• No results found

4.10 UITKOMSTE VAN WERWING, KEURING EN OPLEIDING VAN PLEEGOUERS

4.10.1 Kapasiteit van maatskaplike werkers in die formele NRO-sektor

In hierdie afdeling is die respondente gevra om hulle opinie te lewer oor die kapasiteit van maatskaplike werkers in die formele NRO-sektor om genoeg pleegouers te werf, te keur en op te lei vir die getalle sorgbehoewende kinders in Suid-Afrika. Daar moet duidelik begryp word dat die vraag nie die maatskaplike werkers se vermoë bevraagteken nie, maar wil vasstel of die taak uitvoerbaar is binne die formele NRO-sektor met inageming van die verskeie uitdagings wat reeds in voorafgaande afdelings bespreek is. In fiuur 4.15 word die response ten opsigte van die kapasiteit van hiérdie maatskaplike werkers uitgebeeld. Die opinies van die respondente wat werksaam is by formele NRO`s of by instansies wie se hoofdoel kinderbeskerming is, word in die eerste kolom, naamlik “Kinderbeskerminginstansies” geïllustreer. Die opinies van maatskaplike werkers wat werksaam is by instansies wat geen statutêre intervensie lewer nie, word in die tweede kolom onder “Nie-statutêre instansies” geïllustreer. `n Bespreking van hulle menings volg na die figuur.

113

n=20

Figuur 4.15 Die kapasiteit van maatskaplike werkers in die formele NRO-sektor vir werwing, keuring en opleiding van pleegouers

Volgens die figuur is daar onder die “Kinderbeskerminginstansies” een van die respondente (10%) wat meen dat maatskaplike werkers in die formele NRO-sektor wel die kapasiteit het, terwyl sewe van die respondente (35%) aangedui het dat dit nie moontlik is nie, en ses van die respondente (30%) glo dat diè maatskaplike werkers die vermoë het, maar dat ernstige aanpassings gemaak sal moet word om dit te bewerkstellig.

In die geval van nie-statutêre instansies het een respondent wat by `n nie-statutêre instansie werksaam is, genoem dat dit nie moontlik is vir maatskaplike werkers in daardie sektor nie, terwyl een respondent gesê het dat hulle die vermoë het, maar aanpassings sal moet maak. Die volgende bevindinge onderskyf die opinies van die respondente, eerstens die werksaam by kinderbeskermingsinstansies gevolg deur die narrratiewe van die werksaam by nie-statutêre instansies..

Kinderbeskerminginstansies:

Die volgende respondente het aangedui dat dit nie moontlik vir maatskaplike werkers in die formele NRO-sektor is om genoeg pleegouers te werf, keur en op te lei nie.

“As mens saam werk met ander instansies, maar nie kapasiteit het om dit self te doen nie.” 0% 10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90% 100%

Kinderbeskerminginstansies Nie-statutêre instansies

1 0

7

1

6 1

114

“Daar is nie tyd nie, kinders is reeds in hule sorg, dit word net `n formele storie.”

“As gevolg van die gevalleladings wat ons het is dit nie maklik vir ons nie.”

“Daar is nie tyd nie, ons kyk outomaties in die gesin.”

“Verseker nie.”

“Ons gevalleladings is net te hoog vir ons om `n bank van pleegouers te skep. Dit is net onprakties.”

“...te veel kinders. Meeste maatskaplike werkers kla daar is nie tyd nie, maar hulle soek nie rerig nie. Hulle soek net die easy way out. Hulle gaan nie die ekstra mylpaal nie, so hulle vat maar wat daar is.”

Uit die voorafgaande narratiewe is dit duidelik dat dit nie vir diè maatskaplike werkers moontlik is om effektiewe werwing, keuring en opleiding van pleegouers te doen nie, omdat die uitdagings van hoë gevalleladings en te min tyd te oorweldigend is. Die literatuur bevestig ook dat die gevalleladings te hoog is, soos deur Thokomala (2013)gerapporteer word dat een maatskaplike werker werksaam by Kindersorg SA ʼn gemiddelde gevallelading van 300-600 kinders het Die meeste respondente in hierdie studie het gevalleladings wat van 50-100 en 101-150, soos in afdeling 4.3.1.4 gëillustreer word.

Een van die respondente het verwys na die tendens waar die kinders reeds informeel in die pleegouers se sorg is en waar hierdie maatskaplike werker binne die formele NRO sektor dat werwing van pleegouers onnodig is in sommige gevalle. Volgens die laaste narratief waar ʼn ander hoek na die uitdagings kyk, lê die probleem by die houdings of motivering van die maatskaplike werkers. Die respondent beweer dat maatskaplike werkers nie die ekstra moeite wil doen, met ander woorde, dit wat buite hul werksbeskrywing is nie.

Kinderbeskerminginstansies:

Die volgende respondente het aangedui dat maatskaplike werkers in die formele NRO-sektor

die vermoë het, maar slegs moontlik, indien aanpassings gemaak word

“Hulle het die vermoë maar nie die tyd nie, sal ook ekstra opleiding benodig.”

“Dit is baie belangrike bystand om te hê, want ons verwyder so baie kinders. Dit is moontlik as ons dit oor naweke doen.”

“ Die kapasiteit in terme van vermoë is daar, maar daar moet aangepas word volgens behoefte… kan nie ʼn bank van pleegouers werf wat nie gepas is nie.”

115

“Daar is goed in plek, maar maatskaplike werkers het nie tyd nie. Die organisasie het ook nie geld om iemand aan te stel nie.”

Volgens bogenoemde beskik die maatskaplike werkers wel oor die vermoë, maar het nie altyd die kapasiteit om die taak te verrig nie. Dit is in ooreenstemming met die navorsing van Child Welfare Information Gateway (2010:3) wat bevind het dat hoë gevalleladings die kwaliteit van dienste aan families belemmer omdat daar nie genoegsame tyd aan elke geval bestee kan word nie. Dit beteken dus dat die instansies tans nie die kapasiteit het om genoeg pleegouers te werf, te keur en op te lei vir die aantal sorgbehoewende kinders nie.

Volgens Barbell en Sheikh (2001:1) is dit wel moontlik om in moeilike organisatoriese omstandighede pleegouers te werf en op te lei deur noukeurig ʼn strategiese plan saam te stel om die gemeenskap te betrek by pleegsorg. Wanneer so `n strategiese uitreik plan saamgestel word, sal die hoof doelstellings daarvan wees om die aantal gekwalifiseerde pleegsorgouers te vermeerder, die huidige pleegouers te behou, en die aantal vrywilligers betrokke by pleegouers en families te vermeerder (Barbell & Sheikh, 2000:1). Volgens Ward (1995) en Barbell en Sheikh (2001) is die oplossing vir werwing en opleiding van pleegouers binne ʼn welsynsinstansie konteks om dus noukeurig te beplan. Swanepoel (2009:16) bevestig dat die struikelblokke waarmee maatskaplike werkers worstel slegs oorkom sal word wanneer die maatskaplike werker `n wel deurdagte strategie het wat die take en verantwoordelikhede van elke fase van die pleegsorgproses bevat, saamstel.

Volgens die respondente sal die volgende aanpassing gemaak moet word om die taak te kan verrig: die maatskaplike werkers sal ekstra opleiding moet ondergaan; take sal oor naweke gedoen moet word; en ekstra fondse sal nodig wees vir iemand om die rol van pleegoueropleiding in die organisasie te vervul.

(a) Nie-statutêre instansie:

Die volgende narratiewe van respondente dui aan dat dit nie moontlik vir maatskaplike werkers in die formele NRO-sektor is om genoeg pleegouers te werf, keur en op te lei nie.

“Its not happening. Daar is goeie struktuur in plek maar hulle doen dit nie, hulle verwyder net die kinders en plaas hulle dan by ons.”

116 Een van die maatskaplike werkers wat by ʼn pleegsorghuisinstansie werk, sê dit is nie moontlik in die formele NRO-sektor nie, omdat dit bloot nie in praktyk gebeur nie. Die een respondent wat aangedui het dat formele NGO`s wel die kapasiteit het om die taak te verrig, het net gesê: “Ja hulle kan”, maar nie die rede daarvoor gegee nie.

4.10.2 Kapasiteit van maatskaplike werkers wat nie betrokke is by statutêre intervensie