• No results found

Die transformerende leierskapstyl in skole

HOOFSTUK 2 DIE AARD VAN SKOOLHOOFLEIERSKAP

2.5 SKOOLHOOFLEIERSKAPSTYLE

2.5.3 Die transformerende leierskapstyl

2.5.3.3 Die transformerende leierskapstyl in skole

In ‘n era van transformasie, wat tans in Suid-Afrikaanse onderwys ervaar word, fokus die transformerende leierskapstyl op die belangrikheid van spanwerk (cf 6.5.5 item 18) en omvattende verbeteringe van die skool en kan uitgebrei word na ander vorms van leierskap soos visionêre en etiese leierskap (Botha, 2012:46).

65

HOOFSTUK 2 DIE AARD VAN SKOOLHOOFLEIERSKAP

Volgens Hsiao et al. (2012:428,429) en Liu (2013:74) is die transformerende leierskapstyl ‘n positiewe styl wat waarde tot die herstrukturering van ʼn organisasie kan toevoeg. In die skoolomgewing is hierdie styl dus ideaal in ʼn tyd van hervorming waar ontwikkeling, toewyding en motivering onder die onderwysers binne ʼn moderne opvoedkundige stelsel belangrik is. Dit kan lei tot die gevoel van doeltreffendheid wat kan lei tot verbeterde leerderprestasie (Alsaeedi & Male, 2013:642, 643; Kahai et al. 2013:971). Dansereau et al., (2013:811) en Reed (2013:15) wys op resultate van studies in Taiwan en die Verenigde State van Amerika wat getoon het dat transformerende leierskapstyl ʼn positiewe invloed het op organisasie-uitkomste insluitend volgelinge se werkstevredenheid, effektiwiteit van die organisasie en prestasie. Die transformerende leierskapstyl behels ook dat leiers die potensiaal van die volgelinge raaksien en hoe hulle die volgeling se behoeftes kan bevredig (cf 6.5.5 items 19, 29). Deur die transformerende leierskapstyl word volgelinge gemotiveer om meer te doen as wat van hulle verwag word om sodoende doelwitte te bereik (cf 6.5.5 item 27).

Alsaeedi en Male (2013:643) voer aan dat die transformerende leierskapstyl uit ʼn aantal dimensies bestaan:

 bou van ʼn skoolvisie  stel van skooldoelwitte

 verskaffing van intellektuele stimulering

 simbolisering van professionele praktyke en waardes  toon van hoë prestasieverwagtinge

 ontwikkeling van ʼn struktuur om deelname en besluite binne skoolverband te bevorder

 bied van individuele ondersteuning

Aansluitend hierby beweer Liu (2013:75) dat daar drie duidelike dimensies na vore kom in die transformerende leierskapstyl, naamlik aanwys van rigting, ontwikkeling van mense (onderwysers en leerders) en die herontwerp van die organisasie (skool) (cf 6.5.5 items 4, 6, 13, 30, 31). Hierdie drie dimensies sowel as die dimensie van die bestuur van programme binne die skoolmilieu word geassosieer met suksesvolle leierskap. Hierdie dimensies lei daartoe dat die skoolhoof en onderwysers hulle visie herevalueer sodat nuwe strategieë in klaskamers en kreatiewe inisiatiewe na vore kom sodat ʼn beter leerervaring kan plaasvind.

Volgens Alsaeedi en Male (2013:643) figureer die leierskapstyl in die oorkoepelende doelwitte wat vir die skool gestel word. Die transformerende leierskapstyl word beskou as ʼn kritieke styl ten opsigte van vernuwing in die onderwys (cf 6.5.5 item 30). Die styl ondersteun onderwysers se intellektuele ontwikkeling en moedig opwinding en entoesiasme ten opsigte van transformasie aan. Aydin et al. (2013:807) voeg by dat die styl ʼn positiewe klimaat skep, doelwitte makliker bereik en die vlak van werksbevrediging onder onderwysers verhoog. Wanneer die transformerende styl van die skoolhoof toeneem, verhoog die verbintenis van die onderwyser tot die skool.

Die skep van ‘n sterk skoolklimaat (cf 3.5) en ʼn duidelike missie sal onderwysers motiveer om by te dra tot die verbetering van die skool. Botha (2012:42) is verder van mening dat kreatiwiteit gestimuleer en volgelinge aangemoedig word om risiko's te neem ter wille van die organisasie. Die transformerende leierskapstyl word verder dikwels gemeet aan die mate waarin ‘n skoolhoof die missie van die skool na die belanghebbendes kommunikeer en terselfdertyd die gemeenskap aanmoedig om die missie te ontwikkel en te bou. Marishane (2013:98) glo dat die transformerende leierskapstyl plaasvind wanneer leiers en volgelinge hande vat in die nastreef van ‘n hoërorde- gemeenskaplike doelwit. ʼn Eenheid word opgebou om ‘n duidelike visie, missie en doelwit na te streef. Sulke leiers tree op as rolmodelle en streef daarna om effektief te kommunikeer en inspireer volgelinge om hulle te verbind tot die doelwitte van die organisasie (cf 6.5.5 items 14, 21, 25).

Die transformerende leierskapstyl is volgens Rowe en Guerrero (2013:215) ʼn komplekse proses wat leiers (skoolhoofde) en volgelinge (onderwysers en leerders) saambind in die transformasie of verandering van volgelinge, organisasies of selfs die hele nasie. Dit behels dat leiers interaksie met volgelinge het met betrekking tot hul emosies, waardes, etiek, standaarde en langtermyn-doelwitte en sluit in die beoordeling van volgelinge se motiewe, voorsiening in hul behoeftes en die behandeling van hulle as waardige mense (cf 6.5.5 items 6, 19, 29). Transformerende leierskapstyl handel oor ‘n buitengewone vermoë om volgelinge aan te moedig sodat hulle ver bo hulle bekwaamhede uitstyg. Dit sluit by die oorspronklike mening van Bass en Avolio (1994:2,3,4) aan dat die transformerende leierskapstyl waargeneem kan word wanneer leiers:

 volgelinge stimuleer om hulle werk vanuit nuwe perspektiewe te beskou,  ʼn bewustheid van die missie en die visie van die organisasie genereer,  volgelinge ontwikkel tot hoër vlakke van bekwaamhede en potensiaal,

67

HOOFSTUK 2 DIE AARD VAN SKOOLHOOFLEIERSKAP

 volgelinge motiveer om eiebelang na te laat en eerder na die belang van die organisasie om te sien.

Burns (1978) en Bass (1985) het dekades gelede reeds die transformerende leierskapstyl as die ideale leierskapstyl geïdentifiseer aangesien baie goeie resultate uit dié leierskapstyl voortvloei. Kurland et al. (2010:8,12) voer aan dat met hierdie leierskapstyl die leier volgelinge na hoër vlakke van prestasie voer. Die styl verbreed die belangstelling van volgelinge en word geassosieer met ʼn meer intensiewe leerkultuur. Martin (2012:45) sluit hierby aan en wys daarop dat transformerende leierskapstyl meehelp om die volgelinge se volle potensiaal te ontwikkel. Selesho en Ntisa (2014: 212) is van mening dat volgelinge meer gemotiveerd is om hulle prestasie te verbeter onder die transformerende leierskapstyl as onder die transaksionele leierskapstyl.

Enkele navorsers noem voordele verbonde aan die transformerende leierskapstyl:

 die transformerende leierskapstyl fokus op waardes soos vryheid, gelykheid en geregtigheid – positiewe waardes wat volgelinge met volle vertroue hul leier sal volg (Reed, 2013:13)

 die transformerende leierskapstyl voldoen aan die behoeftes en begeertes van die volgelinge (Reed, 2013:14)

 tydens die transformerende leierskapstyl tree die leiers as mentors vir die volgelinge op deur die bevordering van leer, prestasie en individuele ontwikkeling aan te moedig (Reed, 2013:16)

 die transformerende leierskapstyl het ʼn beduidende invloed op die onderwyser se toewyding en werksbevrediging (Reed, 2013:32)

 die transformerende leierskapstyl kan positief in verband gebring word met aanvaarding, prestasie en werkstevredenheid (Riaz, 2012:21,22)

 die transformerende leierskapstyl dra by tot volgelinge se kreatiwiteit en innovasie (Riaz, 2012:21,22)

 die transformerende leierskapstyl skep ʼn klimaat wat waardes wat aan ʼn missie en individue verbind is, koester

 transformerende leierskapstyl verskaf ‘n organisatoriese klimaat wat gekoester word op kernwaardes wat gekoppel is aan ‘n missie wat die waardes van alle individue insluit (Riaz, 2012:21,22)

 die transformerende leierskapstyl skep ʼn gevoel van “behoort aan”(Smith, 2013:63)  transformerende leierskapstyl is baie kragtig wanneer leiers help om hulle volgelinge

in leiers te ontwikkel (Prasad & Pabla, 2013:89)

 transformerende leierskapstyl hou die potensiaal in om die vlakke van volgelinge (onderwysers en leerders) se toewyding en prestasie te verhoog (Liu, 2013:74)  die transformerende leierskapstyl verhoog die kognitiewe inspanning wat lei tot

bespreking van hoë gehalte ten opsigte van besluitnemingsprosesse (Kahai et al., 2013: 982).

Daar is egter ook nadele verbonde aan die transformerende leierskapstyl. Volgens Herrmann en Felfe (2013:175) kan die transformerende leierskapstyl ook negatief wees in die sin dat die styl slegs effektief is wanneer die volgelinge se karaktereienskappe heelwat met dié van die leier ooreenstem. Met ander woorde, binne ʼn skoolomgewing waar innovasie ter sprake is, kan dit gebeur dat die innoverende gedrag van die onderwysers strydig wees met die gedrag van die skoolhoof wat minder innoverend is. Reed (2013:16) voeg verder by dat die transformerende leierskapstyl meer effektief is wanneer onderwysers oor die potensiaal beskik om kreatief te wees en die styl is minder effektief wanneer onderwysers ʼn gebrek aan kreatiwiteit openbaar.