• No results found

Kritiek teenoor ‘n totaliserende perspektief op die geskiedenis

Foucault maak in die vroeë sewentigerjare van die vorige eeu die bewering dat daar op daardie tydstip sprake is van ‘n epistemologiese mutasie in die historiografie ( 1972 : 11 ). Binne tradisionele vorme van die geskiedskrywing is daar gepoog om enige diskontinuïteite in die geskiedenis te elimineer. ‘n Sodanige benadering word egter binne vernuwende vorme van die geskiedskrywing bevraagteken, soos wat hy aandui :

9

Foucault is wel gekritiseer daaroor dat hy in The Order of Things. An Archaeology of the Human Sciences min verduidelikings gee waarom die geskiedenis benader behoort te word as ‘n diskontinue proses waarin opvolgende historiese periodes of episteme byna geen verband hou met mekaar nie ( Young, 1990 : 75 ). Sommige kritici beweer dat Foucault nie rekening hou met die moontlike kontinuïteit wat wel tussen verskillende historiese periodes mag bestaan nie ( Gutting, 1989 : 177 ).

For history in its classical form, the discontinuous was both the given and the unthinkable : the raw material of history, which presented itself in the form of dispersed events – decisions, accidents, initiatives, discoveries ; the material, which, through analysis, had to be rearranged, reduced, effaced in order to reveal the continuity of events. Discontinuity was the stigma of temporal dislocation that it was the historian’s task to remove from history. It has now become one of the basic elements of historical analysis ( Foucault, 1972 : 8 ).

Historici plaas gebeurtenisse in die tradisionele geskiedskrywing binne groot verklarende raamwerke, stel die geskiedenis voor as ‘n lineêre proses en poog om ‘n punt van oorsprong in die geskiedenis te dokumenteer ( Sarup, 1988 : 64 ). Die geskiedenis is tradisioneel benader in terme van temas soos konvergensie, kulminasie en evolusie ( Foucault, 1972 : 8 ). Die epistemologiese mutasie wat tans besig is om binne die historiografie plaas te vind, behels egter dat begrippe soos kontinuïteit, totalisasie, kousaliteit en teleologie, wat tiperend is van die tradisionele geskiedskrywing, bevraagteken word ( Foucault, 1972 : 138, 203 ). Foucault stel voor dat ons eerder ‘n sogenaamde genealogiese analise van die verlede moet beoefen waarin gebeurtenisse in die geskiedenis nie benader word as deel van ‘n evolusieproses nie, maar waarin die uniekheid van elke gebeurtenis vooropgestel word :

genealogy [ … ] must record the singularity of events outside of any monotonous finality ; it must seek them in the most unpromising places, in what we tend to feel is without history [ … ] it must be sensitive to their recurrence, not in order to trace the gradual curve of their evolution but to isolate the different scenes where they engaged in different roles ( Foucault, 1994b : 369 ).

Nietzsche se studie The Use and Abuse of History het ‘n groot invloed gehad op Foucault se beskouing van die geskiedenis. Sy benadering tot die geskiedenis kan soos volg omskryf word : “The world which he lays bare is not that of causal links between one event and another, or between an economic trend and a political tradition, not a world, that is, of continuities and progressions as in conventional

history, but rather one of discontinuity” ( Brannigan, 1998 : 46 ). Nietzsche bevraagteken die soeke na ‘n “oorsprong” in die geskiedenis, want dit verteen-

woordig volgens hom ‘n vertroue in primordiale waarhede ( Foucault, 1994b : 371 ). Die “hersenskim” van die oorsprong word deur Nietzsche ondergrawe. Die

konsep “oorsprong” word in ‘n genealogiese benadering tot die geskiedenis bespotlik gemaak ( Visagie, 1995b : 53, 54 ). Daar word ondersoek ingestel na die “detail en ongelukke wat elke begin begelei” en daar word geglo dat “[ die ] verhewe oorsprong [ … ] bloot ‘n metafisiese verlengstuk [ is ] wat uit die oortuiging voorspruit dat dinge tydens die ontstaansoomblik in hulle kosbaarste en mees essensiële toestand verkeer”.

Nietzsche se kritiek op die “oorsprong” hou ook verband met sy opvattinge oor die aard van interpretasie. In sy essay “Nietzsche, Genealogy, History” skryf Foucault ( 1994b : 371 ) dat die begrip oorsprong ( Ursprung ) deur Nietzsche geassosieer word met ‘n poging om die essensie van dinge vas te vang – wat so kenmerkend is van die Westerse metafisika. Essensies en primordiale waarhede word egter deur Nietzsche ondergrawe, want hy het geglo dat “[ there ] is nothing absolutely primary to interpret, for after all everything is already interpretation, each sign is in itself not the thing that offers itself to interpretation but an interpretation of other signs” ( Foucault, 1994a : 275 ). Interpretasie en betekenisgewing is vir Nietzsche ‘n proses wat nooit voltooi kan word nie : “[ the ] basis of interpretation is nothing but the interpreter”. Met betrekking tot die geskiedskrywing hou ‘n sodanige benadering tot interpretasie myns insiens die gevolg in dat finale waarhede en ‘n finale interpretasie van die geskiedenis nooit bereik kan word nie.

Foucault is verder veral krities teenoor ‘n strewe na ‘n geheelbeeld op die verlede in die tradisionele vorme van die historiografie, wat hy beskryf met die term “total history” : “The project of a total history is one that seeks to reconstitute the overall form of a civilization, the principle – material or spiritual – of a society, the

significance common to all the phenomena of a period, the law that accounts for their cohesion – what is called metaphorically the ‘face’ of a period” ( 1972 : 9 )10. Foucault wil wegbeweeg van ‘n geskiedskrywing waarin daar gefokus word op groot “eenhede” in die geskiedenis soos eeue en periodes ( Visagie, 1995b : 47 ). Historici maak volgens Foucault die fout om te glo dat alle fenomene of gebeure wat tot ‘n spesifieke “spatio-temporele” gebied in die geskiedenis behoort oor kousale verwantskappe beskik ( 1972 : 9 ). ‘n “Total history” behels dat daar geglo word dat die geskiedenis bestaan uit stadia of fases wat oor ‘n groot mate van samehang beskik ( Foucault, 1972 : 10 ). Die geskiedenis wo rd dus benader as ‘n koherente en betekenisvolle geheel waarin gebeurtenisse soos in ‘n legkaart in mekaar pas – ‘n beeld van die geskiedenis wat ‘n mens veral in die ou skoolgeskiedenishandboeke wat uit ‘n Afrikanernasionalistiese perspektief geskryf is, gekry het.

Foucault stel hierteenoor ‘n alternatiewe benadering tot die geskiedenis voor wat hy beskryf as “general history” : “whereas a total history draws everything together according to a single principle, a general history analyses the space of dispersion and heterogeneous temporalities” ( Young, 1990 : 78 ). Madan Sarup noem dat Foucault die geskiedenis benader as ‘n ongekontroleerde en rigtinglose proses ( 1988 : 64 ). Foucault bestudeer die geskiedenis in terme van die “randomness of events” ( 1994b : 381 ). Die idee dat die geskiedenis oor ‘n essensie beskik word deur Foucault ondergrawe ( Sarup, 1988 : 64 ). Foucault sluit met sy kritiek teenoor ‘n totaliserende perspektief op die geskiedenis aan by Nietzsche se kritiek teenoor ‘n strewe na ‘n “suprahistorical perspective” op die

10

Foucault lewer eweneens die volgende kommentaar in hierdie verband : “For many years now historians have preferred to turn their attention to long periods, as if, beneath the shifts and changes of political events, they were trying to reveal the stable, almost indestructible system of checks and balances, the irreversible processes, the constant readjustments, the interlying tendencies that gather force, and are then suddenly reversed after centuries of continuity, the movements of accumulation and slow saturation, the great silent, motionless bases that traditional history has covered with a thick layer of events” ( 1972 : 3 ).

verlede in die tradisionele historiografie, waarna Foucault in sy essay “Nietzsche, Genealogy, History” verwys : “[ an ] entire historical tradition ( theological or rationalistic ) aims at dissolving the singular event into an ideal continuity – as a theological movement or a natural process” ( 1994b : 380, 381 ). Historici poog volgens Nietzsche om die diversiteit van die verlede te reduseer tot ‘n samehangende totaliteit ( Foucault, 1994b : 379 ).

Visagie verduidelik dat differensie, naas diskontinuïteit, nie in Foucault se opinie iets is wat in ‘n negatiewe lig bejeën moet word nie en dit het ook betrekking op sy siening van differensie in die geskiedenis ( 1995b : 35 ). In die tradisionele geskiedskrywing word differensies as ‘n fout gehanteer en poog die historikus om differensies in die geskiedenis te reduseer. Foucault se argeologiese analise van diskoers is egter volgens Visagie ‘n anti-geskiedenis, geen sintetiese visie op die geskiedenis word nagestreef nie ; daar is eerder sprake van ‘n desentrerende visie op die geskiedenis. Dispersie, fragmentasie, diversiteit en heterogeniteit is terme wat Foucault ( 1994b : 374, 375 ) gebruik om ‘n genealogiese visie op die geskiedenis te beskryf. In ‘n sodanige desentrerende visie op die geskiedenis word daar veral aandag geskenk aan marginale elemente in die geskiedenis. Foucault beskryf dit as ‘n “dissociating view that is capable of decomposing itself, capable of shattering the unity of man’s being through which it was thought that he could extend his sovereignty to the events of his past” ( 1994b : 379 ).

‘n Belangrike implikasie van Foucault se benadering tot die geskiedenis is dat dit historici se vermoë om die verlede met begrip te analiseer in ‘n groot mate diskrediteer. Robert Young ( 1990 : 75 ) beweer dat die “otherness of history” ‘n sentrale tema is van Foucault se werk : “he produces an account of epistemic

shifts, with prior epistemes presented as altogether estranged from the present” ( vergelyk ook die opmerkings wat in hierdie verband gemaak is aan die einde van

episteem bevind dit baie moeilik sal vind om hom/haar in ander episteme in te dink. Jy is gekondisioneer deur die norme van die episteem waarbinne jy jouself bevind wat jou vermoë om vorige episteme te begryp, belemmer. Dit is ewe waar vir die posisie waarin historici hul bevind ; Young ( 1990 : 80 ) maak juis met betrekking tot Foucault se werk die stelling dat “the historian will always be [ … ] historically located”. Die historikus kan nooit in ‘n posisie “buite” die geskiedenis staan om dit objektief te ontleed nie ; historici se denke is verbonde aan die episteem waarin hulle hul bevind. Poster ( 1984 : 74, 75 ) skryf dat Foucault “strives to alter the position of the historian from one who gives support to the present by collecting all the meanings of the past and tracing the line of inevibility through which they are resolved in the present, to one who breaks off the past from the present”. Die volgende kommentaar wat Linda Hutcheon lewer met betrekking tot die gebruik van historiografiese metafiksie in die postmodernistiese historiese roman sluit eweneens aan by Foucault se kritiek t.o.v. ‘n onversoenbaarheid met die verlede : “the postmodern [ … ] rejects projecting present beliefs and standards onto the past and asserts, in strong terms, the specificity and particularity of the individual past event [ … ] it also realizes that we are epistemologically limited in our ability to know that past, since we are both spectators of and actors in the historical process” ( 1988 : 122 ).

Sommige historici wend volgens Foucault baie moeite in hul werk aan om hul verbondenheid aan ‘n sekere plek en tyd in die geskiedenis te verberg ( 1994b : 382 ). Andersins maak historici dikwels die fout dat die verlede uit die perspektief van die hede ontleed word : “he [ Foucault ] distrusts the use of history as an encompassing framework because it wo rks as a power structure that enables the expropriation and control of the past according to the perspective and truth of the present” ( Young, 1990 : 80 ). Mark Poster ( 1984 : 74, 75 ) verwys ook na die “domestification” van die verlede in terme van die norme van die hede deur historici. Die historikus gee voor dat hy of sy die verlede op ‘n getroue wyse

herskep, maar skets dan die landskap van die verlede in die kleure van die hede, aldus Visagie ( 1995b : 45 ). Foucault se geskiedeniskritiek sluit dus aan by die kritiek in die eietydse geskiedenisfilosofie ( en veral die narrativisme ) teenoor die vertroue wat in empiriese benaderings tot die historiografie gestel is in historici se vermoë om die verlede op ‘n objektiewe wyse te dokumenteer ( daar sal in die hieropvolgende hoofstuk oor die verwantskap tussen Foucault en die narrativiste uitgebrei word ). Frank Ankersmit, ‘n eksponent van die narrativistiese geskiedenisfilosofie, beweer dat Foucault soos die narrativiste ‘n dekonstruksie van die verlede beoog ; “dat wil zeggen van dat verleden dat conform de naiëve opvattinge over het verleden als een object tegenover ons zou liggen en dat zijn structuur in een volledige transparantie zou tonen, zodat wij die structuur in het

vlak van de representatie van het verleden kunnen reconstitueren of kopiëren” ( 1990 : 63 ). Foucault benadruk dat die historiografiese diskoers perspektivisties

van aard is ; die historikus se perspektief op die verlede is verbonde aan die tyd en plek waarin hy hom bevind. Tweedens bevraagteken hy ook begrippe soos

objektiwiteit en akkuraatheid wat eie is aan die historiografiese diskoers ( Foucault, 1994b : 382, 383 ). Foucault glo dat ons die geskiedenis moet beoefen

as ‘n tipe “countermemory” ; d.w.s. ‘n geskiedskrywing waarin waarheid oor die verlede nie gesoek word nie en waarin die nostalgie verbonde aan tradisionele vorme van geskiedskrywing ondergrawe word.

Foucault se diskreditering van die rol van die historikus as ‘n objektiewe dokumenteerder van die verlede sluit verder aan by sy eie kritiek teenoor die kontinue subjek11. Philip John ( 1994b : 99 ) noem dat Foucault se werk deel vorm van ‘n poststrukturalistiese projek wat gerig is op die bevraagtekening van die metafisiese begronding van bestaande konsepsies van onder meer geskiedenis en geskiedskrywing, die verhouding tussen die subjek en betekenis en die subjeksrol.

11

Van Coller se opmerking dat een van die sentrale aspekte van die historiese diskoers die “verhouding tussen die ( kennende ) subjek en die ( te kenne ) objek” is, sluit hierby aan ( 1988 : 166 ).

Foucault verwys na pogings wat sedert die negentiende eeu aangewend is om die

soewereiniteit van die subjek te behou en ‘n desentrering van die subjek te vermy ( 1972 : 12 ). Volgens Foucault kan tradisionele vorme van die historiografie

geassosieer word met die behoud van die soewereiniteit van die subjek : “Continuous history is the indispensable correlative of the founding function of the subject : the guarantee that everything that has eluded him will be restored to him [ … ] Making historical analysis the discourse of the continuous and making human consciousness the original subject of all historical development and all action are the two sides of the same system of thought” ( 1972 : 12 ). Daardie vorme van geskiedskrywing wat geassosieer kan word met die kontinue subjek word egter sterk deur Foucault gekritiseer ( 1972 : 14 ). Hierdie bevraagtekening van die soewereiniteit van die subjek en die rol van die historikus as ‘n objektiewe dokumenteerder van die geskiedenis is onder meer van toepassing op die twyfelende “historikus”-karakter De Grevenbroek in Eilande wat nie beskik oor die vermoë om ‘n geheelbeeld van die geskiedenis te vorm nie of die geskiedenis uit ‘n objektiewe posisie te ontleed nie.

1.7 Diskoers as ‘n vorm van magsuitoefening : die genealogiese fase van