• No results found

Hierdie verhandeling handel oor die skep van werklikheidsbeeld en dus ook oor die skep van identiteit in die roman Dieper water. Die doel van hierdie hoofstuk is om begrippe te verduidelik wat in die volgende hoofstuk, wat die hele skryfproses van die genoemde roman behels, gebruik gaan word. In hoofstuk 3 word die volledige, werklike skryfproses van die genoemde roman behandel.

Hoofstuk 3

Die skryfproses van die roman Dieper water

In hierdie hoofstuk word gepoog om die skryfproses van die roman, Dieper water so eksak moontlik te behandel. Die skryfproses, alhoewel dit sterk op skryfteoretiese beginsels steun, is egter nie 'n eksakte wetenskap nie en ek het hier gepoog om die skeppingsproses van die spesifieke roman, Dieper water, uit te beeld. Ander skrywers mag moontlik heel anders te werk gaan.

3.1 Inleiding

3.1.1 '/? Opsomming van die roman Dieper water

'n Opsomming van die roman Dieper water is nodig om die weergawe van die skryfproses wat hieronder bespreek word, beter te volg. Hier volg nou 'n kort opsomming van die roman. Slegs die belangrikste hoofpunte word kortliks aangedui aangesien die roman 'n lywige familiesage is. Die roman speel af vanaf die Anglo-Boereoorlog tot net voor die koms van die nuwe millennium.

Rachel en Hektor Froneman is tegelyk eggenote, vriende en bitter vyande. Hulle is die mense van die plaas, Diepwater, suid van Harrismith. Hulle het saam grootgeword — Hektor op die buurplaas, Kransvlei, en Rachel op Diepwater. Hierdie twee karakters is sielsgenote en net so onlosmaaklik aan mekaar verbonde as aan die plaas, Diepwater. Dit is 'n plek van geskiedenis, maar ook van trauma. Rachel veral, beleef groot trauma tydens haar kindertyd toe sy uitvind dat haar boetie, 'n baba wat haar pa by Ada, die huishulp, het, in die familiekerkhof begrawe word sonder dat hy 'n grafsteen kry om die plek te merk. Sy dra hierdie geheim met haar saam vir baie jare lank.

Veranderende tye, van voor die Tweede Wereldoorlog tot anderkant apartheid, golf deur die land, en die politiek dryf 'n wig tussen Rachel en Hektor in. Hul vervreemding duur dekades lank, dekades waarin hy wel op Diepwater kom om met die boerdery te help, maar nooit sy voet in die huis sit nie.

In hierdie tyd begin Rachel skryf. Eers jeugboeke waarmee sy groot sukses smaak, maar daarna, om klaarheid vir haarself te kry, skryf sy haar outobiografie. Sy gee die outobiografie die titel Diepwater. In hierdie outobiografie Diepwater, voeg sy haar ouma Ragie se briewe uit die Anglo- Boereoorlog in, sodat dit haar eie verhaal meer diepte en warmte kan gee. Hierdie briewe van haar ouma, rig en lei Rachel se begrip van die liefde en die huwelik. Maar met die skryf van die outobiografie, begin sy besef dat sy ver afgewyk het van hierdie ideaal. Dit is vir haar bitter swaar, want sy raak verward en sy ontdek dat geen mens vir altyd met 'n traumatiese geheim kan saamleef nie, dat die waarheid homself later uitdra buitetoe.

Wanneer Rachel en Hektor se vervreemde kleindogter, die jong predikant Nadia Froneman, uit die bloute opdaag, breek 'n nuwe era vir hulle aan. Saam met die nuwe demokrasie, moet hulle baie nuwe dinge aanvaar. Nadia is ook verward, want sy het maar onlangs eers van Rachel en Hektor se bestaan bewus geword, omdat haar ma die geskiedenis van haar herkoms van haar weerhou het. Dog, nou keer haar koms stelselmatig alles wat 'n gegewe op Diepwater geword het, op sy kop.

Dieper water is 'n familiesage oor die aard van liefde en vertroue en die

weerloosheid van die mens as die tydgees oor horn spoel. Die roman is in 2007 deur Human & Rousseau Uitgewers Beperk uitgegee, en beslaan 509 bladsye.

3.1.2 'n Inleidende besinning

Die aanteken van die skryfproses van Dieper water word nou so sistematies moontlik gedoen na aanleiding van die definisies van begrippe wat in Hoofstuk 2 bespreek is. Alhoewel ek dit kompleks vind om hierdie proses neer te pen, is dit wel moontlik wanneer gepoog word om dit akademies en teoreties te benader, om sodoende so eksak moontlik die proses uit te stip.

Om enige skryfproses aan te teken is moeilik omdat geen aspek van die proses geheel en al ge'isoleer kan word nie. Dit is noodsaaklik om in ag te neem dat "geen enkele aspek van 'n verhaal ooit werklik op sigself, in isolasie, bespreek kan word nie" (Brink, 1989:47). Die hele skryfproses met al sy fases is ook so ge'i'ntegreerd, dat ek dit moeilik vind om die skep en voorstelling van karakters, ruimte, handeling, tyd, asook die verskillende skryffases, spesifiek apart te boekstaaf omdat dit kwalik tydens die skryfproses geskei kan word.

Elke roman waarmee enige skrywer ems gemaak het, het "'n komplekse psigiese ritme" (Aucamp, 1986:12). Aucamp (1986:12) stel dit ook so: "lets wat so ontglippend soos die lewe self is, laat horn nie sommer sistematiseer nie". Enige skrywer het probleme met die objektiewe verwoording van sy eie skryfproses, omdat dit so deel is van sy grein. Daar is egter gepoog om die skeppingselemente karakter, ruimte, tyd en plot afsonderlik te bespreek om sodoende hul effek op die skep van werklikheidsbeeld in die roman Dieper

water, vas te stel. Die verskillende skryffases in hierdie roman is onvermydelik

ook ge'i'ntegreerd omdat heelwat redigering ook tydens die skryf van die roman gedoen is. Daar is ook gepoog om die skryffases van die genoemde roman apart te verduidelik.

Daar word gepoog om die skryfproses van die roman Dieper water, teoreties te hanteer as 'n proses van vyf fases, maar dit blyk sonder twyfel uit die praktyk dat die proses van skryf geensins 'n blote chronologiese opeenvolging van fases is nie. Dit is egter wel 'n voortdurende afwisselende en selfs ge'integreerde toepassing daarvan. Smuts (1992:76) noem die basiese prosesse van die skryfproses beplanning, teksgenerering en revisie; en se dat hierdie prosesse ge'i'ntegreerd is. Daarby "bepaal en beperk elke woord van die groeiende teks die moontlikhede wat kan volg" (Smuts, 1992:76).

Daar word verder getrag om die skryfproses vas te vang binne die raamwerk van die hantering van die skeppingselemente in die roman Dieper water.

Sodoende kan 'n blik op daardie aspek van die skryfproses gegee word, waar die wisselwerking tussen die skrywer en die skeppingselemente as't ware die teks tot stand bring, want "(d)ie skryfkuns wil die kreatiewe teks skep" (Du Plessis, 2000:143).

Hier volg nou 'n bespreking van die vyf fases waardeur die roman Dieper water tot stand gebring is. Soos reeds genoem, het hierdie fases nie chronologies op mekaar gevolg nie maar het tot 'n groot mate geTntegreerd plaasgevind. Die gei'ntegreerdheid van die fases kan wel teoreties ontleed word. In die hoofstuk word dus gepoog om "die vertelproses waardeur die teks ontstaan, en tegelyk die proses waardeur 'n storie in die teks vertel word" (Brink, 1989:10), te verduidelik.

Die skryffases word ten opsigte van die skeppingselemente toegepas om die skryfproses te illustreer. Spesifieke aandag word aan karakter, plot, ruimte en tyd en die wisselwerking daartussen, gegee. Hier volg dan die uiteensetting van die skryfproses van die roman, Dieper Water.