• No results found

Ordening van inligting deur middel van klassifikasie

Die gebruik van Internetbronne tydens regsnavorsing

5.3 Biblioteekkundige benaderings in die opbou van onderwerpsgidse

5.3.3 Ordening van inligting deur middel van klassifikasie

'n Oogmerk van bestaande biblioteekklassifikasiestelsels is om inligting te orden en soekpunte daar te stel waardeur inligting later opgespoor of herwin sal kan word (Dolin et al., 1998). Alhoewel sommige Intemet-organisasies klassifikasiebeginsels by onderwerpsindeling volg, word die potensiele inligtingontsluitingswaarde van bestaande biblioteekklassifikasiestelsels nie ten voile in kuberruimte besef en benut nie (Shafer, 1997a:28). Benewens die ordening van inligting in onderwerpsgidse speel klassifikasie ook 'n rol tydens die ontwerp van intranette waar die wyse waarop die inligting georganiseer of georden is die vinnige herwinning van relevante inligting be'invloed (Bregman, 1997:165; Doyle & Du Toit, 1998:6).

Kundiges op die gebied van klassifikasie het lank tevore reeds die potensiele nut van klassifi- kasie vir gebruik tydens inligtingherwinning in 'n netwerkgebaseerde inligtingsomgewing ingesien (Velluci, 1997:24). Klassifikasiestelsels is egter weens die oorspronklike nie-elektroniese aard daarvan eers onlangs vir die ordening van Internetbronne geTmplementeer (Velluci, 1997:16). So

byvoorbeeld is die Dewey Desimale Klassifikasiestelsel (DDK) sedert 1989 elektronies beskikbaar en staan as die Electronic Dewey bekend. Die DDK se 21ste uitgawe het in 1996 verskyn en word sedertdien in verskeie onderwerpsgidse gebruik om Internetbronne te organi- seer (DDC, 1996:xx/, Ixix & Velluci, 1997:16).

Voorbeelde van ander biblioteekklassifikasiestelsels wat in kuberruimte gebruik word, is die Universele Desimale Klassifikasiestelsel (UDK) en die Library of Congress Classification (LCC). Elk van hierdie klassifikasiestelsels (DDK, UDK en LCC) beskik oor uitgebreide kennisbasisse wat deur onder andere Vizine-Goetz (1996c:3) ondersoek was en geskik bevind word vir die ordening van die diverse bronne en verskeidenheid onderwerpe wat in onderwerpsgidse opge- neem word.

Hiom (1998:2) verwys ook na die nut wat klassifikasie in onderwerpsgidse vir navorsers inhou. Deur die beginsels van klassifikasie toe te pas kan sekere van die inligtingherwinningsprobleme wat deur regsnavorsers ondervind word, vermy word. So byvoorbeeld kan klassifikasie se semantiese en kontekstuele strukturering help deurdat nie net die terminologie wat tot 'n konsep behoort nie, maar ook die konseptuele verwantskappe daarvan aangedui word (Liu & Svenonius, 1991:360). Dit beteken dat die internetgebruiker die onderwerp binne konteks kan plaas en op 'n spesifieke aspek binne 'n breer onderwerpsgebied kan fokus (Koh, 1995:202). Hiermee saam vertoon klassifikasiestelsels hierargiese verwantskappe deur opper-, newe- en ondergeskikte onderwerpe en word die Internetgebruiker daardeur gehelp om die onderwerp af te baken, beter aftaskeuses te maak en om terselfdertyd van bestaande, moontlik verbandhoudende onder- werpe kenniste neem (Hiom, 1998:3 & Koh, 1995:202).

Verdere eienskappe van klassifikasiestelsels wat die herwinning van regsinligting kan bevorder en multi-dimensionele toegangsmoontlikhede impliseer, is byvoorbeeld die notasie-skakeling

(mapping) tussen verwante onderwerpe (notasie-notasie-skakeling) en die notasie-skakeling

tussen verbandhoudende notasies en indekseerterme (notasie-trefwoord-skakeling). Volgens Vizine-Goetz (1996d:8) word die Internetgebruiker deur sodanige skakeling gehelp om spesifieke inligting binne 'n bepaalde verband op te spoor. So byvoorbeeld is die Electronic Dewey op hierdie wyse van skakels tussen DDK-notasies en Library of Conojess-saakhoofde (LCSH) asook met ooreenstemmende skakels tussen die Electronic Dewey en die LCC, voorsien. Hiermee saam lei skakels tussen die DDK en LCC met LCSH-gesagrekords tot hoe herwinning en presies- heid (Vizine-Goetz, 1996d:8).

Om al die verskillende fasette wat aan 'n Intemetbron toegeskryf kan word te ontsluit, bestaan die moontlikheid om meer as een notasie aan die intemetbron toe te ken (Vizine-Goetz, 1996c:8). So byvoorbeeld kan daar aan die onderwerp: stemregte van individue ten minste twee DDK- notasies toegeken word, naamlik 342.672 (Voting rights and qualifications for voting) en 324.6

presiesheid nie negatief daardeur bei'nvloed word nie (Velluci, 1997:16). Meervoudige notasies en skakeling tussen die notasies en verbandhoudende LCSH-saakhoofde sal die waarskynlike gevolg he dat 'n regsnavorser so veel as moontlik Intemetbronne oor een bepaalde onderwerp in 'n onderwerpsgids kan opspoor.

'n Laaste belangrike eienskap van biblioteekklassifikasiestelsels is dat, juis omdat notasie universeel is, dit vir skakels met ander tale voorsiening maak (Vizine-Goetz, 1996d:9). Dit be- teken dat notasie as 'n tipe uitruil-meganisme (switching mechanism) in 'n elektroniese inligtings- omgewing kan dien. 'n Internetbron waaraan 'n bepaalde notasie of notasies toegeken is, word deur middel van notasie as "uitruiltaal" aan indekseertemrie geskakel of gebind, wat outomaties konseptuele en kontekstuele verbande tussen dokumente, ongeag die taal waarin die dokumente verskyn, impliseer (Vizine-Goetz, 1996c:8-9).

Samevattend kan klassifikasiestelsels soos die DDK, UDK en LCC beskou word as meganismes wat nuttig aangewend kan word om multidimensionele toegang tot Intemetbronne te bied. Deur die inligtingstegnologie word klassifikasie in 'n elektroniese inligtingsomgewing waardevol gemaak omdat skakels maklik en outomaties tussen verskillende stelsels se verwante notasies, trefwoorde, indekseerterme en saakhoofde geskep kan word (Koh, 1995:200). Volgens Koh (1995:208) is konsensus bereik dat die kragtigste metode vir die organisering en herwinning van Intemetbronne in die gebruik van klassifikasiestelsels en klassifikasiebenaderings, gekombineer met die tegnologiese skep van skakels tussen notasies, natuurlike taal en gekontroleerde terminologie, bestaan.

Waar klassifikasie dus voordelig in kuberruimte gebruik kan word, speel biblioteke 'n belangrike rol in die uitbreiding en aanpassing van bestaande klassifikasiestelsels ten einde dit effektief in 'n netwerkgebaseerde inligtingsomgewing aan te wend. Dit beteken volgens Vizine-Goetz (1996d:9) dat byvoorbeeld die DDK en LCC se skedules, onderwerpsindelings en opskrifte, dit wil se die makro- en mikro-ordes, deurgaans ten opsigte van hul ekspressiwiteit en resentheid geevalueer moet word. Notasiekomponente moet ontleed word sodat spesifieke onderwerpe gei'dentifiseer en verteenwoordig kan word. Hierby is dit die mening van Vizine-Goetz (1996b:9) dat selfs al beskik elke term nie oor 'n eie notasie nie, nuwe terminologie deurgaans as tref- woorde toegevoeg en met verbandhoudende trefwoorde en notasies geskakel moet word om optimale herwinning te bewerkstellig.

Met die oogmerk om die herwinning van inligting te optimaliseer is dit ook belangrik dat skakels na ander gekontroleerde woordelyste uitgebrei word sodat die natuurlike taal van Internet- gebruikers met gekontroleerde trefwoordlyste kan korreleer. Nog 'n belangrike aanpassing wat volgens Vizine-Goetz (1996d:9-10) gemaak moet word, is dat die beginsel van literere waarborg gewysig sal word om die klassifikasie van Intemetbronne, wat nie noodwendig in gedrukte formaat verskyn nie, te kan akkommodeer.

Verderwys Thompson, Shaferen Vizine-Goetz (1997:2) daarop dat daarin 'n klassifikasiestelsel soos die DDK se skedules ca. 30 000 genoteerde konsepdefinisies is. Die moontlikheid bestaan dat sekere van die konsepte oorvleuel, dubbelsinnig of oortollig mag wees en gevolglik nadelig op die effektiwiteit van 'n klassifikasiestelsel as inligtingherwinningsmeganisme inwerk. Daarom beklemtoon hierdie inligtingkundiges die noodsaaklikheid om die klasintegriteit van 'n klassifikasiestelsel se kennisbasis deurgaans te ondersoek. Dit beteken dat verskillende per- spektiewe van dieselfde onderwerp uit die staanspoor vir Internetgebruikers wat in 'n onder- werpsgids rondblaai, duidelik moet wees. So byvoorbeeld moet die "legal status of disabled

persons", die "social status of disabled persons" en die "mental status of disabled persons"

duidelik onderskei word as behorende tot verskillende klasse.

Die gevolgtrekking uit bogenoemde is dat waar biblioteke 'n belangrike rol speel in die ordening van diverse inligtingsbronne, bestaande klassifikasiebeginsels ook suksesvol toegepas kan word in die ordeningsproses van Intemetbronne in onderwerpsgidse en inligtingsopritte. Ten slotte is daar gesien dat aandag aan die probleme van klassifikasie geskenk moet word sodat klassifika- siestelsels as inligtingherwinningsmeganismestoenemend in kuberruimte aangewend kan word.