• No results found

Die Klassieke historiese roman en ideologie : Hegel se

3.2 Die verwantskap tussen die historiografie en die letterkunde

3.2.2 Die Klassieke historiese roman en ideologie : Hegel se

Volgens Sanders het Hegel se siening dat die verloop van die geskiedenis ‘n proses van vooruitgang is ‘n groot invloed gehad op die tydgees van die negentiende eeu ; die negentiende eeu is beskou as ‘n “century of progress” ( 1978 : 1, 2 )26. Gebeurtenisse soos die Industriële Revolusie het bygedra om ‘n tydgees van vooruitgang te skep : “[ to ] many European thinkers the evidence of scientific, industrial, economic and political change seemed to suggest that history itself was a ‘progressive’ force” ( Sanders, 1995 : 21 – 30 ).

Die bogenoemde siening van die hede as ‘n “verbetering” op die verlede en van die geskiedenis as ‘n teleologiese proses is ook in die historiese romans van die negentiende eeu gereflekteer. Sanders skryf dat “British nineteenth-century historical fiction [ … ] suggests an almost smug confidence in the superior values of the present, looking back on a more benighted past without fearing that those values might be undermined. Its [ … ] confidence was based on a general acceptance of the idea of progress” ( 1995 : 21 – 30 ). Hierdie perspektief op die geskiedenis in terme van vooruitgang is ook ter sprake by Scott se romans, veral wat sy uitbeelding van die Skotse geskiedenis betref :

Scott’s principal subject in his first eight novels is the ‘modernization’ of Scottish society, that is, its transformation, through a series of historical crises, from a society that was agrarian, aristocratic, court-dominated, feudal, often fanatically religious, mainly oral, lacking in effective public institutions, and

26

Nie net Hegel se benadering tot die geskiedenis nie, maar ook dié van Ranke kan beskou word as teleologies van aard : “Although Ranke’s Historismus claimed to break woth moral philosophy, it smuggled in its own moral vision through the narratives that it used to structure its stories of the past. These narratives yoked together the mo dern sense of linear temporality with the celebrated logocentrism of Western thought to produce teleological narratives of progressive emergence. According to Ranke, each age was equal in the eyes of God and therefore needed to be understood on its own terms. Combined with a notion of progressive temporality, however, this democratic vision of the various ages implied that the present was an expression of God’s will” ( Thomas, 1989 : 189 ).

based on personal loyalties, to a society that is open, urban as well as rural, gentry-dominated, capitalist, professionalized, rational, literate, with more effective public institutions ( especially the law ), and with a strong sense of ‘national’ identity and interest transcending class differences ( Kelly, 1989 : 140 ).

Die beskouing van die geskiedenis as ‘n proses van vooruitgang kan egter gekritiseer word omdat dit sekere ideologiese motiewe ondersteun het. Susana Onega ( 1995 : 7 – 18 ) beskryf Hegel se benadering tot die historiografie as ‘n “world history” waarin ‘n totaliserende visie op die verlede voorkom. Volgens Onega akkommodeer Hegel nie in sy totaliserende perspektief op die verlede die narratiewe van die Ander, die vrou en diverse kulture nie ( vergelyk ook in hierdie verband Foucault se kritiek op ‘n “total history” ). Soos wat Sanders beweer, is die geskiedskrywing in die negentiende gebruik om die kolonialisme te regverdig : “European man was on the move, industrially, colonially, and intellectually, and

the study of history was called upon to justify his aggressive movement” ( 1978 : 2 ). Die negentiende eeuse historiografie het bestaan uit ‘n subteks van

imperialisme : “As Walter Benjamin observes in one of the most severe criticisms of Historismus [ wat deur Ranke geskryf is – N.M. ], the result is a history of the victors. Indeed nineteenth-century developmental histories served to justify Europe’s imperialist domination of the world as well as the victories of individual nations. World history confirmed God’s will to have a higher state of civilization progress emerge in Europe” ( Thomas, 1989 : 189 ). Tydens die negentiende eeu is die historiese roman eweneens gebruik as ‘n ideologiese instrument. Gary Kelly noem dat “Scott’s novels, in the way they treated the past, are about the immediate present and future of Scotland, Britain, and the Christian West” ( 1989 : 141 ). Hierdie assosiasie van die historiografie en die historiese roman met die bevordering van kolonialisme herinner aan Foucault se verbintenis van diskoers met magsuitoefening.

Die bogenoemde insig dat Scott se romans ook ‘n ideologiese sy het, is myns insiens baie belangrik omdat dit aantoon dat ons analises van Klassieke historiese romans nie slegs gefokus moet wees op die wyses waarop outeurs retoriese tegnieke aanwend om ‘n referensiële illusie te skep nie ( d.w.s dat die romanteks met die historiese werklikheid korrespondeer ), maar ook op die ideologiese subtekste wat in oënskynlik onskuldige historiese romans verskuil is. Edward Said het reeds in sy Culture and Imperialism beweer dat die Europese letterkunde ( en ander vorme van kulture uitdrukking soos die opera ) aandadig was/is aan die diskoers van die Oriëntalisme. Hierdie bewering van Said sou moontlik in verdere navorsing uitgetoets kon word op ander Europese, historiese romans en ook moontlik op Nederlandse, Klassieke historiese romans uit die koloniale tyd. Dit is dus nie net ‘n diskoers soos die historiografie wat in die verlede onder die valse voorwendsel van wetenskaplikheid en akkuraatheid ‘n patroniserende blik op die Ander verteenwoordig het nie, maar ook die historiese roman. In die Afrikaanse literêre kritiek het hierdie onderwerp al aandag gekry in die werk van Dorothea van Zyl. Van Zyl beweer na aanleiding van haar retoriese analise van S.J. du Toit se Di koningin fan Skeba dat ‘n koloniale “ekspansiedrang” duidelik na vore tree in die roman ( 1997 : 48 – 53 ).