• No results found

4.3 BEVINDINGE VAN NAVORSING

4.3.1 IDENTIFISERENDE BESONDERHEDE

Die volgende data is die identifiserende besonderhede van die deelnemers met wie onderhoude gevoer is.

4.3.1.1 Die hoof fokus van die organisasie se dienslewering

Die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (Ministerie van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling, 1997) verwys na die feit dat kinder- en gesinsorgorganisasies ʼn groot aantal pleegsorggevalle hanteer. Die eerste aspekte wat dus ondersoek is, is die hoof fokus van dienslewering van die organisasie. Figuur 4.1 vertoon die hoof fokus van dienslewering van die onderskeie welsynsinstansies waar die deelnemers in diens is.

69

n=20

Figuur 4.1 Fokus van dienslewering

Omdat die hoof fokus van dienslewering van Kinder- en gesinsorgorganisasies meestal die beskerming van kinders is, hanteer maak werkers ʼn groot aantal pleegsorggevalle. Sewentien (85%) van die deelnemers se organisasies se hoof fokus van dienslewering is die beskerming van kinders. Die Witskrif omskryf die doel van gesins- en kindersorgdienste, naamlik om die gesinslewe te bewaar en te versterk, sodat ʼn geskikte omgewing vir die fisiese, emosionele en sosiale ontwikkeling van alle lede voorsien kan word (Bὃning, 2009:286).

Die bevindinge toon dat drie (15%) deelnemers werksaam is by instansies waar groeppleegsorgskemas die hoof fokus is. Hierdie groeppleegsorgskemas voorsien pleegsorg aan kwesbare, verwaarloosde en mishandelde kinders met die hoop op potensiële gesinshereniging in terme van die Kinderwet (Afdeling 1 van 38/2005). Die instansie se fokus word dus ook gerig op die werwing, keuring, opleiding en ondersteuning van spesifieke pleegouers wat vir ʼn huis met pleegkinders sorg.

85% 15%

Fokus van dienslewering

beskerming van kinders groeppleegsorgskema

70

4.3.1.2 Posisie in organisasie

Die tweede faktor wat ondersoek is, is die posisie wat die respondent in die organisasie beklee. Aangesien dit een van die kriteria vir insluiting is, dat alle respondente ʼn gekwalifiseerde maatskaplike werker moet wees, word daar onderskei tussen die spesifieke veld waarin hulle in die organisasie werk. Figuur 4.2 stel die bevindinge ten toon.

n=20

Figuur 4.2 Posisie in organisasie

Die bostaande figuur toon die verskillende posisies wat die respondente in die onderskeie organisasies beklee. Dit is noodsaaklik om te noem dat elke organisasie se struktuur en dus bewoording van posisies verskil, met ander woorde die funksie wat ʼn maatskaplike werker in ʼn klein organisasie verrig, kan moontlik dieselfde wees as die funksie van ʼn aanmeldings- en ʼn pleegsorg-maatskaplike-werker van ʼn groter organisasie.

Van die respondente was ses aanmeldings-maatskaplike-werkers (30%), wat die aanvanklike inligting van die kliënt moet insamel om te bepaal watter intervensie benodig word en of die werker en instansie geskik is om die dienste te lewer (Babylon dictionary, 1997-2014). Krane en Davies (2000:36) beklemtoon drie take van ʼn professionele kinderbeskermer naamlik om aangemelde aantygings van kindermishandeling te ondersoek; om kinders wat hulself in hoërisiko-omstandighede bevind, suksesvol te identifiseer; en om effektiewe beskermingsdienste te verseker. Vyf respondente (25%) het aangedui dat hulle maatskaplike werkers is, wat kan beteken dat hulle met statutêre intervensie besig is, of dat die instansie

Inname maatskaplike werker Maatskaplike werker Pleegsorg werker Senior bestuurder Direkteur 6 5 4 4 1

Posisie in organisasie

Posisie in organisasie

71 minder personeel het en daar nie rolle verdeling is nie. ʼn Pleegsorgwerker is ʼn maatskaplike werker wat slegs met pleegsorggevalle werk en vier van die respondente werk in die posisie. Vier maatskaplike werkers in die studie het senior bestuurderposte beklee. Een respondent is ʼn maatskaplike werker wat die posisie van direkteur van die organisasie beklee.

Hierdie verteenwoordigende van posisies van maatskaplike werkers het ʼn gebalanseerde steekproef gebied, wat verseker het dat die sieninge van maatskaplike werkers in die verskillende poste oor die werwing, keuring en opleiding van pleegouers verkry kon word.

4.3.1.3 Aantal jare ervaring in praktyk

Die aantal jare ervaring wat die maatskaplike werkers in die praktyk het, was die volgende aspek wat ondersoek is en word in Figuur 4.3 hieronder geïllustreer.

n=20

Figuur 4.3 Ervaring in praktyk

Uit die figuur blyk dit duidelik dat net meer as die helfte (naamlik elf) van die maatskaplike werkers tussen een tot vyf jaar ervaring in die praktyk het. Hierdie bevinding kan daaraan toegeskryf word dat minder ervare maatskaplike werkers die posisies van aanmeldings-maatskaplikewerkers beklee en daarom dienste aan pleegouers lewer. Die ander rede vir hierdie bevinding is die feit dat organisasies met ʼn hoë omset van personeel sukkel as gevolg van oorweldigende werksomstandighede en maatskaplike werkers wat emigreer om beroepe

1-5 jaar 6-10 jaar 11-15 jaar 16-20 jaar meer as 20 jaar 11 2 3 1 3

Ervaring in praktyk

72 in ander lande na te jaag (Department of labour South Africa, 2008:7). Met die hoë omset van maatskaplike werkers word jong maatskaplike werkers in dié posisies geplaas.

Twee respondente (10%) het tussen 6 tot 10 jaar ervaring in die praktyk en drie respondente tussen 11 en 15 jaar. Een (5%) persoon het in die kategorie van 16 tot 20 jaar ervaring geval, en slegs drie respondente het meer as 20 jaar ervaring in die praktyk.

4.3.1.4 Grootte van gevallelading

Die respondente is gevra om aan te dui wat die grootte van hulle gevallelading is en dit word in die volgende tabel aangedui.

Tabel 4.1 Grootte van gevallelading

Grootte van gevallelading Getal

1-50 2 51-100 6 101-150 10 151-200 1 201+ 1 Totaal 20 n=20

Volgens die tabel het die meeste respondente ʼn gevallelading van 101 tot 150 (10 respondente) of 51 tot 100 (6 respondente). Enkele respondente (5%) het aangedui dat die grootte van hulle gevalleladings 151 en 201 oorskry. Volgens die Department of Labour South Africa (2008:6) is dit amper onmoontlik om in gevalle waar die gevallelading 200 oorskry, nalatigheid te vermy.

Volgens inligting van die Sowetan in Oktober 2005 (Department of Labour South Africa, 2008:7) het 63% van maatskaplike werkers in Kindersorg: Suid-Afrika ʼn gevallelading van meer as 60, terwyl 36% van respondente gevalleladings van meer as 100 het.

4.3.1.5 Tipes pleegsorg

Verwante pleegsorg in Suid-Afrika is die mees algemene vorm van pleegsorg en word in die Kinderwet (38/2005) as die primêre alternatiewe sorg-opsie aangemoedig. Die rede hiervoor

73 is dat ʼn familieplasing die minste ontwrigting vir ʼn kind in terme van kulturele, taal, sosiale en ekonomiese aanpassings is (De Jager, 2011:44). Gesins-herenigingsdienste vind ook die maklikste plaas in `n verwante pleegsorgplasing.

Die volgende figuur toon die tipe pleegsorg wat maatskaplike werkers gebruik aan wanneer na hulle pleegsorg gevalle gekyk word. In figuur 4.4 kan die differensiasie tussen groep pleegsorg skemas, nie-verwante en verwante pleegsorg gesien word.

n=20

Figuur 4.4 Tipes pleegsorg wat maatskaplike werkers benut

Maatskaplike werkers het rofweg aangedui hoeveel pleegsorg gevalle hulle behartig van elke tipe pleegsorg. Uit die figuur blyk dit duidelik dat pleegsorghuise (245 gevalle-18%) en nie-verwante pleegsorg (191 gevalle-13%) tans minder as nie-verwante pleegsorg (985 gevalle-69%) gebruik word wanneer na alternatiewe sorgopsies vir sorgbehoewende kinders gekyk word.

Soos aangedui in Figuur 4.1, was die meeste respondente wat op die beskerming van kinders fokus, werksaam by gesinsorginstansies. Dit is opvallend dat kinder-en-gesinsorginstansies hoofsaaklik op verwante pleegsorg fokus, terwyl die instansies wat groep pleegsorg skemas gebruik, alleenlik daarop fokus. Hierdie bevindinge kan moontlik verband hou met die huidige en toekomstige tendens by instansies om op `n spesifieke tipe alternatiewe sorg te konsentreer. Figuur 4.5 illustreer hierdie tendens en toon die gebruik van

69% 13%

18%

Tipes pleegsorg wat maatskaplike werkers

benut

Verwante pleegsorg Nie-verwante pleegsorg Pleegsorghuisskemas

74 die verskillende tipes pleegsorg binne die onderskeie tipes organisasies aan. Die organisasies in die studie word volgens hulle hoof fokus van dienslewering geklassifiseer.

n=20

 Respondente kon al drie opsies pleegsorg aandui

Figuur 4.5 Tipes pleegsorg in verskillende instansies

By die instansies wat as hoof fokus die beskerming van kinders het, het 17 (85%) van die respondente aangedui dat hulle van verwante pleegsorg gebruik maak. Tien (50%) van die respondente het nie-verwante pleegsorg gevalle, en slegs drie respondente (15%) het groeppleegsorggevalle. Die aantal nie-verwante en groeppleegsorggevalle in die kinder-en-gesinsorginstansies was grootliks in die minderheid en as uitsonderlike gevalle gekenmerk.

Daarteenoor is dit insiggewend dat instansies wat wel groeppleegsorggevalle behartig, slegs op die dienslewering daarvan fokus. In die figuur word geïllustreer dat instansies waar die hoof fokus van dienslewering groeppleegsorghuise is, slegs in daardie aspek van pleegsorg spesialiseer.