• No results found

AMPSDRAER IN DIE GEMEENTE

3. NOODSAAKLIKHEID VAN DIE STUDIE

5.2 Skrifgegewens oor vroue as ampsdraers in die gemeente

Die Skrifgedeeltes wat verband hou met die plek van vroue in die gemeente-opset, kan in drie tydsgrepe verdeel word en word vervolgens bespreek.

5.2.1 Vroue se plek in die Ou Testament

Aangesien die kerk in die Ou Testament ’n ander gestalte het as dié van die kerk in die Nuwe Testament, is die gegewens rakende die plek van vroue in die Ou-Testamentiese kerk nie sonder meer direk van toepassing op die plek van vroue in die Nuwe Testamentiese kerk nie (Kerkblad, 27 Maart 2002:34). Ampte in die Ou Testament het ingesluit dié van priester en profeet (Acta Synodi, 2009). In Deuteronómium4 10: 8 word daar uiteengesit dat: “In dié tyd het die Here die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om voor die aangesig van die Here in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe” (Bybel, 1994:195). Die amp van priester was dus die enigste amp wat direk in verband staan met tempeldiens en Aäron en sy nageslag was aangestel om die priesteramp waar te neem (Gwashi, 1999).

5.2.2 Vroue se plek tydens Jesus se lewe op aarde

Die plek en taak van gelowige vroue tydens Jesus se lewe op aarde word op verskillende wyses in die evangeliebeskrywings uitgebeeld en die volgende gevolgtrekkings kan gemaak word (Gwashi, 1999; Venter, 2002; Rees, 2003):

ƒ Vroue se geloofslewe word op dieselfde vlak as dié van mans gereken. In Luk 10:38–42 het Maria aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. Volgens Joh 4:27 het die dissipels hulle verwonder dat Jesus met ‘n vrou in gesprek was. So ook was Jesus ingevolge Luk 13:10–17 besig om in die sinagoges te leer en het ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid gehad het, genees. ƒ Vroue is ongehinderd deel van die kring volgelinge van die Here. Matt 27:55 dui aan dat daar

baie vroue was wat Jesus gevolg en gedien het. So ook word in Mark 15:41 aangetoon dat daar baie vroue was wat Hom gevolg het en wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem. In Luk 23:49 was daar vroue wat Jesus gevolg het, en sy getuies was.

ƒ Vroue het ’n besondere rol gespeel in die fisiese versorging van en bediening aan die Here en sy dissipels. In Joh 12:1–11 het Martha vir Jesus ‘n maaltyd voorberei en Hom bedien, terwyl Maria

die voete van Jesus gesalf en afgedroog het. In Joh 20:16–18 verskyn Jesus aan Maria na sy opstanding en gee haar bevel om vir die dissipels te gaan vertel dat Hy na sy Vader opvaar. 5.2.3 Vroue se plek in die apostoliese tyd

Tydens die uitbreiding van die Koninkryk van God, soos vervat in Handelinge en die sendbriewe, word die meeste inligting oor die plek en taak van vroue in die vroeë kerk uiteengesit. Daar kan tot die volgende gevolgtrekkings gekom word (Gwashi, 1999; Venter, 2002; Rees, 2003):

ƒ Vroue is sonder beperking deel van die gemeentes. In Hand 1:145 het almal eendragtig volhard in gebed saam met ‘n aantal vroue. In Luk 2:36-38 word melding gemaak van Anna, ‘n profetes, wat nie weggebly het van die tempel nie, en met vaste en gebede God dag en nag gedien het. ƒ Vroue het op verskillende wyses hulle gawes in die gemeente en tot opbou van die gemeentes

beoefen. In Hand 1 bid verskeie vroue, asook die moeder van Jesus saam met die dissipels toe die Heilige Gees neergedaal het. In 1 Kor 11:5 word melding gemaak van vroue wat bid en profeteer.

ƒ Vroue was op ’n besondere wyse by die versorging van die apostels en by die barmhartigheidswerk in die gemeente betrokke. 1 Tim 5:10 spreek van weduwees wat die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het. Volgens Hand 9:36-43 was daar in Joppe ‘n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat oorvloedig was in goeie werke en aalmoese, wat gesterf het en weer deur Petrus opgewek is. Ingevolge Hand 6:1- 6 was daar weduwees betrokke by die daaglikse versorging van die dissipels wat aanleiding gee het tot die verkiesing van sewe diakens na die murmurering van die Griekssprekende Jode. In hierdie afdeling is kortliks gekyk na die rol en taak van vroue in die gemeente tydens drie tydsgrepe. Vervolgens gaan aandag geskenk word aan demografiese veranderlikes wat moontlik ’n invloed uitoefen op lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers. Van Wyk en De Klerk (2007) maak melding van drie metodes van empiriese navorsing, naamlik beskrywende - en verkennende navorsings, asook die toets van hipoteses. Hierdie metodes word as volg deur Heitink (1999) beskryf:

• Beskrywende navorsing fokus op ‘n sistematiese beskrywing van ‘n tema op grond van empiriese data.

• Verkennende navorsing benadruk die verduideliking en interpretasie van gegewens waarvan min bekend is en geen teorie daaromheen ontwikkel is nie.

• In gevalle waar die geldigheid van bepaalde hipoteses ondersoek word, word bepaal of geldige verbande tussen die praktyk en die teoretiese grondslag bestaan.

Aangesien daar tot op hede geen studie geïdentifiseer kon word wat vanuit ‘n sosiaal-psigologiese paradigma ondersoek instel na die stand van sake soos dit verband hou met vroulike ampsdraers in die gemeente-opset nie, word verkennende navorsing aangewend om bovermelde navorsingsterrein te belig. Mouton (2002) dui aan dat verkennende navorsing eerstens ‘n oorsig oor bestaande toepaslike literatuur behels en tweedens die insameling van empiriese data ten einde die ontwikkeling van wetenskaplike kennis te fasiliteer. Die relevansie van ‘n ondersoek na die invloed van enkele demografiese veranderlikes is gelee in die verduideliking en interpretasie van gegewens ten einde ‘n onbekende terrein, te wete kerklidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers, te belig.

6. DEMOGRAFIESE VERANDERLIKES WAT MOONTLIK ’N INVLOED OP LIDMATE SE HOUDING