• No results found

HOOFSTUK 2 DIE AARD VAN SKOOLHOOFLEIERSKAP

2.3 LEIERSKAP EN LEIERSKAPSTEORIEË

2.3.6 Strategiese-oordeelteorie

Străin (2013:109,111,112) beskryf strategiese oordeel as ʼn proses en aktiwiteit en wys daarop dat dit aangewend kan word as ʼn hulpmiddel waar verandering binne organisasies plaasvind en kan ook op die onderwys van toepassing wees (cf 2.4). Die doel van strategiese oordeel is om effektiewe beplanning en bestuur van hulpbronne te verseker sodat leiers voorberei is op moontlike bedreigings. Dit sluit aan by die mening van Arcos

39

HOOFSTUK 2 DIE AARD VAN SKOOLHOOFLEIERSKAP

(2015:2) dat alle organisasies strategiese oordeel benodig om ondersteuning tydens die besluitnemingsproses te bied. Met ander woorde, strategiese oordeel ondersteun die bereiking van doelwitte. Străin (2013:114) beskryf strategiese oordeel verder en wys daarop dat wanneer ʼn organisasie effektief wil wees, strategiese oordeel op ʼn reeks bestuurspraktyke gebaseer moet wees waarin die leier ʼn belangrike rol vervul. Die praktyke is soos volg:

 ongeag die belanghebbendes (onderwysers, leerders, ouers) moet strategiese oordeel as ʼn diens optree

 die deel van inligting, perspektiewe, vaardighede en produkte (hulpbronne) is ʼn voorwaarde vir sukses, en bestuurders moet die beginsel uitleef

 die individu moet geskool en gehelp word om die vlak van onsekerheid te verstaan  as ʼn gevolg van ʼn onderhandelingsklimaat moet daar ʼn ooreenkoms wees ten

opsigte van die doelwitte

 daar moet verbintenis op ʼn hoër vlak wees ten opsigte van die poging tot bydrae, vertroue en eerlikheid wat tot die voordeel van strategiese-oordeelaktiwiteite strek  leiers moet duidelike keuses maak ten opsigte van sake wat verband hou met

personeel en aandag skenk aan die invloed wat die keuses op personeel kan hê

die sake is soos volg:

 vir en teen argument vir spesialisering tot voordeel van die organisasie

 die kriteria vir die keuse van personeel ten opsigte van kwalifikasie, ondervinding, kennis van die organisasie, monitering van loopbane en veelvoudige vaardighede  die nodigheid om personeel se professionele vlak te verbeter

 strategieë vir die ontwikkeling van loopbane en geleenthede

Dit blyk uit die beskrywing van strategiese oordeel dat dit van toepassing kan wees op skole, skoolhoofde, skoolhoofleierskapstyle en onderwysers en dat skoolhoofde in die lig van die beskrywing, skole effektief kan bestuur indien die prosesse en aktiwiteite deeglik beplan word om doelwitte te bereik en resultate te verseker.

Soos reeds vermeld, berei die strategiese oordeel die leier voor om leierskap binne ʼn sekere konteks te beoefen (Maccoby & Scudder 2011:32). Die konteks verwys na die uitdagings

wat die leier (skoolhoofde) in die organisasie (skool) ervaar sowel as die waardes en gesindhede van die volgelinge (onderwysers en leerders). Die uitdagings waardeur ʼn leier gekonfronteer word, word bepaal deur die tipe organisasie (skool), die leier se rol en die omstandighede. Een van die uitdagings waarvoor die leier te staan kom, is deur ʼn nuwe produksiemodus toe te pas. Met ander woorde, daar sal na nuwe maniere gekyk moet word in ʼn poging om beter prestasie te lewer.

Volgens Williams (2011:190) is daar na die afskaffing van apartheid in 1994 weggebreek van die outoritêre en hiërargiese stelsel van die onderwysdepartement in Suid-Afrika en moes skoolhoofde na nuwe maniere kyk van hoe om as leiers op te tree, veral ten opsigte van hulpbronverskaffing, kurrikulumaanbieding en begrotings (Sayed & Ahmed, 2011:107; Yamauchi, 2011:149). Hierdie verandering asook die voortdurende verandering in onderwys veroorsaak dat skoolhoofde weer na die skool as organisasie moet kyk, die vaardighede waaroor hulle moet beskik, verhoudings wat benodig word vir effektiwiteit en bekwaamheid en die vereistes wat leierskap aan ʼn leier stel. Dit sal beteken dat skoolhoofde weer na hulle style en die skool se klimaat ook moet kyk, veral met die oog op leerderprestasie.

Gesindhede teenoor werk en leierskap het ook verander as gevolg van die verandering wat in die sosialiseringsproses, waar die waardes en gesindhede wat deur mense gedeel word, gevorm word (Maccoby & Scudder 2011:32). Sosiale karakter verwys na daardie deel van die persoonlikheid wat ooreenstem met ander mense wat min of meer in dieselfde omstandighede opgevoed is, waar persoonlikhede beïnvloed is deur gedrag en emosionele gesindhede. Sosiale karakter kan ʼn beeld skep van hoe mense hulle werk benader en hoe hulle teenoor leiers reageer (cf 6.5.6). In die organisasieklimaat van die skool is die wyse waarop die onderwysers hulle onderrigtaak benader en hoe hulle die skoolhoofde, veral hulle leierskapstyle van die skoolhoofde, sien, belangrik (cf 6.5.5). Verder is die wyse waarop onderwysers mekaar sien en hoe hulle hul verhoudings met die hoof en met mekaar beleef, belangrik (cf 6.5.6). Kulturele verskille van sosiale karakter maak leierskap moeilik omdat verskille in strukture en benaderings binne organisasies verskil. Tog kan leiers suksesvol wees indien hulle oor die volgende bekwaamhede beskik, naamlik deurdat hulle:

 die verloop van die verandering wat tot bedreiging en/of geleenthede vir die organisasie kan lei, vooruit te kan sien

 die organisasie se toekoms skep en ʼn noodsaaklike visie ontwerp waarheen hulle die mense wil lei wat goeie gevolge vir die organisasie sal inhou

41

HOOFSTUK 2 DIE AARD VAN SKOOLHOOFLEIERSKAP

 met daardie persone wat hulle vermoëns komplementeer en hulle leierskapfilosofie deel, in vennootskap te tree

 mense betrek, motiveer en bemagtig om saam te werk om die visie te implementeer

Wanneer hierdie bekwaamhede in die onderwys toegepas word, kan gesê word dat leiers (skoolhoofde) deur strategiese oordeel hulle volgelinge (onderwysers en leerders) aanmoedig om gewillig saam te werk. Hulle staan in ʼn vennootskap (verhouding) met mekaar en deur verandering word ʼn nuwe visie geskep sodat onderwysers en leerders deur motivering daardie visie kan verwesenlik. Strategiese oordeel hou verband met die skoolhoof se leierskapstyl. Skoolhoofde moet oordeel watter leierskapstyl die beste sal wees binne sekere kontekste en situasies en hul style daarvolgens aanpas.

Vir doeleindes van hierdie studie sal leierskapsteorieë beskou word as die manier waarop skoolhoofde se bekwaamhede, eienskappe en gedrag binne leierskapstyle vergestalt om ʼn leerklimaat te skep.

2.4

DIE AARD VAN SKOOLHOOFLEIERSKAP

2.4.1 Inleiding

Botha (2013a:432) is van mening dat die skoolhoofde se benadering tot skoolhoofleierskap gebaseer is op hulle persepsies aangaande individue en hoe hulle leer. Verder glo Cardno en Youngs (2013:258) dat skoolhoofleierskap onderskeid tref tussen leierskap in die skool en die skoolhoof as leier. Om effektiewe of suksesvolle skoolhoofde te wees, moet skoolhoofde oor bevoegdhede beskik en hul rol wat hulle moet vervul, verstaan.