• No results found

3.3 KRITERIA VIR DIE KEURING VAN PLEEGOUERS

3.3.1 Geskiktheid en gepastheid

Die Kinderwet (Artikel 182, 2005) bied geen definisie van wat ’n “geskikte en gepaste” persoon behels nie. De Jager (2011:65) maak die afleiding dat ’n geskikte en gepaste persoon die persoon is wat aan die opeenvolgende voorwaardes van Artikel 182 voldoen, soos in die volgende afdelings bespreek word. Geskiktheid en gepastheid behels dat `n persoon in staat is om die kind te versorg en tweedens by die spesifieke sorgbehoewende kind pas. Huidiglik is dit nodig dat die voornemende ouers ’n Vorm 30 (afdeling 188, Kinderwet) voltooi om te bepaal of die persoon op Deel B van die Register van die Departament Maatskaplike Ontwikkeling gelys is as ’n persoon wat nie met kinders mag werk nie as gevolg van ’n kriminele rekord. Die Vorm 30 kan ’n deel uit maak van die keuringsproses.

48 Vir die selektering van die gepaste pleegouers het die Komitee van die Regte van ’n Kind (Durand, 2007:22) vier algemene beginsels bepaal. Die beginsels bestaan uit die waardes van

die beste belange van ’n kind, die belangrikheid van die kind se opinie indien dit reeds

gekommunikeer kan word, die oorlewing en ontwikkeling van die kind, en laastens geen

diskriminasie wat dus die beskerming van alle kinders wil verseker. Die beste belange van

die kind bepaal dat die kind se keuse van ouers in ag geneem moet word volgens die ouderdom en volwassenheid van die kind om sulke besluite te maak (Durand, 2007:24).

Die standaarde van die eerste beginsel, die beste belange van ’n kind, word in artikel 7 in die Kinderwet (2005:32–34) omskryf en die faktore wat daarop ’n invloed het, word vervolgens in Tabel 3.1 verwerk en uiteengesit:

49

Tabel 3.1: Faktore wat verband hou met die beste belange van die kind

(a) die aard van die verhouding tussen –

(i) die kind en die ouers, of enige spesifieke ouer; en

(ii) die kind en enige ander versorger of persoon betekenisvol in daardie omstandighede

(b) die houding van die ouer, of enige spesifieke ouer, teenoor:

(i) die kind; en

(ii) die beoefening van ouerlike verantwoordelikhede of regte in verband met die kind

(c) die vermoë van die ouers, of enige spesifieke ouer, of enige ander versorger of persoon wat voorsien in die behoeftes van die kind, ingesluit emosionele en intellektuele behoeftes

(d) die waarskynlike effek wat enige verandering in die kind se omstandighede op hom sal hê, ingeslote die waarskynlike effek van enige skeiding van –

(i) een of albei ouers; of

(ii) enige broer of suster of ander kind, of enige ander versorger of persoon saam met wie die kind gewoon het

(e) die praktiese probleme en koste van die kind om kontak te hê met die ouers, of enige spesifieke ouer en of die probleme en koste die kind se reg op persoonlike verhoudings en direkte kontak met die ouers, of enige spesifieke ouers op ʼn gereelde basis te behou, sal affekteer

(f) die behoefte van die kind –

(i) om in die sorg van sy of haar ouer, gesin of uitgebreide familie te bly;

(ii) om kontak met sy of haar gesin, uitgebreide familie, stam, kultuur of tradisie te behou;

(g) die kind se –

(i) ouderdom, volwassenheid en ontwikkelingstadium; (ii) geslag; en

(iii) agtergrond en enige ander relevante karaktereienskappe van die kind

(h) die kind se fisiese en emosionele sekuriteit en sy of haar intellektuele, emosionele, sosiale en kulturele ontwikkeling

(i) enige gestremdheid wat die kind mag hê (j) enige kroniese siekte waaraan die kind mag ly

(k) die behoefte van die kind om binne ʼn stabiele gesinsomgewing op te groei en waar dit nie moontlik is nie, in ʼn omgewing so na as moontlik aan ʼn versorgende gesinsomgewing

(l) die behoefte om die kind te beskerm teen enige fisiese of psigologiese skade wat veroorsaak kan word deur –

(i) onderwerping aan mishandeling, verwaarlosing, uitbuiting of afbreking, of om die kind aan geweld of skadelike gedrag bloot te stel; of

(ii) om die kind bloot te stel aan mishandeling, vernedering, of slegte behandeling, geweld of skadelike gedrag teenoor ʼn ander persoon

(m) enige gesinsgeweld wat die kind insluit of ʼn ander gesinslid van die kind en

(n) die aksie of besluit wat verdere wetlike of administratiewe prosedures in verband met die kind sal vermy of verminder

50 Die bogenoemde faktore wat verband hou met die beste belang van die kind word vervolgens bespreek en sal waar moontlik met die Kinderwet (38/2005) vergelyk word. Opsommend verwys die term "die beste belange van die kind", soos in die Kinderwet (2005:32–34) vervat, na ʼn gesonde en stabiele verhoudingslewe (Artikel 7(a)); die houdings van versorgers teenoor die kind (Artikel 7(b)); die behoeftes van die kind en die vermoë van versorgers om daarin te voorsien, asook die uitskakel van onnodige risiko’s (Böning, 2009:299). Die teenwoordigheid van die beginsel van die beste belange van die kind in die Kinderwet (Artikel 7, 2005) verseker dat ’n eenvormige vertolking verleen word aan die bedoeling van die beginsel en die betekenis daarvan (Böning, 2009:299).

Soos die bogenoemde faktore vervat in die Kinderwet beklemtoon, is dit nodig om die behoeftes van die kind (Artikel 7(f)) as vertrekpunt te gebruik om gepaste en geskikte ouers te vind. Die behoeftes van die kind gaan bepalend wees vir die tipe sorg wat die kind gaan benodig. Byvoorbeeld meer gespesialiseerde opleiding word benodig indien die kind gestremd is of ernstige emosionele of gedragsprobleme toon. Die voornemende ouers moet volledig bewus wees van enige behoeftes van die kind, sodat hulle met volledige kennis kan besluit of hulle gewillig is om pleegsorg vir die kind te bied.

Vir plasing van ’n kind in pleegsorg (Kinderwet, 2005:75-76) moet die hof die verslag van die maatskaplike werker oorweeg ten opsigte van die (a) kulturele, religieuse en taal agtergrond van die kind en die ouers; en (b) die beskikbaarheid van iemand met soortgelyke agtergrond as die kind wat gewillig en bemagtig is om die kind te versorg. Die beginsel geen

diskriminasie van die Komitee van die Regte van ’n Kind (Durand, 2007:22) moet veral by

keuring toegepas word. Die kind mag by iemand van ’n verskillende agtergrond in pleegsorg geplaas word indien daar (a) reeds bestaande band tussen die kind en die persoon bestaan; (b) of wanneer ’n geskikte en gewillige persoon met dieselfde agtergrond nie beskikbaar is om die kind te versorg nie. Böning (2009:142) verwys na Schultz (2002) wat noem dat ooreenstemming betreffende geloofs- en kulturele aspekte die aanpassing van die kind vergemaklik omdat die lewenstyl van die pleeggesin dan nie so drasties verskil van waaraan hy/sy gewoond was nie.

51

3.3.2 Gewilligheid en kapasiteit om die kind te versorg, en verantwoordelikhede na te