• No results found

3.2 Ronelda Kamfer en bell hooks

3.2.4 Kamfer en die kanon

Wat Kamfer se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem betref, kan daar afgelei word dat sy op grond van haar debuutbundel se gunstige ontvangs deur die sentrum van die soge-naamde hoë kultuur verwelkom word. Bonthuys (2016:223) voer aan dat selfs die publikasie van Kamfer se debuut (en per implikasie ook haar latere bundels) by ’n uitgewery soos Kwela (as druknaam van NB) alreeds aan die publikasie ’n verhoogde status en groter sim-boliese kapitaal bied aangesien dit nie net die kwaliteit van die werk bevestig nie, maar die aandag van resensente en die kanse op goeie verkope verhoog. As deel van die “kapitaal-uitruil”-verskynsel, verwerf die uitgewer weer simboliese kapitaal danksy die bekroning van debuutouteurs (Bonthuys:223). Ek wil byvoeg dat Kamfer as bruin/swart digter waarskynlik verder tot die simboliese kapitaal van die uitgewers kan bydra vanweë die historiese belang-rikheid van haar debuut.

Die sisteem se erkenning van die belangrikheid van Kamfer se werk kan ook gemeet word aan haar ontvangs van die Eugène Marais-prys, wat sy met Loftus Marais se Staan in die

algemeen nader aan vensters (2008) deel. Bonthuys (2016:212 en 223) bespreek Noudat Slapende honde as ’n veelvuldig-genomineerde debuut aangesien dit met ’n kortkop tweede

is vir die Ingrid Jonker-prys.

Kamfer se in- en uitsluiting by kanonvormende publikasies is myns insiens interessant. Anders as Loftus Marais, is haar gedigte nie voor die verskyning van haar debuut opgeneem in Brink se 2008-uitgawe van die Groot verseboek nie. Kamfer en ander nuwe bruin/swart

65

skrywers se debute is ook nie deur Willemse (2015) by die afdeling oor swart Afrikaanse skrywers in die heruitgawe van Perspektief en profiel bygewerk nie. Odendaal (2015:324-325) verwys wel in “Die Afrikaanse poësie 1960 tot 2012”, opgeneem in Perspektief en

pro-fiel, in etlike sinne na Kamfer se werk.

Willemse (2015:74) beklemtoon wel dat die insluiting van werke in die formele onderrig-kurrikula ’n teken van kanonisering is. In hierdie opsig is Kamfer wel gekanoniseer, aangesien haar gedig “oupa Thomas Daniel Granfield” (30) uit grond/Santekraam saam met die werk van gekanoniseerde swart digters soos Adam Small en Peter Snyders naas die gekanoniseerde wit digters DJ Opperman, Breyten Breytenbach, NP van Wyk Louw, TT Cloete, Sheila Cussons en Elisabeth Eybers op die lys van voorgeskrewe gedigte vir Graad 12 Huistaal in 2017 verskyn (sien omsendbrief E39 van 2016, ’n amptelike skrywe van die Departement van Basiese Opvoeding).

Naas formele onderrig, is daar ook ander wyses waarop kanonisering voorkom. Van Coller (2002) voer aan dat bloemlesings ’n rol speel in die vorming van die kanon en gevolglik kan Kamfer se insluiting by bepaalde bloemlesings tot haar posisie in die kanon bydra. Haar debuut in Nuwe stemme 3 (uitgegee deur Tafelberg) is waarskynlik ’n bydraende faktor tot die latere publikasie van haar werk by ’n ander NB druknaam, Kwela. Ook dra haar gedigte in die antologie Versindaba 2008 – met Marlies Joubert as redakteur – (uitgegee deur Protea Boekhuis), in die afdeling “nuwe digters”, by tot die bevestiging van haar status as digter. Enkele gedigte van Kamfer is ook by ’n ander bloemlesing ingesluit, naamlik A burning sea:

Contemporary Afrikaans poetry in translation (2014), waarvan Joubert ook die redakteur en

Protea Boekhuis die uitgewer is.

Alhoewel Bonthuys (2016) dit skynbaar nie in haar studie uitsonder nie, kan daar sekerlik aanvaar word dat die vertaling van ’n digter se werk ook tot ’n verhoging in simboliese kapitaal kan bydra. In hierdie geval sou die genoemde Engelse vertaling van enkele gedigte én die vertaling van Kamfer se bundels na Nederlands haar aan ’n breër lesersmark bekend-stel. Met die Nederlandse vertalings word haar werk in albei lande se literêre sisteme ge-vestig. Die vertaling na Nederlands verleen op sigself ook status aan Kamfer se werk, aangesien Noudat slapende honde een van “slegs enkele Afrikaanse poësiedebute van die afgelope jare [is] wat in Nederlands vertaal is” (Foster 2015). Brümmer (2011) beweer dat van Kamfer se gedigte ook na Frans, Portugees en Turks vertaal is.

66

Kamfer se werk geniet wel erkenning in die sogenaamde laer kulturele sfere – nie net maak sy haar verskyning by podium-geleenthede soos die Inzync Poetry Slams nie, maar word haar gedigte ook by projekte soos Filmverse I en Filmverse II ingesluit. Verskeie ander gediganimasies is ook op die sosiale media platform YouTube beskikbaar. Daar word byvoorbeeld ook in dieselfde Taalgenoot-uitgawe twee keer na Ronelda Kamfer verwys – by die bespreking van Filmverse II (Torr 2017) en ’n artikel oor die kunstenaar Marié Stander se uitstalling Onse mense twee (De Vries 2017) onderskeidelik – albei aanduidend van ’n breër publieke bewustheid van Kamfer se werk. Die beskikbaarheid van haar gedigte op toeganklike platforms soos hierdie, stem ooreen met hooks (1990:30-32) se beklemtoning van die rol wat die laer kunssfere, soos die populêre kultuur, speel in die verspreiding van idees en filosofie in die breë.

Tussen die publikasies van haar bundels kry Kamfer dit reg om ’n deurlopende teenwoordig-heid in die media te handhaaf. Sy skryf onder andere enkele berigte vir die susterkoerante

Die Burger en Beeld en voer selfs onderhoude met onder meer haar man, Nathan Trantaal,

met die verskyning van sy debuut (Kamfer 2010a, 2010b en 2013). Ten spyte daarvan dat sy in die openbare oog bly, kwyn gepubliseerde resensies (en dalk resensente se belang-stelling in haar) met die verskyning van haar tweede bundel. Hierdie verskynsel kan deels toegeskryf word aan ’n nasionale afname in die letterkunde se verteenwoordiging in die breër mediabedryf weens Media24 se aanstelling van slegs een boekeredakteur landswyd (sien Van Coller 2011a). Dié verskynsel duur voort met die publikasie van haar derde bundel. Die enkele resensies wat oor Hammie geskryf is, bevat blatante foute: ’n gedigtitel is verkeerd oorgeskryf (Oliphant 2016), die datums van Kamfer se vorige werke is verkeerd aangedui (Hambidge 2016) en ongeoorloofde stellings word oor Kamfer se taalkeuse en temas gemaak (Taljard 2016).

Ten spyte van Noudat slapende honde se veelvuldige nominasies vir debuutpryse, die insluiting van die gedigte by die matriek-sillabus en ander bloemlesings, wil ek argumenteer dat Kamfer nie ten volle deur die sisteem geïntegreer is nie aangesien daar min akademiese studies oor haar werk verskyn. Die publikasielys is skraal: Botes (2012) is die enigste na-vorser wat tot dusver ’n vollengte-artikel aan Kamfer se werk gewy het – dit is opgeneem in

Toenadering / Toenaderingen (2009) is herhaal in ’n spesiale uitgawe van Tydskrif vir Ne-derlands en Afrikaans (2012:128-163). Enkele gaslesings en referate is al oor Kamfer

aan-gebied (Viljoen 2011; Foster 2014 en 2015, Vermeulen 2014), maar dit is nog nie tot artikels verwerk nie. Die Honneursskripsie van Hendricks (2014) is naas hierdie studie en Botes

67

(2012) die enigste volledige studie wat al oor Kamfer verskyn het. Vergeleke met die aantal akademiese artikels wat daar byvoorbeeld oor Danie Marais en Loftus Marais se werk ge-publiseer is, is daar betreklik min navorsing oor Kamfer se werk gedoen. Hierdie waarne-ming stem ooreen met hooks (1990:24) se bewering dat daar veral ’n gebrek is aan die bestudering van swart vroue se werk. hooks (1990:51-55) se opmerkings omtrent die sistemiese bevoordeling van die wit perspektief sou ook hierby betrek kon word om die steeds ongunstige posisie van die bruin vrou uit te wys. Hierdie uitgangspunt word onder-streep deur Bonthuys (2016:328) se waarneming dat daar in haar ondersoekperiode in sowel die Afrikaanse as die Nederlandse sisteme slegs wit debutante is wat veelvuldig bekroon is. Alhoewel daar geen debat rondom ras en dié verskynsel blyk te wees nie, speel bepaalde literatuuropvattings dalk steeds ’n rol in die beoordeling van digbundels. Met voor-afverwysing na die politieke betrokkenheid, gender, ras en nasionaliteit, verduidelik Bont-huys (2016:328):

Die feit dat dit waarskynlik wel 'n rol speel wat bekronings betref is egter nie uitgesluit nie – soos Vogel (2001: 233) aangaande die posisie van die skryfster illustreer, bestaan daar bepaalde geïnstitusionaliseerde literatuuropvattings aangaande kwaliteit (wat byvoorbeeld “vrouwenliteratuur” as minder geslaagd beskou) wat ongetwyfeld steeds 'n impak het op hoe literatuur beoordeel word.

Daar sou dus vanuit hooks se benadering geargumenteer kon word dat Kamfer moontlik deur die intrinsieke waardebepalings van die sisteem benadeel is en daarom net-net nie die Ingrid Jonker-prys ontvang het nie – Bonthuys (2016:203) verwys na ʼn berig van Prins (2013) waarin daar aangedui word dat daar slegs een punt verskil was tussen Loftus Marais en Kamfer se bundels met die toekenning van hierdie prys). Net so sou die teenoorgestelde ook geargumenteer kon word. Kritici sou ook Kamfer se insluiting by die lys van voor-geskrewe gedigte van die matriek-sillabus kon beskryf as ’n uitkoms van die oorbeklem-toning van ras in die breër Suid-Afrikaanse konteks.