• No results found

HOOFSTUK 2: BETEKENIS, OMVANG EN VEREISTES VAN

2.3 OMVANG VAN VOORSIENINGSADMINISTRASIE BY

2.3.3 Aard en omvang van die behoeftes van die Departement

Daar bestaan verskillende behoeftes vir mediese voorrade by die verskillende gesondheidsinstansies. Akademiese hospitale wat spesialisbehandeling aan pasiënte lewer, sal byvoorbeeld 'n wyer keuse aan spesifieke items in vergelyking met streekshospitale en hospitale openbaar. Daghospitale en klinieke wat primêre gesond-heidsdienste lewer, sal op hulle beurt weer ander behoeftes, soos byvoorbeeld middels vir immuniseringsdoeleindes, openbaar. Sekere provinsies sal byvoorbeeld 'n groter behoefte aan bepaalde middels teen siektes soos malaria openbaar. Dit impliseer dat die behoeftes van die verskillende instansies bepaal en ondervang moet word om 'n doeltreffende en effektiewe mediese bevoorrading aan hospitaalapteke, klinieke en mediese depots in die openbare sektor te bewerkstellig.

'n Allesomvattende nasionale medisynebeleid van die Afrikaanse Nasionale Kongres (ANC) kan een van die hoekstene vir gesondheidsdienste in Suid-Afrika vorm (Eagles 1993:15). Die Nasionale Medisynebeleid vir Suid-Afrika het in Januarie 1996 tot stand gekom en die hoofdoelwit hiervan is om die potensiaal van medisyne ten volle te ontwikkel en om die gesondheidstatus van die bevolking met die beskikbare bronne in die land te verbeter. Die nasionale gesondheidstelsel (National Health System) sal gesondheidsdienste vir die hele bevolking voorsien om in samewerking met die private sektor vir die bevolking wat dit self kan bekostig, of wat na die publieke sektor verwys word, 'n omvattende gesondheidsdiens te verskaf (Eagles 1993:15). 'n Effektiewe beleid moet egter ook die farmaseutiese verspreiding en opberging van mediese voorrade insluit. Die effektiewe gebruik van medisyne kan slegs bereik word wanneer essensiële medisyne ooral, selfs in die platteland, aan die bevolking beskikbaar gestel word (Eagles 1993:15).

die-dag 'n nasionale beleid vir gratis gesondheidsdienste aan kinders onder die ouderdom van ses jaar, verwagtende en sooggende moeders, bejaardes, gestremdes en chroniese siekes wil lewer (Editorial: The SA Retail Chemist 1994:4). Verdere dienste wat ook moontlik gratis beskikbaar gestel gaan word, sluit immunisering, skool- gesondheidsdienste, gesinsbeplanning, voorgeboorteklinieke en behandeling van tuberkulose en seksuele oordraagbare siektes in (Editorial: The SA Retail Chemist 1994:4). Dit impliseer dat die behoeftes aan medisyne van die Departement van Ge- sondheid en die provinsies om in die toenemende behoeftes te voorsien, steeds toenemend eskaleer. Hierdie tendens kom veral voor waar die aanvraag na kindermedisyne met 50% by die verskillende mediese depots gedurende 1994 gestyg het nadat die gesondheidsbeleid van die Regering-van-die-dag aangepas is (Stuurkomitee van die Prinsipaal van die KOMED stelsels 1993).

2.3.4 Finansiële implikasies wat bevoorrading van mediese voorrade beïnvloed

Die wetgewende instellings by die onderskeie owerhede bepaal die finansiële doelwitte wat deur uitvoerende owerheidsinstellings nagestreef moet word. Die bevoegdheid om te bepaal watter goedere en dienste deur owerheidsinstellings gelewer moet word, berus eweneens by dié wetgewende instellings. Die wetgewers bepaal ook die aard en omvang van owerheidsdienste wat aan 'n gemeenskap gelewer moet word (Cloete 1986b:9-10). Voldoende fondse word benodig om 'n noodsaaklike diens aan die gemeenskap te lewer. Prioriteite word deur owerheids- instellings, soos byvoorbeeld die kabinet, bepaal waarvoor daar dan in 'n begroting begroot moet word. Mediese voorrade maak 'n aansienlike gedeelte van die begroting uit wat impliseer dat tersaaklike finansiële aangeleenthede deeglik verreken moet word om 'n effektiewe en doeltreffende diens aan hospitale en klinieke te lewer.

'n Finansieringsformule is by die Departement van Gesondheid bepaal om die gesondheidsbegroting op 'n regverdige en objektiewe wyse tussen die provinsiale owerhede te verdeel (Departement van Nasionale Gesondheid en Bevolkingsont- wikkeling 1992a:1). Die huidige finanseringformule is vanaf 1 April 1995 geïmplemen- teer waar bepaalde funksies na die provinsies afgewentel is. Die beskikbaarheid van geld kan ook die voorradevoorsieningsproses by enige instelling wesenlik beïnvloed aangesien dit bepalend sal wees of dienslewering uitgebrei of beperk moet word

(Joubert 1991:90). Mediese voorrade het om voornoemde rede finansiële implikasies ten opsigte van:

- die aankoop;

- die instandhouding; - die opberging; - die verlies; en

- die beskikking daarvan (Joubert 1991:91).

Omdat mediese voorrade lewensbelangrik is, moet dit vir die bevolking van Suid-Afrika so bekostigbaar as moontlik gemaak word om teen die laagste koste die meeste aantal pasiënte te kan behandel. Voornoemde optrede kan slegs deur doeltreffende en effektiewe bevoorrading van mediese voorrade verwesenlik word.

2.4 VEREISTES VIR GEORDENDE VOORSIENINGSADMINISTRASIE BY

OPENBARE HOSPITAALAPTEKE EN MEDIESE DEPOTS

Verskillende vereistes vir geordende voorsieningsadministrasie by openbare hospitaal- apteke en mediese depots is noodsaaklik om 'n doeltreffende en effektiewe diens aan hospitale en klinieke daar te stel wat die volgende noodsaak.

2.4.1 Deeglike opgeleide personeelkorps

"Opleiding het ten doel om amptenare vereiste kennis en vaardighede vir hulle werkverrigting te gee, maar dien ook om deugde soos, onder andere, arbeidsaamheid, diensbaarheid, eerlikheid, lojaliteit en verantwoordelikheid by betrokkenes te kweek" (Van der Walt 1984:32-33). Volgens Kotzé (1985d:46) is opleiding ook vir die indivi- duele beampte van besondere belang om hom "eerstens vir die werksituasie te bekwaam, tweedens sy insigte te verbreed en derdens geleenthede tot selfver- wesenliking, soos bevordering te bied." Opleiding van die individuele beamptes dra daartoe by dat nuwe metodes en tegnieke vinniger by instellings geïmplementeer kan word om effektiewer doelwitverrigting en produktiwiteit by beamptes te bevorder (Kotzé 1985d:46). Opleiding van beamptes is noodsaaklik om die korrekte wyse van handelinge daar te stel en om sodoende 'n doeltreffende en effektiewe diens te bewerkstellig.

Opleiding van personeel in die verskillende fasette van voorsieningsadministrasie is noodsaaklik om 'n geordende voorsiening van mediese voorrade te verseker. Bepaling(s) van verskeie wette soos byvoorbeeld die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999); Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygings- beleid, 2000 (Wet 5 van 2000); en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe, 1965 (Wet 101 van 1965) is ook op mediese voorrade van toepassing, wat impliseer dat die betrokke beamptes op die hoogte moet wees van die tersaaklike bepalings van hierdie wette in die uitoefening van hulle werksaamhede (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993).

Volgens Ebersohn (1986:7) is aptekersopleiding beroepsgerig. Relatief min van die aptekers beskou die standaard van opleiding in farmasie-administrasie as voldoende en dui aan dat daar 'n behoefte aan opknappingskursusse bestaan waarin die nuutste ontwikkelings ten opsigte van bestuurstegnieke opgeknap kan word. Administratiewe werksaamhede word deur die meeste aptekers geïdentifiseer as daardie gedeelte van hulle werk waarvan hulle die minste hou (Ebersohn 1986:75). Besonder interessant is dat aptekers, by die bevoorradingsprosesse, meer gemoeid met administratiewe as vakkundige werksaamhede is. Indien hierdie beamptes nie paslik opgelei is vir hulle taak nie kan dit tot 'n negatiewe houding by hul bydra wat ondoeltreffendheid en oneffektiwiteit by die betrokke diens tot gevolg kan hê.

2.4.2 Geordende aankoop, ontvangs en uitreiking van mediese voorrade en bepaling van prosedures vir die aankoop van mediese voorrade

Elke owerheidsinstelling behoort aankoopreëlings te tref wat by sy eie omstandighede pas (Gildenhuys 1989:694). Tenderkontrakte is 'n belangrike metode wat deur die verskillende instansies by die aankoop van voorrade benut kan word om die aankoop van mediese voorrade sinvol te orden. Omvattende bepalings wat as grondslag moet dien vir die sluiting van tenderkontrakte, moet dienooreenkomstig bepaal word waarby beamptes hulle hul streng moet hou (Joubert 1991:5).

Volgens Gildenhuys (1989:678) bestaan daar op sentrale owerheidsvlak die behoefte om tenders vir die lewering van voorrade te sentraliseer, terwyl aankope gede- sentraliseer moet word. Dit is wenslik dat depots op departementele vlak voorsien

word, waar voorrade opgeberg en op aanvraag aan die verskillende afdelings van die betrokke departement beskikbaar gestel word. By mediese bevoorrading vind voor- noemde handelinge plaas ten opsigte van 10 farmaseutiese en sommige van die 7 spesifieke mediesaanverwante tenders. Die aanvraag van mediese items vanaf hospitale en klinieke word deur die mediese depot gelewer indien die item in voorraad in die mediese depot aangehou word. By sommige provinsies soos onder andere die Vrystaat en die Oos-Kaap was aankope van spesifieke mediese voorraaditems deur hospitale en klinieke self gedoen indien hierdie voorraaditems nie in die mediese depots aangehou is nie. KwaZulu-Natal was die enigste provinsie in 1993 waar alle medisyne deur die mediese depot gehanteer is (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993).

Aankoop van mediese voorrade by wyse van kontrakte op mediese depotvlak, direkte aankope van items op kontrak deur openbare hospitale buite die mediese depot en aankope buite kontrak word deur openbare hospitale uitgevoer en sal vervolgens onder die loep geneem word.

(a) Kontrak op depotvlak

Aankope vind in die merendeel van gevalle plaas deur tenders aan te vra (Gildenhuys 1989:694). Aankope deur middel van publieke tenders is die belangrikste metode van aankoop van mediese voorrade (Serfontein [s.a.]:61). Die Tenderraadvoorskrifte (ST36 - Algemene voorwaardes en prosedures in verband met tenders, kontrak en bestelling en ST37 - Voorskrifte aan Departemente ten opsigte van verkryging) is veral van besondere belang vir alle belanghebbendes wat by tenders betrokke is. Die Tenderraadvoorskrifte moet stiptelik deur die betrokkenes nagevolg word wat uiteraard 'n doeltreffende en effektiewe mediese bevoorrading in 'n belangrike mate beïnvloed.

In die openbare sektor word die eiesoortigheid van openbare voorsienings- administrasie weerspieël in die werkprosedures wat by die bevoorradingbedrywighede geïdentifiseer kan word. In die verskillende provinsies en die Departement van Ge- sondheid, geld bepaalde beginsels ten opsigte van bevoorrading, soos byvoorbeeld die beheer oor die kwaliteit van voorrade en die analitiese tegniek vir bevoorrading (Republiek van Suid-Afrika 1990:Hoofstuk 2). Behoeftebepaling vir die aankoop van voorrade word nie slegs vir die reël van tenderkontrakte by die aankoop van voorrade

onderneem nie, maar word ook vir begrotingsdoeleindes gedoen. Aankope van mediese voorrade geskied op 'n gesentraliseerde en gedesentraliseerde wyse waarop tenders van leweransiers ingewin word. Aankope volgens behoeftes kan op 'n gede- sentraliseerde asook 'n gesentraliseerde grondslag onderneem word, waar elke lynafdeling van 'n instelling sy eie aankope deur die lynvoorrade-afdeling behartig. Die Wet op die Staatstenderraad, 1968 (Wet 86 van 1968), verbandhoudende voor- skrifte en handleidings, dien as grondslag waarvolgens aankope gedoen moet word (Joubert 1991:7). Indien mediese bevoorrading volgens voornoemde prosedures aan- gekoop word, sal dit doeltreffendheid en effektiwiteit bevorder aangesien daar teen die laagste koste net die nodige kwaliteit voorraaditems aangekoop word.

(b) Direkte aankope op kontrak buite mediese depots

Direkte aankope kom by die meeste hospitale en klinieke in die provinsies voor. KwaZulu-Natal was byvoorbeeld die enigste provinsiale owerheid wat direkte aankope deur die instellings nie aanbeveel het nie (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993). Direkte aankope van farmaseutiese items is by hierdie provinsiale owerheid deur middel van hulle mediese depot geplaas. Gauteng was besig om direkte aankope vir hospitale deur die mediese depot te reël (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 10 Maart 1995). Die aankope van farmaseutiese items in die Noordelike Provinsie is deur die mediese depot uitgevoer en geen hospitaal mag enige van die items direk aangekoop het nie (Mededeling: Eerste apteker, Mediese depot, Pietersburg, 26 November 1997). Direkte aankope impliseer dat die voorraad nie op die voorraadrak by die mediese depot geplaas word nie maar dat dit direk deur die verskaffer aan die hospitaal of kliniek gelewer word. Voornoemde impliseer dat daar riglyne vir die ontvangs van die voorrade by hospitale en klinieke moet bestaan om betalings by die mediese depots te verifieer. Prosedures moet ook bydra om beheer oor byvoorbeeld hoeveelhede en soorte items wat aan 'n hospitaal of kliniek gelewer word, te bewerkstellig.

(c) Aankope buite kontrak

Verskillende wyses, soos byvoorbeeld kwotasies, van direkte aankope kom by die onderskeie instansies voor. Vasgestelde prosedures behoort deur die onderskeie instansies onder die aandag van alle betrokkenes wat met direkte aankope van

mediese voorrade handel, gebring te word. Vasgestelde prosedures vir die direkte aankope van mediese voorrade sal onnodige vertragings by die verkryging van die betrokke mediese voorrade uitskakel (Mededeling: Odendaal, Departement van Gesondheid, 10 Mei 1993). Aankope buite kontrak kom voor waar 'n pasiënt 'n nuwe item benodig om ‘n siektetoestand te stabiliseer, soos byvoorbeeld 'n nuwe antibiotika omdat weerstand teen die bestaande middels moontlik reeds ontstaan het.

Verkryging van mediese voorrade behoort deur 'n professioneel opgeleide persoon, soos ‘n apteker uitgevoer te word. Die handelinge wat met voorsieningsadministrasie gepaard gaan, behoort deur deeglike opgeleide personeel onderneem te word met die toepassing van vaste prosedures, akkurate medisyneverbruikersinligting en 'n effek- tiewe en doeltreffende kommunikasiestelsel (Pharasi 1994:3). Deeglike opgeleide personeel wat oor paslike ondervinding beskik kan vraagstukke wat byvoorbeeld mag opduik, sinvol aan die hand van hulle praktykervaring oplos.

Werkmetodes en -prosedures moet bepaal en toegepas word om die werksaamhede van beamptes te orden en af te handel om aan die vereistes van wetlikheid en wettigheid te voldoen (Botes et al. 1992:228). Volgens Hanekom en Thornhill (1986:117) is proseduriële voorskrifte 'n belangrike hulpmiddel om beheer uit te oefen oor veral die funksionele bedrywighede van beamptes wat geroetineerd van aard is. Leidinggewende beamptes behoort toe te sien dat daar by hulle instellings prose- duriële voorskrifte bestaan wat gevolg moet word sodat daar geen noemenswaardige onduidelikhede by ondergeskiktes bestaan oor die toepassing daarvan nie (Mede- deling: Odendaal: Departement van Gesondheid, 10 Mei 1993).

2.4.3 Ontwikkeling van institusionele reëlings vir die koördinering van mediese voorrade

'n Beleid vir die koördinering van gesondheidsdienste is noodsaaklik aangesien verskillende rolspelers, soos byvoorbeeld die provinsies, insette by gesondheids- dienste lewer. Juis vanweë hierdie verskeidenheid rolspelers word die gesondheids- dienste en -hulpbronne nie optimaal aangewend nie en word die koste-effektiwiteit van dienslewering daardeur ernstig aan bande gelê (Departement van Nasionale Gesond- heid en Bevolkingsontwikkeling 1992a:3). Deur omvattende bepaalde organisato- riese reëlings toe te pas, sal effektiewer koördinering van mediese voorrade bewerk-

stellig kan word. Indien samewerking byvoorbeeld tussen alle provinsies wat by me- diese voorrade betrokke is, bewerkstellig kan word, kan dit kostebesparing in die hand werk. Daar dien op gelet te word dat KOMED 'n belangrike funksie vervul om die ver- skillende instansies se bedrywighede te koördineer om sodoende op die doeltref- fendste en effektiefste wyse mediese voorrade vir dienslewering te bewerkstellig (Departement van Nasionale Gesondheid en Bevolkingsontwikkeling 1992b:2 verwy- sing 38/8/3/1/2).

"The channels of distribution materially influence the decisions concerning both number and location of warehouses" (Constantin 1966:367). 'n Depot behoort so sentraal as moontlik geleë te wees ter wille van die gebruikers daarvan om hulle in staat te stel om voorraad te bekom (Brink 1991:60). Een van die grootste voordele van 'n sentrale depot is dat dit die tyd wat dit in beslag neem om voorraad te bekom, tot die minimum beperk. Indien 'n depot van die betrokke instellings ver geleë is, kan dit daartoe bydra dat ongemagtige voorraad en/of te veel voorraad by die betrokke instelling aangehou word wat tot ondoeltreffendheid aanleiding gee. Stappe behoort onderneem te word dat depots so geplaas word dat oorvleueling tot die minimum beperk word en dat depots op die strategies geskikste plekke geplaas word om dienslewering aan hospitale en klinieke op die effektiefste wyse te bewerkstellig.

2.4.4 Sentralisering van aankope van mediese voorrade by provinsies om die grootste voordele te beding

'n Omvangryke hoeveelheid van dieselfde mediese voorraaditems word deur alle hospitale en klinieke gebruik wat gesentraliseerde aankope hiervan moontlik maak. Gesentraliseerde aankope het kostebesparing tot gevolg aangesien laer pryse deur grootskaalse aankope beding kan word en die omvangrykheid van moontlike aankope belangstelling by tenderaars wek en tot groter onderlinge mededinging tussen potensiële leweransiers bydra. Groter mededinging by tenders verhoog in die meren- deel van gevalle die kwaliteit van aanbod teen 'n laer prys (Gildenhuys 1989:677). Volgens Marshall (1976:130) het praktyk bewys gelewer dat onderhandelings vir grootmaataankope onder 'n gesentraliseerde aankoopstelsel laer aankooppryse tot gevolg het.

die bevoegdheid aan 'n enkele instelling om die aankope namens 'n aantal instellings soos byvoorbeeld hospitale te behartig. Indien mediese depots by die provinsies die aankope van mediese voorrade behartig, sou daar doeltreffender en effektiewer beheer oor die aankoop van mediese voorrade by die verskillende instellings uitoefen kon word (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993). Daar behoort veral by deelkontrakte waar verskillende tenderaars vir dieselfde produkte aanvaar word, omvattender beheer uitgeoefen te word waar 'n doeltreffende rekenaarstelsel geïmplementeer is (Mededeling: Griessel, Departement van Gesond- heid, 15 Januarie 1993). Indien hospitale direk aankoop, kan hulle, na gelang van persoonlike smaak, slegs by een tenderaar aankoop en nie die bestelling, soos op die kontrakomsendbrief gestipuleer, by die verskillende tenderaars plaas nie. Met behulp van 'n rekenaarstelsel, kan die behoeftes van die verskillende mediese voorraaditems wat die betrokke instansies gebruik, bepaal word wat impliseer dat 'n meer korrekte beraming vir die volgende finansiële jaar gemaak kan word (Mededeling: Odendaal, Departement van Gesondheid, 10 Mei 1993). Sodoende kan gunstiger pryse aan die hand van hierdie inligting beding word.

2.4.5 Tydige voorsiening van mediese voorrade aan instansies

Die benodigde kwantiteit en kwaliteit voorrade moet betyds voorsien word op daardie tydstip wanneer 'n instelling daardie bepaalde voorrade-items benodig, sodat daar nie 'n onderbreking in hulle werksaamhede plaasvind nie (Brink 1991:59 & Gildenhuys 1989:682). Indien mediese voorrade nie betyds aan hospitale en klinieke gelewer kan word nie, beteken dit in die merendeel van gevalle dat daar geen dienslewering kan plaasvind nie aangesien daar dan 'n tekort aan die spesifieke item(s) bestaan wat nadelig vir die doeltreffende en effektiewe behandeling van pasiënte is (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993).

Akkurate bestuursinligting stel 'n leidinggewende beampte in staat om ondoeltreffende en ondoelmatige gebruik van mediese voorrade aan die kaak te stel sodat dit betyds aangespreek kan word (Brink 1991:61). Deur middel van 'n rekenaarstelsel kan 'n doeltreffende en effektiewe mediese bevoorradingstelsel bedryf word deur optimale bestelvlakke van die mediese items te bepaal wat vir uitreiking in 'n depot opgeberg kan word (Mededeling: Odendaal, Departement van Gesondheid, 9 April 1993).

Tydige voorsiening van mediese voorrade aan instansies is lewensnoodsaaklik vir pasiënte. Indien daar tekort aan 'n strategies belangrike medisyne-item soos byvoorbeeld medikasie vir tuberkulose ontstaan, kan die doeltreffende en effektiewe tuberkulose behandeling van pasiënte daardeur gekortwiek word wat daartoe kan bydra dat die siekte verder versprei. Geen vertraging by die voorsiening van mediese voorrade is bevorderlik van aard nie (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993). Om te verseker dat items betyds beskikbaar gestel word, kan van hulpmiddels soos rekenarisering by bevoorrading gebruik gemaak word, om te verseker dat tydig nuwe voorraad aangekoop en na hospitale en klinieke versprei word.

2.4.6 Rasionalisering van mediese voorrade in die openbare sektor

Mediese bevoorrading aan hospitale en klinieke behoort so doeltreffend en effektief moontlik te kan plaasvind. Deur middel van rasionalisering kan koste van mediese voorrade verminder word deur die duplisering van soortgelyke mediese voorrade te voorkom. Rasionalisering van mediese voorrade kan ook bewerkstellig word deur die verpakkingsgrootte van medisyne te standaardiseer wat verder kostebesparing in die hand sal werk (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993).

Standaardisering van voorrade kan besparings teweegbring deur middel van die bestelkoste, voorraadpryse en opbergkoste van voorraad wat dan aansienlik vermin- der sal word (Gildenhuys 1989:678). Standaardisasie van voorrade kom neer op die vasstelling en aanvaarding van eenvormige afmetings, vorme, kwaliteite en ander eienskappe (Van Niekerk 1980:9). Indien daar slegs twee grootte verpakkings van tablette, soos byvoorbeeld 'n klein en groot verpakkingshoeveelhede aangekoop word, kan koste bespaar word aangesien daar slegs twee groottes aangekoop word en daar minder voorraadrakke nodig is om verskillende verpakkingsgroottes op te berg. Medisyne kodelyste kan opgestel word vir bepaalde standaard behandelings van pasiënte en sodoende sal besparing ten opsigte van opberging verkry word aangesien minder items in voorraad op die rak in mediese depots, hospitale en klinieke aange- hou word (Mededeling: Griessel, Departement van Gesondheid, 15 Januarie 1993).

2.4.7 Implementering van omvattende beheermaatreëls vir 'n doeltreffende en effektiewe stelsel vir mediese bevoorrading

Op sentrale owerheidsvlak word aansienlike bedrae geld jaarliks vir die aankoop van mediese voorrade bestee en gevolglik is dit noodsaaklik dat daar effektiewe beheer- maatreëls bestaan om onnodige besteding te bekamp. Alhoewel die Staats- tenderraad die aankoop van voorrade orden, moet die Tesourie toesien dat daar volledige voorskrifte vir die ontvangs, bewaring, uitreiking en hantering van sodanige voorrade bestaan (Gildenhuys 1989:145-146). 'n Prosedurehandleiding vir Voor-