• No results found

3.3 Bundelbesprekings aan die hand van Genette se konsep paratekstualiteit

3.3.3 Paratekstualiteit in Hammie

3.3.3.2 Motto’s en verklarings

Hierdie bundel het drie aanhalings uit die popkultuur, spesifiek Amerikaanse musiek (alternatiewe rock, indie en rap) as motto’s. In al drie motto’s kom verwysings na die nag, pyn en die verwerking van herinneringe voor. Alhoewel die verwysings na nag en donkerte lyk of dit in kontras is met die helder pienk van die omslag, stem die simboliek van dié kleure volgens my ooreen met die sentimente wat uit die liedjies oorgedra word. Die tekste waar-aan die motto’s ontleen is, word in die addendum van hierdie studie opgeneem.

Die aanhaling wat eerste geplaas is, is van die Amerikaanse alternatiewe rockgroep REM se album Automatic for the people (1992). Die eerste strofe van die liedjie verwys eksplisiet na ’n foto wat jare gelede geneem is – dit stem ooreen met die plasing van ’n ou foto voorop Kamfer se bundel. Die lirieke wat geplaas is, is uit die vierde en vyfde strofes. Daar word teruggedink aan mooi herinneringe, aan ’n vergange tyd, toe die groep saam kon gaan “skinny dip” in die maanlig. ’n Hartseer en melankoliese gevoel dat hierdie sorgelose tye en samesyn verby is, word deur die musiek en lirieke uitgedruk. Daar sou dus afgelei kon word dat Kamfer met hierdie motto soortgelyke sentimente omtrent Hammie wil uitspreek. Kom-mentaar oor weerloosheid en ander se wanbegrip van die digter-spreker se eie ervaring van pyn, word ook aangeraak. Hierdie weerloosheid eggo in gedigte soos “Koud” (41) en “Dis wat die dood doen” (31).

In die indie-rockgroep Elbow se liedjie “The night will allways win” van die album Build a

rocket boys! (2011) word die nag sterk beklemtoon. Indien die nag as ’n metafoor vir

swaar-kry en/of die dood gelees word, ontsluit dit ’n diep en donker betekenislaag van Kamfer se werk. Sy gee hiermee te kenne dat die dood, net soos die nag, onvermydelik is, dat swaarkry daarop volg – vergelyk “the night will always win / the night has darkness on his side.” Tupac Shakur se rap-duet “Dear Mama” uit die album Me against the world (1995) open met sy ma wat vertel hoe sy in die tronk was met sy swangerskap en kortliks verwys na sy moeilike kinderjare. Die aanhaling is uit die laaste strofes geneem – in die liedjie sing hy oor

95

sy grootwordjare en sy ma se invloed op hom. In hierdie versreëls bemoedig hy sy ma – hy wens dat hy haar pyn kan wegneem, maar herinner haar ook daaraan dat ”everything will be alright if you hold on” (Shakur 1995). Myns insiens ontsluit dit een van die ondertone van Kamfer se bundel: Sy herleef haar kinderdae, bemoedig sowel haar ma as haarself en ver-werk sodoende haar ma se dood.

Anders as in haar vorige bundels, gebruik Kamfer uitsluitlik lirieke as motto’s in Hammie, spesifiek uit die rap-, rock- en popmusiek-sfere. Hierdie motto’s kom dus almal uit die soge-naamde lae kultuur/kuns (vergelyk Kleyn 2013:27-28) en met die insluiting daarvan in ’n gepubliseerde digbundel vind die oorskryding van genre-grense duidelik plaas. Dit beklemtoon waarskynlik Kamfer se waardering vir musiek en erken hiermee die invloed wat dit op haar lewe het – die epitekstuele erkenning van haar liefde vir rock sou hier betrek kon word (Brümmer 2011). Die gebruik van lirieke in die motto’s versterk myns insiens ook die intens-persoonlike temas soos die verwerking van die moeder se dood wat in hierdie bundel aan bod kom.

3.3.3.3 Taalsituasie

In Hammie word die ruimte van die Kaapse Vlakte weer prominent weens die tematiek en aard van die bundel en gevolglik is die taalsituasie soortgelyk aan Noudat slapende honde. Ek verskil van kritici soos Taljard (2016) wat hierdie bundel as Kaaps beskryf en meen dat dit hoofsaaklik in Standaardafrikaans geskryf is en slegs enkele Kaapse woorde of uitdruk-kings benut. Kamfer bevestig in ’n gesprek met Van Niekerk tydens die US Woordfees (2016) dat hulle tuis meestal Standaardafrikaans praat, dat sy daarom in die Standaardvorm skryf en dat daar anders as die Kaapse uitdrukking “Hammie” in der waarheid “min Kaapse woorde” in die bundel voorkom. Weens die intieme aard van talle van die verse, die herinneringe aan gesprekke met haar moeder en die insluit van dialoog, is die gebruik van spreektaal myns insiens gemotiveerd en volop. Ook Oliphant (2016) koppel die ruimte waarin die gebeure afspeel, aan die gebruik van spreektaal: “Reeds met die woord ‘Hammie’ as die titel in stede van die meer formele ‘Mammie’, word die leser ingetrek in ’n teks wat praat soos wat daar in die gegewe omgewing geleef word.” Kamfer se selfgeskepte

teen-taal word dus weer, soos in haar debuut, aangewend ter uitdrukking van haar eie stem om

96

Die feitelike, selfs kil, vertelstyl en nugter toonaard wat al eie aan Kamfer is, is ook in hierdie bundel te vinde. Dit wil voorkom of Kamfer se kritiese perspektief op veral kwessies soos ras deur party kritici as onthutsend, vervreemdend en selfs “rassisties” (Taljard 2016) be-skou word. Hambidge (2016) beskryf weer die digter-spreker as ’n “kompromislose, onver-gewensgesinde waarnemer” wat deur diepe pyn en woede moet worstel. Ook Oliphant (2016) merk in ’n resensie vir LitNet die digter se “ongemak met witmense” op. Dit wil voorkom of die toonaard, temas en vertelstyl vir party wit lesers as verontwaardig voorkom – Taljard (2016) meen selfs dat Kamfer (wit) lesers sal vervreem as sy op hierdie (geykte) trant aanhou en Hambidge (2016) verwys na die digter se “honende lag” by die lees van haar (Hambidge se) resensie.

Daar sou egter geargumenteer kon word dat Kamfer se skynbare vyandigheid ooreenstem met hooks (1990:25, 30) se argument dat die sentrum gemarginaliseerdes as weerstandig en problematies beskou wanneer hulle nie aan die sentrum se vereistes voldoen nie. Die sogenaamde ongemak met wit mense is juis deel van Kamfer se kritiese ingesteldheid teenoor die bestel. Haar bevraagtekening van witwees en sosiale kommentaar is volgens my een van die basiese temas van haar skryfwerk. Met die gebruik van haar weerstandstem en die skryf in haar eie teen-taal, is Kamfer die vergestalting van wat hooks (1990:27) die

yearning-beginsel noem. Hierdie standpunt kan bewys word deur die gunstige ontvangs van

Kamfer (2015) se voorlesing van die gedig “Bellville” by die Inzync Poetry Slam by Amazink in Kayamandi, buite Stellenbosch. Sý is die kritiese stem uit die marges wat haar besware teen die sisteem aanteken, sý is die digter wat ook stem gee aan ander wat soos sy uitgelewer is aan bepaalde omstandighede vanweë ’n onregverdige (huidige en voormalige) politieke bestel(le). Alhoewel Taljard (2016) voel dat Kamfer se idees herhalend en nie meer vernuwend is nie, wil ek beweer dat sy nou eers tot haar volle reg kom. As sy in hierdie bundel geen politieke ondertone of kritiese ingesteldheid teenoor heersende diskoerse gehad het nie, was sy nie eg aan haarself of haar kuns nie, sou sy ’n sogenaamde “sell-out32” wees en sou sy van haar stem ontneem of beroof wees (of self daarvan afsien), juis wanneer sy dit regkry om gehoor te word. Dit sou ooreenstem met hooks (1990) se waarneming dat die sentrum dikwels gemarginaliseerde kuns wil verbuig en aanpas om meer assimilerend te wees.

32 Sell-out is ’n term uit die popkultuur wat gebruik word veral wanneer iemand die ware boodskap van hul kuns prysgee om meer gewild te wees, verkope te verhoog of om minder kontroversieel te wees.

97 3.3.3.4 Vertaling na Nederlands

Blykbaar gaan Alfred Schaffer en Podium weer ’n Nederlandse vertaling van Hammie onderneem, maar dit is nog nie in die handel beskikbaar met die finalisering van hierdie studie nie.