• No results found

Die gebruik van Internetbronne tydens regsnavorsing

4.3 Kwaliteit van regsinligting op die Internet

4.3.1 Evaluering van regsinligting volgens spesifieke kriteria

4.3.1.5 Inhoud en omvang

Die omvang van 'n Internetbron kan gei'dentifiseer word deur 'n breedte- en diepte-ondersoek na die inhoudsdekking van die bron, te doen (Larsen, 1997). Die breedte-ondersoek hou in dat alle aspekte van die onderwerp gedek moet wees en die diepte-ondersoek bevraagteken die mate waarmee die besonderhede van die onderwerp bespreek word (Smith, 1997). Die omvang van 'n

webruimte behoort die doel van die webruimte te reflekteer. Daarom behels die evaluering van die omvang van 'n webruimte onder andere die beoordeling van daardie aspekte waarop daar, in ooreenstemming met die doeistellings van die webruimte, gefokus word. Hiermee saam moet daar op enige weglatings van belangrike inligting gelet word (Larsen, 1997).

Tydens die ondersoek na die breedte en diepte van 'n Intemetbron se inhoudsdekking is dit ook belangrik om vas te stel of die inligting in die webruimte tot 'n sekere tydperk beperk is en of daar ander beperkinge ten opsigte van die formaat van die bron, byvoorbeeld FTP, Gopher, Telnet, ensomeer, gestel word (Smith, 1997:2). Indien daar sodanige beperkinge met betrekking tot 'n bron is, beklemtoon Larsen (1997) die belangrikheid van 'n argief waarin inligting vir latere herwinning gestoorword.

Deur ook op die prosedure te let waarvolgens inligting vir opname in 'n webruimte geselekteer is en die inligting wat opgeneem is met inligting in ander formate te vergelyk, kan die omvang en inhoud van 'n webruimte geevaleer word (Van der Westhuizen, 1997:10). So byvoorbeeld kan die verband met ander formate onder meer gedrukte bronne, CD-ROM en Gopher, 'n aanduiding van die uniekheid van die inligting gee. Die uniekheid van inligting word deur enige bykomende eienskappe of voordele van die webruimte gekenmerk, soos 'n addisionele funksie vir die gereelde verskaffing van hersiene weergawes (updates) van 'n gedrukte bron (Smith, 1997:3).

4.3.1.6 Funksionaliteit

Die funksionaliteit van 'n webruimte word op grand van die gemaklikheid en doeltreffendheid waarmee die webruimte gebruik kan word, geevalueer (Larsen, 1997). Verskeie aspekte het op die funksionaliteit van 'n webruimte betrekking soos 'n gebruikersvriendelike koppelvlak, die tipe apparatuur en programmatuur wat vir die effektiewe herwinning van inligting benodig word, soekfasiliteite, rondblaaifunksies, interaktiwiteit, die funksionering van hiperteksskakels, die wyse waarop die inligting georganiseer en aangebied word, die aanwendig van grafiese- en multimedia-ontwerp, volledige voorsiening van metadata en die beskikbaarheid van navigasie- instrumente. Hierdie aspekte kan beoordeel word deur die webruimte se waardetoevoegings- karakteristieke te ondersoek (Larsen, 1997; Smith, 1997 & Tyburski, 1998).

Waardetoevoegingskarakteristieke is daardie funksies of eienskappe van 'n webruimte wat tot die effektiewe herwinning van inligting lei (Larsen, 1997). Indien die inligting van 'n webruimte op 'n georganiseerde wyse aangebied word, word inligting effektief weergegee. Aspekte wat die aanbieding van 'n Intemetbron betref is onder meer die uitleg van die webruimte, die duidelikheid van die organisatoriese ontwerp en die duidelikheid van die voorbeelde en hulp-afdelings wat aangebied word (Larsen, 1997).

Webruimtes waarvan metadata volledig voorsien is (vergelyk 5.3.2), is gewoonlik goed georgani- seer (Scholz-Crane, 1998:1-2). Metadata dui op inligting soos die titel en subtitels van 'n Internetbron, die outeur of instansie verantwoordelik vir die inligting, aanduidings van watter inligting tot die kopstuk of header van die webruimte hoort en waar die inhoudelike teksgedeelte of body begin. Verdere metadata in 'n voetstuk of footer sluit die Internetbron af deur belangrike inligting weer te gee soos die datum waarop die inligting geskep was en wanneer die inligting die laaste maal nagegaan of hersien was. Die volledigheid van metadata word in meer besonder- hede in hoofstuk vyf bespreek.

'n Volgende eienskap van 'n webruimte wat tot die effektiewe herwinning van inligting lei, is die gebruikersvriendelikheid van die koppelvlak oftewel die skerm wat aan die Intemetgebruiker vertoon word, 'n Gebruikersvriendelike koppelvlak word deur die funksionele, sinvolle, dinamiese dog praktiese aanwending van grafiese- en multimedia-ontwerp, gekenmerk (Larsen, 1998 & Van der Westhuizen, 1997:11). Gebruikersvriendelikheid word verder beoordeel op grand van die wyse waarop enige spesiale inligtingherwinningsvaardighede wat van die Intemetgebruiker verwag word aan die Intemetgebruiker verduidelik word sodat inligting moeiteloos opgespoor kan word. Hiermee saam gaan die wyse waarop die hulpinligting aangebied en georganiseer word (Smith, 1997:4).

Indien 'n webruimte oor 'n soekfasiliteit beskik moet die gesofistikeerdheid daarvan beoordeel word (Van der Westhuizen, 1997:10). Die effektiwiteit waarmee inligting herwin word, bepaal die gesofistikeerdheid van 'n soekfasiliteit. Effektiewe inligtingherwinning word bemvloed deur die wyse waarop die inligting in 'n webruimte georganiseer is, die duidelikheid van die soekoperatore of soektaal (vergelyk 4.2.3.2), en die beskikbaarheid van effektiewe hulp- en ondersteunings- dienste (Smith, 1997:5 & Van der Westhuizen, 1997:11). 'n Verdere eienskap van 'n soekfasiliteit wat waarde tot 'n webruimte toevoeg is 'n waarderingsisteem waarvolgens die relevantheid van 'n webruimte deur die soekfasiliteit aan die Intemetgebruiker weergegee word (Elder & Waterstone, 1998:2).

Nie alle webruimtes beskik oor 'n soekfasiliteit nie. Indien 'n webruimte wel oor 'n soekfasiliteit beskik, moet die doelmatigheid van die soekfasiliteit se organisatoriese ontwerp geevalueer word deur te let op aspekte soos chronologiese en/of geografiese indelings (Smith, 1997:5). Waar moontlik moet daar vasgestel word wat die omvang van die soektog behels, met ander woorde watter gedeelte(s) van die Internet deursoek word en watter gedeelte(s) van webruimtes, byvoorbeeld die volledige dokument of slegs die URL en/of die titel, deursoek word.

'n Belangrike aspek wat 'n aanduiding van die funksionaliteit van 'n webruimte gee, is die mate waarin die hiperteksskakels aktief of in 'n funksionerende toestand is. Volgens Smith (1997:3) is daar verskeie aspekte met betrekking tot hiperteksskakels waarop geiet moet word. Indien die waarde van webruimtes juis daarin le dat dit 'n lys van hiperteksskakels bied, moet die bron

waarheen 'n skakel gebied word op grond van toepaslikheid beoordeel word. Verder is dit be- langrik dat in gevalle waar hiperteksskakels na eksterne bronne lei, daar aan moontlike kopiereg- vereistes voldoen word deur erkenning te gee aan die skeppers van webruimtes waarheen verwys word (Doyle, 1996:18-19). Waar 'n webruimte oor interaktiwiteitseienskappe soos cgi

scripts en IRC beskik (vergelyk 3.3.1), is dit belangrik om die funksionaliteit en noodsaaklikheid

van hierdie eienskappe in die beoordeling van die bruikbaarheid en nut van die webruimte te oorweeg.

Die funksionaliteit van 'n webruimte word in sommige gevalle verhoog indien kommunikasie en terugvoer tussen professionele moderators en Internetgebruikers kan geskied (Larsen, 1997). Daarom beklemtoon Larsen die belangrikheid van 'n moderator se elektroniese posadres of, waar toepaslik, 'n ander kontaknommer of adres. Verdere eienskappe wat waarde tot 'n webruimte toevoeg is 'n tipe gasteboek wat geleentheid bied vir gebruikers om opmerkings te maak of vrae te stel, of byvoorbeeld 'n Web-opname wat deur middel van elektroniese pos poog om

Internetgebruikers se spesifieke behoeftes vas te stel (Eider & Waterstone, 1998:2). Die waarde van 'n webruimte word ook aansienlik verhoog indien daar voorsiening vir gebruikersbehoeftes gemaak word soos die verskaffing van opsommings of ekserpte en die voorsiening van navigasie-instrumente vir effektiewe rondblaai.

'n Laaste aspek wat op die funksionaliteit van 'n webruimte betrekking het, is die tipe apparatuur en programmatuur wat benodig word vir die effektiewe herwinning van inligting wat by sommige webruimtes gebied word. So moet daar volgens Smith (1997:4-5) op bepaalde spesifikasies gelet word soos onder meer die grootte van die rekenaar, die RAM of ewetoeganklike geheue wat nodig is, drukkerspesifikasies, netwerkverbindings of die tipe leesprogram en viewer-

programme, byvoorbeeld Adobe, wat vereis word.

4.3.2 Slotgedagte

Aihoewel die siening bestaan dat alle inligting op die Internet gratis is, is daar wel 'n toenemende aantal webruimtes waarvoor 'n toegangsfooi of 'n maandelikse of jaariikse inskrywingsfooi betaal moet word (Van der Westhuizen, 1997:11). Daarom is dit belangrik dat die Intemetbronne waarvan gebruik gemaak word, veral in gevalle waar daar onkostes aangegaan word, vooraf geevalueer moet word. Vele webruimtes waarvoor 'n inskrywingsfooi vereis word, bied aan Internetgebruikers 'n proeftydperk waartydens die inligting wat gebied word geevalueer kan word alvorens daar besluit word om op 'n webruimte in te teken. Voorbeelde hiervan is die Butter- worths Judgements OnLine- en All South African Law Reports-webruimtes (Uniacke, 1888:1-2).

Ten slotte die opmerking dat aihoewel aspekte soos die funksionele aanwending van grafiese- en multimedia ontwerp en die effektiewe funksionering van hiperteksskakels belangrik is, daar veral

op die kwaliteit van die tekstuele inhoud van 'n webruimte gelet moet word (Smith, 1997:3). Daarom is die samevattende kriterium vir die evaluering van Internetbronne wat tydens die regs- navorsingsproses gebruik word die kwaliteit en betroubaarheid van die tekstuele inhoud van 'n webruimte (Pacifici, 1997:1 & Louis-Jacques, 1998b:8).