• No results found

Die rol van die biblioteek in die toeganklikheid van Intemetbronne

Die gebruik van Internetbronne tydens regsnavorsing

6.2 Afleidings uit die bevindinge van die opname

6.3.5 Die rol van die biblioteek in die toeganklikheid van Intemetbronne

Benewens die aanleer van sekere inligtingherwinningsvaardighede blyk dit uit die literatuurstudie dat die wyse waarop Intemetbronne toeganklik gemaak oftewel ontsluit word, 'n saak is wat belangrike implikasies vir die suksesvolle herwinning van presiese inligting, inhou. In hierdie lig is verskillende benaderings met betrekking tot die bestuur en beheer van elektroniese inligting beskou. Waar die beginsels van inligtingbestuur en inligtingbeheer in kuberruimte grotendeels met biblioteke se benaderings van inligtingontsluiting ooreenstem, is die bydrae wat die biblio- teek onder meer in terme van die vasstelling van ontsluitingstandaarde sou kon lewer, verken. Aanvullend hierby is die toepassing van bestaande biblioteekkundige benaderings en inligting-

ontsluitingsprosesse vir die ordening van groot hoeveelhede diverse elektroniese inligting ondersoek.

Hierdie inligtingontsluitingsprosesse word saamgevat in die bespreking van die skep en instand- houding van hoe gehalte onderwerpsgidse wat as inligtingsopritte aan regsnavorsers in kuber- ruimte sal kan dien. In 'n toeligting van die bestaande inligtingsopritte vir regsinligting op die Internet is die URL's van 'n paar nuttige inligtingsopritte en ander webruimtes vir nasionale en internasionale regsinligting ten slotte gelys. Die URL-lyste dien 'n tweeledige doel, naamlik om aan te toon dat biblioteke benewens die tradisionele bibiioteekdienste wat aan regsnavorsers gelewer word, 'n taak het om die inligting wat deur die Internet toeganklik gemaak word, te orden en ontsluit deur byvoorbeeld die skep van onderwerpsgidse. Om verder ook aan regsnavorsers te toon watter verskeidenheid Internetregsinligtingsbronne vir die moontlike bevordering en ver- gemakliking van die regsnavorsingsproses tot hul beskikking is.

In die lig van die voorafgaande samevattende bespreking en die afleidings uit die bevindinge van die opname, word die volgende gevolgtrekking gemaak.

6.4 Gevolgtrekking

In die ondersoek is gepoog om die volgende sentrale teoretiese stellings te bewys:

Eerstens dat alhoewel regsnavorsing nie deur 'n standaardprosedure gekenmerk word nie,

onderskeie fases wel ge'identifiseer kan word met een deurlopende vereiste, naamlik dat betroubare en relevante bronne tydig opgespoor moet word. Waar regsnavorsers in die lokalisering van spesifieke bronne gemteresseerd is, is die stelling dat die inliatinqsvaardighede waaroor regsnavosers beskik die suksesvolle herwinninq van spesifieke inligting be'invloed. Tweedens dat doeltreffende toegang tot akkurate inligting 'n belangrike aspek tydens die regs- navorsingsproses is. Alhoewel die Internet verskeie inligtingherwinningsinstrumente bied om toegang tot Internetbronne te vergemaklik, word irrelevante inligting egter in 'n groot mate opge- spoor. Omdat die opspoor van irrelevante inligting onder andere aan ondoeltreffende toegang tot inligting toegeskryf kan word, word die stelling gemaak dat die wyse waarop Internetbronne beheer. georden en ontsluit word die sukses waarmee bruikbare inligting aan regsnavorsers toeganklik gemaak word, beTnvloed.

Dit was gevolglik die doel van hierdie studie om binne die raamwerk van die bogenoemde twee stellings vas te stel watter inligtingsbronne deur regsnavorsers benodig word in die regs- navorsingsproses, watter vereistes aan hierdie inligtingsbronne gestel word alvorens dit vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word en watter vaardighede vir die suksesvolle herwinning van sulke inligtingsbronne nodig is. Hierdie ondersoek is spesifiek met betrekking tot die Internet en

die regsinligtingsbronne wat daardeur toeganklik gemaak word, uitgevoer. In die lig van die ontwikkelingstendense en die Internet wat as 'n potensiele bron van waardevolle inligting groei, is die gevolgtrekking dat:

a.) regsnavorsers wat in die algemeen gesien oor 'n middelmatige kennis en bewustheid van die Internet as 'n bron van inligting beskik,

b.) maarwat wel tot 'n groot mate die voordele van die Internet as 'n bron van inligting tydens die regsnavorsingsproses wil benut,

c.) verkieslik sekere inligtingherwinningsvaardighede sal moet aanleer ten einde bruikbare inlig- ting suksesvol te herwin.

Die gevolgtrekking wat verder spruit uit die ontwikkelingstendense en die Internet wat as 'n potensiele bron van inligting groei, is dat:

a.) die suksesvolle herwinning van betroubare Internet-inligting afhanklik is van faktore soos die wyse waarop dit beheer, georden en ontsluit word,

b.) en dat die manier waarop inligting in 'n netwerkgebaseerde inligtingsomgewing ontsluit word tot so 'n mate ontwikkel en aangepas moet word dat dit oplossings sal bied vir die probleme wat met betrekking tot die toeganklikheid van betroubare inligting ondervind word,

c.) en dat juis die biblioteek moontlik in hierdie proses 'n belangrike rol speel omdat bestaande biblioteekkundige ordeningstelsels en ontsluitingstandaarde reeds etlike jare suksesvol vir die beheer en bestuurvan groot hoeveelhede diverse inligting aangewend word.

Wat deurgaans van groot belang is, is dat biblioteke hul inligtingontsluitingsfunksies in ooreen- stemming met die vereistes wat deur die veranderende inligtingstegnologie gestel word, sal aanpas en die veranderende behoeftes van gebruikers, in hierdie geval regsnavorsers, as hul eerste prioriteit sal stel. Dit is veral ten opsigte van regsnavorsers as inligtinggebruikers dat die studie onderneem is en daarom word 'n paar aanbevelings in hierdie verband gemaak.

6.5 Aanbevelings

Teen die agtergrond van die onderhawige studie en uit die afleidings uit die bevindinge van die opname word die volgende aanbevelings gemaak:

• Met die oog op die bevordering van die regsnavorsingsproses is dit belangrik dat die regsinligting wat deur die Internet beskikbaar gemaak word deeglik deur inligtingkundiges en vakkundiges nagespeur, ge'i'dentifiseer en gekeur sal word sodat dit byvoorbeeld in onderwerpsgidse ontsluit en aan regsnavorsers bekend gestel kan word. Waar dit as wenslik

beskou word dat alle regsnavorsers oor ongekompliseerde toegang tot betroubare elek- troniese inligtingsbronne beskik, word dit aanbeveel dat biblioteke met regsnavorsers as inligtinggebruikers, die rol met betrekking tot die ontsluiting van Internetregsinligting sal oor- weeg om 'n groter mate van Intemettoeganklikheid en benutting van die Internet te probeer bewerkstellig.

• In die lig van die probleme wat soms tydens Intemetsoektogte deur regsnavorsers ondervind word, word die aanleer van sekere inligtingherwinningsvaardighede aanbeveel ten einde die frekwensie waarmee akkurate inligting opgespoor word, te verhoog. Pogings moet dien- ooreenkomstig aangewend word om, waar daar 'n behoefte daarvoor bestaan, Intemet- opleiding aan regsnavorsers te verskaf deur opleidingsessies en/of kort handleidings met onder meer basiese inligting aangaande die funksionering van soekenjins en die uitvoer van Intemetsoektogte. Sodoende sal die herwinning van irrelevante inligting moontlik verminder, Intemetsoektogte minder tydrowend wees en 'n groter nut uit die Internet as 'n bron van inlig- ting geput kan word.

• 'n Alternatiewe moontlikheid wat in die verband aanbeveel word, is dat daartoe oorgegaan word om opleiding intyds deur die Internet aan regsnavorsers te bied. Dit beteken dat die beginsels van afstandsonderrig oorweeg word om van die Internet self gebruik te maak om aan regsnavorsers in Suid-Afrika die geleentheid te bied om ervaring in Intemetsoektogte na nasionale en intemasionale inligting op te doen.

Benewens die bogenoemde aanbevelings met betrekking tot die toeganklikheid van regsinligting op die Internet, is daar in die verioop van hierdie studie sekere probleemareas geidentifiseer wat oenskynlik verdere navorsing regverdig.