband hou met die amp van diaken en dié van ouderling en leraar. Voorts is kerkhistoriese gegewens in die algemeen en kerkspesifiek belig. Die verloop van die kwessie rondom vroulike ampsdraers deur die eeue heen het derhalwe onder die loep gekom.

Hierdie teologiese kwessies is egter voorafgegaan deur die term houding, as ’n voorveronderstelling, wat aanleiding gee tot die skepping van ’n verwysingsraamwerk wat ’n rigtinggewende invloed op gedrag en denke, verbandhoudend tot die kwessie van vroulike ampsdraers, uitoefen. Spesifieke aandag is geskenk aan die definiëring van dié term soos dit verband hou met hierdie navorsing. Verder is daar ook gelet op die ontstaan en invloed van houdings.

Voorts is ook gelet op enkele sosiologiese aspekte soos die feministiese beweging binne kerklike kringe, asook die patriargale denkraamwerk wat dit voorafgaan het, ten einde ‘n metateoretiese raamwerk te verskaf waarvolgens die rol van vroue in die gemeente-opset beskou kan word. ‘n Metateorie bring teoretiese vernuwing wat die navorser instaat stel om beskikbare literatuur konkreet-kontekstueel te formuleer, ten einde gegewens doelgerig toe te pas in ‘n praktykteorie, asook ‘n handelingstrategie, aldus Steyn (2005). Die vorming van metateorieë vind plaas uit onder andere die bestudering van grenswetenskappe.

Volgens Aidan-Nichols (1994) kan geen vraagstuk binne die konteks van die kerk ooit net teologies of sosiaal- psigologies beantwoord word nie, aangesien die kerk in wese uit mense bestaan wat binne hulle tydruimtelike kulturele konteks die liggaam van Christus verteenwoordig. Die tydruimtelike kulturele konteks van die individu skep ’n verwysingsraamwerk ingevolge waarvan Bybelse waarhede beoordeel en geïnterpreteer word. Christopher Dawson (aangehaal in Aidan-Nichols, 1999:4) beskryf hierdie verband as volg:

It is clear that a common way of life involves a common view of life, common standards of behaviour and common standards of value, and consequently a culture is a spiritual community which owes its unity to common beliefs and common ways of thought far more than to any uniformity of physical type. In hierdie oorsig is derhalwe gepoog om ’n oorkoepelende sosiaal-psigologiese teoretiese raamwerk daar te stel ingevolge waarvan die knelpunt rakende vroulike ampsdraers ondersoek kan word, asook hoe hierdie raamwerk verband hou met die teologiese diskoers. In die lig van bogenoemde kan die onderhawige navorsing ’n betekenisvolle bydrae lewer tot ’n verdieping van bestaande wetenskaplike aannames en kennis, asook die uitbreiding daarvan.

Bain (2007) som die aangeleentheid wat verband hou met die rol van vroulike ampsdraers in die gemeente soos volg op: Die uniekheid van vroue mag nooit minderwaardig geag word nie en derhalwe moet haar dienswerk die openbaarmaking van God verteenwoordig. Indien vroue as minderwaardig beskou word en beperk word tot tee skink, dan het vroue slagoffers geword van ’n Christelike manlike teologie, wat gekenmerk word deur ’n patriargale denkraamwerk wat manlike ervaring, denke en waardes bevorder (Clifford, 2001). Soortgelyk, indien

vroue daarna streef om die rol van vroulike ampsdraers gelyk te stel aan dié van die man het vroue slagoffers van die feminisme geword. In beide gevalle word die verborgenheid van vrouwees geskend (Bain, 2007). Strauss (1964: 49) maak die volgende stelling wat ’n weerspieëling is van ’n eeueoue waarheid:

Slegs deur oorgawe aan Christelike religieuse leiding ontsluit die Christelike denke, saam met al die ander uitgange uit die hart, in gehoorsaamheid aan die wet van God ook die waarheid in dat enkel onder geleide van Christus kom ieder en elk, by die lig van Gods Woord, tot ware kennis.

Dienooreenkomstig kan tot die gevolgtrekking gekom word dat die sosiaal-teologiese diskoers slegs deur oorgawe aan God Drie-enig ontsluit kan word. Saam met al die ander uitgange uit die hart, in gehoorsaamheid aan die Woord van God, kan elkeen alleen deur die begeleiding van Jesus Christus en sy Gees tot ware kennis kom.

9. SAMEVATTING

SLEUTELWOORDE: Sosiaal-konstruksionistiese Epistemologie, patriargale denkraamwerk, feministiese beweging binne kerklike kringe, houding, houdingsteorieë, gedrag, Skriftuurlike fundering, kerkhistoriese gegewens, kerkspesifieke gegewens, amp van diaken, amp van ouderling en leraar.

Landwyd maak koerantberigte soos “Droefheid in die hemel oor toe deure vir Gereformeerde Kerke in Suid- Afrika se vroue” opslae, wat ’n aanduiding is van die mate van ontevredenheid wat voortvloei vanuit die kontroversiële kwessie rakende vroulike ampsdraers in die kerk. Die oogmerk van die studie is om ’n teoretiese raamwerk te verskaf waarvolgens die kwessie omtrent vroulike ampsdraers geïnterpreteer kan word. In hierdie artikel is dus ondersoek ingestel na die Skriftuurlike beginsels, asook die kerkhistoriese gegewens, wat verband hou met die stand van sake soos dit van toepassings is op vroulike ampsdraers in verskillende denominasies. Voorts is gekyk na die konstruk houding, as ’n subteoretiese voorveronderstelling wat die kwessie rondom vroulike ampsdraers voorafgaan. Aandag is ook geskenk aan die definiëring van die konsep houding, waarna die verskillende houdingsteorieë bespreek is.

B

IBLIOGRAFIE

Acta Synodi van die Gereformeerde Kerk: Rapport aan Sinode (2009), pp. 1-99. Acta Synodi van die Nederduitse Gereformeerde Kerk: Algemene Sinode (1952). Acta Synodi van die Nederduitse Gereformeerde Kerk: Algemene Sinode (1970). Acta Synodi van die Nederduitse Gereformeerde Kerk: Algemene Sinode (1982).

Aidan-Nichols, O.P. (1999). Christendom awake: on re-energizing the Church in culture. Michigan: William B. Eermans Publishing Company.

Algemene Taakspan Regte (2007). Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Pretoria: Algemene Sinodale Moderamen

Bain, R.A. (2007). Christus roep die vrou tot diens in sy kerk. Waarheid en Dwaling, 13(9/10). Herwin op 10 Mei, 2010 van http://www.vglonline.net/vglWDindex.php.

Barker, B.D. (2000). The development and evaluation of a cross-cultural tolerance programme amongst skilled workers in the mining industry. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Blad, ‘anties’ luister nie. Volksblad, 24 Januarie 2006, 6.

Botha, M.E. (1984). Filosofie, vakwetenskappe en grondslae-ondersoek. Wetenskap in U Lig 3, 96-117.

Büchner, E.P. (2007). “Ek het ’n roeping”: Vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. ’n Kerkhistoriese en prakties-teologiese studie. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van Pretoria, Pretoria.

Bybel. (1994). Die Naslaan Bybel. Kaap: Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Clifford, A.M. (2001). Introducing feminist theology. New York: Orbits Books.

Demasure, K., & Müller, J. (2006). Perspectives in support of the narrative turn in pastoral care. Ned Geref Teologiese Tydskrif, 3/4 (47), 410 – 419.

Diens van die vrou in die kerk. Die Kerkblad, 29 Januarie 2003, 11.

‘Droefheid in hemel’ oor toe deure vir GKSA se vroue. Die Kerkbode, 27 Januarie 2006.

http://www.kerkbode.co.za/kerkbode.berig.asp?id=530.

Dules, A.R. (1997). The priestly office: a theological reflection. New York: Paulist Press.

Elijah, B.M. (2007). Patriarchal structures, a hindrance to women’s rights. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van Pretoria, Pretoria.

Fazio, R.H., Shook, N.J. & Eiser, J.R. (2004). Attitude formation through exploration: Valence Asymmetries. Journal of Personality and Social Psychology, 87, 293-311.

Ferreira, C. (2007). Bible interpretation: an evaluation of two feminist approached in the light of recent developments within some South African churches. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Noordwes Universiteit, Potchefstroom.

Field-Bibb, J. (1991). Women towards priesthood. Ministerial politics and feminist praxis. Cambridge: Cambridge University Press.

Groddkopf, O.H. (2004). Implications of gifts in Romans 12: 3 – 8 for gender roles in the Church: a pastoral study. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Noorwes Universiteit, Potchefstroom.

Gwashi, M.F. (1999). The service of women in the church. With special reference to the office of deacon. Master’s dissertation, University of Potchefstroom, Potchefstroom.

Harper, M. (1994). Equal and different. London: Hodder & Stoughton Ltd.

Heider, F. (1958). The Psychology of Interpersonal relations. New York: Wiley and Sons. Hogg, M.A. & Vaughan, G.M. (2005). Social psychology (4th ed.). London: Prentice Hall.

Jonck, P. (2005). ’n Sosiaal-sielkundige persepsie oor kerkvereniging in die Nederduits-Gereformeerde Kerkfamilie: ’n kruiskulturele ondersoek. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Jonck, P., Le Roux, A. & Verster, P. (2007a). ’n Sosiaal-psigologiese perspektief op lidmate in die Manguang- area se houding teenoor kerkvereniging in die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie: ’n kruiskulturele ondersoek. In die Skriflig, 41(1), 45-68.

Jonck, P., Le Roux, A. & Verster, P. (2007b). Lidmate se houding teenoor kerkvereniging in die NGK-Familie: ’n kruiskulturele ondersoek na enkele veranderlikes. Acta Theologica, 27(1), 59-82.

Keane, M. (1998). Feminist and Womanist Theology. In Initiation into Theology, (eds.). Simon Maimela & Adrian Kónig. Pretoria: J.L. Van Schaik.

Kendall, & Wickham, (1999). Using Foucault’s Methods. New Delhi: Sage Publishers. Klaar gekoek vir GKSA. Volksblad, 19 Januarie 2006, 8.

Kleynhans, E.P.J. (1983). Die vrou in die amp in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Rede gelewer by die aanvaarding van die amp Hoogleraar in die Ekklesiologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Madigan, K. & Osiek, C. (2005). Ordained women in the early church. A documentary history. Baltimore: The

Johns Hopkins University Press.

Marriott, B. (2002). Flirting with Feminism. Noetic, 9.

Masuku, N. (2005). Perceived oppression of women in Zulu folklore: a feminist critique. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika.

Mbiti, J.S. (1998). African Theology. In Initiation into Theology (eds.) Simon Maimela and Adrian Kónig. Pretoria: J.L. Van Schaik.

Meijer, G.J. (2009). GKSA Sinode 2009. Waarheid en Dwaling, 15, 4-5.

Momberg, H. (2000). Gesprek oor GKSA se Sinode 2000 en verwante aangeleenthede binne die VGKSA. Die Kerkpad, 4(3), 5-7

Momberg, H.L.J. & Meijer, G.J. (2006). Acta contracta. Waarheid en Dwaling, 12(1/2), 5. Herwin op 10 Junie, 2009 van http://www.vglonline.net/vglWDindex.php.

Mongwe, J.M. (2007). Hearing all the drums: towards a more inclusive congregation. Ongepubliseerde magisteverhandeling, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria.

Mouton, E. (2002). Reading a New Testament Document Ethically. Atlanta, GA: SBL.

Müller, J. (2000). Reis-geselskap. Die kuns van verhalende pastorale gesprekvoering. Wellington: Lux Verbi BM. Nel, D.A.J. (2008). Egpare se houdings teenoor seksuele maatuitruiling: ’n vergelykende ondersoek tussen

Afrikaans- en Engelssprekendes in Bloemfontein. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Neuger, C.C., & Poling, J.N. (1997). Gender and Theology. Neuger, C.C. & Poling, J.N. (eds.). The care of men. Nashville: Abingdon Press.

NGK-vroue moet tot hulle reg kom. Die Kerkbode, 26 Mei 2006. Herwin op 2 September, 2006 van

http://www.kerkbode.co.za/kerkbode/berig.asp?id=285. Nie net Gereformeerdes sluit vroue uit. Burger, 18 Januarie 2003, 3.

Ntilane, L.M. (2002). Epistemological consideration: social constructio of psychotherapy within the South African context. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Randse Afrikaanse Universiteit, Johannesburg.

Oliver, E. (2008). Vrouepredikante in die Nederdutsch Hervormde Kerk van Afrika: ‘n Opdraande stryd. Studia Historiae Ecclesiasticae, 34(1), 213 – 233.

Ouderlinge moet regeer in kerk. Volksblad, 24 Januarie 2006, 6. Owen, L. (2006). Shanty town strings. Strad, 117 (1395), 48 – 51.

Perriman, A. (1998). Speaking of women (interpreting Paul). Leicester: Apollos (an imprint of Inter-Varsity Press). Peterlin, D. (1995). Paul’s letter to the Philippians in the light of disunity in the church. Leiden: E.J. Brill.

Piper, J. & Grudem, W. (1991). Recovering Biblical manhood and womanhood. A response to evangelical feminism. Wheaton, Illinois: Crossway Books.

Plaatjies, M. (2003). Vroue in die teologiese antropologie van die Afrikaanse gereformeerde radisie. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika.

Rakoczy, S. (2004). In Her Name. Women Doing Theology. Pietermaritzburg: Cluster Publications.

Rees, S. (2003). An examination of the Biblical role of women in contemporary church life. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Universiteit van Zululand, Empangeni.

Smit, B.C. (1999). God se plek vir die vrou in die gemeente. Die Kerkpad, 3(5). Herwin op 23 September, 2006 van http://home.mweb.co.za/ke/kerkpad/september99/art3.html.

Sparrow, I. (2006). An exploratory study of women’s experiences and place in the church: A case study of a parish in the chuch of the province of Southern Africa (CPSA), Diocese of Cape Town. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Universiteit van die Weskaap, Bellville.

Statement of Faith. CRC-webblad. Herwin op 3 April, 2010 vanhttp://www.crc.org.za/index.php/statememt-of-faith.html. Steyn, H.M. (2003). Die nooit-getroude vrou sonder kinders: ‘n pastoraal narratiewe benadering met besondere

Steyn, R.S. (2005). Die impak van die postmodernisme op voorhuwelikse verhoudings: ‘n Pastorale studie. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Noordwes Universiteit, Potchefstroom.

Strauss, H.J. (1964). Christelike wetenskap en Christelike onderwys. Bloemfontein: SACUM. ‘Susters’ se rol in kerk. Volksblad, 15 September 2003, 6.

Taylor, S.F., Peplau, L.A. & Sears, D.O. (2006). Social psychology – international edition (12th ed.). New Jersey: Prentice Hall.

Tower, P.H. (1994). 1–2 Timothy & Titus: The IVP New Testament Commentary Series. Illinois: Intervarsity Press.

Van der Linde, H.H. (2002). ’n Kerkhistoriese en kerkregtelike studie van die kerkverenigingsproses in die Nederduitse Gereformeerde kerkfamilie. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van Pretoria, Pretoria.

Van der Veen-Schenkeveld, M.J. (1998). Women in ministry: a theological motivation. Women in office: Theological forum, 15(1), 2-12.

Van Helden, P. (2002). Die huidige aktiwiteite van die belydende GKSA-vrouelidmaat tydens die erediens. In die Skriflig, 36(4), 1-30.

Van Rooyen, H. (2002). ’n Kruiskulturele ondersoek na voorspellers van jong volwasse studente se houdings teenoor die huwelik. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Voster, C. (2006). General systems theory and psychotherapy: Beyond post-modernism. Pretoria: Satori. Vrey, A. (2008). ‘n Ondersoek na die gebruik van genderverwante metafore van die liggaam as beeld van die

Kerk in die brief aan die Eferiërs. Ongepubliseerde magisterverhandeling, Universiteit van Johannesburg, Johannesburg.

Vrouedag, ‘mannekerk’? Algemene Kerkbode, 10 Augustus 2002, 4.

Wainwright, E.M. (1991). Towards a feminist Theology: Critical reading of the Gospel of Matthew. Berlin: Walter de Gruyter.

Watson, N.K. (2003). Feminist Theology. Grand Rapids: William B. Eerdmans Publishing company.

ARTIKEL 2:

DIE INVLOED VAN GEOGRAFIESE LIGGING, GESLAG,