• No results found

HOOFSTUK 4: ORGANISATORIESE REëLINGS VIR WERKVER-

4.6 SPESIALISASIE AS UITVLOEISEL VAN WERKVERDE-

Namate 'n instelling, soos byvoorbeeld 'n hospitaal groei, sal 'n leidinggewende beampte verantwoordelik wees om die verskillende take onder ondergeskiktes, soos byvoorbeeld apteekassistente, te verdeel. Spesialisasie verwys na die mate waarin werktake soos in 'n hospitaal, onderverdeel moet word in afdelings om 'n beampte in staat te stel om in sy besondere taak te spesialiseer. As voorbeelde van afdelings kan onder andere verwys word na afdelings vir ortopedie, chirurgie, kraamdienste, store en apteekdienste. Spesialisasie dien om spesialiteitstake te identifiseer en toe te deel aan individue of groepe ondergeskiktes, soos byvoorbeeld spesialiste en aptekers, wat spesifieke opleiding moet ondergaan om die betrokke diens in 'n spesialiteits- hoedanigheid te kan lewer (Hellriegel & Slocum 1982: 343; kyk ook Smit & Cronjé 1992).

4.6.1 Redes vir spesialisasie by openbare hospitaalapteke en mediese depots

In 'n instelling, soos byvoorbeeld 'n hospitaal, waar bepaalde werktake deur spesialiste uitgevoer word, kan produktiwiteit verhoog word. Spesialisasie bied aan alle beamp- tes en leidinggewende beamptes die geleentheid om groter vaardighede en kennis te bekom oor die werksaamhede wat hy moet verrig om met sekerheid en akkuraatheid hulle werktake meer produktief te verrig (Du Toit:1986:44). Spesialisasie verseker groter produktiwiteit as gevolg van die volgende redes:

(a) 'n Beampte wat herhaaldelik 'n taak uitvoer, soos byvoorbeeld reseptering van

'n voorskrif, raak meer bedrewe in die uitvoer daarvan en hierdeur word die taak vinniger uitgevoer (Dessler 1986:255).

(b) Ondergeskiktes kan 'n keuse uitoefen van watter tipe werk hulle wil verrig, soos

byvoorbeeld die voorsiening van mediese items aan sale. Namate hulle meer ervaring in die uitvoering van sodanige werktaak opdoen, kan hierdie spesialiteitskennis waaroor hulle dan beskik, bydra tot groter werksbevrediging

(Smit & Cronjé 1992:191).

(c) Die oordragtyd tussen beamptes betrokke by 'n taak, word verminder

aangesien 'n beampte, soos byvoorbeeld 'n hospitaalapteker, net een taak verrig en daarna die afhandeling van die res daarvan na 'n volgende persoon oordra (Dessler 1986:255). 'n Ondergeskikte hoef dus nie nuwe "toerusting" te gebruik ten einde 'n verdere aspek van die opdrag te verrig nie. Hierdeur word tyd bespaar om 'n betrokke werktaak uit te voer.

(d) Gesofistikeerde tegnieke en hulpmiddels soos byvoorbeeld 'n voorsienings-

administrasiestelsel, kan gebruik word om uitvoering te gee aan werk- saamhede. Die ondergeskikte sal byvoorbeeld rekenaarbedrewe moet wees om rekenaarprogramme te ontwikkel en toe te pas om uitvoering aan sy werksaamhede te kan gee.

(e) Hoe meer gespesialiseerd 'n taak is, hoe relatief eenvoudiger is dit om 'n

beampte daarvoor op te lei (Dessler 1986:255). Indien 'n beampte afwesig is of bedank, behoort 'n ander persoon in 'n relatief kort tydsbestek vir sodanige taak opgelei te kan word (Smit & Cronjé 1992:193).

(f) Vereenvoudiging van 'n werktaak verkort die leertyd en verhoog die

vaardigheidsvlak van ondergeskiktes. Verkwisting van hulpbronne as gevolg van leertyd verminder omdat minder aktiwiteite per werker verrig word (De Bruyn 1986:277).

Die groepering van werktake by 'n apteek, apteek- of 'n mediese magasyn, moet so gedoen word dat dit sal bydra tot die doeltreffende en effektiewe voorsiening van mediese items om pasiënte te behandel.

4.6.2 Soorte spesialisasie

Verskillende soorte spesialisasie kom voor, te wete horisontale-, vertikale-, funksionele-, produk- en kliënte-georiënteerde spesialisasie by hospitaalapteke en mediese bevoorrading by hospitale en mediese depots. Dit is wenslik om in die

volgende paragrawe saaklik elkeen van hierdie verskillende soorte spesialisasie onder die loep te neem.

4.6.2.1 Horisontale spesialisasie

Horisontale spesialisasie kom voor wanneer daar by 'n aantal afdelings van 'n instelling dieselfde of vergelykbare take onderneem word, soos byvoorbeeld by magasyne waar verskillende groepe voorraaditems aangekoop en geberg word. Elke afdeling sal dan afsonderlik in 'n besondere faset van die voorsieningsadministrasie spesialiseer, soos byvoorbeeld apteek-, mediese- en algemene magasyne (Van Straaten 1992:85). In 'n hospitaal kan horisontale spesialisasie voorkom waar verskil- lende beamptes verantwoordelik is om die betalings van fakture van kontrakteurs en hospitaalrekeninge aan die hoofkantoor te onderneem.

4.6.2.2 Vertikale spesialisasie

Vertikale spesialisasie in 'n instelling, soos byvoorbeeld by 'n hospitaal, kom voor wanneer daar in 'n hiërargie op verskillende vlakke in bepaalde rigtings gespesialiseer word en waar besluitnemingsfunksies aan die onderskeie vlakke toegeken word (Van Straaten 1992:85). Owerheidsinstellings is "... equally concerned with vertical specialization, i.e. allocation of decisionmaking functions to various status and authority levels in an organization - and with horizontal specialization - i.e. fixing the jurisdictional boundaries of coordinate organizational units" (Rubenstein & Harberstroch 1960:166).

Daar moet ook in gedagte gehou word dat spesialisasie betrekking het op die posbekleders en nie op instellings as sulks nie. Owerheidsinstellings soos hospitale, word geskep om bepaalde spesialistake, te wete gesondheidsdienste te lewer. Die poste kan deur spesialiste, soos byvoorbeeld ortopede, radioloë en aptekers gevul word. Hierdie spesialis beamptes beskik oor besondere vaardighede en kennis, waarsonder die spesifieke spesialiteitsinstellings nie hulle funksies effektief kan verrig nie. Besparing van tyd vind plaas aangesien beamptes met gespesialiseerde vaardighede effektief gebruik word om uitvoering aan werksaamhede te gee (Melcher 1976:193). Filey en House (1969:218-219) verklaar dat die saamgroepering van

spesialis beamptes bydra tot groter professionele kennis en vaardighede; duplisering van hulpbronne verminder; en bevorderingsmoontlikhede binne die gespesialiseerde hiërargie skep.

4.6.2.3 Funksionele spesialisasie

Leidinggewende beamptes kan poste kombineer volgens die funksie(s) van 'n instelling. Voorbeelde van funksionele spesialisasie is waar funksies soos chirurgie, psigiatrie en apteekdienste by verskillende afdelings onderneem word. Elkeen van hierdie funksies kan in 'n spesifieke afdeling, soos byvoorbeeld 'n hospitaalapteek, gesetel wees en die poste, soos onder andere hoofapteker, eerste apteker, apteker en apteekassistente, kan so gekombineer word om in 'n spesifieke afdeling of departement te funksioneer. Funksionele spesialisasie vind plaas om aan die vereis- tes wat werkgeleenthede stel, te voldoen sodat daar van professionalisme sprake is. In die aptekersberoep is daar voorbeelde hiervan soos byvoorbeeld kliniese farma- kologie en chemoterapie behandeling (Van Straaten 1992:85).

'n Nadeel van funksionele spesialisasie met departementele verdeling is dat spesialiste saam werk en mekaar in hulle gespesialiseerde areas aanmoedig om hulle slegs met hul spesialistake te beman en algemene werksaamhede agter weë te laat. Hierdeur mag die organisatoriese doelwit(te) van die instelling deur die departemen- tele- of afdelingsdoelwit(te) oorskadu word.

4.6.2.4 Produk spesialisasie

Leidinggewende beamptes kan poste groepeer op die grondslag van produk of 'n produksielyn wat onder die toesig van een toesighouer geplaas word. Die resultaat van produk spesialisasie is dat die vervaardiging van 'n produk die grondslag vorm waarvolgens 'n organisatoriese instelling se groei gemeet word deur die produk en/of dienste te verhoog. Hierdie vorm van spesialisasie laat beamptes toe om tot 'n totale kundige in navorsing, vervaardiging en verspreiding van 'n produksielyn te ontwikkel.

4.6.2.5 Kliënt-georiënteerde spesialisasie

Kliënt-georiënteerde spesialisasie het sy ontstaan uit die soort kliënte van 'n instelling, soos byvoorbeeld 'n hospitaal of mediese depot, wat bedien moet word. "The client principle often appears to dominate, in the same sense that work is subdivided according to increasingly specialised definitions of the needs of clients" (Self 1977:78). As 'n voorbeeld kan verwys word na gesondheidsdienste waar volgens die behoefte van pasiënte gespesialiseer word soos onder andere distriksklinieke, algemene, streek- en psigiatriese hospitale. Om kliëntbehoeftes van pasiënte sodanig te kan bevredig, moet beamptes ontwikkel en spesialiseer om professionele bekwaamhede, soos byvoorbeeld chemoterapie en psigiatrie, te ontwikkel.

4.6.3 Spesialisasie versus algemenialisasie

Indien spesialisasie onoordeelkundig toegepas word, kan negatiewe tendense hulleself manifesteer en die voordele van verhoogde produktiwiteit daardeur verydel. Ondergeskiktes, soos byvoorbeeld aptekers, wat hoogs gespesialiseerde take, soos byvoorbeeld reseptering van voorskrifte verrig, sal waarskynlik meer verveeld raak omdat hulle dag na dag dieselfde taak moet verrig. Sulke beamptes sal ontevrede voel omdat hulle daaglikse taak geen of min uitdaging en/of stimulasie aan hul bied nie. Dit kan byvoorbeeld bydra tot werksafwesigheid wat laer produktiwiteit tot gevolg sal hê.

Leidinggewende beamptes moet hulle deeglik daarvan vergewis dat 'n werktaak wel vir spesialisasie geskik is. Sommige take is byvoorbeeld nie geskik vir spesialisasie nie omdat dit byvoorbeeld langer neem om by skoonmaakdienste net 'n bepaalde faset van die diens van een instelling na 'n ander te neem, as wanneer al die werk by die betrokke instelling verrig word (Smit & Cronjé 1992:193). In sulke gevalle, soos byvoorbeeld bodes en skoonmaakdienste, kan die werksaamhede wat deur hulle verrig word deur sogenaamde algemeniste uitgevoer word.

By 'n hospitaalapteek sou daar ook moontlik, soos by enige ander instelling die behoefte by ondergeskikte beamptes bestaan dat meer verantwoordelike werk en nie slegs roetinewerk aan hulle toegesê moet word. Indien die werk slegs van roetine

aard is, sal 'n ondergeskikte beampte wat die behoefte openbaar om met meer verantwoordelike werk gemoeid te wees, nie sonder meer deur sy werksituasie gestimuleer of bevredig word nie (Van Hoeylandt 1990:73). Dit impliseer dat 'n leidinggewende beampte stappe moet doen om toe te sien dat posbeskrywings opgestel word wat as aanduiding kan dien om te bepaal by watter pos gespesialiseer kan word en deur om beamptes positief te stimuleer (White & Generali 1984:1363; kyk ook Dowling & Sayles 1978:30).

Voorsieningsadministrasie verg gespesialiseerde beamptes wat oor kundigheid in die voorsiening van mediese voorrade beskik. 'n Voorsieningsadministrasiebeampte moet in die uitvoering van sy taak oor die nodige kennis van die verkryging, berging en verspreiding van voorrade beskik om sy taak na behore uit te kan voer. So 'n spesialis op eie gebied, behoort saam met ander professionele beamptes, soos byvoorbeeld aptekers, saam te werk om doeltreffende en effektiewe voorsiening van mediese voorrade aan hospitale en klinieke te kan bewerkstellig. Doeltreffende en effektiewe samewerking van voorsieningsadministrasiebeamptes en aptekers wat van effektiwi- teit en doeltreffendheid spreek, behoort gestandaardiseerde prosedures vir die voor- siening van mediese voorrade te ontwikkel en toe te pas wat uiteindelik tot die voordeel van die pasiënte sal strek.