• No results found

2.4 Literere begrippe

2.4.4 Goeie gewilde prosa

In die tagtigerjare was daar heelwat debatte oor letterkunde versus populere prosa. Die term goeie gewilde prosa het waarskynlik sy ontstaan aan Charles Malan te danke, en die gebruik daarvan het outomaties 'n geringe verskil tussen goeie gewilde prosa en letterkunde geimpliseer. Waar daar vroeer na "middelmootliteratuur" (Malan, 1986:4) verwys is, het die term goeie gewilde prosa geredelik posgevat. Die term het myns insiens effens in onbruik verval. Volgens Malan (1986:4), is benaming tog "'n belangrike kanoniseringsmerker,

dus 'n aanduiding van die wyse waarop werke tot die literere kanon of korpus van erkende literatuur toegelaat word".

Gouws (1992:84) meen dat daar net een kriterium vir goeie gewilde prosa is, en dit is gebaseer op Aristoteles se waarneming dat geskrewe woordkuns in drie hoofgenres elk met 'n eie wesensaard manifesteer — en hierdie wesensaard van die epiek of die prosa is dat dit in die narratiewe gegrondves moet wees. "Uiterste leesbaarheid" (Gouwsl992:85) is vir goeie gewilde prosa die voorvereiste. Dit kan en dit moet 'n storie vertel.

Daar kan binne goeie gewilde prosa ook van subgenres sprake wees, want goed geskrewe ontspanningsverhale, speurverhale, liefdesverhale, ens. word hieronder ingesluit. Goeie gewilde prosa is inderdaad 'n genre wat, soos wat die naam impliseer, prosa is wat nie minderwaardig is teenoor die letterkunde nie. Dit is in eie reg 'n genre wat meer op vermaak ingestel is. Van Coller (1990:102) meen dat daar "oorgange, ooreenkomste en raakpunte" is tussen letterkunde en populere literatuur of te wel goeie gewilde prosa. In 'n goeie, stewige roman of goeie gewilde prosa "streef die skrywer na groter geloof- waardigheid, ronder karakters en beter motivering sonder om die pakket so swaar te laai dat die leser vervreemd word" (Baker, 1990:97).

Dit is egter soms moeilik om tussen "Goeie Gewilde Prosa en letterkunde te onderskei" (Baker, 1990:97,98). Van der Walt (1989:23) meen: "GGP goed beoefen is outentieke epiek, 'n rasegte afstammeling van die vroegste sages en sprokies, fabels en gelykenisse". Volgens Van Coller (1990:103) egter, is ontspanningsliteratuur, alhoewel sommige goed geskrewe is, bevestigend "van die heersende norme: eties, polities en moreel". Daarenteen meen Van Coller (1990:103) ook dat "letterkunde nooit die leser (sus) nie". Malan (1986:9) is weer oortuig dat "alle soorte prosa hul eie bestaansreg (het) en dit hou nie 'n bedreiging vir die ander in nie". Uit watter hoek goeie gewilde prosa ook al beskou word, dit bly 'n vereiste dat dit inderdaad goed geskryf moet wees. Dit

wil se die skrywer van goeie gewilde prosa moet die leser kan vermaak en terselfdertyd 'n diepgang in sy/haar roman kan inweef, sonder om toegank- likheid in te boet.

'n Ontspanningsroman behoort altyd in die kategorie goeie gewilde prosa te val. 'n Goed geskrewe ontspanningsroman moet bepaald nie vervlak tot triviaallektuur nie. Triviaallektuur "is literatuur wat op die massa afgestem is" (Bisschoff, 1992a:542) en waar daar onder andere "die voortreflike gebruik van die medium self: die taal" (Aucamp, 1992:34) ontbreek. Dit gebeur wanneer die skrywer nie werklik betrokke is by sy verhaal nie, en as "sy belewenis oppervlakkig is sal sy prosa eentonig en spanningloos wees; sy sinsbou ongevarieerd en dus voorspelbaar" (Aucamp, 1992:35). Baker (1990:99) is van mening in "ligte ontspanningsverhale word die karakters oppervlakkig bekyk en bly hulle plat karakters".

Hierdie tipe vervlakking wat by triviaallektuur of verstrooiingsliteratuur voorkom sou dan nie by 'n goed geskrewe ontspanningsroman aanwesig wees nie, daarom sal die goed geskrewe roman ook raakpunte met die letterkunde he. Die skryf van goeie gewilde prosa sou dus 'n skrywer se "sin vir skaal en proporsie betrek: vir patroon; vir tekstuur" (Aucamp, 1992:38). As daar nog vereistes bygevoeg kan word, dan is dit dat daar in 'n sogenaamde goed geskrewe boek 'n sin vir die sielkundige samestelling en ritme van karakters, 'n sin vir 'n goeie verhaallyn, woorde en sinsritme moet wees (Aucamp, 1992: 38).

Ander skrywers van letterkunde, soos Etienne van Heerden, het bepaald ook bogenoemde siening dat gewilde prosa 'n plek het. Van Heerden (1989:52) laat horn oor die goeie ontspanningsroman as volg uit: "Gewilde prosa hoef die stereotipes nie te bestendig nie; u kan verteerbaar maar terselfdertyd boeiend en oorspronklik skryf..." Dit moet dus verkieslik toeganklik wees maar kan ook diepgang he en die leser aan die dink sit.

Strachan (1989:59) is ook van mening dat 'n goeie ontspanningsverhaal of dan goeie gewilde prosa, boeiend moet wees: "Enige verhaal bestaan uit twee aspekte: die verwikkeldheid en 'n storie, wat interessant moet wees". Die skeppingselemente op sigself (kyk 2.5.2) moet redelik verwikkeld en verkieslik ook inligtend van aard wees om hierdie mate van interessantheid te skep en te handhaaf.

Deurdagtheid behoort 'n wesenskenmerk van die ontspanningsroman te wees. Die skrywer van 'n goeie ontspanningsroman of dan, wat mens 'n goed geskrewe boek sou noem, het veel dinkwerk om te doen. Daarby kom dan die navorsing en noukeurige aandag aan detail soos helder en oortuigende beskrywings van ruimte en karakter. Daar moet geen twyfel wees oor die skrywer se kennis van sy onderwerp nie. Binne goeie gewilde prosa "(staan) die werklikheid van die verhaal juis in diens van die illusie, of van die inligtende" (Van der Walt, 1989:28).

Daar behoort dan verder in die goeie ontspanningsroman aandag geskenk te word aan helder karakterisering, goeie navorsing en deurdagte, helder uitbeelding wat betref ruimte, handeling en karakter asook tema. Die skeppingselemente, naamlik karakter, ruimte, tyd en handeling (kyk 2.5.2) moet deur die skrywer van ontspanningsverhale met net soveel omsigtigheid hanteer word as wat 'n literere skrywer dit sou doen.

In die subgenre van die ontspanningsroman, moet daar kortliks 'n onderskeid getref word tussen 'n romanse en 'n liefdesverhaal. 'n Romanse ignoreer die werklikheid, alhoewel dit nie die werklikheid ontken nie (Paul, 2000:103). In die romanse gaan dit bloot om die liefdesverhouding wat tussen 'n man en 'n vrou ontwikkel (Paul, 2000:100). In die liefdesroman word die werklikheid, soos "die onregverdigheid van die lewe, menslike wreedheid, die struikelblokke wat oor die mens se pad kom"(Paul, 2000:102) wel deeglik betrek.