• No results found

Die eietydse “dialoog” tussen die historiografie en die letterkunde

Die roman is ongetwyfeld die moderne geskiedenisvorm – Gérald Rennaud

In ‘n sekere sin was daar in die laat twintigste eeu ‘n terugkeer na Renaissance- opvattinge oor die verwantskap tussen die historiografie en die letterkunde. Die rigiede grens wat in die negentiende eeu tussen die letterkunde en die geskiedskrywing getrek is, word vandag bevraagteken :

we may say that the contemporary creative writer becomes a historian in an attempt to fill in the gaps left by traditional totalitarian history while at the same time the philosophers of history try to achieve the same aim through the exploration of the narrative mechanisms of history-writing. Thus, the tendency to separate literature and history that has been traced back to the Renaissance may be said to have come a full circle to the point where both must be united again even if as kindred narrative forms ( Onega, 1995 : 16 ).

Soos wat reeds genoem is, was dit veral die narrativiste ( ook genoem die metahistorici ) wat ‘n groot aandeel daarin gehad het om die grens tussen die roman en die geskiedenis te problematiseer. Van den Braembussche ( 1988 : 30 ) noem dat daar vandag in die geskiedenisfilosofie nie soseer gefokus word op wetenskaplike ondersoeksmetodes as op die narratiewe en stilistiese kenmerke van die geskiedskrywing nie. Die narrativiste het ‘n “identificatie van de geschiedschrijving met de literatuur” teweeg gebring ( Wesseling, 1988 : 8 ). Onega skryf ook dat “[ traditional ] history defined itself in opposition to literature as an empirical search for external truths corresponding to what was considered to be the absolute reality of the past events. By contrast, contemporary philosophers of history ranging from Hayden White to Jacques Ehrmann and Paul Veyne are now ready to question the ability of history to reveal absolute truths and to resist what they believe is the artificial separation of history and literature” ( 1995 : 7 – 18 ).

In vernuwende tendense in die eietydse historiografie is daar wel sprake van ‘n

toenadering tussen die letterkunde en die geskiedenis. Van den Braembussche ( 1988 : 37, 38 ) verwys onder andere na die ontwikkeling in Frankryk van die

sogenaamde mentaliteitsgeskiedenis, wat hy beskryf as ‘n literêr-geïnspireerde geskiedskrywing. Carlo Ginzberg se The Cheese and the Worms ( Il formaggio e i

vermi ) ( 1976 ) is ook ‘n sprekende voorbeeld van die “revival of narrative” in die

historiografie en die terugkeer van “verhalende, verbeeldend beschrijvende historische studies” ( Wesseling, 1988b : 8 ). In die historiografie is daar vandag in die werk van historici soos Simon Schama ‘n poging, soos wat Byatt dit stel, “to restore narration [ … ] to history” ( 2001 : 10 ). Schama het in ‘n werk getiteld

Dead Certainties ( Unwarranted Speculations ) op opsetlike wyse historiese feite

met sy eie spekulasies oor die geskiedenis vermeng. Schama se werk kan beskryf word as ‘n hibridisering van die diskoerse van die historiografie en die

letterkunde, ‘n “factual fiction”, aldus Byatt. Deur die ironiese titel ( Dead Certainties ( Unwarranted Speculations ) ) word die veronderstelling dat

die diskoers van die historiografie “waarheid” verteenwoordig natuurlik ook verironiseer.

Aan die ander kant is daar outeurs soos Adrienne Rich en Norman Mailer wat opsetlik tekste skryf wat nie mooi identifiseerbaar is as óf fiksie óf geskiedskrywing nie ( Seamon, 1983 : 215 ). ‘n Streng onderskeid tussen feit en fiksie, letterkunde en geskiedenis word eweneens op eie bodem deur studies soos Karel Schoeman se Armosyn van die Kaap geproblematiseer.

Marcel Janssens ( 1996 : 45 – 55 ) beweer in sy artikel, “Historiografische narrativisme en historiografische roman”, dat ons vandag wat die diskoerse van die historiografie en die historiese roman betref, te doen het met ‘n vorm van postmoderne “mixing”. Teenoor ‘n suiwer-wetenskaplike benadering tot die historiografie is daar vandag, deur die toedoen van die Annales-skool in Frankryk

en die narrativistiese geskiedenisfilosofie van Frank Ankersmit, sprake van ‘n “geromanceerde” benadering tot die geskiedskrywing ( wat Janssens ook beskryf as ‘n “narratieve historiografie” ) – “[ geschiedschrijving ] kwam in de buurt of zelfs ten dele op het terrein van de letteren te liggen”. Aan die ander kant word die historiese fiksie vandag toenemend gekarakteriseer deur “historische verslaggeving”.

Die klem wat vandag geplaas word op die noue verbintenis tussen die historiografie en die letterkunde kan verder geassosieer word met ontwikkelinge in die moderne retorika. In die geesteswetenskappe is daar vandag sprake van ‘n “rhetorical turn” wat behels dat “textual structures and strategies, in their relations to systems of signification and to human subjects” bestudeer word ( Culler, 1988 : 17 )28. Een van die belangrikste gevolge van hierdie retoriese wending in die geesteswetenskappe is dat die grens tussen literêre en nie-literêre diskoerse vervaag. Volgens Van Zyl ( 1997 : 15 ) is daar in die moderne retorika sprake van ‘n interdissiplinêre gesprek wat die tradisionele grense tussen vakgebiede laat vervaag. Sy maak onder andere melding van Nelson, Megill en McCloskey se studie The rhetoric of the human sciences ( 1987 ) waarin die retorika in verband gebring word met diverse studievelde. Culler ( 1988 : viii ) verwys eweneens na die invloed wat Kenneth Burke, Roland Barthes en Paul de Man gehad het om die literatuurstudie deel te maak van ‘n “expanded rhetoric” :

[ two ] important movements have marked literary criticism and theory in recent years. First, there has been an expansion of the domain in which critics

28 Stanley Fish ( 1989 : 471 - 502 ) verwys eweneens na die “interp retative turn” ( oftewel die “rhetorical

turn” ) in die geesteswetenskappe wat gepaard gaan met ‘n benadering tot die moderne mens as ‘n homo rhetoricus. Daar word besef dat die individu se ervaringe en representasies van die realiteit altyd geme- dieerd is en nie objektief kan wees nie. In aansluiting by Lyotard se begrip die metanarratief, skryf Fish dat die standpunt in die moderne retorika gehuldig word dat die fundamente van ons betekenissisteme eintlik retoriese fabrikasies is. Roger Seamon ( 1983 : 216 ) verwys ook na Fish se bevraagtekening van ‘n rigiede onderskeid tussen die diskoerse van die historiografie en die letterkunde : “In Fish’s view how we interpret a text, whether [ … ] we treat it as fiction or history, is a matter of convention and not conformity to the author’s intentions”.

work, attention to new sorts of objects, new kinds of texts. In the 1960s and 1970s, literary studies seemed in the business of importing theoretical models, questions and perspectives from fields such as linguistics, anthropology, philosophy, the history of ideas and psychoanalysis. In the 1980s, however, the situation seems to have changed : on the one hand, literary studies has become an exporter of theoretical discourse, as other disciplines – law, anthropology, art history, even psychoanalysis – have taken note of developments in what literary critics call ‘theory’ [ … ] [ on ] the other hand, literary critics themselves, grown confident and sophisticated from their interdisciplinary encounters, have increasingly turned to writing about phenomena that fall outside the boundaries of traditional literary study.

Dit is veral in vernuwende vorme van kritiek soos die Nuwe Historisisme wat daar

gepoog word om die grense van die literatuurstudie te verplaas ( Culler, 1988 : 21 ). Brannigan skryf dat die Nuwe Historisisme “tends to blur the distinctions

between literature and history, between history and social sciences [ .. ] It loosens the constraints imposed on reading practices and expectations by rigid disciplinary boundaries” ( 1998 : 153 ). Poststrukturalistiese opvattinge oor die verhouding tussen taal en werklikheid lei eweneens tot die problematisering van die grens tussen die roman en die geskiedenis, soos wat Ankersmit beweer : “Door die sterke concentratie op woord en tekst, verliest het onderscheid tussen het ware geschiedverhaal en de fictie van de roman zijn evidentie” ( 1990 : 187 ).

3.5 Drie “gekanoniseerde” benaderings tot die postmodernistiese historiese