• No results found

Gee hom die langpaal!

ANDER OË

Maak nie saak waar jy deesdae in die wêreld beweeg nie, almal praat op die een of ander stadium met jou oor misdaad en geweld – so skaam- skaam, maar tog baie nuuskierig.

Paul Theroux,8 bekroonde skrywer van talle reisverhale, skryf in ’n

boeiende boek van al sy interessante ervarings tydens sy uitgebreide reis van Kairo na Kaapstad in treine, busse en taxis. Natuurlik skryf hy ook oor die misdaad in Suid-Afrika.

Die bus waarin hy vanaf Harare ry, steek die grens skemeraand by Beitbrug oor. In Mussina klim ’n jong vrou van Lesotho op en na ’n paar hoflike opmerkings waarsku sy hom dat “Jo’burg” gevaarlik is. Tydens die nagrit staan hy verstom oor al die ligte – nêrens in Afrika het hy soveel ligte gesien nie. Met dagbreek kom hulle by die Johannesburgse stasie aan. Hy koop ’n oggendkoerant voordat hy verder koers kry. Die misdaadberigge-

5 Rapport, 18 Januarie 2004.

6 Davis D, Cheadle H & Haysom N, Fundamental Rigths in the

Constitution – Commentary and Cases, Juta (1997) 63.

7 Devenish GE, A Commentary on the South African Bill of Rights, Butterworths (1999) 104.

wing maak hom só benoud dat hy te bang is om die stasie te verlaat voordat dit heeltemal lig is. Die koerantstories oor moord en verkragting ruk hom. Toe die taxi hom later die oggend by sy hotel aflaai, is hy skoon verlig dat hy nog leef.

Sy kuier in Suid-Afrika verloop goed. Sy reis na Kaapstad, wildparke en die interessante gesprekke met Suid-Afrikaners laat hom ontspan. Hy is mateloos beïndruk met Suid-Afrika – vir hom is Suid-Afrika ’n plek waar omtrent alles werk, selfs die politieke stelsel. Net voor sy vertrek huiswaarts laat hy al sy Afrika-aandenkings, sy vliegtuigkaartjies en ander waardevolle artikels vir veilige bewaring in die hotel toesluit terwyl hy net ’n vinnige draai elders maak met slegs die nodigste besittings byderhand – oornagklere en sy manuskrip. Toe hy sy kosbare besittings later terugvra, het dit spoorloos verdwyn. Sy manuskrip was al wat hy van sy reis deur Afrika oorgehou het.

’n Groepie advokate ontspan in die gemeenskaplike koffiekamer by die Advokatekamers en gesels oor ditjies en datjies – sake waaraan hulle werk, hofdramas, en so meer. Die een vertel van ’n strafsaak waarin hy gevra is om ’n groepie te verdedig wat daarvan verdink word dat hulle goedere in ’n groot kettingwinkel gesteel het. “Indien ek hierdie saak wen, sal ek weet dat die stelsel in duie gestort het – die staat se saak is eenvoudig te sterk gelaai met verdoemende bewysstukke.”

Enkele weke later sit diesélfde groepie weer om diesélfde koffietafels en ginnegaap. “Terloops, wat het van daardie diefstalsaak van jou geword?” vra iemand. “Daar het niks van die saak gekom nie, want die bewysstukke het weggeraak. Die saak is teruggetrek,” is die verstommende antwoord. Hierdie voorbeeld het niks met die Handves van Regte te doen nie, maar alles met slordige strafvervolging wat nie die polisie of die vervol- gingsgesag tot eer strek nie.

Die gemeenskap van Swartruggens maak hulself onlangs hoorbaar omdat plaasmoordenaars vrygespreek is. Hulle eis dat die saak dringend hersien word. Hulle vra dat daar aandag gegee word aan die wyse waarop sekere polisiemanne hulle van hul taak gekwyt het en die gebrek aan toe- wyding aan die kant van die vervolgingsgesag. Regter J.B. Shongwe, die verhoorregter in die saak, kritiseer die polisie heftig vir hul “slordige” onder- soek: “Dit is hoog tyd dat die polisie ’n meer positiewe ingesteldheid teen-

oor hul werk ontwikkel en dat hulle die Handves van Regte en die Grond- wet weer ’n slag ter harte neem.”9

Hoe dan gemaak met die misdadigers wat nie ander se regte en lewe respekteer nie? Hulle moet gevang, voor die howe gedaag en gestraf word – dit is die nugter antwoord. Hul waaghalsige en gewelddadige optredes spruit voort uit hul mening dat die kans gering is dat hulle gevang en sukses- vol voor ’n hof gedaag en vervolg sal word.

Tydens ’n konferensie oor misdaad waar ek en die Kommissaris van Polisie, Jackie Selebi, opgetree het, het ek iets van hierdie frustrasie beleef – hy kap dikwels vinnig terug, maar ek was nog nooit so in sy visier soos op daardie betrokke dag nie.

In die agterste gestoeltes het ek my beurt afgewag om te praat. Kom- missaris Selebi praat net voor die middagete. Hy gebruik die geleentheid om die polisie se Plan van Aksie bekend te stel. Hy noem dit ’n “klein oorlog teen misdaad”. Met sy sterk standpunte toor hy met die gehoor en ontlok dikwels entoesiastiese applous:

5

Hy verwag nie van sy polisiebeamptes om die Universele Deklarasie van Menseregte te memoriseer nie.

5

Wanneer gaan die land wette maak wat gepas is vir Afrika?

5

Hierdie kampvegters vir menseregte bind die hande van sy polisie- beamptes!

’n Polisiegeneraal uit die vorige bedeling staan op en verklaar dat hy so entoesiasties is oor dít wat hy nou gehoor het, dat hy sommer lus het om weer by die polisiediens aan te sluit.

Tydens die etenspouse kom groet talle bekendes en ou geesgenote my met so ’n tikkie moedswilligheid: “Hy het jou darem lekker vasgevat”; “Sal graag wil hoor wat jy hiérop te sê gaan hê!”; “Ek is bly ek is nie jy nie wat op daardie toespraak moet antwoord nie. Hy het julle lekker gesê!” Om oor bekamping van misdaad en menseregte te praat, is duidelik nie ’n populêre onderwerp nie.

Die gehoor wag met beleefde skeptisisme om my kant van die saak

te hoor. Om die ys te breek, vertel ek hoe die wiele in die land gedraai het.

My pa was ’n polisieman, ék was ’n polisieman toe Selebi ’n mense- regteaktivis en vryheidsvegter was – nou al te spoggerig in sy blou polisie- uniform, dieselfde blou wat my pa en ek gedra het. My ervaring by die Kommissie het my voorberei om presies te verstaan hóé groot Selebi se prestasie was om as Suid-Afrika se Permanente Verteenwoordiger by die Verenigde Nasies in Genève te kon optree as Voorsitter van die VN se Kommissie vir Menseregte, en om voorts as een van die mees suksesvolle voorsitters van daardie Kommissie beskou te word. Gedurende Selebi se termyn by die VN het Suid-Afrika belangrike internasionale menseregtekon- vensies onderteken. Dit is vandag my taak by die Kommissie om toe te sien dat Suid-Afrika sy internasionale verdragsverpligting eerbiedig – ook daardie verdrae wat direk op die polisie van toepassing is en in Selebi se tyd onderteken is. Nou wonder ek – wie van ons twee is die menseregteaktivis? Selebi sal sekerlik voortgaan om my te herinner aan my apartheidsverlede en ek sal voortgaan om hom te herinner aan sy suksesvolle jare as mense- regteaktivis en menseregtediplomaat. Ek is op my gemak in my nuwe rol en is van voorneme om die goeie werk wat Selebi begin het, voort te sit. My toespraak het ander sentimente aangeroer as dié van Selebi. Die onmiddellike uitdaging en vraagstuk bly steeds: Hoe word misdaad bekamp sonder om afstand te doen van die ideaal om ’n kultuur van menseregte te bevorder?

Dit was nooit die bedoeling dat die bepalings van die Grondwet on- herroeplik vasgelê word en dat geen debat daaroor geduld sou word nie. Die Grondwet maak voorsiening vir ’n jaarlikse hersieningsproses deur ’n gesamentlike parlementêre komitee.10 Langs hierdie weg word die deur

geopen vir indringende debatvoering oor Grondwetlike aangeleenthede en vir beter begrip van die Grondwetlike bepalings, en word daar ook ruimte geskep om op ordelike wyse ’n soepel Grondwet te ontwikkel wat sensitief is vir alledaagse vraagstukke.

Dít moet geskied sonder om afstand te doen van die onderliggende waardes waarop die Grondwet berus. Dit is dus van wesenlike belang dat

begryp word wat die onderliggende, oftewel onverhandelbare waardes is. Die onverhandelbare waardes in die Grondwet is demokrasie, die idee van ’n regstaat, menswaardigheid en die gelykheid tussen mense. Die ver- handelbare waardes in die Grondwet en regsbedeling is, gedagtig aan mis- daadbekamping: flinker en deegliker regsprosesse, strenger strawwe, strenger en veiliger aanhouding van verdagtes en veroordeeldes, deegliker polisieondersoeke asook groter samewerking tussen die publiek en wets- toepassers. Die onverhandelbare en verhandelbare waardes durf nie in teenoorgestelde rigtings trek wanneer dit by die bekamping van misdaad kom nie.

Hierdie hersieningsproses of georganiseerde openbare debat moet benut word om te kyk watter aanpassings, indien enige, nodig is om die misdaadeuwel te oorkom. Die Parlement behoort hierdie proses te benut om rigting aan te dui. Regsprekers, wetstoepassers, die polisie, korrektiewe dienste, weermag, staatsaanklaers en menseregtepraktisyns moet in hierdie forum trompop met mekaar debatteer. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap moet hieraan deelneem. Dit is die enigste manier waarop die vlak van debat oor misdaadbekamping verhef kan word. Die misdaadeuwel sal egter nie hokgeslaan word terwyl die skinderstorie in omloop is dat die Handves van Regte en menseregtepraktisyns struikelblokke in die bekam- ping van misdaad is nie. Die ervaring wêreldwyd het getoon dat die be- skerming van menseregte nie altyd populêr is nie, maar dat die instand- houding van menseregte ’n voorvereiste is vir staatkundige en ekonomiese stabiliteit.

Indien toegegee word aan die oproep om populêre kitsoplossings soos boendoe-howe, uitspattige strawwe en buitensporige magte in die hande van ondersoekbeamptes, sal emosie oor verstand bly heers. Dit is die glybaan na die sentralisasie van mag en magsvergrype.

In document My regte! Jou regte? / Leon Wessels (pagina 95-99)