• No results found

Kapasiteit van maatskaplike werkers wat nie betrokke is by statutêre intervensie

4.10 UITKOMSTE VAN WERWING, KEURING EN OPLEIDING VAN PLEEGOUERS

4.10.2 Kapasiteit van maatskaplike werkers wat nie betrokke is by statutêre intervensie

Opvolgend op die vorige vraag van afdeling 9.4.1. is respondente gevra om hulle opinie te lewer oor die behoefte van NRO`s wat nie tans met statutêre werk betrokke is nie, om die rol te vervul van werwing, keuring en opleiding van pleegouers vir die versorging van sorgbehoewende kinders. Die verskillende temas wat geïdentifiseer is tydens die onderhoude met respondente oor die behoefte vir sulke NRO`s word in die volgende tabel uiteengesit.

117

Tabel 4.8 Kapasiteit van maatskaplike werkers onbetrokke by statutêre intervensie, vir werwing, keuring en opleiding van pleegouers

Temas Narratiewe

Te veel diensverskaffers kompliseer die proses

“Moenie kliënte vervreem met te veel mense nie.”

“Dit is `n groot behoefte, maar as jy nie die statutêre werk self doen nie, raak dit baie moeilik. Die verwyderings word na ons gebring maar dit vat verewig.”

“Daar is te veel rolspelers en verskillende opinies.” Verskillende visies en wetlike

verantwoordelikheid van maatskaplike werkers

“Hulle meng in en daar is konflikterende visies...ons dink familie eerste en hulle dink iemand in Camsbay kan soveel meer vir die kind bied.”

“Ons het die wetlike verantwoordelikheid en hulle nie. Wanneer die kind eers in daardie huis is, is daar geen moontlikheid van familie hereniging nie.”

“...ons het al so met `n instansie gewerk, en dan plaas hulle die kind by die persoon wat die meeste geld borg.”

Pleegouerbank as hulpbron vir NRO`s

“Dan kan die leemte wat daar is met `n pleegouer bank opgelos wees, en van groot hulp wees.”

“Die hulpbron sal baie goed wees...ons het sulke mense nodig, hulle sal ongelooflik baie help met die behoefte en met ons gevalleladings. Maar as ons daardie mense kort, kort ons mense wat nie perfekte kinders soek met `n lysie van wat hulle wil hê nie."

“Departament kantoor dink ek van Kahyalitsa het op `n staduim `n bank van pleegouers gewerf en opgelei, dan kon jy daarna toe verwys.”

“Die dienste van nie-statutêre instansies sal `n baie goeie ondersteuningssisteem wees. Prospective adopters doen dit dan kan jy beter passing doen.” Noodsaaklikheid van dienste

van nie-statutêre instansies

“Defnitief, groot behoefte. Samewerking sal kan werk.”

118 hulle primêre doel wees.”

“Daar is `n groot behoefte, hulle sal goed gekeur moet word by die Departament.”

Die werwing, keuring en opleiding van pleegouers sal area-spesifiek moet wees

“Dis moeilik, veronderstel Gordon`s baai NG kerk doen werwing, beteken dit hulle werf in Gordon`s baai”

(a) Te veel diensverskaffers kompliseer die proses van pleegsorg

Volgens die respondente word die kliënte aan te veel diensverskaffers blootgestel

wanneer `n nie-statutêre NRO ook betrokke raak by die werwing, keuring en opleiding van pleegouers word. (“Moenie kliënte vervreem met te veel mense nie.”). Wanneer daar meer rolspelers in die proses is, raak die ketting langer waardeur die informasie moet gaan en word die proses gekompliseerd en meer tydsaam.

(b) Verskillende visies en wetlike verantwoordelikhede van maatskaplike werkers

Indien nie-statutêre NRO`s die pleegouers keur en die passing van `n sorgbehoewende kind doen, moet die maatskaplike werker wat die kind verwyder het en die hofverslag doen, steeds die verantwoordelikheid dra. Een respondent het gevra: “Gaan ek nou in my hofverslag skryf wat die ander persoon gedoen het, al ken ek nie daardie pleegouers nie?”.`n Tweede respondent brei ui: "…want ek dra die wetlike verantwoordelikheid vir daardie kinders maar daardie organisasie nie." Uit die respondente se opmerkings is dit duidelik dat hierdie werkswyse die verslagdoening bemoeilik.

Die tweede uitdaging waarna die respondente verwys, is die verskillende visies van die verskillende instansies. Die een se hoofdoel kan familiehereniging wees, terwyl die ander een die kind in `n huis plaas waar familiehereniging nie moontlik is nie, as gevolg van verskillende sosio-ekonomiese agtergronde. ("...daardie organisasies plaas die kind in pleegsorg by een van hulle kennisse…maar ons weet sodra die kind in daardie huis is, is daar geen kans meer vir gesinshereniging nie. In daardie geval is dit beter as daar een gevalle bestuurder is, met een organisasie wat dit bestuur.") Sodanige situasie behoort volgens die Wet nie plaas te vind wanneer die beste belang van die kind beginsel (Pruett, HoganBruen & Jackson, 2000:48) nagestreef word. Die probleem ontstaan wanneer twee

119 diensverskaffers moet saam stem oor wat die beste belange van die kind in `n gegewe situasie is.

Hierdie uitdagings wat maatskaplike werkers ervaar wanneer daar met ander organisasies gewerk word is nie uitsonderlik vir maatskaplike werk nie maar algemene uitdagings met multi-dissiplinêre spanne. Community Care (2005) stel dat wanneer multi-dissiplinêre spanne, of multi-professionele spanne saamwerk kan dit of besonders goed werk of totaal en al disfunksioneel wees. Hulle navorsing beskryf dat die manier om veerkragtige multi-dissiplinêre spanne te skep is om (1) rolle en grense duidelik te definiëer, (2) attent te wees op magsdinamika, (3) besluitneming vooraf te bespreek, (4) verskillende professies se verskillende sieninge te respekteer, en (5) insette van die diensverbruikers te oorweeg.

(c) Pleegouerbank as hulpbron

Volgens die bevindinge sien die respondente almal die voordeel van `n ondersteunende sisteem vir die formele NRO`s wanneer `n nie-statutêre NRO die rol van werwing, keuring en opleding van pleegouers doen. Die werk gaan dus meer gespesialiseerd raak. Hierdie respondente beskryf watter waardevolle hulpbron dit aan die maatskaplike werkers in die formele sektor sal wees om gebruik te kan maak van `n bank pleegouers en die kind dus by `n gepaste pleegouer kan plaas. (“Dan kan die leemte wat daar is met `n

pleegouer bank opgelos wees, en van groot hulp wees.”). Die samewerking van

verskillende instansies word as noodsaaklik beskou volgens Graham & Barter (1999:6) se interdissiplinêre benadering tot maatskaplike werk. Hy stel dat samewering begryp die behoefte vir professies, instansies, gemeenskappe, en kliëntesisteme om hulpbronne saam te sit om sosiale kwessies aan te spreek wat groter is as die kapasiteit van een individuele instansie of professie om dit aan te spreek.

Volgens een respondent behoort daar `n voorwaarde vir hierdie soort hulpbron te wees, naamlik dat die pleegouers wat gekeur en gepas word, nie met hulle eie voorwaardes sal kom nie, maar daar sal wees omdat hulle die beste belange van enige kind wil dien. Sy beskryf: “Dit sal baie goed wees...ons het sulke mense nodig, hulle sal ongelooflik baie help met die behoefte en met ons gevalleladings. Maar as ons daardie mense kort, kort ons mense wat nie perfekte kinders soek met `n lysie van wat hulle wil hê nie."

120 Die opinies van die respondente stem ooreen met die teorie van die Children`s Institute (Dutschke, 2006:714) dat daar dringend meer families vir die aantal sorgbehoewende kinders in Suid-Afrika gewerf moet word. Die respondente is van mening dat daar `n baie groot behoefte is aan NGO`s wat pleegouers kan werf, keur en oplei. Die volgende narratiewe bevestig dit:

“Defnitief, groot behoefte. Samewerking sal kan werk.”

“Defnitief `n behoefte, dit kan werk want dit gaan hulle primêre doel wees.”

Omdat die werwing, keuring en opleiding van pleegouers so groot taak is, sal dit ideaal wees wanneer instansies primêer daarop fokus.

(e) Die werwing, keuring en opleiding van pleegouers sal area-spesifiek moet wees

Aangesien instansies dienste lewer aan spesifieke areas volgens die area-indelings van die Departament van Maatskaplike Welsyn, sal hierdie instansies ouers in die spesifieke areas moet werf ten einde steeds gesinsherenigingsdienste te kan lewer. Die respondent verduidelik die kwessie: “Dis moeilik, veronderstel Gordonsbaai NG kerk doen werwing, beteken dit hulle werf in Gordonsbaai.” Indien `n instansie pleegouers in `n area werf sal slegs kinders in daardie area in hul sorg geplaas kan word.

4.10 SAMEVATTING

Hieride hoofstuk bevat die resultate van `n empiriese studie wat uitgevoer is deur semi-gestruktureerde onderhoude met 20 maatskaplike werkers van verskillende NRO in die Weskaap te voer.

Die doel van hierdie hoofstuk was om die sienings van maatskaplike werkers wat dienste aan pleegouers lewer en by die werwing, keuring en opleiding van pleegouers betrokke is te ondersoek.

121 In hierdie hoofstuk is die format van die vraelys (Bylae A) gevolg wat die identifiserende besonderhede van die respondente bevat, naamlik die fokus van hul dienslewering, posisie in organisasie, ervaring in praktyk, groote van gevallelading asook die tipes pleegsorg waarmee hulle werk. Die respondente se toepassing van die riglyne van die Kinderwet (38/2005) sowel as die uitdagings wat hul daarmee ervaar, is ondersoek. Daar is gepoog om begrip te kry vir die mate waarin die doelstellings van pleegsorg in pleegsorgplasings nagestreef word. `n Verkenning is gedoen rakende die bestaan van werwingstogte van pleegouers in maatskaplike-werk-organisasies, sowel as die tipe werwingsmetodes wat gebruik word om pleegouers te werf. Maatskaplike werkers se begrip en toepassing van die keuringsriglyne volgens die Kinderwet (38/2005) is ondersoek, sowel as die metodiek wat die respondente gebruik om pleegouers op te lei. Begrip is ontwikkel vir die uitdagings wat maatskaplike werkers ervaar om pleegouers te werf, te keur en op te lei binne kinderbeskermingsinstansies sowel as pleegsorghuisinstansies.

Daar is bevind dat die respondente se antwoorde in baie gevalle in ooreenstemming was met huidige literatuurstudies, wat dus geldigheid aan bevindinge verleen.

In hoofstuk 5 sal die gevolgtrekkings wat na afloop van die literatuur- en empiriese studie gemaak is, bespreek word. Aanbevelings sal gemaak word op die gevolgtrekkings gebaseer is, in `n poging om riglyne aan maatskaplike werkers te voorsien om pleegouers te werf, te keur en op te lei vir die baie sorgbehoewende kinders in Suid-Afrika.

122

HOOFSTUK VYF

GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

5.1 INLEIDING

Die doel van die studie was om begrip te bevorder vir die metodes van werwing, keuring en opleiding van pleegouers vir die versorging van sorgbehoewende kinders. In die vorige hoofstukke is hierdie metodes bestudeer deur `n literatuurstudie in hoofstukke twee en drie te doen, wat daarna met en 'n empiriese studie in hoofstuk vier opgevolg is. Aan die hand hiervan sal die relevante gevolgtrekkings gemaak word.

Die doel van hierdie hoofstuk is om gevolgtrekkings en aanbevelings na aanleiding van die bevindinge van die studie, te formuleer. Die navorsingsprobleem soos by afdeling 1.2 (bl. 6) gestel is dat daar 3.4 miljoen weeskinders in Suid-Afrika is wat dus alternatiewe sorg benodig. Maniere moet gevind word om meer pleegouers te werf, te keur en op te lei vir die versorging van sorgebehoewende kinders. Daar bestaan min navorsing en literatuurstudies rakende die werwing en keuring van pleegouers, asook die gebruik van pleegsorghuise.

Die gevolgtrekkings word gebaseer op die bevindinge en word gebruik om aanbevelings te maak aan maatskaplike werkers en bestuurders van maatskaplikewerk-instansies. Op hierdie wyse word die nodige kennis oorgedra om pleegouers meer effektief te werf, te keur en op te lei sodat meer sorgbehoewende kinders in `n gesonde familie-omgewing kan groot word.

Laastens sal riglyne voorsien word vir verdere navorsing wat oor die metodes van werwing, keuring en opleiding van pleegouers gedoen kan word.