• No results found

Kan ’n politikus oorleef indien hy nie sy beloftes gestand doen nie?

In document My regte! Jou regte? / Leon Wessels (pagina 156-169)

Hedendaagse nuusberigte van mense wat protesteer en klipgooi, net soos in die jare voor 1994, betrap baie mense onkant. Een van die redes vir hierdie betogings is die feit dat mense nie weet wat aangaan nie – hulle wil gewoon verstaan wat gebeur en waarom. Mense soek na antwoorde. So wil hulle weet wat van die beloftes van ’n beter lewe geword het; waar die plaaslike regering nou met sy delivery programme staan.

Tydens een van my kollegas se besoek aan Indië wil die mense daar tot vervelens toe van hom weet waarom die mense in Suid-Afrika die reg tot protes gebruik om inligting te bekom en nie die reg tot inligting nie. Toe die Kommissie ’n voorlegging aan senior amptenare in die Oos-Kaap doen, vertel my kollega die storie. Hy deel die amptenare verder mee dat hy vir die mense (dié wat so ongelukkig raak en vir wie ons op televisie sien) gaan vertel hoe om die reg op inligting in die toekoms tot hul voordeel te gebruik.

Die geskokte amptenare se reaksie was dat hy dit nie durf doen nie, want hy sou hom dan skuldig maak aan die opsweping van emosies. Sy koel antwoord was bloot: “Nee, ek gaan hulle nie opsweep nie, ek gaan hulle van menseregte leer. Julle amptenare is die mense wat jul huis in orde moet kry.”

Tydens ’n internasionale konferensie in Meksiko waar die reg op inlig- ting onder die loep geplaas is, kry ek die geleentheid om met die afvaardi- ging van Indië skouer te skuur en hulle oor hul beskouings van die reg uit te vra.

“Kyk, hierdie reg tot inligting is ’n people’s right. Die mense wil weet hoe die staat die belastingbetaler se geld bestee. Dit is húlle geld en dit is

1 Artikel 32. 2 Indiese wysheid.

húlle aanspraak op ontwikkeling. Hulle wil verder weet wat die amptenare met die politici se beloftes maak. Want ’n politikus wat nie sy beloftes nakom nie, kan nie oorleef nie. Dus, ons stel die vrae aan die burokrasie en gaan toets dit dan op grondvlak by die mense. Ontstellende dinge gebeur. Die regering belowe dat hulle vyf damme in ’n bepaalde gebied sal bou. Korrupte amptenare bou net vier en steek die geld vir die vyfde dam in hul sakke. Die vergryp word eers jare later ontdek wanneer die mense nie die kloutjie by die oor kan kry nie.”

In antwoord op ’n vraag aan die Inligtingskommissaris van Quebec, Kanada, oor wat die mense sal doen indien die reg op inligting van hulle weggeneem sou word, is die verrassende antwoord: “Die mense sal rebel- leer. Hulle ken die reg en omdat hulle nuuskierig is, sal hulle erg verontrief voel indien hulle nie vrae kan stel nie en nie weet wat in regeringsgeledere gebeur nie.”

Toe ’n onlangse korrupsieskandaal in Kanada uitbreek en een van die hooffigure in die drama ontken dat hy ooit van die korrupsie geweet het, of aan die korrupte gebeure deel gehad het, het iemand, deur gebruik te maak van die reg op inligting, die tafelplan vir ’n sekere ete aangevra. Volgens die plan was die persoon wel teenwoordig en dus deel van die korrupsiekomplot wat tydens die gewraakte ete beplan is.

Niemand wat aan die onderhandelings by Kempton Park deelgeneem het toe die beginsel ten opsigte van vryheid van inligting aanvaar is, het verwag dat die vestiging van ’n inligtingsbedeling so lank sou neem nie. Hierdie beginsel voorsien vryheid tot inligting sodat oop en verantwoord- bare administrasie op alle vlakke van regering kan plaasvind. Dit is ’n direkte gevolg van die geslote samelewing wat ons in die jare voor 1994 geken het.

’n Mens glimlag as jy nou terugdink aan al die “belangrikheid” wat gepaard gegaan het met dié geheimhouding. Wanneer sprekers tydens geslote inligtingsessies vasbrand om antwoorde te verstrek, is daar gewoonlik ’n betoog gelewer om die “leiers te vertrou omdat die inligting nie met die publiek gedeel kan word nie”.

Tydens die sertifiseringsproses het die Konstitusionele Hof nie die reg tot inligting as ’n fundamentele reg beskou nie, maar slegs as ’n reg wat belangrik is om goeie regering te verseker.

Hierdie argument vind nie oral byval nie. Die wêreld het baie verander sedert 1948 toe die Universele Deklarasie van Menseregte aanvaar is. Die tegnologie en inligtingsontploffing – meer telefoonaansluitings is in Afrika suid van die Sahara gelewer in die paar jaar van die 21ste eeu as in die hele 20ste eeu – veroorsaak dat mense nou met ander oë na die reg op inligting kyk. Hierdie reg het intussen beslis ’n fundamentele reg geword. Die idéé van oop en verantwoordbare regering was van die begin af in die Grondwet ingebed, maar daar moes gewag word tot 15 Februarie 2002 en die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, wat gevolg gee aan die reg, voordat dit ten volle geïmplementeer kon word.3 Die

voltrekking van hierdie reg was ’n lang en moeisame proses. Die ingewik- kelde aard van die reg en die wetgewing kan as geldige rede vir die vertra- ging aangevoer word.

Die ouwêreldse verskynsel dat regerings en amptenare nie graag in- ligting met die publiek deel nie, het gou kom nesskop na 1994. In 1993, toe die grondwetlike beginsel aanvaar is, was die ANC die opposisie en wou soveel inligting as moontlik bekom – hulle was die aansoekers om inligting. Na 1994 het hulle egter die verskaffers van inligting geword en was nie meer so gretig om inligting met almal te deel nie. Dit gebeur oor die hele wêreld: Wanneer jy in opposisie is, wil jy so veel as moontlik weet, maar wanneer jy in die regerende posisie is, wil jy so min as moontlik inligting met ander deel.

Kenners het onlangs aangedui dat Amerika die afgelope jaar aan 3 miljoen versoeke om inligting gehoor gegee het – die hoogste in die land se geskiedenis – maar terselfdertyd 14 miljoen nuwe geheime geskep het. In Suid-Afrika word die reg tot inligting deur die Wet op die Bevorde- ring van Inligting gereël. Die verwagting is dat dié Wet die grondwetlike waardes van openheid, deursigtigheid en goeie regering sal bevorder. Ver- der moet dit mense in staat stel om ingelig aan die politieke debat te kan deelneem.

Die reg tot inligting strek veel verder as die tradisionele betekenis wat aan die reg gekoppel is gedurende die tydperk van konflik en stryd. Nie alleen moet die atmosfeer van geslotenheid en geheimhouding, eie aan

die apartheidstaat, bygelê word nie, maar sal die reg ook ’n effek hê op die private sektor. Inligting in die hande van werkgewers, kredietburo’s, versekeringsmaatskappye, banke en finansiële instellings het geweldige invloed op die lewe van mense. Die staat mag ook inligting van die private sektor bekom indien daardie inligting vir die beskerming van die regte van die publiek benodig word.

In Kanada het ’n gemeenskap waardevolle inligting aangaande hul veiligheid en tradisionele visvangregte van private en openbare instellings bekom toe ’n dam in die rivier wat deur hul gebied vloei sonder enige raadpleging gebou is.

Jakkie Cilliers van die opleidingskollege by die Department van Justisie het onlangs geargumenteer dat ’n student wat onsuksesvol was in sy aansoek aan die Hooggeregshof om ’n afskrif van sy gemerkte eksamenverslag te bekom, dit suksesvol kon verkry het deur bloot dié wet te gebruik.

Die Kommissie moet verslag doen aan die Nasionale Vergadering en aanbevelings doen oor die werking van die wetgewing.4 Dit is ’n groot

uitdaging om die Suid-Afrikaanse samelewing te laat verander van ’n kultuur van geheimhouding en burokrasie na een van deursigtigheid en verant- woordbaarheid.

Die vooroordeel teen responsiewe en oop regering is nie beperk tot die amptenare van die vorige bedeling soos sommige kwaadwilliges beweer nie. Die vyandige optrede wat die Kommissie en nieregeringsorganisasies op die lyf loop wanneer hulle die reg tot inligting bevorder, verbaas ’n mens. Toe die Kommissie die reg in die Vrystaat aan amptenare verduidelik, deel een ons vertroulik tydens die teepouse mee: “Alles werk goed hier in die Vrystaat. Julle moet ons net met rus laat en terug gaan na Johannesburg. Ons biblioteke werk goed. Mense kan dáár al die inligting kry waarna hulle soek.”

Die onrus wat in Vrystaatse dorpe oor plaaslike bestuur uitgebars het, dien as sprekende voorbeeld dat die mense nié die inligting waarna hulle gesoek het, in die biblioteke gekry het nie – indien daar hoegenaamd biblioteke in die betrokke townships was.

Dit is belangrik dat die burgery ingelig word aangaande hul reg tot inligting en dat dié wetgewing in hul guns kan werk. Die opmerking wat skeidsregters so dikwels tydens rugbywedstryde maak, geld beslis ook ten opsigte van hierdie reg: “Use it or loose it!”

Deur slim van hierdie reg gebruik te maak, kan die publiek net sulke indringende vrae aan die burokrasie stel as wat parlementslede aan ministers in die Parlement stel. Om inligting te bekom, is om ’n stukkie regeringsmag te verkry, want jy kan daardie inligting gebruik om besluite te beïnvloed en ingelig deel te neem aan openbare debatte wat jou raak. Bevindings van die Wêreldbank behoort vir Suid-Afrika as ’n aanspo- ring te dien. Lede van hierdie organisasie het probeer vasstel wat die ver- band tussen deursigtigheid en goeie regering is en het die kollig op 104 lande laat val. Waar goeie regering en menseregte gerespekteer is, was daar min korrupsie, indien enige, met sterk ekonomiese groei en welva- rende inwoners. Die omgekeerde was ook waar. Op hiérdie prestasiekaart het Noord-Korea die swakste gevaar en Swede die beste.

In Swede, met sy eeu oue tradisie van die parlementêre ombudsman wat help om wanadministrasie te bekamp, vertel Richard Calland van die Open Society Advice Centre (ODAC) hoe hy en ’n kollega in ’n oogwenk insae in korrespondensie tussen die staatshoofde van Swede en Suid-Afrika kon kry. Dit was moontlik omdat die verantwoordelike amptenaar van wie hulle die inligting versoek het, dadelik ingesien het dat die inligting skadeloos was en toe ’n uiters flinke proses in werking gestel het om die dokumente te laat herklassifiseer om dit vir hulle toeganklik te maak.

Dít staan egter in skrille kontras met ervarings van ander in Suid- Afrika en mense elders in die wêreld.

’n Navorser het onlangs vir drie jaar gesukkel – en ná hy R18 000 armer was – om ’n dokument wat nie as ”geheim” geklassifiseer was nie van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) te bekom.

Die regering en Suid-Afrikaanse amptenare moet verstaan dat oop administrasie tot hul voordeel kan werk.

Na die tragedie van 11 September 2001 in New York en die daarop- volgende ondersoeke, vertel kenners dat inligting wat van een van die medewerkers in die aanval bekom is, daarop dui dat die aanval beslis uitgestel, indien nie afgestel sou gewees het nie, indien sekere inligting waaroor die sekurokrate in Amerika beskik het, voor die tyd openbaar

gemaak is. Vir ’n land waarin die oudste geklassifiseerde dokument een is wat die beweging van Amerikaanse troepe in 1917 nog onlangs as “geheim” gemerk het, is dit sekerlik te veel gevra. Dit bewys net dat die geneigdheid om staatsinligting in kluise te bewaar, al is dit hoe nutteloos, nie maklik omgekeer word nie.

Suid-Afrika moet lig loop of ons gaan dieselfde pad stap en in die moeras van geheimhouding terugval. Hoe meer geheime jy het, hoe meer slotte, grendels en soldate het jy nodig om daardie geheime te bewaar.

REGVERDIGE

ADMINISTRATIEWE OPTREDE

1

Hierdie reg verskaf my baie plesier, want dit behels onder andere dat jy na die ander party móét luister (audi alterem partem) voordat jy ’n besluit neem wanneer daardie persoon se belange op die spel is. Dit is verbasend hoe ’n nuwe prentjie ontvou wanneer dít gedoen word.

Klaers nader die Kommissie met groot selfvertroue en wil dan hê dat besluite daar en dan in hul guns geneem word, sonder om die persoon teen wie die aantygings gemaak word die geleentheid te gee om daarop te antwoord.

’n Belangrike politikus maak bewerings van wangedrag teen senior polisiebeamptes. Dit is ernstig en hul optrede is op die oog af (prima facie) onaanvaarbaar. Die politikus is teësinnig om die ander party ruimte te gun om hul kant van die saak te stel. Toe die manne by ’n interne dissiplinêre verhoor met die hulp van regsverteenwoordiging opdraf en lastige vrae aan die politikus stel wat toe onder eed moet getuig, begin ’n ander prentjie ontvou. Die politikus raadpleeg die Kommissie telefonies. Hoe dan nou? Sy was immers die klaer in die saak en die proses is nou besig om haar die skurk in die verhaal te maak. Die Kommissie se antwoord is eenvoudig: “Jammer, Suster. Jou aantygings moet die toets van daglig kan deurstaan en een manier om dit te doen, is om jou weergawe deur kruisondervraging te laat toets en ook na die ander kant van die verhaal te luister.”

Na afloop van die verhoor is dit duidelik dat nie een van die twee kante onbevlek uit die getwis tree nie.

Leerders bel anoniem en kla oor onbehoorlike ondervraging en dissi- plinêre praktyke by ’n skool nadat ’n leerder selfmoord gepleeg het. Dit word opgevolg met ’n oproep van die oorledene se vader.

Die skool is aanvanklik nie te gewillig om hul weergawe met die Kom- missie te deel nie: “Met julle praat ons net in die hof.” Die Kommissie

antwoord: “Indien julle ’n regstryd hiervan wil maak is, sal ons julle graag in die hof te woord staan.”

Die Kommissie oortuig die vervolgingsgesag dat ons nie met die ge- bruiklike nadoodse ondersoek, wat moet vasstel of iemand krimineel ver- antwoordelik gehou kan word vir die dood van die leerder, sal inmeng nie, maar bloot wil vasstel of daar menseregteoortredings in die spel is.

Gewapen met die vervolgingsgesag se goedkeuring en ’n ligte de- monstrasie van mag toe ons al die pyle in ons regskoker vir die regsver- teenwoordigers van die skool wys, besluit hulle om die aftog te blaas en met ons saam te werk aan die ondersoek.

Dit blyk dat die oorlede leerder saam met ander leerders drank op die skoolterrein gebruik het. Na indringende ondervragings by verskillende geleenthede en deur verskillende onderwysers, is hy aan ’n “dissiplinêre verhoor” onderwerp wat eintlik niks anders as ’n inkwisisie was nie. In die teenwoordigheid van ses onderwysers is hy sonder enige bystand aan verdere ondervraging onderwerp. Daar was geen werklike poging om vas te stel wat sy weergawe van gebeure was nie, maar eerder om ’n skuld- erkenning uit hom uit te “wurg”. Geen notule is van die verrigtings gehou nie, maar iemand het dae later iets daaroor aangeteken.

Sonder behoorlike verduideliking is hy later meegedeel dat hy uit die skool geskors is. Die skool het toegegee dat daar ’n misverstand kon wees aangaande hul bedoeling met die skorsing – dat hy toegelaat sou word om sy akademiese jaar te voltooi, maar nie om die volgende jaar na die skool terug te keer nie.

Die skoolhoof het besef dat hierdie misverstand ingetree het, maar sy verteenwoordiger wat die “sagter” toedrag van sake aan die leerder sou oordra, kon hom nie in die koshuis opspoor nie. Dit blyk dat geen daad- werklike poging aangewend is om hom op te spoor nie. Die saak sou toe oorstaan tot die volgende dag. Die seun het daardie nag selfmoord gepleeg. Die skoolhoof het toegegee dat die ondersoek – die manier van onder- vraging – en strafoplegging nie by wyse van ’n billike proses plaasgevind het nie.

Elke oogmerk van die reg op “regverdige administratiewe optrede” is tydens hierdie proses ondermyn.

Die oogmerk van administratiefreg is om staatsgesag te reguleer en te verseker dat die persoon wat die mag uitoefen dit op ’n regmatige en

redelike wyse en volgens ’n billike proses doen. Hierdie grondbeginsels word in die Grondwet en tersaaklike wetgewing gereël.2

Regverdige administratiewe optrede wentel dus om die beheer van staatsmag ten einde te verseker dat die staatsdiens in diens van die publiek staan.

Aan die een kant het die burgery die reg tot regverdige administra- tiewe optrede en is elkeen wie se regte deur administratiewe optrede geraak word, onder andere geregtig op skriftelike redes vir dié besluit. So word die deur nou geopen vir nadere ondersoek en die staatsadmini- strasie gedwing om sy besluite te verdedig.

Selfs wanneer aansoek gedoen word om ’n maatskaplike pensioen, kan aangedring word op die redes indien dit geweier word. Dit is ’n ge- leentheid wat die publiek moet benut. Deur dít te doen, help mense mee om aan ’n kultuur van administratiewe verantwoordelikheid te bou.

Die howe het al aangedui dat die weiering om redes te verstrek ’n persoon se reg tot regmatige en billike administratiewe optrede onder- myn.3

Aan die ander kant het die staatsadministrasie ’n grondwetlike plig om, onder andere, die volgende waardes en beginsels na te streef:4

5

’n Hoë standaard van beroepsetiket moet gehandhaaf word.

5

Hulpbronne moet ekonomies en doeltreffend aangewend word.

5

Dienste moet sonder vooroordeel gelewer word.

5

Die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.

5

Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.

5

Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toe- ganklike en korrekte inligting te voorsien.

Die beheer van staatsgesag deur die howe het voorheen op geregtelike hersiening berus. Die beginsels wat die onderbou gevorm het vir geregtelike

2 Artikel 33 en Die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000.

3 Transnet Ltd v Goodman Brothers 2001 (1) SA 853 (SCA).

hersiening – dat die staat te goeder trou moes optree en dat die besluitne- mingsproses regmatig moes wees – was in die gemenereg ingebed.

Dít vind nou neerslag in die Grondwet wat daarop ingestel is om die staatsadministrasie en die reg wat dit beheers, verbruikersvriendelik te maak.

Skoolmakkers en skoolmeesters

Ek vertel die storie van die selfmoordtragedie by die skool vir een van my ou skoolmakkers toe ons mekaar tussen die rakke by die plaaslike supermark raakloop. Een van ons ou skoolmeesters wat altyd vinnig was om die rottang in te lê, selfs wanneer ons in die koshuis slegs in ons slaapklere kattekwaad aangevang het, sluit onverwags by ons aan.

My kameraad uit die ou dae sê, nou baie dapperder as destyds maar tog nog met respek: “Toe, Meneer, erken nou dat julle nie vandag sou kon skoolhou nie. Julle het destyds nie geweet hoe om ons sonder daardie rottang te hanteer nie. Julle het ook niks van hiérdie ingewikkelde regs- prosesse geweet nie.”

Vir die eerste keer sien ek my ou skoolmeester effe verleë toe hy skaam-skaam die argument toegee.

Ter verdediging van daardie geslag skoolmeesters kan ek met vry- moedigheid erken dat ek nooit ’n pak slae onverdiend ontvang het nie en ook nie voordat ek geleentheid gehad het om my kant van die saak te stel nie. Die geleentheid om na die ander kant van die saak te luister (audi

In document My regte! Jou regte? / Leon Wessels (pagina 156-169)