• No results found

4.3 Die vergestalting van werklikheidsbeeld tydens die skryffases met klem op die rol van die skeppingselemente

4.3.2 Die skep van werklikheidsbeeld tydens die beplanningsfase

Jarelange skryfondervinding het by my die besef tuisgebring dat te veel beplanning, navorsing en oorlegpleging met enige kennis buite die roman en selfs ten tye van die skryf daarvan, 'n hindernis kan wees vir die vordering van die skryfproses. Met ander woorde, alle naleeswerk en kennis wat vooraf op welke wyse ook al ingesamel word, moet op hierdie stadium reeds goed in my gedagtes geVntegreer wees sodat verbeelding kon oomeem. Die gevaar bestaan inderdaad dat te veel navorsing of 'buitekennis' of objektiewe beskouings, die plek van die roman kan inneem. "The danger with planning is that it can become a substitute for the novel. So can research" (Braine,

Met bogenoemde word nie te kenne gegee dat navorsing nie behoorlik gedoen moet word nie, maar bloot dat navorsing en objektiewe beskouings eers, voordat die skryfproses begin, goed deur die skrywer geabsorbeer en ge'integreer moet word. So goed dat die skrywer spontaan daaruit kan put selfs al sou hy/sy soms weer oplees om van feite seker te maak. Ek moes dus dikwels, tydens die beplanningsfase nadink of werklikheidsbeeld wel deur spesifieke gegewens opgeroep kon word of nie.

Ek het gou geleer dat feite en gegewens, hoe interessant ook al, wat nie verband hou met die drie verhaallyne van die genoemde roman nie, ook nie van belang is vir die skryf van die roman Dieper water nie. Juis die verhaallyne en alles wat met die uitbeelding en voorstelling daarvan saamhang, skep 'n spesifieke werklikheidsbeeld of denkbeeld van die wereld en die lewe. Daar het dus 'n proses van eliminasie plaasgevind wat die navorsing betref. Ek het slegs op feite en gegewens wat die skep van identiteit en werklikheidsbeeld in die verhaal van die roman raak, gefokus.

Die relevante feite en gegewens waaroor daar navorsing gedoen is, is die boustene van werklikheidsbeeld tydens die beplanningsfase. Gegewens oor byvoorbeeld die kleredrag, kulturele en sosiale asook politieke en religieuse gewoontes van die geskepte karakters tydens die Anglo-Boereoorlog, die Tweede Wereldoorlog en daarna asook in die tydperk van die laat-negentiger- jare van die vorige eeu is belangrik, want dit kan help bou aan 'n werklikheidsbeeld.

Ordinere en alledaagse dinge, soos byvoorbeeld die tipe seep wat karakters gebruik het om hulself en hul wasgoed tydens die drie genoemde tydperke te was, kon 'n werklikheidsbeeld help skep. Die fisiese plek (die plaas) waar die karakters hul bevind, het oor die tydperk van byna 'n eeu aansienlik verander wat die werksmetodes daar betref. Hierdie veranderings speel ook 'n groot rol

om vorme van werklikheidsbeeld van mekaar te onderskei, omdat daar anders te werk gegaan word wat betref die boerderymetodes tydens die drie periodes.

Beplanning ten opsigte van die karakterskepping kan ook soms te spesifiek raak. Alhoewel 'n skrywer sy/haar karakters tydens die beplanningsfase goed moet leer ken en met hul vooraf geskiedenisse vertroud moet wees, is dit ook raadsaam om die beplanningsfase ten opsigte van die karakters in 'n stadium te staak. Daarna moet daadwerklik oorgegaan word na die skryffase sodat die karakters, wat reeds begin vorm aanneem het in die skrywer se gedagtes, helder kan uitkristalliseer namate die skryffase vorder. Alhoewel 'n skrywer vanselfsprekend "tegniese dissipline" (Joubert, 1985:139) behoort te he, moet 'n skrywer hom-/haarself ook oorgee aan die "probeer-en-tref-soekproses" (Joubert, 1985:139) om die regte oplossing vir sy/haar verhaal te vind. Dan vervaag die teikenmark of leser vir wie die skrywer skryf ook tot 'n groot mate, want "(d)ie hele skryfproses is 'n intu'i'tiewe, persoonlike, onbewuste ding" (Joubert, 1985:139).

Ek moes ook deeglik kennis maak met die ruimte waarin die verhaal horn afspeel, naamlik die Oos-Vrystaat en by name die omgewing van Harrismith. Die plaas, Diepwater, waar die hele verhaal horn voltrek, is egter fiktief. Tog word die beskrywings en ook uitbeeldings gerugsteun deur die werklikheid, soos byvoorbeeld die geskiedenis maar ook verskeie besoeke aan Harrismith (Mei 2003, Mei 2004, Maart 2006); asook gesprekke met bv. die biblio- tekaresse op die dorp, Rina Crawley (nou afgetree), en die lees van reeds genoemde werke wat oor die ontstaan en geskiedenis van die dorp geskryf is (kyk 3.3.2). Hierdie besoeke aan die konkrete ruimte waar die roman Dieper

water horn afspeel, het uiteraard baie gehelp met die skep van vorme van

werklikheidsbeeld, alhoewel die besoeke op sigself nie met al die vorme van werklikheidsbeeld kon help nie. Ek moes swaar steun op navorsing om die vorme van werklikheidsbeeld tydens die Anglo-Boereoorlog sowel as tydens die Tweede Wereldoorlog en daarna te kon skep.

Tydens die beplanningsfase is daar met verskeie boere en erkende landboukundiges soos my eggenoot, dr. Jos de Kock, gesels oor metodes wat byvoorbeeld tydens en net na die Tweede Wereldoorlog, asook tydens die laaste drie dekades van die vorige eeu, toegepas is. De Kock is 'n erkende landbouwetenskaplike wat op 'n plaas in die Oos-Vrystaat grootgeword het, en dus praktiese sowel as teoretiese kennis van landboumetodes het. Hy is ook Buitengewone professor in Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria. Deur middel van verskeie gestruktureerde asook informele gesprekke met horn, kon ek dus 'n werklikheidsbeeld van die lewe op die fiktiewe plaas, Diepwater, skep. Hierdie skep van konkrete of werklike agtergrond en ruimte is baie belangrik, aangesien die ruimte inderdaad meehelp om die karakter(s) se identiteit asook die intrige te vorm. "The importance of the setting could be expressed in this formula: Setting=Character=Plot" (Novakovich, 1995:28).

As gevolg van hopelik deeglike navorsing, het ek besluit om die verhaal in 'n werklike omgewing te laat afspeel, omdat die uitbeelding van 'n werklike plek groter aktualiteit aan die roman verleen en 'n sterk werklikheidsbeeld deur die spesifieke ruimte kan skep. Om gebruik te maak van 'n bestaande plek is 'n beproefde hulpmiddel om die vertelwerklikheid te verstewig (Dorrestein, 2001:101). Dit was een van die redes waarom ek die dorp en distrik van Harrismith gekies het om die roman Dieper water te plaas.

Die beplanningsfase het na my mening 'n intu'i'tiewe einde, wat die karakterisering sowel as die bestudering van die ruimte betref, want iewers moet die karakters begin praat en doen en dit kan slegs tydens die werklike skryffase geskied. Ek het self na deeglike navorsing en nadenke begin aanvoel dat dit nou tyd is om oor te gaan na die werklike skryffase, omdat dit wat in die beplanningsfase wou vorm aanneem, nie langer teruggehou kon word nie. Ek veronderstel dis die oomblik wat 'n skrywer weet sy/haar se omtrent die verhaal kan nie langer van die skerm of die papier weggehou word nie, want "(s)kryf is 'n medium vir jou se" (Du Plessis, 1993:11).