• No results found

2.3 Die metahistorici/ narrativiste se kritiek teenoor empiriese vorme

2.3.3 F.R Ankersmit

In De Navel van de Geschiedenis. Over Interpretatie, Representatie en Historische

Realiteit onderskei Ankersmit drie fases in die geskiedenisfilosofie ná 1945 : ‘n

wetenskapsfilosofiese stroming, ‘n hermeneutiese stroming en ‘n estetiese stroming ( 1990 : 218, 219 ). Hiermee herinner Ankersmit natuurlik aan Munslow se soortgelyke onderskeid tussen drie strominge in die twintigste eeuse geskiedenisfilosofie. In ‘n wetenskapsfilosofiese benadering tot die geskiedskrywing word die verlede beskou as ‘n entiteit wat op ‘n onproblematiese wyse ontleed kan word : “Voor de wetenschappelijke historicus is het verleden als

een tegenover hem liggend object, dat bestudeerd kan worden zoals de onder- zoeksobjecten van de exacte wetenschap” ( Ankersmit, 1990 : 256 ). Daar is twee

sleutelbegrippe in hierdie benadering, naamlik beskrywing en verklaring. In die daaropvolgende hermeneutiese stroming van die geskiedenisfilosofie is die fokus

verplaas vanaf beskrywing en verklaring na betekenisgewing en interpretasie ( Ankersmit, 1990 : 153 ).

Daar is tans egter sprake van ‘n estetiese benadering in die geskiedenisfilosofie. Dit behels volgens Ankersmit “dat de historicus zinvol vergeleken kan worden

met de schilder, die een landschap, een persoon, enz., op het doek afbeeldt” ( 1990 : 156 ). Die sleutelbegrip van ‘n estetiese benadering tot die geskied-

skrywing is nie verklaring of interpretasie nie, maar representasie : “[ de ] oude vragen naar de aard van het verleden moeten wijken voor vr agen naar de

representasie van het verleden” ( Ankersmit, 1990 : 203 ). Die representasie van

die historiese werklikheid word volgens Ankersmit gekompliseer deur die feit dat die verlede ‘n afwesige entiteit is ( 1990 : 209 ). In ‘n sekere sin verkeer die historikus in ‘n selfs moeiliker posisie as die kunstenaar omdat die werklikheid vir die laasgenoemde nog waarneembaar is, terwyl die historiese werklikheid nie voorhande is nie : “In de wereld die wij bewonen en die door de kunstenaar gerepresenteerd wordt, herkent ieder van ons bekende patronen ( bomen, mensen, gebouwen, enz. ) ; in het verleden daarentegen zijn zulken patronen nooit gegeven, maar moeten ze altijd ontwikkeld of gepostuleerd worden” ( Ankersmit, 1990 : 173 ).

Die analogie wat Ankersmit vervolgens tussen die naturalistiese skilderkuns en die historiografie trek, herinner aan Roland Barthes se kritiek teenoor die skepping van ‘n effet du réel in die historiografie in sy essay “Historical Discourse”. Ankersmit verwys na Gombrich se tese dat daar in die skilderkuns sprake is van ‘n

strewe na “hetzelfde effect op de waarnemer [ … ] als de werkelijkheid zelf” ( 1990 : 166 ). Dit herinner aan Wolheim se stelling dat “[ the ] underlying nature

of the experience of painting lies in the fact that paintings give us experiences of absent or non-existent objects” ( Gardner, 1995 : 604 ). Kunswerke word dikwels voorgehou as ‘n substituut vir die werklikheid, soos wat Gombrich en Danto beweer ( Ankersmit, 1990 : 165 ).

Ankersmit redeneer dat daar in die tradisionele vorme van die geskiedskrywing, soos in die naturalistiese skilderkuns, sprake is van die skepping van ‘n illusie dat die teks ( oftewel geskilderde afbeelding in die geval van die skilderkuns ) ‘n mimetiese kopie van die historiese werklikheid verskaf. Soos wat die medium in die naturalistiese skilderkuns slegs dien as ‘n instrument of hulpmiddel om ‘n mimetiese representasie van die werklikheid te bewerkstellig, word taal in tradisionele vorme van die geskiedskrywing benader as ‘n transparante medium om die historiese werklikheid weer te gee :

Sinds de geschiedschrijving zich van zichzelf en van de taken die ze zich heeft gesteld bewust is geworden, heeft zij altijd naar een representatie van het verleden in de historische tekst gestreefd. Net als de naturalistische skilderkunst spoorde het historische verhaal de lezer impliciet aan om door het verhaal heen te kijken, en net als de penseelstreken van de naturalistische skilderkunst, stelden de taalkundige middelen waarover de historicus beschikte hem in staat een illusie van ( verleden ) werkelijkheid te scheppen ( Ankersmit, 1990 : 177 ).

‘n Sodanige aspirasie na ‘n mimetiese representasie van die werklikheid word egter in die moderne kuns en in die postmodernistiese benadering tot die geskiedskrywing ondergrawe, aldus Ankersmit. Hy verwys na die fokus wat in die

moderne kuns geplaas word op die medium waarvan die kunstenaar gebruik maak : “We kijken niet langer door het representatieve medium van de kunst heen,

maar zien allen maar het medium” ( Ankersmit, 1990 : 176 )21. In die narra- tivistiese geskiedenisfilosofie is daar eweneens sprake van ‘n fokus op die taalkundige middele waarvan die historikus gebruik maak en word die teenstry- dighede verbonde aan die representasie van die verlede erken ( Ankersmit, 1990 : 179 ).

21

Hierdie benadering tot taal as ‘n ondeursigtige medium wat nie ‘n spieëlbeeld van die historiese werklikheid kan verskaf nie word deur Ankersmit beskryf as ‘n retoriese taalopvatting, wat hy as volg definieer : “Spreken en schrijven zijn hier niet als een oliefilmpje op het water van de objectiviteit dat uiteindelijk wijkt om ons een blik te gunnen op de objectiviteit zelf” ( 1990 : 261 ). Die objektiwiteitsideaal van empiriese vorme van die geskiedskrywing word ondergrawe omdat daar besef word dat taal die subjektiewe perspektief van die waarnemer/ historikus reflekteer – “de taal absorbeert onze blik” ( Ankersmit, 1990 : 203 ). ‘n Retoriese taalopvattinge kan eweneens geassosieer word met

Derrida se tese dat daar geen sekerhede buite “het schrijven en spreken” is nie ( Ankersmit, 1990 : 258 ).

Teenoor ‘n retoriese taalopvattinge is daar ‘n sogenaamde “sciëntistische” taalopvatting wat met die tradisionele vorme van die geskiedskrywing geassosieer kan word. Taal word hiervolgens beskou as ‘n transparante medium om die werklikheid weer te gee ( Ankersmit, 1990 : 203 ). Daar is ‘n “commitme nt to the reality of the past and to the truth as correspondence to that reality ; a sharp distinction between knower and known, between fact and value” in die “sciëntistische” taalopvatting, wat onder meer deur Bertrand Russell gepropageer is ( Ankersmit, 1990 : 208 ). In die werk van Descartes is ‘n “kloof” geskep tussen

die kennende subjek en die gekende objek ( die sogenaamde “knower and known” ), aldus Ankersmit ( 1990 : 53 ). Die Cartesiaanse beskouing van die

subjek het sedert die Verligting net die mens se vertroue verskerp in sy vermoë om die werklikheid objektief waar te neem.

Ankersmit fokus derhalwe op die groot teenstelling tussen die wyse waarop die verhouding tussen taal en die werklikheid, oftewel “the knower and the known”, in

onderskeidelik ‘n empiriese benadering tot die geskiedskrywing en ‘n postmo- dernistiese/poststrukturalistiese benadering tot die geskiedskrywing gehanteer

word. In postmodernistiese benaderings tot die geskiedskrywing ( soos wat ‘n mens in die narrativistiese geskiedenisfilosofie aantref ) word die korrespondensie tussen die teks en die historiese werklikheid geproblematiseer.

Ankersmit glo dat die geskiedskrywing ‘n nominalistiese karakter het ( 1990 : 62 ). In aansluiting by Hayden White beweer hy dat die verlede nie inherent oor

eenheid beskik nie, maar dat die historikus deur die toevoeging ‘n narratiewe struktuur eenheid daaraan verleen : “Eenheid ontstaat slechts op het niveau van de narratieve weergawe van het verleden” ( Ankersmit, 1990 : 57 ). Dit is juis in hierdie opsig wat die narrativisme in ‘n groot mate verskil van die historisisme, wat onder meer deur Ranke beoefen is. Die narrativiste is bewus van die feit dat hulle deur die gebruik van retoriese en talige middele eenheid verleen aan die verlede : “al de theoretische problemen rond dat zo centrale begrip ‘samenhang’ zijn voor de historist problemen die de aard van de historische werkelijkheid zelf betreffen, terwijl de narrativist ze juist zal zien als problemen rond het historish taalgebruik” ( Ankersmit, 1986 : 188 ). Die geskiedskrywing word beskou as ‘n konstruk van die historikus : “Betekenis wordt niet weerspiegeld, ontdekt, of zelfs maar gerekonstrueerd, maar gekonstrueerd, ‘gemaakt’ in die narratiewe interpretatie” ( Ankersmit, 1990 : 55 ). Ankersmit redeneer dat begrippe soos die Renaissance, die Agtiende eeu of die Industriële Revolusie nie korrespondeer met

die historiese werklikheid nie, maar dat dit die maaksel is van die historikus ( Jenkins, 1999 : 140 ). Sodanige begrippe wat deur historici geskep word ( eerder

as wat dit ontdek word ), word deur Ankersmit beskryf as narratiewe substansies ( wat herinner aan Lyotard se begrip die metanarratief ).