• No results found

Inligtingbeheer deur middel van bronbeskrywing

Die gebruik van Internetbronne tydens regsnavorsing

5.3 Biblioteekkundige benaderings in die opbou van onderwerpsgidse

5.3.2 Inligtingbeheer deur middel van bronbeskrywing

Dit is belangrik dat die groot hoeveelhede inligting wat vir opname in 'n onderwerpsgids geselek- teer word deur intensiewe prosesse van bronbeskrywing ontsluit en beheer sal word (Bradshaw, 1997:257). Volgens Hiom (1998:3) ontstaan die potensiaal vir biblioteke om Internetbronne deur kodperatiewe bronbeskrywing bibliografies te beheer juis vanwee die aard van die Internet. Dit hou in dat biblioteke, ongeag hul geografiese verspreidheid, deur middel van netwerke met verskeie ander biblioteke kan deelneem aan die bronbeskrywingsprosesse en meewerk aan die opbou van vakgeorienteerde onderwerpsgidse. Individue kan dus vanaf hul persoonlike rekenaarwerkstasies (PC desktops) beskrywende inligting vir die doeleindes van bibliografiese beheer, skep. Hierdie inligting word dan verder deur die Web se hipermediategnologie tot die onderwerpsgids se databasis toevoeg (Hiom, 1998:3).

Tot op hede speel die biblioteek tradisioneel 'n onmiskenbare rol in die suksesvolle beheer van groot hoeveelhede inligting. Inligtingbeheer behels die vaslegging van die bibliografiese ken- merke van inligting in dokumente deur die toepassing van katalogiseringsreels soos byvoorbeeld die hersiene tweede uitgawe van die Anglo American Cataloguing Rules (AACR2) om plaas-

vervangers vir dokumente, hetsy teks-, beeld- of klank, te skep sodat die inligtingsinhoud daar- deur beheer, gefiltreer en georden kan word (Heery, 1996:360 & Shafer, 1997b:19). So byvoor- beeld is katalogusinskrywings in die verlede op kataloguskaartjies en tans as rekenaarmatige rekords in intydse katalogusse (OPAC's) geskep om inligtingsbronne te beskryf.

Tradisioneel bied biblioteekkatalogusse makrotoegang tot items in die biblioteekversameiing of ander biblioteke se versamelings en word daar op bibliografiese hulpmiddele soos klassifikasie- stelsels, indekse en bibliografiee staatgemaak om mikrotoegang tot dele van items te bied. Tans word meer gespesialiseerde inligtingherwinning deur die ontwikkelende inligtingstegnologie moontlik gemaak. Hiermee word bedoel dat 'n OPAC met elektroniese Internetkatalogusse gei'ntegreer kan word sodat meervoudige toegangspunte tot afgelee elektroniese inligting bewerkstellig kan word (Velluci, 1997:15).

5.3.2.1 Die gebruik van standaardformate by bronbeskrywing: AARC2 en MARC

Deur die aanwending van die AACR2 en rekenaar-leesbare katalogiseringsformate (MARC) kan biblioteke rekords met inligting wat Internetbronne beskryf, skep. Hierdie inligting wat 'n doku- ment beskryf staan tradisioneel as bibliografiese inligting of in 'n elektroniese inligtingsomge- wing as metadata bekend en kan veral gebruik word om die herwinning van irrelevante inligting te beperk (Roszkowski & Lukas, 1998:13).

Volgens Nanfito (1999:19,20) speel biblioteke 'n belangrike rol in die skep van metadata vir Internetbronne wat in 'n onderwerpsgids opgeneem word. Heery (1996) gee 'n uiteensetting van die toegangspunte waarvoor daar nuut in MARC voorsiening gemaak word met die toepassing van die katalogiseringsreels in die AACR2. Dit sluit byvoorbeeld die titel van die Intemetbron by veld 245 in, met die materiaalaanduiding (GMD) as #h Computer file. By veld 256 word 'n vollediger beskrywing van die tipe materiaal aangedui, soos Electronic journal; FTP site; News

group; Library catalog of Computer data. Die opdateringsfrekwensie word by veld 310 aangedui

en die verbindingswyse, naamlik Access through computer network; Mode of access: FTP,

Electronic mail, Gopher of Mode of access: Internet word by veld 538 aangedui. Waar

laasgenoemde veld voorkom, moet die Intemetbron se URL ook in die nuwe veld 856 ingeskryf word (Shafer, 1997b:2).

Behalwe die URL wat by veld 856 aangedui word, kan ook ander metodes van toegang by addisionele 856-velde aangedui word, byvoorbeeld die elektroniese posadres, Telnet, FTP of telefoon- en faksnommers. Daar word verder vir addisionele DDK-notasies in veld Axx voorsiening gemaak en die veld vir beskrywende notas word soos volg uitgebrei: 500 Text

displays in color of Includes clickable map; 516 Conversion to TEl-conformant markup of Hypertext (electronic journal); 520 This report is a plotter-ready file in HPCL2 format of Provides

links to Internet resources of This is a collection of movie clips (Dillon & Jul, 1996:202). Ten

slotte word enige toegangsbeperkings soos wagwoorde by veld 506 aangedui.

Benewens die gebruik van die AACR2 en MARC-formate vir die skep van bibliografiese inligting oftewel metadata, bestaan daar ook verskeie ander formate. Die verskillende maniere en standaarde waarvolgens metadata geskep kan word, word vervolgens kortliks bespreek.

5.3.2.2 Die gebruik van metadatastandaarde

Vir "bibliografiese beheer" in kuberruimte is strukture wat op die voorsiening van basiese sowel as uitgebreide metadata gerig is, geskep (Stark, 1998:1). Metadata is die term wat gebruik word om die aard van 'n elektroniese rekord, element, dokument of ander elektroniese inligting- draende voorwerp in terme van sekere beskrywende kenmerke te beskryf. Hierdie kenmerke is onder meer die skepper van die inligting, die titel, die toegangswyse, onderwerp, die bran se fonmaat en die datum waarop die inligting of inligtingsbron geskep of hersien was (Clemson, 1997:59). In die proses van inligtingontsluiting is sulke beskrywende inligting fundamenteel en belangrik omdat dit na die mening van Palowitch & Horowitz (1996) bepalend ten opsigte van die toeganklikheid van Internetbronne is.

Omdat Intemetgebruikers se inligtingsbehoeftes verskil net daar meerdere strukture vir die opstel van metadatarekords ontstaan, onder andere die Dublin Core Qualifiers, Text Encoding Initiative,

Uniform Resource Characteristics en die gebruik van 'n Semantic Header of semantiese kopstuk.

'n Uitgebreide lys van metadatastrukture kan by die webruimte van die International Federation of Library Associations' Digital Libraries gevind word by http://wvw.nlc-bnc.ca/ifla/ll/metadata

.htm

As 'n voorbeeld van 'n metadatastruktuur word die semantiese kopstuk bespreek. Desai (1997: 203) stel die gebruik van 'n semantiese kopstuk as 'n buigsame inligtingontsluitingsmeganisme wat die toeganklikheid van Internetbronne behoort te bevorder, voor. Die doel van 'n semantiese kopstuk is om deur kontrole definisies wat in die kennisbasis van 'n kundige indekseringstelsel

(expert index entry system) ingebou is, alle items in te sluit wat gewoonlik tydens 'n

inligtingsoektog na gesoek word (Desai, 1995:2). Dit sluit onder andere die titel, outeur, URL en trefwoorde of deskriptore in gekontroleerde of natuurlike taal, in.

Dit is belangrik dat biblioteke hulle vir die skep van omvattende metadatarekords beywer omdat die herwinning van Internetdokumente daardeur bevorder word (Desai, 1997:203), maar dit is nie die taak van die biblioteek alleen om volledige metadata aan Internetbronne te voorsien nie (Hiom, 1998:4). In die lig van die tempo waarteen Internetbronne toeneem, word ook die skeppers van webruimtes betrek en genoodsaak om self sover moontlik die nodige metadata te voorsien (Desai, 1997:192). Om samewerking in hierdie verband te bewerkstellig kan 'n

registrasietemplaat van die semantiese kopstuk byvoorbeeld deur middel van 'n grafiese koppelvlak aan inligtingskeppers voorgehou word om te voltooi (Desai, 1997:198). So 'n registrasietemplaat kan by die Semantic header entry form-webruimte opgespoor word by

http://www.cs.concordia.ca/~grad/mechoue/entry2.html

'n Kenmerk van die gebruik van 'n semantiese kopstuk is dat die skeppers van Internetbronne wat hul webruimtes registreer, dit terselfdertyd ontsluit sonder dat veel kennis van Internetprotokols, katalogiseringsreels of besondere inligtingontsluitingsvaardighede benodig word (Desai, 1998:192,198). Nadat 'n webruimte geregistreer is en die basiese metadata deur die outeur self voorsien is, word verdere beskrywende inligting indien nodig, deur professionele inligtingkundiges tot die metadatarekords toegevoeg (Desai, 1997:192,198).

Deur die skep van semantiese kopstukke word waarde tot webruimtes toegevoeg. Waar die biblioteek waarskynlik 'n groot bydrae in die skep van metadata kan lewer, speel die biblioteek dus ook in kuberruimte 'n belangrike rol in die waardetoevoegingsproses (Olson, 1998 & Schwartz, 1997:12). Dit beteken dat waar biblioteke bronne in terme van hul besondere kenmerke beskryf, daar vanwee die toegevoegde waarde daarvan verbeterde toegang tot die bronne is. Hierdie besonderhede, soos byvoorbeeld sleutelwoorde of onderwerpstrefwoorde en 'n ekserp, help Internetgebruikers met ander woorde om meer ingeligte keuses met betrekking tot die moontlike relevansie en die kwaliteit van 'n Internetbron te maak (Hiom, 1998:3). Die regsnavorser word sodoende in staat gestel om, sonder dat dit nodig is om die webruimte fisies af te laai {down load), kennis te neem van die tipe dokument en inligting wat ter sprake is, wie die skepper van die inligting is en waar en hoe die inligting opgespoor kan word.