• No results found

Hoofstuk 2: Empiriese navorsing van manipulasie in tienerverhoudings

3.2 Manipulasie – tegnieke en taktieke

3.2.6 Brutaliteit

3.2.7.1 Blameer die gemanipuleerde

Soos in 3.1.7 genoem, is niks ooit regtig die manipuleerder se skuld nie. In elk geval nie volgens hom nie. Wanneer die manipuleerder iets verkeerd doen, is dit gewoonlik omdat die gemanipuleerde hom dit “laat doen het” (Murray, 2001:28) en hy sal dit dadelik uitwys. Forward beskryf dit soos volg: “As far as he was concerned, it was my fault if anything went wrong. He blamed me for everything...” (2002:8).

Ook sal die manipuleerder die gemanipuleerde van dinge beskuldig waaraan sy dalk nog nie eers gedink het nie, soos dat sy met iemand anders flirteer of rondslaap. Murray en Engel verduidelik dit soos volg:

“In the psychology profession, we call this “projection.” He’s thought of or done these things himself but projects them onto her. This leaves the girl in a constant state of uneasiness; she never knows what she’s going to do wrong, and of course, the rules keep changing” (Murray, 2001:28).

“If this kind of person ever does admit to being responsible for something or for doing something wrong, he will always justify or rationalize his behavior by trying to convince you that his behavior is an understandable reaction to some deficiency in you, or that he was provoked into doing it by something you did” (Engel, 2000:156). Simon gee die voorbeeld van ʼn manipuleerder wat sê dat hy sy vrou/meisie net verneuk en aggressief raak wanneer hy drink en hy drink net wanneer sy vrou/meisie hom emosioneel afskeep (2000:62), dus is die verkeerde dinge wat hy doen haar skuld. Wanneer dit nie so eenvoudig is om ʼn verband na die gemanipuleerde te trek nie, kan die manipuleerder ook sê dat hy so opgetree het as gevolg van iets wat daardie dag gebeur het (McMillan, 2007:126). Uit die gemanipuleerde se oogpunt, gee Murray die volgende voorbeeld van een van haar pasiënte: “My girlfriend goes psycho if I even say hello to another girl. Aren’t I allowed to have friends that aren’t guys? Sometimes it’s a girl I hardly know who’s in one of my classes, and I’m just trying to be polite” (2001:132).

67

Om gereeld blameer te word, veroorsaak dat die gemanipuleerde se selfwaarde verswak en het tot gevolg dat sy haarself ook meer blameer en self haar foute en tekortkominge raaksien. Wanneer daar dan weer ʼn meningsverkil is, sal die manipuleerder hierdie kwesbaarhede of swak eienskappe van die gemanipuleerde as redes vir en oorsake van sy swak gedrag gebruik (Engel, 2000:156).

Volgens McMillan beteken ʼn verhouding met ʼn manipuleerder dat die gemanipuleerde die blaam moet aanvaar vir alles wat verkeerd loop, maklik moet kan vergewe alhoewel sy nie vergewe word nie en dat sy gewoond moet raak aan ʼn dubbele standaard (2007:155).

3.2.7.2 “Gaslighting”

Alhoewel dit nie so algemeen is soos om die gemanipuleerde te blameer nie, vind “gaslighting” soms plaas. Die term kom van ʼn klassieke fliek met die titel Gaslight, waarin ʼn man ʼn verskeidenheid taktieke gebruik om te maak dat sy vrou in haar persepsies, geheue en gesonde verstand begin twyfel (Engel, 2002:36). Die manipuleerder oortuig die gemanipuleerde dat iets nie gebeur het soos sy dit onthou nie, deur bv. aanhoudend te ontken dat sekere dinge gebeur het soos sy dit onthou, of dat hy of sy nie iets gesê het wat beide weet gesê is nie, of deur te insinueer dat die gemanipuleerde jok of oordryf (Engel, 2002:36-37).

Indien die manipuleerder van hierdie tegniek gebruik maak, is dit opsetlik en doelbewus. Die doel daarvan is onder andere om die gemanipuleerde by ander mense in diskrediet te bring of om sy manipulerende gedrag te regverdig en “In this way, the abusive person may be trying to gain control over you or to avoid taking responsibility for his or her actions” (Engel, 2002:37) ook is die doel “… to decrease your confidence and reduce your credibility, even to yourself. You will doubt your recollection of events and he will easily be able to fluster you if you try to hold him accountable” (McMillan, 2007:155).

Die tegniek kom egter in die meeste manipulatiewe verhoudings voor waar die manipuleerder die ‘geskiedenis herskryf’. Anders as om te ontken dat iets gebeur het, (vgl. 3.2.3.1) gee die manipuleerder in so ʼn geval toe dat dit gebeur het, maar maak asof die gemanipuleerde die gebeure verkeerd onthou. Twee mense onthou ʼn insident nooit eenhonderd persent dieselfde nie, maar die manipuleerder pas sy weergawe aan, deur dramatiese en omvangryke veranderinge daaraan te maak (Forward, 2002:49) wat die gemanipuleerde verwar en keer om die probleem waarlik te sien en uit te sorteer.

3.2.8 Gevolgtrekking

Murray vat die tegnieke van manipulasie goed saam, waar sy sê:

“In this setup, the boy systematically degrades your daughter’s feeling of self-worth by calling her names, blaming her for his own faults, making accusations, humiliating her in public, destroying objects that are special to her, telling her she’s crazy, and using menacing looks and intimidation” (2001:23).

68

Die hooffunksie van die manipuleerder is om die gemanipuleerde te beheer, deur haar op elke moontlike gebied te domineer. Aangesien die manipuleerder nie op elke gebied die gemanipuleerde se superieur kan wees nie, breek hy die gemanipuleerde se selfbeeld tot so ʼn mate af, dat sy voel asof sy geen waarde meer het vergeleke met die manipuleerder nie. In die proses word die gemanipuleerde onder andere so onseker van haarself, dat sy nie daarby kan uitkom om haar eie identiteit te vind nie. Waarom iemand in ʼn manipulatiewe verhouding ingaan of daarin bly, word in die volgende afdeling ondersoek.

3.3 WAAROM SEKERE MENSE IN MANIPULATIEWE