• No results found

2.3 Die metahistorici/ narrativiste se kritiek teenoor empiriese vorme

2.3.2. Hayden White

In Figural Realism. Studies in the Mimesis Effect ( 1999 ) sluit Hayden White aan by die poststrukturalistiese tese dat die konkrete historiese werklikheid onrepresenteerbaar is. Die modernistiese literatuur het volgens White ‘n groot aandeel daarin gehad om ‘n mimetiese benadering tot representasie en die referensiële funksie van taal te ondergrawe ( 1999 : 67, 68 ). Modernistiese skrywers het in ‘n spel met narratiewe konvensies die realisme ondermyn : “the abandonme nt of normal narritivity by modernist writers [ … ] was the expression on the level of the form of the rejection of historical reality on the level of content” ( White, 1999 : 23 ).

Hierdie bevraagtekening van ‘n mimetiese benadering tot representasie is volgens White ewe veel van toepassing op die geskiedskrywing. Soos in die modernistiese literatuur is daar vandag ‘n beproewing van die “limiete” van die realisme in die

historiografie ( White, 1999 : 26 ). Verouderde mimetiese teorieë in die historiografiese diskoers behoort hersien te word ( White, 1999 : 6 ). White is krities teenoor ‘n benadering tot die representasie van die historiese werklikheid wat hy beskryf as die historiese realisme. Volgens White kan ons nie die historiografiese teks beskou as ‘n onproblematiese, neutrale refleksie van ‘n realiteit buite die teks nie ( 1999 : 25 ). Die geskiedenis en die letterkunde is albei diskoerse wat die realiteit “produseer”, eerder as wat dit die verlede op mimetiese wyse representeer :

In trying to show the literariness of historical writing and the realism of literary writing, I have sought to establish the ‘mutual implicativeness’ [ … ] of their respective techniques of composition, description, imitation, narration, and demonstration. Each in its way is an example of a distinctively Western practice, not so much of representation as of presentation, which is to say, of production rather than of reproduction or mimesis ( White, 1999 : ix ).

Met die bogenoemde kritiek teenoor die skepping van ‘n “mimesis effect” in die

historiografie, sluit White aan by Roland Barthes se essay “Historical Discourse” ( 1970 ) waarin Barthes die skepping van ‘n realiteitseffek in die geskiedskrywing

beskryf. Barthes beweer dat die geskiedenisteks nie kan korrespondeer met die historiese werklikheid nie. Hy noem dat die historiografiese diskoers eerder ‘n talige fabrikasie van die historikus is as wat dit die historiese werklikheid reflekteer : “the only feature which distinguishes historical discourse from other kinds is a paradox : the ‘fact’ can only exist linguistically, as a term in a discourse, yet we behave as if it were a simple reproduction of something on another plane of

existence altogether, some extra-structural ‘reality’ ” ( Barthes, 1970 : 153 ). Barthes glo dat historici, ten spyte van al hul pogings om die historiese

werklikheid getrou weer te gee, nie buite die “realm of discourse” kan beweeg nie:

Roland Barthes [ … ] attacks those historians [ … ] who want to deliver ‘true’ accounts as guaranteed by the ‘raw evidence’ of the ‘real’ ( the real past ). Barthes argues that such historians perform a sleight of hand whereby the

referent ( the ‘thing’ the historian refers to ) is projected into a realm supposedly beyond discourse from which position it can then be thought of as preceding and determining the discourse which in fact posited it as referent in the first place. According to Barthes this paradox governs the distinctive ness of historical discourse : ‘the fact ( the evidence ) can only have a linguistic existence, as a term in a discourse, and yet it is exactly as if this existence were merely the ‘copy’ [ … ] of another existence situated in the [ … ] domain of the ‘real’. This type of discourse is [ … ] [ one ] in which the referent is aimed for as something external to the discourse without it ever being possible to attain it outside this discourse’ ( Jenkins, 1991 : 50 ).

Vele historici hou egter op foutiewelike wyse steeds vol dat die historiografiese diskoers kan korrespondeer met die historiese werklikheid ( Barthes, 1970 : 154 ). Die valse indruk word geskep dat die betekenaar met die referent kan korrespondeer, wat Barthes beskryf as ‘n effet du réel of realiteitseffek : “Barthes’ deconstructionist point is that the historian deliberately confuses or conflates the signified with the referent, producing a signifier-referent correspondence [ … ] This situation characterises what we might call the realistic effect” ( Munslow, 1997 : 61 )18. ‘n Sodanige benadering tot representasie is tekenend van ‘n empiriese benadering tot die geskiedskrywing : “in ‘objective’ history ‘reality’ is always an unformulated meaning sheltering behind the apparent omnipotence of the referent” ( Barthes, 1970 : 154 ).

White stel vervolgens in Figural Realism. Studies in the Mimesis Effect ‘n alternatiewe benadering voor m.b.t. die representasie van die verlede, wat hy beskryf met die term figuratiewe realisme. Hy beweer dat die geskiedenisteks nie ‘n getroue afbeelding van die verlede is nie, maar eerder ‘n komplekse linguistiese struktuur ( White, 1999 : 6 ). Die geskiedenisfilosoof Gombrich se siening van die historiese teks as “less a matching of a model of an image or a model with some extrinsic reality than a making of a verbal image, a discursive thing that interferes with our perception of its putative referent even while fixing our attention on and

18

illuminating it” kan hiermee geassosieer word volgens White. White bevraagteken dus die idee dat die geskiedenisteks met die historiese werklikheid korrespondeer.

‘n Sentrale standpunt binne White se werk is dat die geskiedenis nie oor ‘n intrinsieke betekenis of samehang beskik nie, maar dat die historikus koherensie en betekenis aan die verlede toevoeg ( Carroll, 1998 : 37 ). White kritiseer die standpunt van Northrop Frye dat die verlede oor ‘n intrinsieke struktuur beskik wat deur die historikus gereproduseer moet word ( 1978 : 58 )19. Hy verwys in hierdie verband na Lévi -Strauss se siening dat die koherensie van die geskiedenis niks meer as ‘n mite is nie ( White, 1978 : 103 )20.

White illustreer sy standpunt dat die historikus ‘n betekenis en samehang aan die verlede toevoeg aan die hand van die verskil tussen die gevorderde vorme van die geskiedskrywing ( soos wat dit vandag daarna uitsien ) en “primitiewe” vorme van die geskiedskrywing soos kronieke en annale. In die kroniek en die annale word data slegs in ‘n chronologiese volgorde georden sonder dat dit ‘n samehangende beeld van die verlede bied. Die annale is ‘n nie-narratiewe vorm van representasie, terwyl die kroniek slegs een stappie hoër is deurdat dit wel neig na ‘n narratiewe formaat, maar narratiewe sluiting kortkom ( White , 1987 : 14, 16 ).

In teenstelling tot die kroniek en die annale word argivale data in die eietydse historiografie georden in ‘n narratiewe struktuur of plotstruktuur deur die retoriese prosesse van seleksie en kombinasie ( White, 1973 : 5 ). White lewer die volgende kommentaar in hierdie verband : “The kind of interpretation typically produced by the historical discourse is that which endows what would otherwise remain only a

19

David Carr glo eweneens dat die verlede inherent oor koherensie beskik en dat die historikus nie ‘n struktuur op die v erlede projekteer nie ( 1998 : 137 ).

20

Daar is in die geskiedenisfilosofie onenigheid oor die vraagstuk of die verlede gestruktureerd is en of die historikus nie ‘n struktuur aan die verlede verleen nie ( Norman, 1998 : 154 ). White glo egter nie dat die historikus ‘n struktuur wat inherent is aan die verlede abstraheer nie ( 1998 : 28 ).

chronologically ordered series of events with the formal coherency of the kind of plot structures met with in narrative fiction” ( 1999 : 8 ). White redeneer dus dat die historiografie ooreenstem met die letterkunde in die opsig dat die historikus massas data uit die argief, wat oor geen inherente ordening beskik nie, saamsnoer tot ‘n koherente geheel en ‘n “plotstruktuur” daaraan toevoeg. Ankersmit skryf in hierdie verband dat White illustreer dat die geskiedskrywing ‘n element van fiksie bevat ( 1990 : 194 ). White beklemtoon dus dat die geskiedenisteks nie ‘n mimetiese refleksie is van die verlede nie, maar eerder die subjektiewe en retoriese skepping van die historikus.

Dit is veral in twee studies van White, The Tropics of Discourse. Essays in

Cultural Criticism ( 1978 ) en Metahistory : The Historical Imagination in the Nineteenth-century Europe ( 1973 ), wat daar gefokus word op die historikus se

gebruik van narratiewe en retoriese tegnieke in die geskiedskrywing. Die historikus moet eerstens kies tussen vier dominante trope of retoriese stylfigure : die metafoor, die metonimiese troop, sinekdogee of ironie ( White, 1978 : 73 ). White poog dus om te bewys dat stilistiese oorwegings ‘n rol speel in die geskiedskrywing, soos wat die geval is met die letterkunde ( Ankersmit, 1986 : 154 ). In die proses om historiese materiaal tot ‘n samehangende geheel te bewerk, maak die historikus verder enkele keuses : ‘n estetiese keuse vir ‘n sekere narratiewe strategie, ‘n kognitiewe keuse vir ‘n sekere verklaringsparadigma en ‘n etiese keuse vir ‘n sekere ideologiese modus ( White, 1978 : 70 ). White beweer dat “we impose stories on the past for a variety of reasons which are explanatory, ideological and political” ( Munslow, 1997 : 140 ). Die keuses wat die historikus kan maak is egter nie onbeperk nie, want met elke keuse wat die historikus maak is daar slegs vier moontlikhede. Die historiese interpretasieproses kan derhalwe as volg skematies voorgestel word volgens White :

Modus van plotsamestelling : Romanse Komedie Tragedie Satire Verklaringsmodus : Idiografies Organisties Meganisties Kontekstualisties

Modus van Ideologiese Implikasie : Anargisties

Konserwatief Radikaal Liberaal

Die bogenoemde model wat White saamstel m.b.t. die retoriese en narratiewe tegnieke wat die historikus gebruik, het wel ‘n ooglopende strukturalistiese oriëntasie ( vgl. Ankersmit, 1990 : 28 ). White se tese dat daar net ‘n sekere aantal narratiewe strukture is waaruit historici kan kies, herinner onder meer aan die strukturalis Vladimir Propp se Morphology of the Folk Tale. Die gevaar van hierdie strukturalistiese voorstelling van die historikus se interpretasieproses van die verlede is myns insiens dat dit die potensiële keuses wat die historikus maak in sy analise van die verlede te veel beperk en rigied inprent.

Die teenstrydigheid van White se teorieë is egter daarin geleë dat hy ten spyte van die bogenoemde strukturalistiese model in ‘n groot mate aansluit by die poststrukturalistiese geskiedeniskritiek. Ankersmit skryf dat die historiese teks vir White ‘n semantiese labirint is wat geen uitweg bied na ‘n objektief ontleedbare verlede nie ( 1990 : 204 ). Die objektiwiteitsideaal van die negentiende eeuse historiografie word deur White ondergrawe omdat hy illustreer in hoe ‘n mate die geskiedskrywing die produk is van die subjektiewe perspektief van historici op die verlede. White sluit hierbenewens by Foucault aan met sy idee dat die historikus

sekere ideologiese keuses maak in sy analise van die verlede. Hy suggereer dat die geskiedskrywing in ‘n groter mate die produk is van die historikus se verbeelding as wat dit die verlede op mimetiese wyse reflekteer. Carroll maak die volgende opmerking in hierdie verband : “Undoubtedly, there is a parallel between White’s strategy [ … ] and that of many deconstructionists. When the y note the failure of certain theories of language on the grounds that no language is an absolute mirror of the world, they conclude that meaning is an arbitrary, infinitely fluctating construct” ( 1998 : 44 ). Terwyl White dus die retoriese en narratiewe tegnieke van historici op ‘n ooglopende strukturalistiese wyse benader, sluit sekere van sy opvattinge wel by die poststrukturalisme aan.