• No results found

3.3 Die beplanningsfase

3.3.3 Genre ontspanningsroman; historiese roman; plaasroman

Ek het tydens die stimulusfase reeds besluit dat die roman Dieper water 'n ontspanningsroman sal wees, en het gepoog om dit getrou aan die genre van goeie gewilde prosa te hou. Ek het ook gepoog om stereotipe denkpatrone te vermy, maar om tog baie toeganklik te skryf. Die rede hiervoor is dat ek, reeds oor 'n tydperk van meer as dertig jaar as Helene de Kock bekendheid verwerf het deur 'n lang lys van romans te skrywe wat vir my 'n leeskring in hierdie genre opgebou het. Verskeie redakteurs van onder andere Human & Rousseau en Tafelberg Uitgewers, soos Alida Potgieter en Etienne Bloemhof, het my ook gemaan om nie met hierdie roman, Dieper water, te ver buite bekende grense te beweeg nie, aangesien die mark nie daarvoor te vinde sal

wees nie. 'n Skrywer moet per slot van sake in gedagte hou dat die finansiele risiko die uitgewery s'n is (Du Plessis, 1993:50). Ekonomiese redes het dus hier ook 'n rol gespeel.

Ek is ook van mening dat genres nie teen mekaar afgespeel moet word nie. Van der Walt (1989:22) het gese: "Dit is die norm van beoordeling: hoe getrou is die bepaalde genre, soos populere prosa, aan sy eie wesensaard, hoe artistiek getrou is dit?" Van der Walt (1989:22) meen ook dat: "(A)lle verhaalkuns, wat ons ook kunsprosa of sommer prosa noem, op een vlak beweeg, op een fondament of bodem berus, en die is vertelling, storie". Ek het gepoog om die roman Dieper water na die beste van my vermoe as goeie gewilde prosa te skryf, wat beteken dat daar aandag geskenk is aan behoorlike in diepte karakterisering, ruimteskepping, ontwikkeling van die plot, dialoog, ensovoorts.

Ek het byvoorbeeld gedurende die beplanningsfase besef dat dialoog 'n groot rol in die roman sou speel want daar sou dialoog uit verskillende eras moes wees. "Dialoog vorm 'n onderdeel van die dramatiese persoonstekening en verhale word vir 'n groot deel uit dialoe saamgestel" (Van der Elst, 1992a: 112). Dialoog sou dus 'n groot rol speel in die karakterisering in die genoemde roman. Die karakters uit die Anglo-Boereoorlog, die karakters uit die era van die Tweede Wereldoorlog en die karakters van die negentigerjare van die vorige eeu, sal die Afrikaanse taal ook verskillend praat. Karakters uit die Anglo-Boereoorlog sou 'n meer formele, gedrae Afrikaans moes besig. Al die karakters moes 'n Afrikaans besig wat tegelyk formeel en tog baie toeganklik is vir die hedendaagse leser. Ook die karakters uit die Tweede Wereldoorlog moes effe meer formeel praat as hedendaagse mense en minder Engelse woord tussenin gebruik, indien enige. Die karakters uit die laat negentigerjare

"Dit is met dialoog waar die skrywersvernuf besonderlik op die proef gestel word" (Van der Elst, 1992a:112). Wat ek dus in gedagte moes hou is dat, watter soort Afrikaans ook al deur die karakters gebesig word, hul dialoog 'n groot deel van die roman sou uitmaak en tydens hierdie dialoog sou die taalgebruik vloeiend moes wees en "gevoelig die verhaal en karakters dra" (Steenberg, E, 1992b: 156).

Ek sou egter dwarsdeur die historiese plaasroman, Dieper water, in gedagte moes hou dat dit, alhoewel hopelik goeie gewilde prosa sou word, ook 'n ontspanningsroman moes bly en daarom toeganklik vir 'n groot aantal lesers.

Nietemin hoef geen skrywer aan die estetiese in te boet omdat hy/sy toeganklik skryf nie. "Die kommersiele gerigtheid verskraal nie altyd 'n werk tot esteties swak nie en kan aan die leser die geleentheid bied om 'n groter verskeidenheid literatuur te waardeer" (Seyffert, 1992:47). 'n Ontspanningsroman kan soos 'n letterkundige roman "'n eiesoortige ontwikkelingsgang vertoon" (Van Coller, 1990:102) en steeds toeganklik bly en tegelyk vermaak. Dit was my doelwit vir die roman Dieper water, ook tydens die beplanningsfase toe ek hieroor moes besluite neem. Juis omdat Dieper water 'n historiese plaasroman sou moes wees om drie komplekse tydperke te akkommodeer, moes ek dit reeds tydens die beplanningsfase al ernstiger benader.

Daarby is die roman Dieper water inderwaarheid 'n historiese roman. Ek het doelbewus tydens die beplanningsfase (en in die vooraf-denkfase) so besluit. Die rede hiervoor is dat 'n hoofkarakter uit my eie generasie sou impliseer dat die roman oor 'n lang tydperk moes afspeel. Die idee het tydens die stimulusfase begin posvat dat daar dalk van meer as een tydperk sprake moes wees. Dit is belangrik om verskillende tydperke te vergestait om sodoende die skep van werklikheidsbeeld te vergemaklik want "die verlede (bied) insigte en perspektiewe" (Du Toit, 1989:81) wat in verskillende eras ge'i'nkorporeer kan word. Historiese, sowel as hedendaagse fiksie bied 'n oorsig oor die betrokke vorme van werklikheidsbeeld. "Kommentaar op en soms verset teen die

tydgees kom nie net tot uiting in politieke kommentaar nie..." (Du Toit, 1989:81); daarom is 'n historiese roman myns insiens baie geskik om kommentaar te lewer op verskillende vorme van tydgees of werklikheidsbeeld.

Dit het egter veel geverg om 'n historiese roman te skryf aangesien daar baie nagelees moes word en heelwat onderhoude gevoer moes word. Hierdie onderhoude was byvoorbeeld met persone wat redelik helder herinnerings van veral die Tweede Wereldoorlog het. Genoemde navorsing het heelwat lig gewerp op die aard van die drie eras wat in die roman vergestalt word, "'n Historiese verhaal vereis deeglike insig in die tydsgewrig waarin gebeure afspeel" (Van der Elst, 1992a:110).

Dieper water was van meet af aan (selfs tydens die stimulusfase) 'n

plaasroman (kyk 2.4.5.2), omdat ek die verhaal op die plaas Diepwater sou laat afspeel. Later tydens hierdie beplanningsfase is nog 'n plaas, die aangren- sende Kransvlei, bygevoeg alhoewel ek toe al besef het die meeste handeling gaan op die plaas Diepwater plaasvind. Die plaas het vir my as 'n baie geskikte ruimte voorgekom om die verhaal van Dieper water te laat afspeel omdat die plaas byna onvervreembaar deel is van die Afrikanerpsige. J.M. Coetzee (soos aangehaal deur van Coller, 2006:97) impliseer dat die Afrikaner deur die plaas "as afgebakende ruimte" (Van Coller, 2006:98), beleef dat hy/sy 'n kleim het op die Afrika-bodem. Dieper water is uiteraard, omdat dit 'n ontspanningsroman is, 'n tradisionele plaasroman, waar die ruimte, alhoewel dit uitgebeeld word as taamlik idillies, ook hopelik uitgebeeld word as 'n bedreigde ruimte waar persoonlike veiligheid en sekuriteit ter sprake kom. Ek het tydens die beplanningsfase al besef dat hierdie plaas, Diepwater, realisties aangebied moet word. Dit wil se, dit moet nie net as 'n Utopia nie, maar ook as 'n distopie in al drie verhaallyne (kyk 3.4.1.3) uitgebeeld word. Tydens die latere skryffase het dit dan ook so gerealiseer dat die plaas as distopie uitgebeeld moes word omdat die makrokosmos die kleiner leefwereld van die karakters op die plaas, (die mikrokosmos), nadelig bemvloed het.