• No results found

3.2 Ronelda Kamfer en bell hooks

3.2.5 Kamfer en bruin/swart politiek

Daar sou dus vanuit hooks se benadering geargumenteer kon word dat Kamfer moontlik deur die intrinsieke waardebepalings van die sisteem benadeel is en daarom net-net nie die Ingrid Jonker-prys ontvang het nie – Bonthuys (2016:203) verwys na ʼn berig van Prins (2013) waarin daar aangedui word dat daar slegs een punt verskil was tussen Loftus Marais en Kamfer se bundels met die toekenning van hierdie prys). Net so sou die teenoorgestelde ook geargumenteer kon word. Kritici sou ook Kamfer se insluiting by die lys van voor-geskrewe gedigte van die matriek-sillabus kon beskryf as ’n uitkoms van die oorbeklem-toning van ras in die breër Suid-Afrikaanse konteks.

3.2.5 Kamfer en bruin/swart politiek

Die gebruik en toepassing van rasse-ettikette in die Afrikaanse sisteem, spesifiek met verwysing na die term bruin/swart skrywer, is problematies. Weens etiese oorwegings is Kamfer self nie genader om pertinente uitsprake oor haar identiteit en voorkeur van bepaal-de terme gemaak nie, dit is immers uit onbepaal-derhoubepaal-de soos dié van Brümmer (2011) duibepaal-delik dat Kamfer nie uitsprake maak hieroor nie en vaag en vermydend antwoord wanneer dit aan haar gestel word.

68

Alhoewel Kamfer se werk sigself bewys het in die hoofsisteem, wit, literêre sisteem, moet daar vanweë Viljoen (2011) se lees van Kamfer binne die swart skrywerstradisie, tog onder-soek na ingestel word. Gevolglik kan daar ook gekyk word na bruin identiteit binne die kader van swart Afrikaanse skryfwerk.

In die artikel “Shame and identity: The case of the coloured in South Africa” stel Wicomb (1998) ondersoek in na die aspekte “textual construction”, “ethnographic self-fashioning” en “political behaviour” van bruin mense25 in Suid-Afrika aan die hand van die konsep “shame” soos gebruik deur Salman Rushdie in sy gelyknamige postkoloniale roman, Shame (1983). Volgens Wicomb (1998:92) is hierdie gevoel van skaamte in die onderbou van postkoloniale hibriede bevolkingsgroepe, soos die Coloureds, naamlik “the shame invested in those (females) who have mated with the colonizer,” (Wicomb 1998:92). Sy identifiseer ’n neiging onder hierdie groepering om die suiwerheid van die bruin ras te propageer in ’n poging om afstand te doen van hierdie shame, maar dui aan dat die hibriditeit en gepaardgaande realiteit van hul velkleur so ’n ontsnapping bemoeilik. Met Saartjie Baartman as voorbeeld dui Wicomb (1998:93) aan hoedat die liggaam ’n “site of shame, a body bound up with the politics of location” kan word en hoe etnografie onderhandel en gerepresenteer kan word – is Baartman swart, Khoi of coloured en watter implikasies kan laasgenoemde in die nasie-bou van Suid-Afrika hê?

Wicomb (1998:93) dui aan dat die term “coloured” histories gesproke al talle identiteite aan-geneem het. Tydens apartheid is bruin mense as “coloured” benoem, daarna as swart en nou (1998) as Coloured, ʼn bevolkingsgroep op sy eie – daarby word die verskillende ver-buigings en nuanses van die Afrikaanse rasseterminologie nie eens betrek nie (Wicomb 1998:93). Volgens Wicomb (1998:93-94) beeld hierdie benoemings die verskuiwende allian-sies (“shifting allegiances”) met verskillende groepe tydens ʼn gelaaide politieke tydperk uit en verteenwoordig dit “the silent inscription of shame”. Die politieke gedrag van bruin kiesers om in die 1994-verkiesing steeds vir die Nasionale Party (NP) te stem, lees Wicomb (1998: 93-94) as ʼn politieke stelling waarin vernuwing en ʼn gepaardgaande Afrika-identiteit teengegaan word. Tot ʼn mate word sosio-ekonomiese apartheidsisteme onderhou ter wille van ʼn maatskaplike voortbestaan, maar tegelyk ook ondermynend omgegaan met die

69

rasseterminologie sodat daar, heel postmodernisties van aard, nie ʼn spesifieke houvas op

Coloureds gekry kan word nie.

Die “politics of location”, ’n veronderstelling waarvolgens ’n etnografiese groep ’n tuisland of vaste ruimte nodig het, word deur Wicomb (1998) aangehang. Sy is van mening dat bruin mense identifiseer met Distrik Ses as ruimte van ’n ‘tuisland’ wat van hulle weggeneem is in die 1960’s en wat later in die popkultuur opgebou is tot ’n mitiese en magiese plek. Die faktor wat die meeste tot hierdie vorm van nostalgie bydra, identifiseer Wicomb (1998:95) as die gelyknamige musiekblyspel26 District Six deur David Kramer en Taliep Petersen wat in 1986 op die planke gebring is. Wicomb (1998:95) voel dat daar min dinge eie is aan hierdie musiekblyspel en dui aan hoe die Noord-Amerikaanse musiek en wêreldbeeld bydra tot die skep van hierdie ‘outentieke’ bruin kultuur. Deur hierdie identiteit aan te gryp, is Coloureds deel van die wanpersepsie oor hul eie identiteit, meen Wicomb (1998:95). Sy beskou Distrik Ses selfs as die Kaapse ekwivalent van Soweto. Die oorbodige aandag aan Distrik Ses veroordeel sy op grond daarvan dat swart mense meer blootgestel is aan gedwonge verhuisings as bruin mense (Wicomb 1998:95). In Ronelda Kamfer se tweede bundel word hierdie saak weer aangeroer wanneer sy oor gedwonge verhuisings by die Overbergse kusdorpie Skipskop skryf. Dit sal later in hierdie hoofstuk en die volgende weer aan bod kom. hooks se artikel “Choosing the margin as a space of radical openness” (1990:145-155) kan hierby betrek word. Die konsep “politics of location” word, wel minder konkreet en meer abstrak, gelykgestel aan die “politics of articulation” – dus word taal en geografie identifiseer as faktore wat mekaar wedersyds beïnvloed.

Wicomb (1998:97) gaan verder om die posisie van Kaapse Afrikaans as taal van politieke verset te bespreek. Sy lees die gebruik van Kaaps as ’n nadraai van die bekende Soweto-opstande van 1976 wat eksplisiet teen die gebruik van Afrikaans as voertaal in swart skole gekant was. Wicomb (1998:97) is van mening dat Kaaps sy toename in die letterkunde aan hierdie opstande te danke het. Aangesien bruin leerders nie toegang tot Afrikatale op skool gehad het nie, en daarom nie met reg aanspraak kon maak op swart solidariteitsbewegings nie, en primêr in Afrikaans geskool is, moes daar ’n manier gevind word om hul solidariteit met swart onderdruktes te verwoord, betoog Wicomb (1998). Dit het gebeur deur Afrikaans te approprieer en in ʼn geradikaliseerde vorm te weergee, naamlik in die Kaapse variant wat

26 Let op dat Wicomb (1998:95) slegs melding maak van die 1986 musiekblyspel deur Taliep Petersen en David Kramer. Sy betrek nie die bundel Oos wes tuis bes Distrik Ses (1973) met gedigte deur Adam Small en foto’s deur Chris Jansen nie.

70

vroeër net deur Adam Small gebesig is en dikwels beskryf is as ‘gamtaal’ (Wicomb 1998:97). Die feit dat Kaaps ook hoofsaaklik beperk is tot die Kaapse Vlakte beteken dat dit geografies afgebaken kan word en dus verder vereenselwig kan word met die swart tale (Wicomb 1998:97).

Wat die term skaamte betref, dui Wicomb (1998:100-105) aan hoe dit volgens haar die bestaan van die bruin mense kenmerk. Die beskrywing van Kaaps as ’n ‘gamtaal’ roep natuurlik Bybelse konnotasies en die slawegeskiedenis op en sluit by implikasie skaamte in. Verder is ‘shame’ volgens Wicomb (1998:101) inherent deel van die woord ‘coloured’ vanweë die NP se klassifikasie van hierdie mense as “nie wit óf swart nie”. Wicomb (1998:100-101) verduidelik dat die bekende postkoloniale teoretikus Homi Bhabha hibriditeit in ʼn posisie van “tussenbestaan” plaas, maar sy argumenteer met reg dat daar nie vir mense ʼn posisie van tussenbestaan kan wees nie (Wicomb 1998:101-102). Ook die NP se bestempeling van Coloureds as “bruin Afrikaners”, wat volgens Wicomb (1998:103) suksesvol stemme gewerf het in die 1994-verkiesing, is nie voldoende nie.

Weens bogenoemde redes kan ’n outentieke bruin identiteit volgens Wicomb (1998:105) dus nie met die Kaap as tuisland geskep word nie. Die vals nostalgie wat aan Distrik Ses kleef, die gebruik van Afrikaans asook die sogenaamde ‘verraderlike’ stempatrone onder bruin mense, maak van die Kaap ’n nie-geskikte tuisland. Wicomb (1998:105) meen dat die bruin mense juis eerder hul verlede moet aanvaar en hul herkoms, bestaande uit “multiple belongings” as ’n alternatiewe kultuur eien – hul verbondenheid aan ’n aantal Coloured mikro-gemeenskappe kan ingespan word as ’n weerspieëling van die kulturele werklikheid van die groter Suid-Afrika. Dit wil voorkom of Wicomb (1998:105-106) ’n oplossing vind onder die sambreelterm ‘swart’. Deurdat mense van kleur onder laasgenoemde term verenig word, word daar wegbeweeg van vorige identiteite wat skaamte inhou en ontstaan “new discursive spaces in which modalities of blackness can wipe out shame” gevolglik (Wicomb 1998:106).

Enkele punte van kritiek kan teen Wicomb (1998) geopper word. Die gebrekkige teoretiese begronding, losweg gekoppel aan die term “shame”, is myns insiens waarskynlik die grootste punt van kritiek. Om Rushdie se roman Shame as uitgangspunt in ’n semi-antropo-logiese, akademiese artikel te gebruik, laat enkele gapings. Nie net verduidelik sy nié die konsep volledig nie, maar koppel sy die tema van ’n magies-realistiese roman oor Indië en

71

pas dieselfde konsep op ’n bevolkingsgroep aan die Suidpunt van Afrika toe. Die drie uit-gangspunte van haar artikel – die slawegeskiedenis en gepaardgaande rasse-representa-sie, Distrik Ses en die stemgedrag van die bruin bevolkingsgroep – is redelik arbitrêre elemente om saam te voeg. Die gebruik van hierdie faktore word nooit gemotiveer of verde-dig nie. Bogenoemde is veral ironies aangesien sy die wêreldbekende postkoloniale teore-tikus Homi Bhabha se nosie van “tussenbestaan” verwerp op grond van sy onversoenbaar-heid met die ‘werklikonversoenbaar-heid’.

hooks (1990:25) onderstreep wel die gevoel van swart solidariteit wat in Wicomb (1998) se slotparagraaf voorgestel word. Wicomb (1998:106) voel oënskynlik dat die identiteits-probleem wat deur Coloureds ervaar word, opgelos kan word deur vereenselwiging met ander onder die sambreelterm “swart”. “Yearning” (hooks 1990:26-27), die hunkering na ’n kritiese stem om hul emosies te verwoord, is nog ’n bindende faktor. Hierdie hunkering na solidariteit en samehorigheid sou ’n moontlike rede wees vir die verskynsel wat Wicomb (1998) opmerk – die hunkering na ’n sogenaamde ‘tuisland’ en die assosiasie wat gevolglik met Distrik Ses gemaak word.

Anders as Wicomb (1998) wat skynbaar die bruin gemeenskap se solidariteit met die swart bevolkingsgroep as oplossing vir die identiteitsprobleem voorhou, stel hooks (1990:28) voor dat daar buite die beperkende “assimiliatiewe en nasionalistiese” identiteitsbeskouings gewerk moet word – veelvuldige identiteitsvoorstellings, subjekwording en die verkryging van ’n eie stem (soos in hooks se skryfprojek gepropageer) bied myns insiens meer insig in die bruin/swart identiteitsvraagstuk as om bloot die sambreelterm swart as enigste oplossing voor te hou.

3.3 Bundelbesprekings aan die hand van Genette se konsep