• No results found

Regsinligting op die Internet

3.2 Die Internet as inligtingsbron

3.3.1 Elektroniese pos (nuusgroepe)

'n Rekenaargebruiker wat oor die nodige programmatuur en 'n gebruikersagent beskik word deur elektroniese pos in staat gestei om deur middel van die netwerk 'n boodskap plaaslik of internasionaal te stuur aan of ontvang vanaf 'n ander gebruiker wat ook gekoppel is aan die netwerk. Elektroniese pos is in vergelyking met die stuur van tradisionele pos, veel vinniger, goedkoper en minder moeite om te stuur (Lynden, 1996:76). Daarby is die gebruik van elektroniese pos voordelig vir gebruikers wat 'n sistematiese rekord wil hou van alle boodskappe wat gestuur en ontvang is.

Tydens die regsnavorsingsproses sou eiektroniese pos as 'n inligtingherwinningsinstrument aangewend kon word deur deelname aan USENET- en ListServ-nuusgroepe en Internet Relay Chat. Deur Internet Relay Chat (IRC) word geselskanale deur die Internet daargestel wat interaktiewe kommunikasie tussen mense wereldwyd moontlik maak (Van der Westhuizen, 1997:3). Hierdie interaktiewe kommunikasie vind wel deur middel van eiektroniese pos plaas, maar is nie in wese 'n inligtingherwinningsinstrument nie en word daarom slegs kortliks genoem. Daarenteen is deelname aan nuusgroepe 'n effektiewe wyse vir onder andere regsnavorsers om inligting oor 'n spesifieke vakgebied of onderwerp te bekom (Louis-Jacques, 1997:1).

'n Nuusgroep dien as 'n platform vir die bespreking van enige onderwerp wat deur Internet- gebruikers ter bespreking daargestel word. Deur middel van 'n nuusbediener en 'n gebruikers- program is dit moontlik vir enige persoon wereldwyd om aan besprekings op 'n spesifieke vakgebied deel te neem. So byvoorbeeld kan 'n regsnavorser "n vraagstuk aan "n spesifieke USENET-nuusgroep stuur met die doel om ander vakkenners se menings te bekom (Blackman, 1998:3). Die vraagstuk verskyn dan op 'n bulletinbord sodat ander regsnavorsers deur middel van eiektroniese pos daarop kan reageer. Die reaksie op die vraagstuk verskyn ook op die bulletinbord. Op hierdie wyse kan die regsnavorser self 'n vraag ter bespreking stel of op hoogte bly van aktuele besprekings tussen ander regsnavorsers deur gereeld na die bulletinbord te gaan kyk sonder om self deel te neem aan die bespreking.

ListServ's is nuusgroepe wat van USENET-nuusgroepe in die opsig verskil dat, indien 'n regs- navorser sou besluit dat 'n ListServ-nuusgroep betrekking het op die spesifieke vakgebied waaroor navorsing gedoen word, die navorser se eiektroniese posadres aangeteken word by die nuusgroep en daarna word alle posstukke outomaties deur middel van eiektroniese pos ontvang. Deur aangeteken te wees by 'n ListServ-nuusgroep hou dus die voordeel in dat die regsnavorser outomaties die besprekings as eiektroniese posstukke sal ontvang.

Ter illustrasie van die verskeidenheid nuusgroepe wat tans bestaan, word 'n paar voorbeelde genoem:

• 'n Voorbeeld van 'n USENET-nuusgroep wat vir sekere regsnavorsers van belang mag wees, is die Tax Analysts Discussion Group* by http://www.tax.org/notes/default.htm

• 'n Volledige adreslys van USENET-nuusgroepe vir regsgeleerdes is beskikbaar by http://www.lib.uchicago.edu/~llou/lawlists/newsgroups.html

• Voorbeelde van ListServ's op regsgebied is die SA Constitutional Court Notification List by http://www.law.wits.ac.za/ccnotify.html en die Duitse webruimte, Forum Deutsches Recht by http://www.recht.de/recht/forum

Die name van webruimtes wat genoem word, word telkens onderstreep en deur die URL (Internet-adres) van die spesifieke webruimte gevolg. Sien einde van bronnelys vir '« volledige lys van URL's.

• Die wyse waarop ingeskakel word op nuusgroepe word uiteengesit in Louis-Jacques (1998a) se Law lists by http://www.lib.uchicago.edu/~llou/lawlists/intro.html

• 'n Volledige lys van hiperteksskakels na ListServ-nuusgroepe vir regsnavorsers op alle regsgebiede kan gevind word by http://www.lib.uchicago.edu/~Hou/lawlists.txt

Volgens Van Brakel (1996:200) en Van der Walt (1998a:37) speel die gebruik van elektroniese pos 'n beduidende rol in die kringloop van wetenskaplike inligting. Elektroniese pos stel regs- navorsers in staat om regs- en ander inligting vinnig en effektief te ontvang van of te stuur aan mede-navorsers of ander vakkenners (Botluk, 1997b:ch1e). Deurdeelname aan nuusgroepe op hul onderskeie regsgebiede, kan regsnavorsers op hoogte van resente inligting op internasionale vlak bly. Terselfdertyd word regsgeleerdes bewus gemaak van die bestaan van regs- of ander inligting wat deur ander regsnavorsers as betroubaar en waardevol gereken word, asook waar en hoe dit opgespoor kan word (Doyle, 1996:13).

3.3.2 Leerversendingsprotokol

Kommunikasie tussen rekenaars van dieselfde en verskillende vervaardigers, met ander woorde tussen dieselfde en andersoortige rekenaars, vind deur middel van verskeie protokols plaas wat in die Transmission Control Protocol/Internet Protocol of TCP/IP saamgevat word (Leiner et al., 1997:7). Van der Westhuizen (1997:2) beskryf 'n protokol as 'n stel programme, roetines en subroetines wat twee of meer rekenaars wat aan die Internet gekoppel is, in tegniese terme in kennis stel hoe 'n inligtingversendingsopdrag uitgevoer moet word.

Die leerversendingsprotokol, of meer bekend as File Transfer Protocol (FTP), is 'n inligting- herwinningsinstrument wat die tuisrekenaar met 'n afstandsrekenaar verbind met die doel om inligting vanaf die afstandsrekenaar te onttrek en af te laai in 'n tuisleer (Van der Westhuizen, 1997:2-3). Regsnavorsers sou deur sleutelwoordsoektogte in byvoorbeeld die drcft/e-databasis kon vasstel watter FTP-bedieners regsinligtingsleers vir navorsing beskikbaar stel.

• 'n Skakel na die Arcn/e-databasis word deur die Welcome to Archie-Plex-webruimte gebied by http://www.lerc.nasa.gov/archieplex

3.3.3 Gopher

Gopher is 'n inligtingherwinningsinstrument wat in die veriede veral deur akademiese instansies gebruik was (Pickhard, 1998b:7). Gopher bevat slegs teksdokumente en inligting word herwin deur van keuselyste gebruik te maak. Dit bied steeds 'n maklike en redelik vinnige wyse van inligtingherwinning, maar sedert die koms van grafiese leesprogramme soos Mosaic, Netscape

Navigator en Internet Expbrer is die gebruik van die Web as inligtingherwinnmgsinstrument meer op die voorgrond gestel en word Gopher nie meer so gereeld benut nie (Poulter, 1997:133). Databasisse soos Veronica en Jughead maak sleutelwoordsoektogte na Gopher-dokumente op die Internet moontlik.

• 'n Toepaslike webruimte om as wegspringpunt vir die herwinning van Gopher-regsinligting te benut, is Search Gopher Space by http://galaxy.einet.net/gopher/gopher.html

3.3.4 Telnet

Telnet is 'n inligtingherwinningsinstrument van die Internet wat 'n tuisrekenaar met 'n afstands- rekenaar skakel en die tuisrekenaar toelaat om van die afstandsrekenaar se programmatuur gebruik te maak (Botluk, 1997b:ch1c4). Deur van Telnet gebruik te maak verkry "n regsnavorser wat oor 'n gebruikersnaam en wagwoord beskik, byvoorbeeld toegang tot die katalogusse van SA Media en SABINET asook intemasionale biblioteekkatalogusse soos die Harvard OnLine Library and Information Systems (HOLLIS).

• 'n Regsnavorser wat oor 'n paslike gebruikersnaam en wagwoord beskik sou byvoorbeeld deur middel van Telnet die Harvard University: Law School by telnet://hollis.harvard.edu se biblioteekkatalogus vir inligtingsoektogte kon gebruik.

• 'n Lys van Telnet-adresse vir biblioteekkatalogusse word gevind by die List of Law Schools and Academic Law Libraries-webruimte by http://www.lcp.com/The-Legal-List/ch4c.html