• No results found

Bestaande inligtingsopritte vir regsinligting op die Internet

Die gebruik van Internetbronne tydens regsnavorsing

5.4 Bestaande inligtingsopritte vir regsinligting op die Internet

As 'n uitbreiding van die inligting in 3.4, 3.5 en 4.2.2.2 word 'n meer volledige lys van hiperteks- skakels van inligtingsopritte wat moontlik op regsnavorsing betrekking mag he, hier genoem. Met hierdie lys word daargepoog om Michalson (1996:292) se mening oor die potensiele waarde van die Internet toe te lig, naamlik:

"A whole new world can be explored by legal practitioners and the necessary infrastructures put into place, provided only that we take the initiative in gearing ourselves and the environment in which we operate with a view to maximising the enormous potential that the Internet provides."

5.4.1 Suid-Afrikaanse inligtingsopritte vir regsnavorsers

Die volgende lys van URL's* meld slegs 'n paar van die Suid-Afrikaanse webruimtes wat moont- lik aan regsnavorsers wegspringpunte tydens Internet-inligtingsoektogte mag bied:

LAW LINKS

http://www.lawsa.co.za/links.htm

LeaalNET

http://www.legalnet.co.za/nmframe.html

South African Government Internet Sites http://www.polity.org.za/lists/govsites.html

South African Law Update http://www.pix.za/hlp/salu/

Wits Law School

http://www.wits.ac.za/law/

Benewens die bogenoemde nasionale inligtingsopritte en ander webruimtes wat moontlik deur regsnavorsers as wegspringpunte tydens Intemetsoektogte benut sou kon word, is daar ook 'n verskeidenheid intemasionale webruimtes wat vir regsnavorsers van belang mag wees.

5.4.2 Internasionale inligtingsopritte vir regsnavorsers

Net soos die lys van Suid-Afrikaanse URL's, is die volgende URL's* van internasionale inligtings- opritte slegs 'n seleksie uit die groot hoeveeiheid webruimtes wat moontiik nuttig tydens die regsnavorsingsproses gebruik sou kon word. Die URL's wat genoem word, bied toegang tot inligtingsopritte sowel as ander webruimtes wat nie noodwendig onderwerpsgidse is nie, maar wat verdere skakels na moontiik bruikbare en nuttige inligtingsopritte bied:

AustLII: Australasian Legal Information Institute

http://bar.austlii.edu.au/

Cornell Law School - the legal information institute

http://www.law.comell.edu/clr/lawlinks.htm

Find Law

http://findlaw.com/

Gateway services and comprehensive law sites

http://www.sas.ac.uk/ials/lawsttes.htm

Hieros Gamos: the comprehensive legal and government portal

http://hg.org/

ILRG: Internet Legal Resource Guide

http://irlg.com/

Infolaw: Gateway to UK legal Internet

http://www.infolaw.co.uk/

LLRX: Guide to European Legal Databases

http://www.llrx.com/features/europe.htm

SOSIG: Social Science Information Gateway - LAW

http://www.sosig.ac.uk/roads/subject-listing/World-cat/law.html

*Die korrektheid van die URL's van webruimtes wat genoem word, is op 22 Maart 1999 gekontroleer.

THOMAS: Legislative information on the Internet http://thomas.loc.gov/home/thomas2.html

World Wide Web Virtual Library - LAW

http://www.law.indiana.edu/law/v~lib/lawindex.html

Daar is met die bogenoemde URL-lyste nie gepoog om 'n omvattende weergawe van alle webruimtes wat moontlik van belang vir regsnavorsers mag wees, saam te stel nie. Daar is wel gepoog om 'n oorsig te gee van watter inligting op die Internet deur instansies, soos onder andere biblioteke, toeganklik gemaak word deur die toepassing van biblioteekkundige beginsels en die aanwending van die inligtingstegnologie.

5.5 Gevolgtrekking

Soos in die veriede, hou inligtingstegnologiese ontwikkeiing altyd 'n uitdaging aan biblioteke as inligtingverskaffers. Daarom is dit belangrik dat die rol wat die biblioteek in terme van die toeganklikheid van regs- en ander inligting in 'n netwerkgebaseerde inligtingsomgewing speel, uitgebrei word en in ooreenstemming met die veranderende inligtingsbehoeftes en inligting- herwinningsprobleme van regsnavorsers aangepas moet word (Nanfito, 1999:19). Hierdie ver- anderinge behels 'n beleid van voortdurende aanpassing, hersiening en verbetering van inligting- verskaffing aan inligtinggebruikers (Hiom, 1998:1-2). Dit vereis ook volgehoue navorsing ten opsigte van die ontwikkeiing van onderwerpsgidse en inligtingsontsluitingstandaarde sodat die biblioteek die volgende funksies kan verrig (vergelyk 1.1, Floridi, 1996:47-51):

• die skep van konstante toegang tot resente elektroniese inligting;

• die evaluering van die kwaliteit en betroubaarheid van elektroniese inligting;

• die ontwikkeiing en toepassing van inligtingbeheer en -bestuur sodat primeYe, sekondere en afgeleide of nabootsende inligting later effektief herwin sal kan word;

• en om ondersteuning te bied in die verbetering van navorsingsmetodes en soektegnieke op die Internet.

Benewens die tradisionele biblioteekdienste soos interbiblioteeklenings en aktualiteitsdienste (current awareness services) wat steeds aan regsnavorsers gelewer moet word, is dit belangrik dat die biblioteek die Internet as 'n waardevolle addisionele bron van inligting sal monitor en onderwerpsgidse en intranette sal ontwikkel en in stand hou. Die doel hiervan is om waardevolle inligting op die Internet te identifiseer en dit vir opname in onderwerpsgidse te selekteer. Om verder deur middel van inligtingontsluitingsprosesse soos katalogisering, klassifikasie en indeks-

ering sowel as deur gesofistikeerde sleutelwoordsoekfasiliteite die geseiekteerde inligting aan regsnavorsers toeganklik te maak. Tydens hierdie prosesse is dit deurgaans belangrik dat die wyse waarop die biblioteek inligting organiseer en toeganklik maak met die behoeftes van die eindgebruikers ooreenstem (Doyle & Du Toit, 1998:6). Die rede hiervoor is dat die doel, naamlik verbeterde toegang tot Intemetbronne ter bevordering en vergemakliking van die regs- navorsingsproses, bereik kan word.

HOOFSTUK 6

Afleidings, gevolgtrekking en aanbevelings

6.1 Inleiding

In hierdie hoofstuk word 'n opsomming van die belangrikste fasette van die studie gegee. Ver- slag word gelewer van die afleidings uit die bevindinge van die opname en die voorafgaande hoofstukke word samevattend in o6nskou geneem. 'n Gevolgtrekking lei hieruit voort en sekere aanbevelings word aan die hand gedoen soos wat dit met die doelstellings in 1.2 verband hou. Waar'n verkennende en beskrywende navorsingsontwerp (vergelyk 1.5.1) gevolg is en 'n vrae- lys as meetinstrument gebruik is, word daar vervolgens uit die bevindinge van die opname gepoog om 'n globale beeld te vorm van regsnavorsers se gebruik van Internetbronne vir navorsingsdoeleindes en hul beoordeling van die waarde van Internetbronne vir regsnavorsing. Die verloop van die verwerking en interpretasie van die gegewens volg die stappe wat deur Finch (1990:132) onderskei word vir die maak van afleidings in 'n kwalitatiewe ondersoek.