• No results found

KORPUSGEBASEERDE VERTAALKUNDE AS ONDERSOEKRAAMWERK

3.4 Die ontwikkeling van korpusgebaseerde vertaalkunde

3.5.2 Parallelle korpusse

3.5.2.2 Parallelle korpusse en vertaling

Parallelle tekste is ʼn gevolg van vertaling en volgens Barlow (ibid.) is daar veral drie aspekte by hierdie proses betrokke, naamlik:

• diskoersstruktuur (die verpakking van gebeure en inligtingstrukture groter as die klous volgens die taalkonvensies)

• leksis (die woorde en die idiomaties gepaste beskikbare kollokasies vir die taal) Enige vertaalpoging sal ʼn aantal idiosinkrasieë oplewer. Ten einde die beste algehele vertaling te lewer, sal die vertaler toegewings moet maak ten opsigte van elkeen van die bogemelde aspekte om die beste resultaat te lewer. Die vertaler moet streef na die optimale oplossing. Die manier waarop ʼn woord in ʼn spesifieke opset vertaal word, hang van verskeie faktore af. Dit sluit die vorige diskoers se vorm in asook ander kontekstuele invloede. Indien ons soek na die vertaling van X en Y as resultaat vind, wil ons graag uitvind in welke mate die ekwivalensie geëvalueer kan word. Deur bloot ʼn enkele ooreenkoms tussen twee woorde of strukture te vergelyk, is dit slegs moontlik om met vertroue te aanvaar dat dit na ʼn moontlike ooreenkoms lyk. Deur egter na verskeie voorbeelde van ʼn woord of struktuur se vertaling te kyk, kan die idiosinkratiese invloede regulatories beheer word. Die versameling gemotiveerde vertaalkeuses wat deur ʼn konkordansieprogram blootgelê word, laat ʼn navorser toe om die algemene patrone waar te neem. Veralgemening kan voortspruit uit die versameling van ʼn groot aantal individuele voorbeelde Barlow (2000:111)

By parallelle tekste kan aanvaar word dat die inhoud van beide tekste, wat die essensiële aspekte betref, dieselfde is en kan die tekste vergelyk word om te sien hoe elke taal ekwivalente betekenisse kodeer. Barlow (2000:112) illustreer die gebruik van parallelle tekste deur na voorbeelde van refleksiewe vorm te verwys.

In tabel 3.2 word ʼn klein seleksie uit die Afrikaanse teks van die navorsingskorpora geneem en met die ooreenkomstige Engelse teks vergelyk.

Tabel 3.2

nie vir almal nie not for every one

dit sal nooit werk nie it will never work

niemand het opgedaag nie no one came

nooit as’t nimmer not even closely

dit was nooit oorweeg nie it was never considered

niks wou help nie nothing helped

hy was nêrens te sien nie he was nowhere to be seen

met geen negatiewe gevolge nie with no negative results

Bostaande voorbeelde illustreer die wye veld patrone wat met die dubbele negatief in Afrikaans geassosieer word, asook ooreenstemmende patrone, en die verskille tussen Afrikaans en Engels. Die aantal ooreenkomste wat hier aangetoon word, is te klein om enige definitiewe afleidings te maak, maar toon slegs aan dat hierdie tipe data interessant is en na intensiewe navorsing kan lei.

Dit is duidelik dat geen Afrikaanse voorbeeld van die dubbele negatief in Engels as dubbele negatief vertaal is nie. Dit blyk dat die Afrikaanse dubbele negatief nie naasteby ooreenkomstige Engelse ekwivalente het nie.

Hierdie uitdrukkings wat uit die parallelle tekskorpus geneem is wys ook op die aard van ʼn vertaler se taak. In Afrikaans is daar ʼn wye verskeidenheid frases waar van die dubbele negatief gebruik gemaak word en wat deel vorm van die taalkundige kennis van Afrikaanse moedertaalsprekers. ʼn Ondersoek na die vertaling wat hierbo aangetoon word, gee ʼn idee van die ryke kennisstrukture wat ʼn Engelse student van Afrikaans moet opbou.

Wanneer verdere voorbeelde van leksikale ondersoek word, is dit ook moontlik om die kollokasies en strukture van spesifieke leksikale items te ondersoek, soos om die Engelse head met die Afrikaanse “hoof” te vergelyk. ʼn Mens kan jou ʼn Engelse spreker voorstel (wat Afrikaans bestudeer) met ʼn assosiasie tussen die vorm head en ʼn verskeidenheid betekenisse wat met head geassosieer word, en dan die moontlike ooreenstemmende Afrikaanse woorde d.m.v. die parallelle tekste kan waarneem.

In tabel 3.3 is ʼn aantal voorbeelde van Afrikaanse ekwivalente van die Engelse woord

head. Die voorbeelde toon aan dat sommige uitgebreide betekenisse van head in

beide Afrikaans en Engelse werk (bv. price on his head). In ander gevalle werk dit egter nie (soos head into the new year). Een belangrike verskil tussen Engels en Afrikaans wat duidelik in die ondersoek van parallelle tekste aangetoon word, is die

lae voorkoms of afwesigheid in Afrikaans van ʼn head of X-betekenis, wat met kop geassosieer word. Die vertalings vir dit was meestal woorde soos “bestuurder”, “leier” en “bopunt”.

Tabel 3.3

SABMiller heads into the new year SABMiller pak die nuwe jaar aan

Finnet puts its head on the block Finnet sit sy kop op ’n blok

Steward, head of financials at Sanmed Steward, Sanmed se fondsbestuurder died in a head on collision in ʼn botsing van voor verongeluk

the iComtec headstone reads op iComtec se grafsteen staan

that is the price on Share Bonds’ head dit is die prys op Share Bonds se kop head of the [..] movement leier van die [..] beweging

at the head of the investment rush aan die voorpunt van die beleggingstormloop

The Sunday Times head blasted Sunday Times se opskrif het uitgeblaker

Genmin in over its head bo Genmin se vuurmaakplek

stays at the head of the ladder bly aan die bopunt van die leer

In die bostaande tabelle is voorbeelde van hoe parallelle korpusse gebruik kan word in die ondersoek na frasale patrone, kollokasies en leksikale polisemie. Daar is ook nog verdere taalaspekte wat ondersoek kan word, byvoorbeeld, die organisasie van diskoers en retoriese strukture soos die Engelse well en Afrikaanse “goed”.