• No results found

Daar is tot redelik onlangs aanvaar dat 'n letterkundige werk outonoom is en dat die werk onafhanklik, eiewettelik en selfstandig, en bloot objek vir estetiese kontemplasie is (Viljoen, 1992b:363). Hierdie siening kontrasteer met 'n gesonder opvatting, naamlik dat kuns die ervaring daarstel van 'n persoon (skrywer) wat besonder sensitief is vir die lewe, sensitief is ten opsigte van sy/haar medemens en die wereld om hom/haar, en ook hierdie sensitiwiteit van 'n leser verwag (Viljoen, 1992b:367). Hiervolgens is 'n skrywer van literatuur dan nie 'n geisoleerde individu wat net met homself/haarself praat nie, maar kan analogies wees van die Christelike mens en kenbaar as unieke individu wat in 'n gemeenskap hoort (Viljoen, 1992b:367).

Bogenoemde siening van die letterkunde, is een wat in hierdie studie onderskryf word. Selfs al sou hierdie studie oor die skryfproses van 'n ontspanningsroman gaan, word die siening deurgaans gehandhaaf dat 'n roman wat deur 'n Christenskrywer geskryf word "christelijke literatuur is als ze impliciet of expliciet de hoop laat leven dat Christus is opgestaan; ze is literatuur als ze beantwoord aan de eisen van kunstzinnige verfijning en oorspronkelijkheid" (Du Plessis, 1996:30).

Iser (aangehaal deur Rossouw, 1992b:253) beskryf die literere werk as

"Wirkungstruktur, die werk is die estetiese respons wat hy in 'n leser

bewerkstellig en bevat terselfdertyd sy leser struktureel". Na die New Criticism, waar tegniek in die teks sentraal gestaan het en alle betekenis gedra het, is die literere werk nie langer gesien as net 'n outonome verskynsel nie maar as deel van 'n kommunikasieproses tussen skrywer en leser (Smuts, 1998:11).

Juis bogenoemde kommunikasieproses dui al op die beduidendheid van die skrywer want alle "kommunikasie bestaan uit 'n boodskap wat ontstaan by 'n sender wat [...] 'n skrywer is, en gerig is op 'n ontvanger [...] die leser" (Smuts 1998:11). Sonder die skrywer en sy/haar kreatiewe kuns, kan daar nie 'n teks of boodskap wees nie. Die skryfkuns werk hoofsaaklik met die kreatiewe teks en beoog die kreatiewe totstandkoming van die teks; die skryfkuns wil dit met ander woorde skep terwyl die letterkunde die reeds geskepte teks wil ontleed (Du Plessis, 2000:143).

Die opkoms en groei van skryfkuns as wetenskap verg in hierdie studie nadere betragting. Daar is nie duidelike skeidslyne tussen die dissiplines letterkunde, taalkunde en die skryfkuns nie, want al drie hierdie dissiplines word gesien as uiteenlopende manifestasies van die teks (Du Plessis, 2000:143). Hierdie dissiplines kan saamgevat word "onder die sambreelterm: tekswetenskappe" (Du Plessis, 2000:144).

Dit is so dat taal die basis vorm van wetenskappe soos letterkunde en taalkunde en so ook van die skryfkuns. "Wat ons in die gedig, roman, kortverhaal of drama aanskou, is dikwels, met goeie reg, wat 'n pragmatiese tyd ook al mag se, niks meer nie as die skouspel van taalhandeling" (Cloete, 1992a:529). Du Plessis (2000:134), beskou taal as "logies bindende faktor", maar meen egter dit is 'n bree begrip en daarom sou mens teks eerder as bindende faktor wil bespreek." Teks bind die taal-, letterkunde, skryfkuns en die preskriptiewe taalkunde, maar die teksheid van die teks onderskei hierdie dissiplines weer van mekaar" (Du Plessis, 2000:135).

Daar is verskeie sieninge rondom die status van die begrip teks, soos byvoorbeeld die teks wat gesien word "as 'n funksie van een of ander buitetekstuele konteks" (Johl, 1992c:530). Andersins word die (literere) teks gesien as '"n selfstandige, outonome entiteit" (Johl, 1992c:530). Vir die doel van hierdie studie word daar volstaan by die siening wat tans onderskryf word, naamlik dat teks tans "veral onder die invloed van die Peirceaanse Semiotiek, taamlik algemeen gesien (word) as 'n stuk taalgebruik wat sintakties, semanties en pragmaties 'n samehangende eenheid vorm" (Johl, 1992c:530).

Volgens Du Plessis (2000:136) kan teks "as gemeenskaplike faktor vir al die tekswetenskappe aanvaar ( ) word, maar teks word dan wyd geinterpreteer sodat dit die gemeenskaplike studie-objek vir al die taaldissiplines word". Hieruit kan afgelei word dat die skryfkuns as wetenskap dan ook die teks as voorwerp van kreasie en studie het. "Die teks is/bly die sentrum waarin verskillende taalkodes mekaar ontmoet" (Hambidge, 1992b:532). Die skryfkuns het wel ook die totstandkoming van die teks as studieveld, aangesien 'n teks eers deur 'n skrywer tot stand gebring word en dan bestudeer word.

Daar is graadverskille wat betref die kreatiwiteit van 'n teks. Soos wat Du Plessis (2000:142) dit skematies voorstel is daar 'n skaal wat begin by 'n

eenduidige inkopielys of medisyne-biljet, tot bo aan die skaal waar 'n hoogs gekompliseerde en veelduidige kreatiewe teks soos die van Etienne Leroux le. Die skryfkuns werk met die kreatiewe teks. "Die skryfkuns wil die kreatiewe teks skep, die letterkunde die bestaande kreatiewe teks ontleed, terwyl die taalkunde die linguistiese struktuur van 'n verskeidenheid tekste wil beskryfen die taalbeheersing of taalgebruikskunde wil die funksionele teks ontleed en daaroor advies gee ten einde die kommunikatiewe kwaliteit van die teks te

verbeter" (Du Plessis, 2000:143).

Die skryfkuns is dus deur taal en teks onlosmaaklik verbonde aan die letterkunde en derhalwe aan die skryfpraktyk. Taal en teks is die essensie van al drie begrippe. 'n Mens kan slegs deur taal jou leefwereld begryp en weergee. Taal word gebruik om aan artistieke uitdrukking, soos byvoorbeeld die in 'n roman, gestalte te gee. "Net soos ons toegang tot 'n romanwereld alleen deur die woord is, is ook ons toegang tot ons leefwereld slegs deur woorde" (Burger, 2006a:5).

In die skryfkuns is daar 'n unieke verhouding tussen skrywer en leser. Net soos in ander genres, word die leser ook in die ontspanningsverhaal as't ware deur die skrywer opgebou. "'n Verhaal het geslaag as dit die bedoelde reaksie by 'n leser opgeroep het" (Steenberg, 1986:81). Volgens D.H. Steenberg (1986:84- 91) beteken die opbou van 'n leser dat die skrywer 'n betrokkenheid van die leser by die wereldbeeld van die verhaal moet wek. Dit word onder andere bereik deur die uitgee van inligting en die herhaling van motiewe. Dit word ook bereik deur die karakters, wat as draers van idees en werklikheidsbeelde 'n leserstandpunt sowel as 'n gevoelslewe by die leser opbou. Sodoende ontwikkel daar 'n byvoorbeeld "'n koalisie tussen die leser en 'n betroubare karakter" (Steenberg, 1986:89).

Daar is dus in die skryfkuns "die skepper/die skrywer, en die ontvanger, die leser. Die skepper verskaf 'n kode en die leser moet dekodeer of ontsyfer"

(Van der Elst, 1992:137). Hier sluit die leer van die resepsie-estetika (leserservaring) by die skryfkuns aan. Die wisselwerking tussen skrywer, teks en leser is in die skryfkuns dus onmisbaar en onvermydelik. Die leser het egter nie 'n passiewe rol deur slegs die ontvanger te wees nie. Die leser maak die outeur los uit die teks, snap die implikasie van die teks en postuleer daaruit 'n geloofwaardige instansie (Venter, 1992a:361).

In die letterkunde word daar met die teks gewerk. Dit word gelees of bestudeer. "Die literere teorie bepaal horn by die teks en kan slegs oor die skrywer spekuleer" (Greyling, 1999:158). Daar kan wel in die letterkunde min of meer vasgestel word wie die implisiete leser is deur 'n studie te maak van die styl en die teks. "Die skryfkuns werk uiteraard ook hoofsaaklik (hoewel nie uitsluitlik nie) met die kreatiewe teks, maar die skryfkuns het hoofsaaklik die kreatiewe totstandkoming van die teks in die oog" (Du Plessis, 2000:143). "In die skryfkuns is die outeur en die skeppingsproses egter die beginpunt vanwaar 'n teks ontwikkel" (Greyling 1999:158). Daar val in die skryfkuns 'n sterk soeklig op skrywer, teks en leser en daar is 'n dinamiese werking van skrywer na teks na leser.

Sedert die kommunikasie-element in die verhaalkuns uitgewys is, speel die leser 'n belangrike en bepalende rol wanneer die narratiewe wereld geaktiveer word (Brink, 1989:27). In die skryfkuns is daar die skrywer sowel as die teks en potensiele leser om mee rekening te hou. Die leser gaan die teks interpreteer en is 'n belangrike komponent in die skrywer-teks-leser-verhouding. Hierdeur kom die resepsie-estetika ter sprake wat 'n studierigting is "wat nagaan hoe tekste deur lesers ontvang word en wat die verhouding tussen hierdie ontvangs en die teks self is" (Du Toit & Kloppers, 1989:12). Vir die doel van hierdie studie is dit nie nodig om verder op die resepsie-estetika in te gaan nie en daar word spesifiek net aandag aan die skryfkuns gegee.

Die skryfkuns het 'n vroeere vertrekpunt as die letterkunde. Die skryfkuns begin by die skrywer en sy skeppingsdrang. Dis by die skrywer dat die impetus of grondidee ontstaan en in die skrywer se kop dat die hele skryfproses horn voltrek. Van die beginpunt van die skrywer se idee af, ontwikkel die skryfwerk vanaf 'n blote idee tot 'n volwaardige skryfproses wat uiteindelik die skryfwerk volledig en afgerond voortbring. Hierdie groeiproses vanaf die oorspronklike idee tot by die voltooide teks is egter nie altyd voorspelbaar nie (Weideman, 2000:40).

Hierdie genoemde impetus of idee is natuurlik ook deel van die skryfproses soos wat 'n koringkorrel in die grond deel is van die ontkiemingsproses van die hele koringaar. Die hele skryfproses, vanaf die impetus tot by die voltooide teks en die publikasie daarvan, is kompleks en verdien nadere betragting.

Taalgebruik en kennis van die implisiete leser tydens die hele skryfproses is belangrik "maar dit is die totale atmosfeer wat die gesprek laat slaag of misluk" (Du Plessis, 2000:54). Die skrywer se beskouing van die leser vir wie hy/sy skryf, het ook 'n bepalende invloed op sy/haar skryfkuns, want dit is so dat die een wat die verhaal vertel dit wel doen met die teikenmark in gedagte (Du Plessis, 2000:52).

Om kuns te kan skep, moet ons eers 'n kunstige lewe leef, 'n lewe ryk genoeg en divers genoeg om brandstof te wees vir ons kuns (Cameron, 2004:15). 'n Skrywer moet dus 'n greep he op die essensiele bewussyn van sy lewe, "the essential thread of our consciousness, the T that gives us the eye to behold" (Cameron, 2004:15). Die skryfkuns maak daarby staat op die skrywer se insig in verband met sy/haar eie werklikheidsbeeld, sy/haar vermoe' om die werklik- heid in verband te bring met dit wat voor sy/haar geestesoog afspeel, asook sy/haar vermoe om hierdie persoonlike en tog universeel toepasbare persepsie van die werklikheid onder woorde te bring. "Die kunstenaar spreek 'n waarheid

oor die werklikheid uit [...] 'n algemeen menslike, tydlose waarheid" (Pretorius, 1980:18).