• No results found

Hoofstuk 4: Manipulasie in tienerverhoudings – ʼn normatiewe perspektief

4.2 Waarom manipulasie Bybels verkeerd is

4.2.2. Laat leef

4.2.2.1 Mag oor ander mense & vryheid

In ʼn manipulatiewe verhouding gebeur dit baie keer dat die manipuleerder sy selfgegewe mag misbruik. Mag en gesag is nie verkeerd nie en word met ʼn spesifieke doel aan sekere mense gegee (1 Pet. 2:13-14), maar nooit mag dit misbruik word of onregmatig gebruik word nie. Volgens Stoker hef die misbruik van mag nie die belangrikheid daarvan op nie, maar beklemtoon dit juis dat mag reg gebruik moet word. Wanorde het in ʼn goeie wêreld ingekom, deur die sonde van die mens (Gen. 3; Boadt, 2001:412-413) – God se bestuurders – en dit maak dat mense nie God se orde kan verstaan as die lig van Sy Woord nie daarop val nie (Stoker, 2015:2). “Hoewel mense gelyk voor God is, moet hulle hulle menslike vryheid ook in die bedoelde ongelykheid wat noodwendig deel van samelewingskringe is, verwesentlik” (Stoker, 2015:2), (vgl. 4.1.2). As mense, is ʼn skoolhoof en ʼn graad-1 gelyk, maar as gevolg van die gesagsposisie van die hoof, is daar tussen hulle ook ʼn bedoelde ongelykheid.

Stoker gebruik die voorbeeld van ʼn trein wat vrylik kan beweeg, solank hy op die treinspoor bly en die veiligheidstekens gehoorsaam. “Vryheid wat mag gebruik om vry te maak en volgens bedoeling te leef, verskil radikaal van verslawende vryheid wat gefokus is op eie belang en ander met mag wil dwing...” (Stoker, 2015:2) soos in die geval van manipulasie.

Gesag kan beskryf word as die seggenskap van mense oor ander in ʼn betrokke samelewing. Sover die gesagsdraer binne sy/haar mandaat bly, vereis gesag, aangesien die gesag van die gesagsdraer van God af kom, gehoorsaamheid (Stoker, 2015:3), (vgl. Dan. 3:16-18 en 6:11). Gesag en mag sonder reg (soos in die geval in ʼn manipulatiewe verhouding) is egter geweld (Stoker, 2015:4). Stoker beskryf dat onregmatige gesag voorkom wanneer ʼn persoon buite sy spesifieke mandaat en buite die mandaat van die samelewingskring beweeg, asook wanneer iemand ʼn gesagsposisie inneem waarop hy of sy nie geregtig is nie (Stoker, 2015:3). ʼn Manipuleerder wat iemand beheer en haar selfwaarde verminder, ʼn bankrower met ʼn geweer en ʼn oupa wat ʼn kleinkind molesteer, het almal onregmatige gesagsposisies ingeneem.

Selfs al is die manipuleerder bv. die hoofmeisie van die skool, beteken dit net dat sy in sekere situasies in die skoolopset gesag het oor die gemanipuleerde en nie buite die spesifieke plek en omstandighede van hierdie rol nie. Die rede daarvoor is (soos bo genoem) dat haar rol as hoofmeisie ʼn bedoelde ongelykheid tot gevolg het, maar dat sy en haar kêrel - die gemanipuleerde met wie sy in ʼn romantiese verhouding is - as mense gelyk is en beide menslik vry is.

Twee voorwaardes van menslike vryheid, is dat die mens kan kies (ʼn moontlikheid het om te kies) en dat sy keuse (beslissing, handeling) aan deontiese eise (behorenseise) onderworpe is (Stoker, 2007a:29). Elke mens het persoonlik die vryheid om keuses te maak en tog behoort ʼn mens die regte keuses te maak. Volgens Stoker is menslike vryheid, vryheid ten opsigte van iets of iemand en benadeel ware vryheid nie ander se vryheid nie, maar dit skep juis ruimte vir ander se vryheid (Stoker, 2015:2). Vryheid soos dit Bybels in ʼn romantiese tienerverhouding behoort te wees, is reeds in 4.1.3 en 4.1.2.4 bespreek.

103

Die keuses wat menslike vryheid tot gevolg het, bring egter verantwoordelikheid. Deur ʼn keuse te maak, inisieer die mens ʼn reeks handelinge met hulle gevolge en daar kan van hom verwag word om rekenskap te gee oor wat gebeur het (Stoker, 2007a:29). Prediker 11:9 stel dit duidelik aan jongmense: “Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie”. Hierdie verantwoordelikheid moet deur beide die manipuleerder en die gemanipuleerde in ag geneem word.

Die mens is onderwerp aan dit wat hy/sy behoort te doen (die deontiese take en norme), want dit vind fundamenteel hulle oorsprong in God. “Die mens het nie net `n keuse nie, maar daar word van hom gevra (geverg) om te doen wat van hom vereis word. Deur dit te doen al dan nie, antwoord die mens. Hier kom verantwoordelikheid in sig. Die mens se keuse (dade) moet beantwoord aan wat die deontiese vereis” (Stoker, 2007a:29).

Baie eenvoudig gesien, is dit dus nie perse verkeerd van ʼn manipuleerder om te kies om vir sy meisie te sê wat hy verkies sy moet aantrek, hoe haar hare vir hom mooi lyk of van watter van haar vriende hy nie hou nie, maar die manipuleerder behoort dit nie as ʼn reël te doen nie, aangesien dit skadelik kan wees vir die gemanipuleerde om voorgeskryf te word oor hoe om te lyk (vgl. 3.2.4.2) en wie om mee vriende te wees (vgl. 3.2.5.1) en dit, as deel van die manipulasieproses, is verkeerd (vgl. 4.2.1.4 & 4.2.2.1) en ʼn mag wat die manipuleerder nie oor die gemanipuleerde behoort te hê nie, aangesien dit haar vryheid inperk en haar persoonlike verantwoordelikheid teenoor God oorsien.

4.3 DIE BENADERING TOT TERAPIE – GEGROND OP OUWENEEL

SE SIENING VAN BERADING

Daar is verskillende benaderings tot terapie. Aan die een kant van die kontinuum, is daar mense wat glo dat geloof, God en die Bybel geen plek daarin het nie en aan die ander kant van die kontinuum is daar mense wat glo dat die menslike wetenskap geen plek in terapie het nie, net God en die Bybel. Tussen die twee uiterstes, is daar verskillende opinies. Die eerste groepering sien die wetenskap as neutraal en glo dat kennis oor die mens net deur die sogenaamde ‘neutrale’ wetenskap verkry kan word. Hulle verwerp die idee dat ʼn godsdienstige (en om die rede nie-wetenskaplike) boek, soos die Bybel, enige iets betekenisvol oor die menslike natuur kan sê (Ouweneel, 2008:5). Die tweede groepering glo weer dat alle antwoorde net uit die Bybel kom en dat die sielkunde niks op die gebied te sê het nie (Ouweneel, 2008:5).

Ouweneel, een van die bekendste reformatoriese denkers op die gebied, het die sienings rakende hierdie kwessie in vier modelle opgedeel. In kort is dit: Die (1) dualistiese model. Volgens hierdie model moet pastorale berading gebruik word in die geval van geloofsprobleme en alle ander probleme moet deur (sekulêre) psigoterapeute hanteer word. Die (2) Biblisistiese

model daarteenoor beperk sielkunde tot psigologiese probleme en is van mening dat alle

104 integrasionistiese model, het ten doel om die sogenaamde ‘neutrale’ psigologiese idees met

Bybelse idees te integreer. Die vierde model poog om ʼn (4) ander roete te volg, deurdat dit nie pastorale/christelike berading in opposisie tot sekulêre sielkunde/psigologie stel, of die een as ondergeskik tot die ander afmaak nie. Dit ondersoek sekulêre psigologie krities en gebruik die nuttige daaruit, deur dit te transformeer. Die beeld wat gebruik word om dit te illustreer, is een van ʼn sif wat die goeie uit die sekulêre psigologie haal, sodat die metode beide wetenskaplik en pastoraal is (Ouweneel, 2008:155-156).

Vir hierdie studie, word laasgenoemde gebruik, aangesien die dualistiese model19 van die mening uitgaan dat sekulêre sielkunde neutraal is en dat ʼn mens probleme kan kompartementaliseer. Beide die dualistiese, sowel as die Biblisistiese20 model, waardeer nie

die eenheid van die mens nie. Dit is onmoontlik om altyd ʼn mens se geloofsprobleme van sy/haar psigologiese probleme te skei (dualistiese model) en net so is dit onmoontlik om iemand se fisiese-biotiese versteurings altyd van sy/haar geestesprobleme te skei (Biblisistiese model) (Ouweneel, 2008:155). Verder kan geen wetenskap heeltemal neutraal en objektief wees nie (Ouweneel, 2008:5):

It is not that other psychologists are neutral, objective and unbiased, whereas Christian ones are not. The difference is rather that secular psychologists start from a view of man that has been devised by man himself, whereas Christian psychologists start from a view of man based on God’s revelation. (Ouweneel, 2008:12).

Ook is geen mens (nie die berader of die beradene) sonder ʼn lewens- en wêreldbeskouing nie. Dit sluit daarby aan dat die integrasionistiese model nie in hierdie studie gebruik gaan word nie. Die sogenaamde ‘neutrale’ sielkunde is in essensie humanisties. Om dit met Bybelse idees te integreer, sal beteken dat ʼn benadering wat Bybels is, gelyk gestel word aan ʼn benadering wat ʼn vermenging is van Bybelse en humanistiese (in die wortel, nie-Bybels) benaderings21.

19 Die dualistiese standpunt is baie populêr onder Christene wat sielkundiges is, aangesien die meeste

sielkundiges in sogenaamde ‘neutrale instellings’ werk, waar godsdiens-gebaseerde menings nie geduld sal word nie (Ouweneel, 2008:156). Ook is dit wat oor die algemeen aan sielkundestudente geleer word. Die doel van hierdie afdeling is egter nie om ander mense in enige hulp-professie te kritiseer nie – ongeag onder watter van die eerste drie kategorieë hulle hulself sal kategoriseer - maar bloot om te verduidelik waarom die navorser met Ouweneel se vierde model as benadering tot terapie saamstem en beoog om dit as uitgangspunt vir die studie te gebruik.

20 In essensie is die Biblisistiese model dus ook dualisties (een prinsiep word verhoog, terwyl ʼn ander verlaag

word) in die sin dat daar alleen op die Bybel (die geïnspireerde openbaring) klem gelê word, in plaas daarvan dat dit klem lê op die drievoudige (reformatoriese) eenheid (in verskeidenheid) van God se integrale

Woordopenbaring. Dit sluit in: 1) die skeppingsopenbaring, 2) Christus as die vleesgeworde Woord en 3) God se geïnspireerde Woord (die Bybel) (Braun, 2013:23).

21 Die verdieping in ware Bybelse kennis word verkry deurdat die Heilige Gees ʼn mens se hart daarvoor

oopmaak en vernuwe (Es. 36:26). Ware Bybelse kennis is dus pre-wetenskaplik en pre-teoreties. Wetenskap daarteenoor, veronderstel menslike, teoretiese aktiwiteit en is daarom altyd gegrond op menslike, tydsgebonde oortuigings. Daarom sal iemand wat die Bybel as (absolute) supra-teoretiese kennisbron verwerp, gedwing wees om hom-/haarself aan iets anders as verabsoluteerde outoriteit te onderwerp, bv. geloof aan die menslike rede/verstand, geloof aan wetenskap of ander subjektivistiese populêre oortuigings, soos die verabsolutering van ʼn mens se gevoelens of waarnemings, ens.: “I suggest we call it ―pre-scientific knowledge, but thereby keeping in mind that pre-scientific knowledge is basic and that science has historically, as well as principally, its origin in pre-scientific knowledge. Of special significance for us is that man‘s life and world view (including his

105

Teenoor die eerste drie modelle, is die doel van hierdie studie om, deur God se openbaring as uitgangspunt, die lig wat deur die Bybel verskaf word te gebruik om kennis van die mens te verkry, deur onder andere gebruik te maak van ʼn eksperiment22 (Ouweneel, 2008:5) en ander (insluitend sekulêre) data23 wat waar nodig getransformeer sal word, om sodoende uit te kom daarby hoe ʼn gemanipuleerde vanuit hierdie perspektief gehelp kan word.

Soos genoem is die meeste sekulêre vorms van terapie in essensie humanisties en die navorsing daarvan mensgesentreerd, met kennis wat ingewin word vir en deur mense. Christelike berading daarenteen werk vanuit ʼn godgegewe perspektief waar Christus altyd die middelpunt is (Ouweneel, 2008:164).

Kennis wat deur ander wetenskappe, soos sielkunde, maatskaplike werk ens. ingesamel word kan gebruik word vir die ‘voordelige elemente’24 daarvan, nie as gevolg van die agtergrond

van die wêreldbeskouing of die metodologieë daarvan nie (Ouweneel, 2008:153-154). Menslike teorieë oor en deur mense is feilbaar. Om dié rede word ʼn spesifieke stroming binne enige gegewe sekulêre wetenskap ook nie aangehang nie en wat ook al daarvan gebruik word, word in die lig van die Bybel bestudeer en aan die Bybelse leer gemeet.

Berading verskil van al die sekulêre teorieë in die sin dat dit die goddelike, Bybelse wysheid ernstig opneem wanneer dit beradenes help om anders en beter voor God te lewe (Ouweneel, 2008:154). In die lig wat die Bybel op die skepping werp, wil die studie ʼn vergrootglas gebruik (Ouweneel, 2008:10) om details wat in God se skepping verborge is aan die lig te bring, want in God se lig sien ons die lig (Ps. 36:10)25.

Die terapie wat in hoofstuk vyf voorgestel word, is bedoel vir opgeleide beraders (ongeag van die persoon se spesifieke titel) wat self christene is. ʼn Mens kan slegs betekenisvol oor jou godsdiensverhouding praat wanneer jy self betekenisvol daarin betrokke is – “met hart en siel”: It is only the religious person, out of his personal experience, who is “knowledgeable” about exactly those essential aspects of the religious relation about which nothing sensible can be said in any “strict scientific” sense (Ouweneel, 2008:124).

religious faith) essentially belongs to pre-scientific knowledge and forms its comprehensive content. In this significant sense the basic presuppositions of science belong to man‘s pre-scientific life and world view; science obtains its own meaning from these pre-scientific convictions” (Stoker 1971:34). Psigologie en teologie (-logie veronderstel die logiese, menslike verdieping daarin) is beide spesiaalwetenskappe. Teologie moet egter nie gelykgestel word aan die Bybel nie (Ouweneel, 2008:6) aangesien die Bybel supra-teoreties is en die mens pre- teoreties aanspreek (dit wil sê voor wetenskaplike, menslike aktiwiteit) en gevolglik sentraal is vir teologie sowel as vir Christelike psigologie.

22 Die empiriese navorsing in hoofstuk 2

23 Ouweneel (2008:50-66) beskryf die algemeenste benaderings tot terapie en hoe dit, christelik, deels gebruik

en/of verwerp behoort te word. Dit sal waar nodig in gedagte gehou word wanneer die beradingsproses behandel word.

24 Die waarheidselemente van hierdie wetenskappe

106

Die christelike berader dink nie net na oor die “hoëre wêreld” nie, maar is in voeling en kontak daarmee en beleef dit werklik. Of dit nou die “wêreld” van God of dié van die afgode is (Ouweneel, 2008:124). Die studie het ten doel om manipulasie in die gees en die lig van God se openbaring te ondersoek en alhoewel die antwoorde op die vrae van hierdie

onderwerp nie direk uit die Bybel aangehaal kan word nie, poog dit om getrou aan die Bybelse leer (Ouweneel, 2008:7) te wees. Wat moontlik gemaak word deurdat die Bybel, as die geskrewe vorm van God se selfopenbaring, ʼn kollig plaas op die mens, wat die menslike bestaan verlig (Ouweneel, 2008:9-10). Dit is altyd goed om God se skepping te bestudeer, veral as dit oor die mens, God se meesterstuk, handel (Ouweneel, 2008:8).

107