• No results found

Hoofstuk 2: Empiriese navorsing van manipulasie in tienerverhoudings

3.2 Manipulasie – tegnieke en taktieke

3.2.1 Belangstelling

3.2.1.1 Die Proses van Manipulasie

Aanvanklik sal die manipuleerder homself as ʼn ware held voorhou en voorgee om presies te wees wat die gemanipuleerde wil hê. Behalwe dat baie manipuleerders uiters goeie mensekenners is, is dit veral in die tienerfase nie moeilik om te doen nie, aangesien tieners se behoeftes nog baie eenders is.

Verder is dit nie moeilik om te weet wat iemand wil hê nie, omdat die meeste mense nie probeer om te misterieus te wees nie. Boonop leer die samelewing ʼn mens dat sekere dinge jou meer waarde as vrou gee (McMillan, 2007:49). Die meeste tienermeisies (en tienerseuns) wil bv. mooi voel, daarom vrees hulle dit om onaantreklik te wees en heg hulle waarde daaraan om pragtig te wees. Meeste tienerseuns (en tienermeisies) wil vaardig voel, daarom vrees hulle om onvoldoende (nie genoeg of goed genoeg) te wees en heg hulle waarde daaraan wanneer iemand ʼn kenner op ʼn sekere gebied6 is. Hierdie tipe inligting kan die manipuleerder baie goed

tot sy voordeel gebruik, maar ʼn goeie manipuleerder sal nie by algemene behoeftes en vrese stop nie. Hy wil die gemanipuleerde goed genoeg leer ken om haar spesifiek met haar eie vrese te beheer.

Manipulative abusers know something therapists discovered in the days of Sigmund Freud: a bond is established when someone shares information about themselves, especially if they share hopes, dreams, fears and deep shame or guilt. This is another reason the abuser wants you to open up. If you tell him intimate things you will feel closer to him, even if all he does is sit and listen (McMillan, 2007:51).

Met al hierdie inligting tot die manipuleerder se beskikking, doen en sê hy presies wat die (toekomstige) gemanipuleerde wil sien en hoor. As die gemanipuleerde graag slim wil wees, vertel die manipuleerder haar hoe beïndruk hy met haar intelligensie is of as sy graag aantreklik, vaardig, veilig, belangrik ens. wil wees, sal die manipuleerder sê hoeveel hy hierdie eienskappe van die gemanipuleerde waardeer en bewonder.

Die manipuleerder sal ook probeer om die (toekomstige) gemanipuleerde se woorde en oortuigings te mimiek om sy eie belewenisse te beskryf. Dit word weerspieëling (“mirroring”) genoem en het die effek dat die gemanipuleerde voel dat sy en die manipuleerder met mekaar gesinkroniseer is (McMillan, 2007:53), ʼn gevoel wat elke tiener hoog sal ag in sy of haar soeke na identiteit.

6 Ongeag op watter gebied. Die manipuleerder kan homself gedurende die manipulasieproses waar nodig as ʼn

47

Die (toekomstige) gemanipuleerde voel waarskynlik gekomplimenteer deur die manipuleerder se aandag en belangstelling, maar deur in te koop in dit wat op die oog af lyk na ʼn positiewe verhouding - waar beide partye se behoeftes geag sal word - stel die gemanipuleerde haarself bloot vir “full ensnarement in the manipulation trap” (Braiker, 2004:126-127).

Nadat die manipuleerder seker is dat die (toekomstige) gemanipuleerde in hom begin belangstel, sal hy begin om versoeke aan die gemanipuleerde te rig. Hierdie versoeke lyk aanvanklik klein en onbenullig, maar is deel van die proses om die gemanipuleerde sover te kry om in te willig wanneer die manipuleerder iets wil hê en om hom die nodige samewerking te gee, sodat daar aan sy se behoeftes voldoen kan word.

Often, in the beginning phases of a manipulative relationship, the requests or desires of the potential manipulator may seem fully in line with the mark’s own self-interest. In fact, when the mark—who does not yet realize that she is about to become a victim of manipulation—perceives this link between the manipulator’s interests and her own, the critical step of establishing trust between the manipulator and the mark is begun. (Braiker, 2004:126)

Teen hierdie tyd weet die manipuleerder dus al wat die (toekomstige) gemanipuleerde se vrese, behoeftes en drome is, asook dat sy bereid is om die manipuleerder se (nou nog redelike) versoeke uit te voer. Die gemanipuleerde heg ook al baie waarde aan die manipuleerder se opinie en geniet hoe die manipuleerder haar oor haarself laat voel.

Om die gemanipuleerde dieper in die vangnet te verstrengel, begin die manipuleerder die gemanipuleerde beheer, deur sistematiese patrone van positiewe en negatiewe versterking of beloning, sowel as straf (of die dreigement om te straf) en negatiewe gevolge. Die verraderlike proses van manipulasie begin oor die algemeen deur subtiele, indirekte en misleidende middele of aangename, gepaste of goedhartige tekens van beloning (Braiker, 2004:126). Volgens McMillan is dit nie baie moeilik nie

With a little trial and error almost anyone can figure out the basic formula needed to manipulate another person (or an animal). All it requires is consistent reward for doing the desired behaviour and consistent punishment for not doing it. That is the process. As time passes the desired behaviour will continue, even without the reward (2007:93). Omdat manipulasie ʼn proses oor tyd is, is daar ʼn reeks van voordele/belonings wat belowe word, of dreigemente van dinge wat verloor kan word, om die gemanipuleerde se gedrag te beheer. “The manipulation is rarely one isolated event; it is an evolving process over time” (Braiker, 2004:126).

Die aanvang van die manipulatiewe verhouding verseker dat die manipuleerder regdeur die verhouding die vermoë sal hê om die gemanipuleerde te laat glimlag en vlinders in die maag te gee van opgewondenheid. Dit verseker egter ook dat die manipuleerder die gemanipuleerde se maag sal kan laat saamtrek van vrees en haar kan laat sweet van spanning. Onwetend gee

48

die gemanipuleerde hierdie mag aan die begin van die verhouding aan hom (McMillan, 2007:43).