• No results found

Die oorlogmetafoor in finansiële mediadiskoers

discourse 1. verbal communication; talk, conversation; 2 a formal treatment

2.4 Die rol van metafoor in mediadiskoers en finansiële mediadiskoers

2.4.1 Die oorlogmetafoor in finansiële mediadiskoers

Die taal wat deur outeurs van finansiële mediadiskoers gebruik word, is deurtrek met metafore. In hierdie studie oor die vertaalde metafoor in finansiële diskoers oor aandele en markte in Finweek is dit duidelik dat metafore van beweging gereeld gebruik word. Dit behels beweging in die konseptuele metafoor DIE EKONOMIE IS ’N LEWENDE ORGANISME en ook aggressiewe bewegings, soos in die konseptuele metafore DIE EKONOMIE IS ’N STRYD VIR OORLEWING. Finweek verwys in sy

advertensies na die diskoers wat hy gebruik as “kort, kragtige, kolskootjoernalistiek” en in Engels is dit “short powerful, hard hitting journalism.” Om hierdie boodskap uit te dra, bevat metafoor wat in hul artikels voorkom die konseptuele begrippe van onder meer oorlog en mag.

Volgens Desmond (1997:338-339) is begrippe oor oorlog diepgewortel in die moderne gemeenskap. Oorlog speel ʼn belangrike rol in die vorming van moderne teorieë oor identiteit en ons hele begrip van redenering is gebaseer op ʼn oorlogvoeringmetafoor. Oorlog is mag en mag is oorlog. Identiteit is ʼn stryd om mag en dit is derhalwe ʼn oorlog. Hieruit kan aangevoer word dat die hele struktuur van argumentasie in taal gekonstrueer kan word as ʼn reeks oorlogspeletjies. Kennis is oorlog, en wetenskaplike waarheid is die uitkomste van die stryd tussen mededingende spelers waarin die gewig van die geallieerdes, beide fisies en sosiaal, die uitkomste bepaal. Die sakewêreld en die akademiese sfeer is terreine van stryd, geweld en oorlog.

Desmond (ibid.) beweer dat die aard van oorlog in ʼn groot mate bepaal word deur hoe ʼn mens dit waarneem. Dit kan waargeneem word as ʼn strategiespel (soos in skaak), as die ontknoping van ʼn drama (soos in eskatologiese filosofie), as ʼn brand of epidemie (in kataklismiese filosofie), as ʼn tydverdryf of avontuur, as ʼn seremonie of as ʼn doodswens. Dit word in figuur 2.5 geïllustreer:

esprit de corps

boys players comrades subversion betrayal game rules

alliances treachery

game seduction

war game intuitive Go

3D chess spies

Chess

intelligence

rational/ strategies game theory instrumental

battles

MAD Catch 22

violence war master waste slave irrational blood altruism blood sacrafice death

Figuur 2.5 Oorlogvoering : ʼn paar metonimiese skakels (Desmond, 1997:340)

Figuur 2.5 toon dat oorlog op verskillende (dikwels paradoksale) maniere omraam kan word, maar as dit binne die gemeenskap georganiseer word, kan oorlog die gewone gegroefde vorm van tweeledige teenoorgesteldes aanneem wat help om die verskillende identiteite, houdings en optredes in ʼn kultuur voor te skryf (Desmond, 1997:340).

Die Chinese skrywer Sun Tzu gee reeds in 221 BC in sy geskrifte (wat later in Engels vertaal is as The Art of War) advies oor verskeie strategiese konsepte van oorlog, soos:

When you are committed to employing your forces, feign inactivity. When your object is nearby, make it appear as if distant; when far away, create the illusion of being nearby (http://www.kimsoft.com/polwar02.htm).

Volgens Garsombke (1988:48) verskaf oorlogvoering die strategiese taal wat die struktuur van byna alle markdiskoers vorm:

... it builds systematic thinking, a “tight ship” mentality, a positive outlook, discipline, solidarity and endurance among the troops ...

Soos die bestuurders en direkteure herhaaldelik militêre strategieë, doelwitte en ideologieë geleen het, het die verandering in die mark van ʼn organisatoriese na ʼn militêre kultuur verander. Garsombke dui die proses in die onderstaande figuur 2.6 aan.

(Garsombke, 1988:48)

Figuur 2.6: Die proses waardeur militarisme as ʼn korporatiewe kultuur aangeneem is

In meer spesifieke oorlogsvoering-verwante literatuur oor strategiese diskoers word die eliminering van doeltreffende mededinging uitgesonder as die belangrikste strategiese doelwit in die aandelemark (ibid).

Volgens die neo-Darwiniste (ibid.) vorm mededinging die kern en aard van menslike ondernemings. Mededinging strek van die molekulêre tot die reusagtige: die oorlewing van die gene-poel word beskou as die primêre doelwit vir alle menslike pogings: gene ding mee, diere ding mee, mense ding mee, masjiene ding mee en ekonomieë ding mee. Daar is baie retoriek van oorlog in verhouding tot aandele en

Strategie Militarisme Model Korporatiewe Kultuur Leen militêre doelwitte Leen militêre ideologieë Leen militêre strategieë Doelwitte

markte, en mededinging (oorlog) word gesien as noodsaaklik vir ʼn gesonde markstelsel. Strategiese diskoers is waarskynlik die sigbaarste aspek van oorlogvoering in die markstelsel.

Charteris-Black (2002:143) het in sy navorsing oor finansiële verslaggewing tot die slotsom gekom dat die metafoor MARKONDERHANDELINGS IS FISIESE KONFLIK die mees

resonante konseptuele metafoor is. Tipiese metafore uit hierdie domein bevat werkwoorde van die prototipiese stadiums van militêre aksie soos geveg, veldslag, beskerm, verdedig, terugval, houe wissel, ensovoorts:

These have become the stock metaphors of global capitalism as we can see it from analysing the typical agents and patients of frequency keywords .

Herrera en White (2000:232) identifiseer ook ʼn konseptuele metafoor SAKE- ONDERHANDELING IS OORLOG en identifiseer drie stadiums in die oorname van

maatskappye, naamlik uitdaging, konflik en oorwinning.

Koller (2005:199-224) het ʼn korpus van finansiële tydskrifartikels oor samesmeltings en verkrygings ondersoek en gevind dat die spesifieke diskoers georganiseer is rondom ʼn konseptuele metafoor van evolusionêre stryd, met uitdrukkings soos “oorleef konsolidasie, paring vir oorlewing” en “om deur ʼn maatskappy opgevreet te word.”

In die boek Metaphor and Gender in Business Media Discourse ondersoek Koller onder meer die OORLOG-metafoor in finansiële mediadiskoers. Volgens haar is die eienaardigheid van die spesifieke metafoor die feit dat oorlog op sigself nie ʼn uniforme domein is nie, aangesien dit uit ʼn mengsel van fisiese geweld en militêre strategie bestaan. Joernaliste maak in mindere of meerdere mate van albei aspekte gebruik, soos “bruising battle; cut-throat killer” of “brutal internet prices” aan die een kant, tot “target group maneuver” en “strategic alliance” aan die ander kant (Koller, 2004:3).

Finweek se advertensieslagspreuk “kort, kragtige, kolskootjoernalistiek”/short,

evolusionêre stryd. Aangesien die redakteurs van Finweek doelbewus van hierdie stryd- en mededingingmetafoor in hul advertensieslagspreuk gebruik maak, kan verwag word dat metafore oor OORLOG EN MAG en SPORT EN SPELE in die artikels van

Finweek oor aandele en markte sal voorkom.