• No results found

4.7 KEURING VAN PLEEGOUERS

4.8.3 Onderwerpe in pleegoueropleiding

In die onderstaande tabel is ʼn samevatting van moontlike onderwerpe wat vir die opleiding van pleegouers in die voorbereidingsfase van ʼn plasing gebruik kan word. Die respondente moes aandui watter van die onderwerpe in hulle pleegoueropleiding ingesluit is.

Tabel 4.5 Onderwerpe in pleegoueropleiding

Kategorieë Onderwerpe f

Pleegsorg- sisteem Die kindersorgsisteem 19

Samewerking van rolspelers 15

Die rol van maatskaplike werkers 17

Die pleegouer Die rol van pleegouers 18

Die impak van pleegsorg op ’n gesin 12 Houdings teenoor en bewustheid van kwessies

soos ras, geslag en gestremdheid

13

Bewustheid met betrekking tot kindermishandeling (kennis oor tekens en simptome, hoe om plasings veilig vir kind en familie te maak, hoe om onthullings te hanteer)

18

Die pleegkind Die rol en die betekenis van die kind se biologiese familie, insluitend die rol en belangrikheid van ras en etniese identiteit

18

HIV en VIGS-diagnose 18

Ontwikkelingsfases van die kind 15 Die oorsake van `n lae selfbeeld, en opbouing van

selfbeeld

10

Beslagleggingsteorie (Attachment theory) 12

Sosialisering 10

Hantering van moeilike gedrag/dissiplinering 14 Die impak van skeiding en verlies 15

Ander: Vakansieverlof met pleegouers 1

n=20

104 Uit Tabel 4.6 is dit duidelik dat slegs een onderwerp, naamlik “die kindersorgsisteem”, deur al die respondente (negentien) by hulle pleegoueropleidings bespreek word. Vier onderwerpe het ʼn 95% (agtien)-insluitingskoers, naamlik “die rol van die pleegouers”, “bewustheid met betrekking tot kindermishandeling”, “die rol en betekenis van die biologiese gesin”, en “HIV en VIGS-diagnose”.

Die onderwerpe met die laagste insluitingskoers is “die oorsake van ʼn lae selfbeeld” en “sosialisering” waarby beide tien (50%) van die respondente aangedui het dat hulle in hul pleegoueropleiding daarna kyk. Aangesien die onderwerp wat die minste in opleidings ingesluit word, steeds ʼn insluitingskoers van 50% het, en daar geen onderwerpe is wat glad nie bespreek word nie, kan aangeneem word dat die pleegouers se opleidingskursusse baie volledig is. Dit is belangrik dat verskeie van die respondente noem dat die meeste instansies nie ʼn uiteengesette opleidingskursus het nie, maar die onderwerpe slegs bespreek wanneer die behoefte ontstaan (“Wanneer die kind probleme gee, byvoorbeeld `ʼn tiener sal ek bespreek hoe om die gedrag te hanteer, maar nie generies in opleiding nie.”). Dit beteken dat die bespreking van hierdie onderwerpe nie as ʼn voorkomende maatreël benut word nie, maar as kennis wanneer ʼn krisis opduik. Die navorsingsbevindinge van Durand (2007:135) bevestig dat ouers of pleegouers nie in ouerskapsvaardighede en -style, sowel as hanteringsmeganismes en -strategieë opgelei word nie. Daar word slegs gereageer op probleme wat tydens pleegsorg opduik.

Hierdie tendens in praktyk is in teenstelling met die riglyne van die Geïntegreerde Diensleweringsmodel (2006). Voorkoming volgens Fouche en Japhta (2012:7) is die belangrikste aspek van maatskaplike dienslewering. Volgens Strydom (2008: 17) moet dienslewering eerstens fokus op die voorkoming van maatskaplike probleme en vroeë intervensiedienste om statutêre dienste te vermy, sodat `n ontwikkelingsgerigte beleid tot welsyn uitgevoer word. Indien voorkomingsprogramme effektief is, is geen vroeë intervensie nodig nie, maar wanneer die dienste oneffektief is, moet vroeë intervensiedienste gelewer word. Soos bespreek by afdeling 4.8.1 is dit uiters noodsaaklik dat opleiding van pleegouers as `n voorkomende maatreël toegepas word en nie as `n vroeë intervensie maatreël wanneer probleme reeds teenwoordig is nie.

Slegs een respondent (10%) het ʼn onderwerp bygevoeg wat by hul opleiding bespreek word, naamlik “vakansieverlof saam met pleegouers”. Die respondent het verduidelik dat pleegouers bewus moet wees van die prosedures wat geneem moet word om die pleegkind saam met

105 hulle op vakansie te neem. Sy beskryf: “Van die pleegouers wat sommer die kind saam hulle weg op vakansie sonder om die nodige reëlings te maak.” Al die onderwerpe is in drie kategorieë verdeel naamlik die pleegsorgsisteem, die pleegouer, en die pleegkind. Die inligting in die tabel word hierna volgens die onderskeie kategorieë bespreek.

(a) Die pleegsorgsisteem

Al drie onderwerpe onder die pleegsorgsisteemkategorie het `n hoë getal respondente (19,15,17) wat dit in hul besprekingsonderwerpe insluit.

Negentien respondente (95%) het aangedui dat hulle die kindersorgsisteem met die voornemende pleegouers bespreek. Dit is `n ooreenstemming met Triseliotis et a.l (1995:42) se standpunt dat dit van die hoogste belang is dat pleegouers ten volle ingelig moet wees oor presies wat pleegsorg behels en hoe die sisteem werk. Vier van die negentien respondente het aangedui dat hul nie die verskillende rolspelers in die sisteem aan die pleegouers verduidelik nie, terwyl die meeste respondente (sewentien) die pleegouers inlig oor die rol wat die maatskaplike werker in die pleegsorgproses speel. Een respondent (10%) het verduidelik dat sy klem hierop lê sodat die pleegouers verstaan wat die beperkinge van haar rol is. Dit help pleegouers om te begryp dat hulle verantwoordelikheid vir die kind moet neem. Op hierdie wyse word valse verwagtinge van die maatskaplike werker geëlimineer (Triseliotis et al., 1995:42).

(b) Die pleegouer

Twee van die onderwerpe in verband met die pleegouer het ʼn insluitingskoers van 90% (18 respondente), naamlik “die rol van die pleegouers” en die “bewustheid met betrekking tot kindermishandeling”. Die impak van pleegsorg op ’n gesin word deur twaalf van die respondente (60%) gelys en die onderwerp “houdings teenoor en bewustheid van kwessies soos ras, geslag en gestremdheid” word deur dertien (65%) van die respondente as onderwerp ingesluit. Pleegouers moet weet wat hulle rol is en wat van hulle binne die rol as pleegouers verwag word (De Jager, 2011:128). Om die werk van maatskaplike werkers te vergemaklik en misverstande te vermy word die rol van pleegouers deur byna al die maatskaplike werkers genoem. Die hoë insluitingskoers van die onderwerp “bewustheid met betrekking tot kindermishandeling” is geen verrassing in die konteks van die onveilige aard van vele gemeenskappe in Suid-Afrika nie (Department of Welfare, 1997:60). Die ouers moet weet hoe om die kinders daarteen te beskerm, hoe om simptome te identifiseer, sowel as hoe om ʼn pleegkind te hanteer wat reeds ʼn slagoffer was.

106 Die feit dat so min respondente aangedui het dat pleegsorg ʼn impak op die pleeggesin het, is kommerwekkend aangesien literatuur hierdie fasset as baie belangrik beskou. Younes and Harp (2007:21) stel dit dat die impak van pleegsorg op ʼn gesin lewensveranderend is en dat dit ʼn groot invloed het op die biologiese kinders. Dat houdings teenoor kwessies soos ras, geslag en gestremdheid gedeeltelik minder genoem word, kan toegeskryf word aan die groot aantal verwante pleegsorgplasings wat plaasvind, sodat die kwessies nie meer so relevant is nie. Hierdie is in teenstelling met nie-verwante pleegsorgplasings waar hierdie onderwerp wel hoë prioriteit kan geniet.

(c) Die pleegkind

Die eerste twee onderwerpe te opsigte van die pleegkind, naamlik “die rol en die betekenis van die kind se biologiese familie” en “HIV en VIGS-diagnose”, is beide deur agtien respondente (90%) aangedui as deel van hul opleiding. Met inagneming daarvan dat gesinshereniging een van die eerste doelwitte van pleegsorg volgens Artikel 181 in die Kinderwet (38/2005) is, is dit belangrik vir pleegouers om te weet wat die rol van die biologiese ouers in die kind se lewe is. De Jager (2011:129) beklemtoon die konsepriglyne van die Kinderwet (38/2005) waarvolgens pleegouers verantwoordelik is om pleegkinders aan te moedig om kontak met hulle biologiese ouers te hou. Volgens tabel 4.6 is dit duidelik dat agtien van die respondente (90%) hierdie onderwerp as belangrik beskou.

Een van die kriteria wat respondente in afdeling 4.7.2 genoem het waarvolgens hulle ouers vir pleegsorg keur, is die begrip van ouers ten opsigte van die ontwikkelingsfases van die kind. Vyftien (75%) van die respondente gebruik die kennis om pleegouers op te lei. Volgens die Kinderwet (38/2005:83) is dit `n onderwerp waarin voornemende pleegouers opgelei moet word aangesien die stel dat die kind se ouderdom en ontwikkelingsbehoeftes in ag neem moet word in die gedokumenteerde permanensie plan wat deur die maatskaplike werker en die voornemende pleegouers saamgestel word. Die permanensie plan is gerig daarop om stabiliteit in die kind se lewe te bereik wat al die voorgeskrewe besonderhede van die pleegsorg bevat.

Dit is verbasend dat slegs tien (50%) van die respondente aangedui het dat hulle onderwerpe oor die “oorsake van ʼn lae selfbeeld en opbouing van selfbeeld” sowel as “sosialisering van pleegkinders” bespreek, juis omdat so baie pleegouers kla dat pleegkinders wat tienerouderdom bereik gedragsprobleme (Dorsey et al., 2008:1404; Jones & Wells, 2008:4)

107 toon en met die verkeerde vriende sosialiseer. Daar sou verwag word dat groter klem daarop gelê word om ouers op te lei om dit te hanteer. Dieselfde geld vir die hantering van moeilike gedrag/dissiplinering waar slegs 70% (14 respondente) van die respondente daarna verwys.

Wanneer die kind van sy biologiese ouers geskei word, ervaar die kind verliese en hartseer wat dit absoluut noodsaaklik maak om ouers toe te rus met die nodige kennis om die kind te help om dit te hanteer. Vyftien (75%) respondente het aangedui dat hulle met die pleegouers oor hierdie onderwerp praat.