• No results found

Kognitiewe semantiek en kritiese metafooranalise

discourse 1. verbal communication; talk, conversation; 2 a formal treatment

2.4 Die rol van metafoor in mediadiskoers en finansiële mediadiskoers

2.4.2 Kognitiewe semantiek en kritiese metafooranalise

Om geskrewe diskoers te verstaan, gebruik lesers hul kognitiewe en taalkundige vaardighede om die teks, wat in ʼn spesifieke struktuur georganiseer is, te prosesseer. Om ʼn teks te verstaan, maak vaardige lesers staat op bloudrukkennis wat vooraf bekom is. ʼn Onderskeidende element in die begrip van teks is die proses waardeur lesers die segmente van teks karteer in voorafbestaande substantiewe kennis (Flood, 1984:viii).

Metafoor speel ʼn sentrale rol in openbare diskoers. Dit konkretiseer ingewikkelde politieke prosesse in die vorm van stereotiepe skemas wat die agenda van die media vorm (Charteris-Black & Musolff, 2003:153). Lakoff en Johnson (1980) het ʼn raamwerk verskaf van hierdie begripsaspek van beeldspraak deur metafoor te analiseer as ʼn kartering vanaf ʼn konseptuele brondomein na ʼn doeldomein (raadpleeg 2.3.2). In kognitiewe studies kan hierdie model gebruik word om konseptuele verskille tussen verskillende taalgemeenskappe aan te toon deur die bestudering van metafore wat die leksikale strukture in die verskillende tale karakteriseer. Volgens Charteris-Black en Musolff (2003:156) is daar ook ʼn tweede kontrasterende vlak tussen spraakgemeenskappe, naamlik die manier waarop metafoor gebruik word in spesifieke kontekstuele uitinge. Die kognitiewe model moet gekomplementeer word deur ʼn verslag oor die pragmatiese en retoriese funksies van metafoor wat baie belangrik is by die gebruik van metafoor in openbare diskoers. Charteris-Black (2004:18) is van mening dat daar veral pragmatiese en kognitiewe verskille tussen tale en die rol van metafoor in diskoers kan wees.

Charteris-Black (ibid.) toon aan dat studies oor metafoor onderskei tussen onderliggende en oppervlakmetafore. Lakoff en Johnson (1980:4) verwys na onderliggende metafore as konseptuele metafoor en Goatly (1997:16) noem dit wortelanalogieë. Hierdie navorsers gebruik nie noodwendig hierdie terme om na

dieselfde tipe metafore te verwys nie, maar hulle aanvaar dat metafore geklassifiseer kan word na aanleiding van taalkundige kriteria, aangesien dit die taalkundige uitkomste is van onderliggende kognitiewe prosesse wat ook verteenwoordig moet wees (Charteris-Black, 2004:244) (raadpleeg ook 2.4.2).

Charteris-Black (ibid.) se navorsing steun die siening van Lakoff en Johnson (1980:64) dat metafore se posisie in ʼn hiërargie beskryf kan word na aanleiding van die vlak van abstraktheid waarvolgens dit geklassifiseer is. Deur metafore in ʼn korpus te analiseer, is dit moontlik om die konseptuele vlak van metafoor te verstaan en hoe dit met die onderlinge ideologie verband hou. Die doel van ʼn onderskeid tussen konseptuele metafore en oppervlakmetafore is dat dit ons in staat stel om patrone in die onderlinge verhoudings van metafore te identifiseer waardeur hul betekenis aangedui word. Deur konseptuele metafore deur middel van die identifisering van konseptuele sleutels onderling te verbind, kan koherensie in spesifieke diskoerse verklaar word. Die identifisering en beskrywing van daardie konseptuele vlakke verbreed die begrip van hul rol in ideologie en dra by tot die ontwikkeling van teorie, aangesien dit ʼn toegangspunt verskaf tot die gedagtegang wat onderliggend aan taalgebruik is (Charteris-Black, 2004:244). Charteris-Black het ʼn interessante teorie oor die outeurs van finansiële tekste wat hy baseer op grond van sy navorsing oor metafoor in finansiële verslagdoening. Hy is van mening dat, waar outeurs hulself as kundige analiste sien wat in posisies is om ekonomiese prosesse en tendense met ʼn mate van sekerheid te voorspel, hul grootliks gebruik maak van ʼn lewendige stelsel van metafore. ’n Voorbeeld hiervan is om die ekonomie in sy geheel as ʼn lewende organisme te sien. In hierdie geval word metafore soos groei, agteruitgang en volwassenheid gebruik. Dit word gebruik as die skrywer in staat is om met ʼn mate van akkuraatheid, positiewe of negatiewe evaluasies te doen. Wanneer die selfstandige naamwoord ekonomie ter sprake is, word dit dikwels deur werkwoorde soos groei, herstel, benodig, ensovoorts, gevolg. Aan die ander kant, is daar outeurs wat hulself nie voorhou as kundiges nie, aangesien hulle nie genoeg kennis dra van veranderlikes wat die mark beïnvloed nie (Charteris-Black, 2004:135). Hierdie outeurs gebruik meestal lewelose metafore. Wanneer markveranderinge beskryf word, gebruik hulle woorde soos opswaai, gly,

wip, ensovoorts. Hierdie gebruik kom voor by outeurs wat hulself as kommentators

(2004:136) is die keuse van metafoor sentraal wanneer bepaal word of outeurs hulself as kundige analiste of as kommentators sien.

There is a degree of choice available as to whether the primary role of financial reporting is to report events or to predict them. In pragmatic terms, choice of an animate or inanimate metaphor has a discourse role that determines the positioning of the author in relation to the text as well as a persuasive role in the forming evaluation of the events that are described.

In hierdie studie was dit nie moontlik om Charteris-Black (2004) se teorie te beproef nie, aangesien die outeurs se vlak van kundigheid nie bepaalbaar was nie. Finweek is nie ʼn vakwetenskaplike joernaal nie, maar van ’n meer wetenskaplik-populêre aard. Die outeurs se name word wel by die artikels gepubliseer, maar hul akademiese kwalifikasies en kennis oor finansiële markte is nie vir navorsing beskikbaar nie.

Die onderstaande model van Charteris-Black (2004:245) illustreer die siening dat metafoor in verskillende taalgebruikdomeine werk, asook die onderlinge verhouding tussen die verskillende hiërargiese vlakke. Kritiese metafooranalise skep die moontlikheid om die onderlinge verhouding tussen verskillende domeine te identifiseer en te ondersoek.

Figuur 2.7 ʼn Hiërargiese kognitiewe model van metafoor